PDA

View Full Version : Oordeelsdag - wie gaan ge-oordeel word?



Hein
12-02-2015, 06:35 PM
Dagse, Wie gaan op oordeelsdag geoordeel word? Onderstaande dokument om te bestudeer? Gaan kinders van God ge-oordeel word?

454
12-05-2015, 08:08 PM
Hein

Ek het jou skrywe gelees en nou verwar jy my heeltemal. Op die ander draad se jy dat God Sy kinders oordeel en straf. In die skrywe se jy daar is geen oordeel vir God se kinders, net beloning. Dit is dan wat ek heeltyd vir jou se?

Chris

Hein
12-07-2015, 08:24 AM
Jy sien ou Chris, in weermagtaal kon ek vir jou vertel het, jy mis die doelwit alweer, HEELTEMAL. Maar jy wil nie verstaan nie, en mens kry maar mense wat nie wil verstaan nie, maar net moedswillig optree, hul eie agenda dryf met hul eie redenasies.

Daar is in die wereld sulke mense en ek maak vrede daarmee, want wat moet ek anders doen? Moet ek by jou heeltyd gestryery betrokke raak, of moet ek dit ignorer? Dis maar moeilik as iemand nie wil verstaan nie…

1. Die EERSTE dokument “No Rapture” wou ek bewys dat daar nie ‘n “Pre-tribulation rapture” is nie. Tweedens wou ek bewys dat daar nogsteeds kinders van God op aarde is.
2. In die TWEEDE dokument ” Wie gaan geoordeel word?” wou ek bewys dat kinders van God nie geoordeel gaan word nie, maar belonging gaan ontvang. Dis al wat ek prober uitwys.

Die tydsduur gaan BEIDE oor verdrukking, oordele en die laaste 7 jaar van die aarde. Nou wil jy ‘n vergelyking “probeer” trek met straf. Jy mis die doelwit heeltemal.

Indien ek verkeerd is dat daar nie kinders van God op aarde is nie, BEWYS VIR MY dan dat daar nie kinders van God op aarde gaan wees tydens die laaste 7 jaar nie. Indien jy dit kan regkry, vreet ek alles wat jy sÍ soos soetkoek op, en sal nooit weer met jou redekawel nie.

Ek het so ‘n paar veranderings aangebring aan die EERSTE dokument, en dit hernoem – “No Pre Rapture”. In die opsoming gedeelte het ek veral veranderings aangebring, sodat die 0,001% mense soos jy wat die DOELWIT heeltemal mis, darem beter kan verstaan en dat daar geen onduidelikheid kan wees nie, HOPELIK!

454
12-07-2015, 11:09 AM
Hein

Ek probeer maar net verstaan wat mis ek volgens jou. Verstaan ek jou nou reg? Daar sal met die wederkoms geen oordeel of straf vir God se kinders wees nie, maar tot dan sal God ons oordeel en straf?
In ander woorde jy se dat Jesus se offer eers geldig is met die wederkoms by die groot oordeel en nie nou al nie?

Chris

Chris

Hein
12-07-2015, 12:16 PM
Hein

Ek probeer maar net verstaan wat mis ek volgens jou. Verstaan ek jou nou reg? Daar sal met die wederkoms geen oordeel of straf vir God se kinders wees nie, maar tot dan sal God ons oordeel en straf?
In ander woorde jy se dat Jesus se offer eers geldig is met die wederkoms by die groot oordeel en nie nou al nie?

Chris

Chris

Jammer ou Chris, Reeds mmoi in detail verduidelik, ook deur ander aan jou. Jy gaan my nie vir Ů fool hou nie. Gaan vra maar jou vragies wat reeds mooi verduielik is aan ander.Ek kannie help en het geen medisyne vir jou as jy onderwerpe verwar nie. Ek is nie bereid om dit weer oor te doen nie. Glo dus wat jy wil en redeneer soos jy wil. Dis mos jou eie "reg"

454
12-07-2015, 02:11 PM
Jammer ou Chris, Reeds mmoi in detail verduidelik, ook deur ander aan jou. Jy gaan my nie vir Ů fool hou nie. Gaan vra maar jou vragies wat reeds mooi verduielik is aan ander.Ek kannie help en het geen medisyne vir jou as jy onderwerpe verwar nie. Ek is nie bereid om dit weer oor te doen nie. Glo dus wat jy wil en redeneer soos jy wil. Dis mos jou eie "reg"

Ek het gedink jy sal nie 'n reguit antwoord he nie. Onthou maar die waarskuwing.

blok506
12-07-2015, 08:40 PM
Hein

Ek probeer maar net verstaan wat mis ek volgens jou. Verstaan ek jou nou reg? Daar sal met die wederkoms geen oordeel of straf vir God se kinders wees nie, maar tot dan sal God ons oordeel en straf?
In ander woorde jy se dat Jesus se offer eers geldig is met die wederkoms by die groot oordeel en nie nou al nie?

Chris

Chris

Chris ek kan dit ook bevestig, jy is sowaar moedswillig. Ek het jou mos verduidelk en deur telke senarios en tekste gewerk. Die straf woordjie wat jy so rondslinger om verwarring te saai verstaan jy mos nou; ons sien dit as twee verskillende strawwe. Die een vir God se kinders is tot opbou, onderrig en lei nie tot die dood af om te verdelg nie! Sal jy jou kind verdelg in n straf wat moet opbou en onderrig, nee jy verdelg die vyand. So hoekom sal God nou Sy kinders kom tot niet maak by die wederkoms. Jy wil nou net Hein se siening kom afmaak as iets dergeliks, terwyl jy met strikvrae omgaan. Jy speel n gevaarlike speletjie en beinvloed mense hier met hierdie dwalinge. Jy het my met Paulus se uitsprake ook probeer omseil, maar kon my nou nog nie sinvol antwoord nie, om alles te kroon is jy so anti-kerk, maar probeer verdere verwaring saai deur die gerevormeerde kerk se leer te wil gebruik, pleks jy dit noukeurig bestudeer en dan in konteks probeer verstaan. Groete, Staan vas

454
12-07-2015, 10:03 PM
Staan vas
Kan jy vir my n voorbeeld gee waar God die vyand verdelg of tot niet maak na Jesus se offer?

