PDA

View Full Version : nuwe statistieke



462
04-16-2013, 10:24 PM
Geen wet en orde Zuma, en algemene nuus;






Meer as 161 000 mense is sedert 2004 in Suid-Afrika vermoor terwyl 5 900 misdade elke dag by die polisie aangemeld word. Die verbysterende feite is deur crimestatssa bekendgemaak. Die misdaad statistiek wys dat die meeste moorde in Nyanga in die Wes-Kaap gepleeg word.

Die syfers toon dat 47% van alle dwelm-verwante misdade in die Wes-Kaap voorkom. Meer as 43 mense word daagliks in Suid-Afrika vermoor. Die gemiddelde syfer vir moord in die wreld is 7.6 per 100 000 mense. In Suid-Afrika is die syfer 36.5 vir elke 100 000 mense.

Suid-Afrika het in die afgelope 18 jaar R650 miljard weens korupsie verloor. Sowat 16 000 mense is oor n tydperk van n jaar in die boekjaar 2011 en 2012 vermoor. KwaZulu Natal het die hoogste moordsyfer in die land, gevolg deur Oos-Kaap en Gauteng.

Meer as 400 dwelmsake word daagliks aangemeld. Mitchelsplein polisie melt die meeste sake aan. Daar is 29 verskillende misdaad kategori. Daar is 1 118 verskillende polisiestasies in die land.

Unregistered
04-17-2013, 11:11 AM
Onder die Zuma regering vloei die meeste bloed, as jy kyk na Marikana, Sandf en ander... Dit lyk ook of die meeste geld geplunder word en oor die algemeen die land maandeliks in n swakker posisie geplaas word. Nou finansier ons Mugabe se eiendelose put van misbruik ook, hoeveel van die laste gaan ons nog dra, ek weet solank die koei nog melk het. Wat die statistiek oor Mitchelscomplaint betref kan jy se dis die bende hoofstad van Afrika.

Lukas
04-18-2013, 10:18 PM
Is daar bewyse dat daar in Zuma se tyd meer bloed vloei?

Ek kan nie die syfer presies onthou nie maar as ek reg onthou was daar in die twee jaar voor Zuma president geword het, tussen 15000 en 16000 mense per jaar vermoor. Die meeste van daardie mense was swart en wanneer ons net na plaasaanvalle kyk was plaasaanvalle sedert 2001 tot 2011 konstant aan die afneem.

Plaasaanvalle het 2012 n styging begin toon en hierdie jaar lyk dit of dit erger gaan word. Ons vermoede is dat die DSM/PAC en die Black panthers moontlik n groot aandeel in hierdie toename het.

Dat die Zuma bedeling uitgevang is dat hulle geld misbruik is baie waar. Maar ek dink dat ons nooit sal besef hoeveel geld die ou wit regering verduister het nie. Dit was in die ou regering ook baie moeilik om staatskontrakte te kry sonder om n minister ook finansieel te bevoordeel. Baie soos wat dit nou ook maar is.

Ek is nie so seker of die Zuma regering ons grootste bedreiging is nie. Die Zuma regering word ook bedreig en die ondergang wat hulle in die gesig staar word deur dieselfde elemente bestuur as wat ons bedreiging beheer. Die PAC is volgens ons informasie direk vir die opleiding van plaasaanvallers en huisrowers verantwoordelik. Die PAC is direk by die DSM betrokke en die DSM en die PAC unies is besig om die Cosatu unies toe te maak.

Cosatu se Vavi dreig die regering dat hulle nie meer vir die regering gaan stem nie. Cosatu is die handperd van die Kommuniste wat tans deur die sosialiste bedreig word. Nie dat die sosialiste die kommuniste wil oorneem nie maar omdat die sosialiste die leiding in die revolusie neem.

Die ANC wat in homself verdeel is in liberaliste, kommuniste en sosialiste is tans besig om hulle greep in die revolusie te verloor. Alhoewel die ANC , internasionaal as Suid-Afrika se verteenwoordiger op die internasionale organisasie Socialist International verteenwoordig, beteken tans nie veel nie. Die sosialiste van Wallis ondermyn die huidige regering en is tans besig om alle moontlikhede om in vrede te leef te verongeluk.

Gevolgtrekking:

Om, ons teen die huidige regering se vermo of onvermo vas te kyk gaan ons niks in die sak bring nie. Om nou n verskil tussen die wat het en die wat nie het nie kleiner te maak gaan ook nie werk nie. Ons moet nou begin om informante te werf sodat ons die impak van die bedreiging kan voorspel.

