PDA

View Full Version : Zuma Zoeloe kind



524
12-02-2015, 08:01 AM
http://linkis.com/blogspot.co.za/CYMUa

Zuma Zoeloe kind




en as jy was n Zoeloe kind, onder Koning Dingaan
sou jy dan ook sy beeste steel en hom vertel dit het vergaan
sou jy dan sy beeste aan die boer verkoop, geldjie in jou sak insteek
en vir die koning se die boere het jou sleg verneek
deur die beeste van jou trop te steel
terwyl jy oor die geldjie in jou sakkie streel
Zuma Zoeloe-kind waar het jou mamma jou ge-vind


hoe sou jy dan na koning bees kon kyk
terwyl jy net jou goue sakkie wou ver-ryk
hoe lank sou dit wees
voor die koning jou kon lees
voor die impi sou kon sien
dat jy slegs jou eie sakkie dien
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind


hoe lank sou die goud in jou sakkie le
voor die koning dit terug wou he
hoeveel bees sou jy moes steel
om Nkandla in te deel
voor die impi jou sou vang
en jou teen die rotse oor die see laat hang
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind


sou jy in Dingaan se tyd ook moes vlug
en oor jou skouer skree dit was Jan se klug
verbanneling, van jou eie land
hier in die Zoeloe kant
sou vele vrou jou hart moes streel
terwyl jy n nuwe nasie teel
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind



Willie Beetge

Lukas
12-02-2015, 09:13 AM
:rolleyes: Ek wonder of hy dit sal kan lees? En as hy kon, wonder ek of dit hom sou raak.

B52212345
12-02-2015, 10:58 AM
behoort bietjie beter te gaan as met die nommers!

524
12-02-2015, 11:05 AM
:rolleyes: Ek wonder of hy dit sal kan lees? En as hy kon, wonder ek of dit hom sou raak.

Lees (met moeite) sal hy wel kan, maar die simboliek daarvan sal totaal verlore gaan en die geliefde rassekaart sal met die spoed van witlig uitgepluk word. Ek hoop nie Willie het 'n plaas nie.. http://www.sherv.net/cm/emoticons/bye/blue-byebye-smiley-emoticon.gif