PDA

View Full Version : Pragtig! Mooi so Boela! Dief kom sy Boela teŽ



524
12-11-2015, 02:21 PM
<header class="entry-header" style="color: rgb(102, 102, 102); font-family: vegurregular, Helvetica, Arial, sans-serif; font-size: 15px; line-height: 20px; background-color: rgb(233, 233, 233);">Dief kom sy Boela teŽ

“Kom gou! Hier staan ’n skreeuende man op ’n tafel in jou erf.”
http://mobserver.co.za/39402/dief-kom-sy-boela-tee/#.Vmp5fDX7t4A.facebook
</header>http://echonews.sites.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/92/2015/12/15xx27-1_26385.jpg
Die vermeende dief lÍ op die grond nadat sy wonde met verbande verbind is.

n Dief is erg deur ‘n boerboel gebyt nadat hy in ’n erf in gespring het “om goed in die erf te steel.”
‘n Bloeiende, skreeunde man op ‘n tuintafel het bure van die Steenkamps in Blackmorestraat se aandag getrek.
Met me. Tanja Steenkamp se aankoms by haar huis, het die man nog op die tafel gestaan en skreeu, met Boela, haar nege jaar oue Boerboel, wat probeer om hom weer beet te kry.
Me. Steenkamp en die Sektor drie radiogroeplede het hom gevra wŠt hy in die erf soek, waarop hy onomwonde erken het dat “ek gekom het om te steel, maar hier was niks.”
Hy het dit egter duidelik gestel dat hy niť by die huis wou inbreek nie, maar net in die erf gekyk het of daar iets is om te vat.
Die booswig het ‘n stuk gebuigde staal by hom gehad, waarmee hy Boela van hom probeer afweer het en ook die hond ‘n paar houe toegedien het.
Me. Steenkamp sÍ hulle het die polisie gebel, waarop hulle in kennis gestel is dat die polisie nie kan uitkom nie, aangesien hulle te besig is by verskeie ongelukke.
‘n Ambulans het kort daarna opgedaag en die beseerde man weggeneem.
“Arme Boela was lyfseer weens die houe en almal wat hier was, het hom biltong en bene belowe, maar niemand het vir hom gebring nie.
Ek het toe maar vir hom R100 se maalvleis gekoop en gaargemaak om hom te bederf.”
• Die afgelope week was daar ‘n plasing op Facebook wat deur hordes mense gedeel is nadat ‘n dief erge snywonde opgedoen het toe ‘n hond hom deur ‘n venster getrek het in Kwa-Zulu Natal.
http://echonews.sites.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/92/2015/12/15xx27-5_75290.jpg
Boela langs die tafel waar hy die vermeende dief vasgekeer het.

Kasper
12-11-2015, 03:53 PM
Welgedaan Boela,

Hoop nie die woef tel aids of een of ander zot siekte op nie, aan die ander kant kan die zot maar vrek van een of ander diere virus- sal glad nie omgee nie.

Kasper

Unregistered
12-11-2015, 08:10 PM
Die mens se beste vriend.