Unregistered
04-19-2013, 08:44 AM
Remember the Viano family of Walkerville. The true story: the father was first tortured and forced to hear them raping his wife in another room. Bernadette was repeatedly tortured and then raped with a whiskey bottle. The final blow was when they decided to break the bottle whilst it was still inside her. Then the father was also forced to hear them torturing the 13yo son while they drowned him slowly in a bath of boiling water. Then they hacked the poor man to death. The person that found them saw a trail of bloodied water coming from the front door into the yard because the bath taps had been left on. These monsters were caught and one of them was the maid's son. They sat throughout the whole court case with big smiles on their faces. Two men raped Mrs Viana with a broken bottle before both she and her husband were shot dead. They had gagged the little boy " because he was crying. We forced him into the bath face down, knowing that he would drown.
The Vianas family dog was also killed when its stomach was slit open with a knife.

Lukas
04-19-2013, 10:37 AM
Sulke stories maak ’n mens naar en die tipe geweld gebeur te veel. Presies dieselfde tipe geweld was ook gebruik deur ’n boer van Heidelberg Tvl. en ook deur twee jong wit mans by Wierdapark in Pretoria wat selfs die ongebore baba uit die verwagtende ma gesny het voor hulle haar en die huisbediende in die kookwater versuip het. Die boer van Heidelberg het sy meisie en haar verwagtende suster en die twee jarige dogtertjie ook so wreed vermoor voor hy homself gaan was het en toe vir die man wat kunsmis op sy plaas kom aflaai het, koffie gaan maak het asof niks gebeur het nie.

Aanvalle is wreed en wanneer daar eers met martelings begin word, het die barbare, of hulle nou wit of swart is, geen keer nie. In die nuus is die Modimole monster wat mense gehuur het om die wrede dade te doen. Die probleem wat ek tans het, is dat ons weet en ons weet ook dat die regering weet dat die PAC hulle geweldenaars in Tembisa oplei om spesifiek hierdie tipe wrede aanvalle te doen.

Die PAC en die SAKP ondergrawe die regering van die dag terwyl hulle nog in vennootskap met die regering is. Dit verstom my daar binne die regering die gematigdes is wat dink dat hulle met vooruitgang die negatiewe nyging van hulle vennote kan tewerk.

Maar dit is nie vir my om die regering voor te skryf of om aanbevelings te maak nie. Ons kan uit die inligting wat ons kry maniere ontwikkel om die geweld tee te werk sonder om self in die tronke te land. Verder kan ons net bid dat hierdie tendens tot ’n end moet kom en dat God self sal ingryp. Ons is dankbaar vir die oorwinnings wat ons teen hierdie geweld kry en ons dank ons Vader omdat Hy dit vir ons moontlik maak om te wen.

Meer as dit kan ons nie doen nie. Ons kan probeer ons vriende en kennisse te bereik en aan hulle hoop te gee maar as hulle dit nie wil h nie, kan ons hulle nie dwing nie. Dit is reeds bewys dat stories soos wat ons nou hier met mekaar gedeel het, twee uitwerkings het.

1. Wanneer dit gepubliseer word, word dit onder die kriminele ’n kompetisie om daarop te verbeter.

2. Die mense wat jy graag wil wakker skud word bang en sal jou eerder vermy of selfs by die polisie aankla as om wakker te word.

By AKSKA sal ons in uiterste gevalle soos wat dit nou hier gebeur daaroor skryf. Omdat jou plasing van die wrede aanval mense maklik laat veralgemeen en polarisering veroorsaak was dit ook vir my belangrik om jou te vertel hoe wreed wit mense ander wit mense en verwagtende vroue vermoor. Wit mense is vir 6% van wrede plaasaanvalle en huisrowe verantwoordelik.

Die aanslag is nie ’n wit en swart ding nie. Dit is ’n lig en duisternis ding.

Lukas
04-20-2013, 12:37 AM
Hier is ’n probleem-som

(Meer as 161 000 mense is sedert 2004 in Suid-Afrika vermoor terwyl 5 900 misdade elke dag by die polisie aangemeld word. Die verbysterende feite is deur crimestatssa bekendgemaak. Die misdaad statistiek wys dat die meeste moorde in Nyanga in die Wes-Kaap gepleeg word.)

