PDA

View Full Version : is dit nasionalisering?



547
11-23-2015, 04:40 PM
ONDERWERP : Staat dobbel met staatsdiensamptenare se pensioenfonds by Lonmin
UITGEREIK DEUR : Adv. Anton Alberts
HOEDANIGHEID : VF Plus-parlementÍre woordvoerder: Ekonomie
DATUM : 23 November 2015

Dit is onaanvaarbaar dat geld van staatsdiensamptenare se pensioenfonds nou gebruik word om die wankelende Lonmin van ondergang te red, sÍ adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementÍre woordvoerder oor ekonomie.

Luidens ʼn berig in Netwerk24 vandag gaan die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die staatsdiens se pensioenfonds bestuur, ʼn verdere 25% van Lonmin bekom deur diť regte uitgifte van die sukkelende platinum-produsent. Die beleggingsbedrag is R1,9 miljard.

Lonmin se aandeelprys het hierdie jaar met 80% gedaal vanaf byna R35 tot skaars R3 vroeŽr vandeesmaand. Wat markwaarde aanbetref was dit ʼn jaar gelede R29 miljard. Tans staan dit op R3,5 miljard.

Adv. Alberts sÍ die VF Plus gaan die saak opneem met die minister van finansies en die beregter van pensioenfondse om te verhinder dat die amptenare hul geld verloor. Hy sÍ dit is uiters riskant om geld te belÍ in ʼn maatskappy wat op die rand van bankrotskap staan.

Wat hier gebeur is hoegenaamd nie ʼn berekende sake-besluit nie. Daar word op ʼn onverantwoordelike en gevaarlike wyse met byna R2 miljard van die amptenare se pensioengeld gedobbel bloot om politieke redes.

ďDit is bekend hoe Transnet se fondse gestroop is. Die klasaksie-eis van sowat R80 miljard daaroor behoort eersdaags voor die hof te dien.

ďHierdie belegging by Lonmin stuur duidelik op ʼn soortgelyke fiasko af, en dit moet gekeer word voordat die geld vermors word bloot om politieke steun vir die ANC te werf,Ē sÍ adv. Alberts.

Kasper
11-23-2015, 04:53 PM
Die staatsdiens se pensioen geld is mos die anc se persoonlikke bank rekening om te spandeer soos hulle wil, of altans so dink hulle. Daar was ook mos van die pesioen geld gebruik vir die tol pad- debakel. Ons moet onthou dat die staatsdiens nou omtrent 90% swart is, wat dink jy gaan gebeur as booi se kind paket vat of op pensioen wil gaan , en daai geld is klaar?... Hierdie land sal brand soos nog nooit van tevore nie. Die anc is besig om sy eie gat net dieper te grawe.

Groetnis
Kasper