Chris

454
12-07-2015, 10:22 PM
Staan vas
Ek het vir jou mooi verduidelik wat Paulus se doring was en hoekom, wat wil jy he ek moet beantwoord?

Die dele uit die heidelbergse kategismus bewys dat die boodskap reeds in die 1500's bekend was. Doen die moeite em lees dit.

Chris

blok506
12-08-2015, 08:16 PM
Staan vas
Ek het vir jou mooi verduidelik wat Paulus se doring was en hoekom, wat wil jy he ek moet beantwoord?

Die dele uit die heidelbergse kategismus bewys dat die boodskap reeds in die 1500's bekend was. Doen die moeite em lees dit.

Chris

Jy sien Chris presies my punt! Jy weet nie eers wat ek jou gevra het nie, of liewer jy wil nie die vraag beantwoord nie! Ek sal jou weer vra. Hoekom het ons Liefdevolle Vader beslis, Hy sal Paulus nie van sy doring verlos nie? Staan vas

454
12-08-2015, 09:29 PM
Staan vas

Ek het dit vir jou verduidelik maar kom ek doen dit weer.

Hy kon nie. God het nie die outoriteit op aarde nie, dit was Paulus se keuse, God antwoord Paulus, My genade is vir jou genoeg.
Ken jy iemand wat met iets sukkel waarmee hy nie behoort te sukkel nie. Rook is 'n goeie voorbeeld. Hy was geleer om nie te rook nie, sy pa het sy gat aan die brand geslaan toe hy hom vang rook, tog het hy aanhou rook, toe kom hy tot die besef dat dit ongesond en onnodig(hy bekeer) is en hy probeer ophou rook. Hy sukkel. Hy wil nie meer rook nie maar maak nie saak hoe hard en baie hy bid nie, hy hou nie op rook nie. Toe eendag besef hy God se genade is vir hom genoeg en hy hou op rook. Dit was sy fout, sy keuse en net hy kon dit regmaak. Net soos God se genade groot genoeg was dat hy kon begin net so was Sy genade groot genoeg dat hy kon ophou.

Paulus se doring was presies dieselfde, Die engel van satan was as gevolg van Paulus se eie behae in sy eie swakheid, Paulus het dit oor homself gebring, hy het geweet dit is verkeerd, daarom het hy tot God gebid om dit te laat weggaan. God se vir Paulus, my genade is vir jou genoeg. Jesus het mos reeds vir Paulus gewys hoe om van die satan ontslae te raak. Dit was in Paulus se mag, hy moes die satan weerstaan en dit sou van hom wegvlug. Dis nie God se straf of moedswilligheid nie, dit is buite God se beheer.

Maak dit vir jou sin?

Chris

454
12-08-2015, 10:19 PM
Staan vas

Ek dink nie ek het die vir jou verduidelik nie.
Paulus se doring was mense. Die woord waarvan engel vertaal is, beteken ook boodskapper.
Die engel was dus n boodskapper van satan. M.a.w. 'n mens wat satan se wil gedoen het. As jy gaan kyk na Paulus se geskiedenis sal jy sien dat daar altyd mense, boodskappers van satan was wat hom verpes het. Hy was gegesel, gestenig, aangerand, in die tronk gegooi, belaster,ens.
Die mense wat dit gedoen het was nie kinders van God nie, dit was satan se boodskappers wat Paulus wou verhoed om die evangelie te verkondig.

Die engel van satan was dus nie n onsigbare engel wat Paulus met die vuis geslaan het nie, dit was mense wat satan se wil gedoen het.
Paulus se swakheid het gekeer dat hy hulle altyd kon weerstaan, dit het veroorsaak dat sommige mense te bang was om hulle te bekeer.

Dit het ook verhoed dat God, Paulus kon verhef volgens die uitnemendheid van sy openbaringe.

Chris

454
12-08-2015, 11:18 PM
Staan vas
Kan jy vir my n voorbeeld gee waar God die vyand verdelg of tot niet maak na Jesus se offer?

Chris

Jy het die voorbeeld vergeet.

454
12-13-2015, 09:00 AM
Staan vas

Jy kom vertel ons God straf Sy kinders sodat hulle nie sonde doen nie, maar jy kan nie vir my een hedendaagse voorbeeld noem nie .... Dae, nee maande debateer jy oor iets wat jy nie een voorbeeld van het nie? Ek weet dis moeilik, maar dink maar so bietjie daaroor, die lig sal opgaan.

Chris

Lukas
02-08-2016, 01:03 AM
Net iets omtrent die plasing 12 se doring in die vlees. Is die doring nie die mens se eie begeertes, wil en natuur nie. Paulus het gesÍ dat ons ons gedagtes elke dag gevange moet neem, maar ons weet ons kry dit nie altyd reg nie.

Wanneer jy Jesus as God in jou lewe erken en aanvaar, is jou gees gered en kan jy tegnies nie meer hel toe gaan nie. Maar jou eie gene, die gedragskode waarmee jy gebore word, verander nie oornag nie.