Die syfers toon dat 47% van alle dwelm-verwante misdade in die Wes-Kaap voorkom. Meer as 43 mense word daagliks in Suid-Afrika vermoor.)

Ons vermoede is dat daar 87 miljoen swartmense in Suid Afrika is. Die syfer sluit die swartmense van ander lande in.

Vraag 1: As daar 43 mense per dag vermoor word, hoeveel van hulle is persentasiegewys wit.

Vraag 2: As crime stats SA beweer dat 6.7 mense per 100 duisend vermoor word. Wat sal die hoeveelheid wit mense per 100 duisend wees ?

Vraag 3: Wat sal die hoeveelheid swart mense per 100 duisend wees ?

Hierdie antwoord gaan baie belangrik wees omdat ons vermoed dat dit binne die volgende twee maande ernstig mag verander. Wanneer ons hierdie som weer in Augustus maak, sal ons ’n baie goeie idee van die PAC, DSM en Black panther invloed op die werklose emosioneel onstabiele swart man op straat kry.

Unregistered
04-20-2013, 09:01 AM
Niemand weet regtig of witmense veral boere swaarder deurloop onder geweld en misdaad as swartmense nie. Tensy plaasaanval statistiek apart van ander misdaad aangeteken word is dit onmoontlik om te weet of witmense en boere spesifiek onder meer misdaad en geweld deurloop as die res van die samelewing.Dis hoekom Afriforum en die FF Plus aandrind dat Plaasaanvalle as 'n prioriteits misdaad verklaar moet word.

Indien plaasaanval statistiek op sy eie bereken is kan dit as 'n aanslag van 'n politieke aard uitgemaak word. Indien statistiek die vermoede steun dat witmense of dan boere onder meer dodelike geweld as die res van die samelewing deurloop kan 'n saak van stelselmatige volksmoord of lae frekwensie burgeroorlog gemaak word.

Lukas
04-20-2013, 11:25 AM
Daar word altyd ges dat n oorlog n ekonomie kan stimuleer. Toe Amerika op die rant van ineenstorting was, het hulle die vreemdste verskonings uitgedink om n oorlog teen Irak te verklaar.

Misdaad soos wat ons dit ken staan ook as n lae intensiteit oorlog bekend. Ons misdaad stimuleer ook die ook die ekonomie soos wat n oorlog dit doen. Maar wat ons misdaad dryf en aan die gang hou, is n rewolusie. Die rewolusie wat na die 1994 verkiesing nie gestaak het nie, veroorsaak ons lae intensiteit oorlog. Ek het gister weer n bewys gekry dat die moordbendes wat as Born to kill bekend staan, ook deur die PAC bestuur word. Verder het ek n kriptografiese boodskap ontsyfer wat s dat dit nou die tyd vir die born to kill is en dat hulle van 21:00 to 12 Nm. moet moor.

Hoe wyd hierdie boodskap loop weet ek nog nie. En of hierdie boodskap ook n toename in moorde en rowe teen blankes alleen veroorsaak kan ons ook nie bewys nie. In die verlede was daar berekenings gemaak wat aanvalle teen spesifiek die boere per 100 duisend gemeet het. Die res van die aanvalle was ook met n syfer per 100 duisend vergelyk maar dit het nie n onderskeid tussen swart mense en wit mense gemaak nie.

Omdat die SAKP die veiligheid portefeuljes beheer sal daardie onderskeid seker nooit deur die staat gemaak kan word nie. En omdat die SAKP, Cosatu en die die PAC vennote van die regerende party is, is daar wat my betref verseker inligting wat van die regering weerhou word.

Die vraag is: Ons kry tog sekere syfers en statistieke. Kan n mens wat toegepaste wiskunde verstaan nie met die syfers wat ons tot ons beskikking het, by benadering n vergelykende aanduiding van die aanslag teen die blankes teenoor die aanslag teen die swartes bereken nie ?

