PDA

View Full Version : Die afgelope November 2015 toer



Lukas
11-25-2015, 10:28 AM
Wanneer ek op n toer is, gaan dit maar redelik wild en dan is dit nie so maklik om by die FB en webblad by te hou nie. Met die laaste roete het ons so 4200km afgelÍ en vir Celestť was dit in totaal ongeveer 4700km wat sy in twee weke afgelÍ het.

Die afgelope toer was baie suksesvol en ek vermoed dit is omdat Celestť saam met my getoer het om die administrasie te behartig, terwyl Gerda die fort in haar kantoor gehou het. Tydens die laaste toer was geen boeke gesteel nie en die geldsake klop ook baie mooi. Baie dankie Celestť

Ons het n oulike sirkelroete deur die land gemaak wat vir Celestť wat uit die warm bosveld kom, sekerlik ook n ondervinding was om in twee weke wat in die begin van ons warm somer is, ook van tyd tot tyd n winter ervaring kon kry.

Sonder Gerda wat die ander deel van die toer-beplanning, fakture en organisasie behartig het, sou die pap verseker ook op die grond geval het. EK was al moedeloos en het besluit dat dit my voorlaaste toer sal wees, maar met Gerda en Celestť se hulp het ek genoeg hoop gekry om weer in die toekoms so toer te oorweeg. Baie dankie Gerda. Jy is n lewensredder.

Hierdie toer was vir my baie anders. EK het nog nooit na n plek gegaan sonder dat ek in die reŽn gery het of self op die plek waar ek die kursus aangebied het, natgereŽn het nie. Hierdie keer was dit anders. Dit was droog en het die pad was altyd droog. By Bloemhof terwyl ek en Dawie buite by die uur gesit het, het daar net een druppel op my linker arm geval en vir my was dit genoeg bewys dat ons nie alleen is nie.

Daarna was dit anders. Die reŽn het ons gevolg. EK weet nie of dit by al die plekke gereŽn het waar ons was nie, maar ek dink Celestť het dit gemonitor. Dit was eers toe ons by Kamberg was, wat die reŽn ons ingehaal het en 22mm op die sinkdak ons aan die slaap gesus het. Vir Kobus wat toe van Dundee af by ons aangesluit het, was dit ook weer n herinnering van hoe reŽn kan lyk.

Die grootste belewenis wat ek tydens die laaste toer gehad het, was die weer. Elke keer wanneer ons by ín droŽ dorre plek aangeland het, was daar nie n wolk in die lug nie. En kort nadat ons oor die Bybelse voorskrif vir die bid van reŽn gesels het, het die wolke in die lug verskyn. Vir my was dit net weer n bewys dat ons God Lewe en dat ons swaarkry hier op aarde ons eie keuses is omdat ons Hom nie vertrou nie. Dis maklik om te glo maar dit is skynbaar n ander ding om Hom te vertrou.

Baie dankie aan al die AKSKA lede wat vir ons slaapplek gegee het en wat ook by die kursusse kom inval het om die dag moontlik te maak en ook vir Dawie en Heidi se padkos. Santa het ook vir ons padkos ingepak. Daardie padkos het vir ons vir twee dae aan die gang gehou. Dankie Santa. Dit was ook lekker om weer by Boet en Cecelia uit te kom. Celestť het my nie op daardie warm dag geglo toe ek haar vertel dat julle net 10km van die winter af woon nie, maar sy het dit die volgende dag self beleef.

Die kursus wat DaniŽl die volgende dag gereŽl het, was ook net betyds. Op die plek waar die kursus gereŽl was, was n plaasaanval in wording en ons Vader se tydsberekening was weer soos altyd presies op tyd.

Bettie. EK is jammer dat ons die Bloemfontein kursus moes kanselleer omdat dit net jy was wat dit sou bywoon. Ons sal weer n beurt kry en die volgende keer sal die tyd ook reg wees. Gregg. Next time! Gregg. Dankie ook vir julle gasvryheid. Die plek waar ons geslaap het, was onverbeterlik. Baie dankie

Nogmaals dankie aan almal wat hierdie toer moontlik gemaak het en vir al die gasvryheid wat ons beleef het.

510
11-25-2015, 10:51 AM
"Vir my was dit net weer n bewys dat ons God Lewe en dat ons swaarkry hier op aarde ons eie keuses is omdat ons Hom nie vertrou nie. Dis maklik om te glo maar dit is skynbaar n ander ding om Hom te vertrou."

Dankie vir dit! Jy weet nie hoe bemoedigend jou skrywes is nie. Ek is bly alles het goed verloop en dankie vir almal wat Lukas aan die gang hou!

1616
11-25-2015, 04:13 PM
Lukas - weet jy wat jou naam beteken? Jou ouers het jou goed gedoop! "luminous, light-giving, enlightening, instructing." When one ceases to cling to material things, the luminous state of mind becomes abiding." Jammer dat ek nie die engels vertaal nie maar wou jou se dat toe ons die betekenis van jou naam lees het ons groot geglimlag. Dankie dat jy altyd die Here se naam noem in jou skrywes - dis lekker om te weet dat God ons gelei het na 'n gelowige man sonder tierlantyne!

SA462
11-25-2015, 07:11 PM
Amen daarop.