Unregistered
04-20-2013, 01:10 PM
Die tipe goed is baie moeilik. Wat ek wel uit n betroubare bron gehoor het is dat in die weste van JHB blankes so ongeveer 8% van die bevolking is, maar 22% van die moordslagoffers uitmaak. Hierdie is n rasseding maar dis veel ingewikkelder as net suiwer swart en wit. Dis ook n klasding. Die witras en die middelklas is in die spervuur. Waar die twee oorvleuel sal jy seker dan sien hoe baie wittes sterf. Swartmense is egter nie noodwendig veilig nie en as hul behoudende mense is, dan word hul ook geteiken.
Plaasaanvalle geniet onsettend baie publisiteit maar ek glo lankal nie meer dat plaasbewoners veel meer geteiken word nie. Niemand praat namens die ou in die dorp nie. Sy moord gaan stil-stil verby. By Kroonstad is n gastehuis wat sukkel om aan die gang te bly. Gautengers wil glo nie eintlik in n gastehuis op n plaas bly nie, hoe dom is dit nie? Daardie selfde Gautenger sal dalk nie weet as iemand in sy straat vermoor is nie.
Die mense glo ook dat plaasaanvalle baie wreder is as huisrowe. Ek dink die plasing hierbo van die ma, pa en seun bewys daardie persepsie ook verkeerd.
Omdat die grootste getal misdadigers swart is, sal ek dink dit maak net uit n suiwer wetenskaplike oogpunt sin om eerder op misdade in die Afrikastyl te konsentreer. Sodoende gaan jy mos die meeste misdaad voorkom.
Alet

Unregistered
04-20-2013, 02:38 PM
Die feit is: tensy plaasaanvalle nie as 'n apparte misdaad geklassifiseer word nie sal daar nie akkurate statistieke daaroor wees nie. Dieselfde geld vir marteling. Om beter statistiek teen te staan is in niemand se belang nie. Wees sistematies, bereken die dinge wiskundig, wees objektief moenie dat emosies jou pooitjie nie.

Lukas
04-20-2013, 08:16 PM
Nou praat jy. EK stem ongeveer 55% met jou saam. Die ander 45% is n probleem waarmee ek al n hele paar jaar sukkel en dit lyk nie vir my of ek iewers deurdring nie.

Ek is oortuig dat ons iewers n groot fout maak met plaasaanvalle. Die rede waarom ek dit s is omdat daar absoluut geen verskil tussen n plaasaanval en n huis-roof in die stad is nie. Die doktrine is dieselfde. Die tekens is dieselfde en die geweld of die rede tot geweld is dieselfde. En dan is die aanvallers ook dieselfde mense.

Met ander woorde. Wanneer ons n onderskeid tussen wit en swart huis-rowe maak, moet plaasaanvalle ook deel van die berekening wees. n Plaasaanval is niks anders as n huis-Roof nie en dit moet reg deur die land met mekaar vergelyk word. Nie eers die roof wat in Bloed straat beplan was wat in die middestad van Pretoria is, was anders nie. Ons kon met die tekens nie net die motief bepaal nie. Ons was ook akkuraat wat die datum en tyd betref.

Daar is geen verskil nie en die aanvallers wat by huis-rowe betrokke is, is ook die aanvallers wat by plaasaanvalle betrokke is.

Unregistered
04-20-2013, 09:22 PM
Is dit te veel gevra vir die SAP om misdade in kategoriee van waar dit plaasgevind het aan te teken. Dit kan die mite dat boere meer vermoor en gemartel word tot 'n einde bring.

Of is die staat self bang vir die statistiek?

Unregistered
04-21-2013, 01:21 AM
Ek dink dat al twee stellings waar kan wees.

462
04-21-2013, 05:34 PM
Sunette Bridges



So het die week van 14 tot 21 April vir ons verloop

*Jacques Oosthuizen sterf of 14 April na hy geskiet en met n mes gesteek is by sy huis.

*Louis Eksteen is in sy huis met n knopkierie doodgeslaan.

*Adriaan Stander is by sy huis met n klip en oefengewigte doodgeslaan.

*Jacques du Plessis is op pad huistoe doodgeslaan na hy in n ligte botsing betrokke was.

*Anton Heunis is in Centurion met 'n mes doodgesteek.

*Oom Fransie en Tannie Malinda Hugo is in hul huis aangeval! Die oom is 15x met 'n mes gesteek en albei sy longe is beskadig. Die Tannie is 1x met die mes gesteek.

*Rainier Horak is erg aangerand toe hy na n atletiekoefening huistoe geloop het.

*Chrissie van Tonder is helder oor dag in Vryheid aangerand en met messe gesteek.

*n 18 Jarige meisie is in Bloemfontein ontvoer en 5 maal verkrag. Haar vriend wat saam met haar was is met n hamer aangerand en steeds in die hospitaal.

*2 Meisies is in Worcester in hul woonstel onderskeidelik 8 en 5 maal met n mes gesteek en beroof.

*Marais van der Merwe is op sy plaas aangeval met n stok en n panga.

7 dae, 14 slagoffers, 5 moorde, 1 verkragting...

462
04-22-2013, 09:09 PM
Sunette Bridges



9 Vroue en 45 mans! ...en mense weet nie hiervan nie! Sx

So is ons mense reeds in 2013 uitgemoor!

LIMPOPO
1. Donovan Marais Phalaborwa

MPUMALANGA
2. Rudolph van Heerden Belfast
3. Elna van Heerden Belfast
4. Wilky Walkinshaw Belfast
5. Adriaan Stander - Bethal

NOORDWES
6. Johan Stighlingh Ventersdorp
7. Eric Labuschane Brits
8. Quintin Brits Rustenburg

OOS-KAAP
9. Hettie Phillips Cradock
10. Lorraine Shepheard Port Elizabeth
11. Robbie Malan Jeffreysbaai
12. Suzie Willemse Port Elizabeth

WES-KAAP
13. John Commins Kaapstad
14. Dawnsy Mieny Kaapstad
15. Waldemar Strauss Dannabaai
16. Anton Bidlingmyer Strand
17. Matty Smith Gordonsbaai
18. Jannie Dreyer Paarl
19. Erich Poll Woodstock

NATAL
20. Chad Harris Estcourt
21. Rodney Bradley Durban
22. Marius Hayward Durban
23. Nico Nel Durban
24. Robin Bothma Uvongo
25. Sarel Pretorius Kloof
26. Bob Heunis Seaview
27. Karel Potgieter Pinetown
28. Jacques Oosthuizen - Waterfall

VRYSTAAT
29. Ernest van Rooyen Parys
30. Annetjie Van Rooyen Parys
31. Gordon Bazzard Bloemfontein
32. Gordon Adam Bethuli
33. Lorraine Adam Bethuli
34. Jannie du Plessis Villiers
35. Carmen van der Westhuizen Welkom
36. David Barclay Wolmaranstad
37. Laurens de Wet Bloemfontein

GAUTENG
38. Fiona Finniss Centurion
39. Desmond Botha - Muldersdrift
40. Pieter Kellerman Randburg
41. Manfred Schmidt Kemptonpark
42. Nick Basson Vereeniging
43. Talbot Smith Ruimsig
44. Andries Becker Muldersdrift
45. Derek Cornelius Roodepoort
46. Eddie Fouch Babsfontein
47. Bertus Coetzee - Vanderbijlpark
48. Johan Kemp Randburg
49. Gert van Wyk Bapsfontein
50. Paul Schulte Muldersdrift
51. Francois Potgieter Boschkop
52. Louis Eksteen Garsfontein
53. Jacques du Plessis Alberton
54. Anton Heunis - Centurion

Lukas
04-22-2013, 09:42 PM
Ek weet nie waar Sunette die tyd kry om hierdie insidente bymekaar te maak nie. Ek dink dat sy baie goeie werk doen en ek wil dit vir haar nog meer ingewikkeld maak as dit moontlik sal wees.

Plasing 15 en 16 is baie goed. Al wat ons kort is om te weet of die aanvalle in die dorp of op n plaas plaasgevind het. Wil julle haar nie vra of dit moontlik kan wees nie?

462
04-28-2013, 07:18 PM
Sunette Bridges



5 Plaasaanvalle op 1 naweek!!!

Vrydagmiddag was daar 'n aanval naby Hendrina. Die boer is met 'n piksteel aangeval en is in die hospitaal!

Vrydagaand is 'n boer op Iswepe aangeval toe hy 'n plaashek wou oopmaak wat die BARBARE met draad vasgebind het.

Saterdagmiddag was daar 'n Plaasaanval naby Greylingstad. Vrou was alleen. Honde almal vergiftig. Vrou is aangeval en beroof.

Vanoggend was daar 'n Plaasaanval tussen Ermelo en Amersfoort. Boere in die omgewing is steeds op soek na die 4 BARBARE.

Buite Mooinooi is 'n egpaar aangeval, erg aangerand en beroof. Albei is in 'n ernstige toestand in die hospitaal.

...dit is hoe ons mense Vryheid moes vier! Sx

462
04-28-2013, 07:31 PM
NOG 'N PLAASAANVAL!!!

Cas Kruger, sy vrou Sylvia, Cas se suster Sandra en haar vriend is laasnag aangeval op hul plaas Kroondal, naby Rustenburg deur 3 BARBARE! Hulle is by die huis ingewag met hul terugkeer van 'n orkesoefening. Hul honde was vergiftig, hul alarm gedeaktifeer, hulle is aangerand en beroof van hul geld, kos, kontant en al hul musiekintrumente!

Die mense wat aangeval is in Hendrina en Greylingstad is Braam van Aardt en Marelise Strydom. Die mense op Mooinooi is Bakkies en Tony Buys. Ek het nog nie die name van die mense op Ermelo en Iswepe nie.

Yolandi Scholtz Jones rapporteer dat haar broer op Fourways deur 4 BARBARE aangeval, gemartel en beroof is. Sx

462
05-09-2013, 08:03 PM
gordon) Hr is dit die onveiligste op plase

Deur Phillip Bruwer op 9 Mei 2013

Om op ʼn plaas of plot in Gauteng te woon en boonop ouer as 60 jaar te wees, plaas mense in die kategorie van die kwesbaarste teikens vir plaasaanvalle in Suid-Afrika. Volgens navorsing wat gedoen is oor aanvalle wat in Kraal Uitgewers se nuutste boek, Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 19902012, opgeteken is, is Gauteng die gevaarlikste provinsie vir plaas- en plotbewoners. Meer as 19,8% van die 3 319 plaasaanvalle wat vir die 23 jaar tussen 1990 en 2012 opgeteken is, het in Gauteng plaasgevind. Die ander drie noordelike provinsies Mpumalanga, Noordwes en Limpopo is onderskeidelik die tweede, derde en vierde gevaarlikste provinsies, met 15,3% van die aanvalle wat in Mpumalanga, 15,2% wat in Noordwes en 12,7% wat in Limpopo aangeteken is.

Die Vrystaat (11,8%), KwaZulu-Natal (11,5%), die Oos-Kaap (7%) en die Wes-Kaap (4,7%) beklee die vyfde tot agtste posisies. Die Noord-Kaap is stewig in die posisie van veiligste provinsie, met sowat 1,6% van die aanvalle wat in hierdie provinsie aangeteken is. (Di syfers is gebaseer op die aantal aanvalle wat per provinsie in Treurgrond aangeteken is en staan nie in verhouding met die aantal inwoners of aantal plase en plotte in die provinsies nie.)

Di en ander skoksyfers is Donderdag by die bekendstelling van Treurgrond by die Willem Prinsloo Landboumuseum, oos van Pretoria, onthul. By die bekendstelling is 3 319 pare skoene uitgestal wat die aantal plaasaanvalle wat in die boek aangeteken is, simboliseer. Die aantal moordslagoffers is ook aangedui met ʼn rooi strikkie op 1 610 pare skoene. Treurgrond beskryf die aanvalle op minstens 5 818 direkte slagoffers van plaasaanvalle van 1990 tot 2012.

Verdere navorsing toon dat ʼn gemiddeld van drie aanvallers per plaasaanval betrokke is en in sekere aanvalle is daar soveel as 10 aanvallers wat op inwoners toesak. Dit is duidelik dat aanvallers verkies om in groepe toe te slaan. Sowat 86% van aanvalle word deur groepe van twee of meer aanvallers gepleeg.

Daarby toon navorsing dat ouer mense baie meer kwesbaar is vir plaasaanvalle as mense in hul 20s tot 40s. Luidens die beskikbare inligting in Treurgrond is 42,6% van slagoffers 61 jaar en ouer. Slagoffers wat 51 jaar en ouer is, maak altesaam 62,7% van alle slagoffers uit. Daarbenewens is 6,1% van die slagoffers wie se ouderdomme in Treurgrond aangeteken is 15 jaar of jonger.

Treurgrond is die eerste keer in 2011 uitgegee en het hoofsaaklik bestaan uit data wat reeds vir jare deur TLU SA ingesamel is. Verdere navorsing is gedoen en meer as 700 bykomende plaasaanvalle is in die nuwe uitgawe ingesluit. Die boek is saamgestel deur dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, genl.maj. Chris van Zyl van TLU SA en Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers.

Die boek is by Kraal Uitgewers beskikbaar. SMS Treur na 34388 om ʼn bestelling te plaas. Treurgrond kos R350 (R40-posgeld uitgesluit). Vir meer inligting besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329.