PDA

View Full Version : Nuwe paniek boodskap vir Kerstyd 2015



Lukas
12-14-2015, 12:15 AM
Ek het vandag na n opname van n baie vreemde oproep geluister. Dit was van n vrou wat beweer dat sy n kern wetenskaplike is wat 20 tale kan praat. Sy is n Skot en ’n direkte afstammeling van koning Edward en sy gaan nou in die huis van Koning Edward in Witrivier woon.

Sy beweer dat sy twintig tale kan praat en dat sy onder andere FanagalŰ, Mandrin en Sjinees kan praat. Volgens my beperkte kennis is Mandran die naam van die Sjinese taal wat gepraat word.

Sy vertel dat sy gehoor het hoe Zuma en die Sjinese n massamoord vir die Kerstyd beplan en dat haar man reeds vermoor is. Sy vind dit dringend dat die boodskap so gou moontlik na die Boere uitgaan om n massamoord te voorkom.

Ek het mooi na die onderhoud wat vandag gebeur het, op die foon geluister en kon met my beperkte kennis van Truth extraction, vasstel dat sy deur haar tande lieg. Nie net lieg sy nie, maar sy lieg haarself ook vas.

Sy het n man met die naam Anton gebel. Volgens haar beteken Anton Engel en sy het glo gedink dat hy dalk die engel sal wees wat die wit ras sal kan red.

Waarom die liegstorie?

Die verskillende swart faksies in die land is besig om vir mekaar tande te wys en dit lyk of hulle gedurende 2016 aanmekaar sal kan spring. Vir die Britte sal dit n groot terugslag wees aangesien hulle eers die Afrikaners sal wil uitwis. Om dit reg te kry, sal die wit mense so bang gepraat moet word dat n mal van vrees Pietie op swart mense moet begin skiet. Wanneer Pietie dit doen, sal al die faksies teen ons as n gemeenskaplike vyand verenig kan word.

Dit is baie moontlik dat daardie boodskap binnekort wyer sal loop en ek sal bly wees as julle my op hoogte sal kan hou.

My Boodskap

Wanneer jy so n boodskap kry, moet julle dit uitvee en help sorg om paniek te voorkom. Die vrou wat gebel het lieg deur haar tande . Help ons asb. om die mense wat hierdie boodskap gekry het, reg te help.

524
12-14-2015, 08:10 AM
LOL - Dit is die beste "Uilenspiegel" storie wat ek in 'n baie lang tyd gehoor het. 'n Wolhaar storie met 'n angel.

Die mense in China praat drie verskillende tale. Mandarin is hulle eerste taal en dan Cantonese en die eiland mense praat 'n mensgsel, soortvan, Taiwanese.

Om 20 tale magtig te wees is nie sommer vir almal beskore nie en as jy 'n "polyglot" (weet nie wat is die Afrikaanse woord nie) is gaan iemand beslis weet van jou, so veel te meer as jy familie is van die koningklike gespuis.

Hierdie soort van "fear-porn" moet nooit versprei word nie en indien mens dit doen moet dit (soos hierbo) duidelik met 'n waarskuwing gedoen word.

Die groot probleem is dat baie mense juis die goed as profesieŽ sien omdat hulle so kleingelowig is en dan nog stertjies aanlas en die twak verder versprei.

marais
12-14-2015, 03:22 PM
Die dag dat ek iets uit n Brit se bek uit glo en dit nogals n bloubloed ene, dan sal ek weet my koppie het my gelos. Sy moet maar eerder met ander Britte gaan [email protected]@s praat.

524
12-14-2015, 06:12 PM
Die dag dat ek iets uit n Brit se bek uit glo en dit nogals n bloubloed ene, dan sal ek weet my koppie het my gelos. Sy moet maar eerder met ander Britte gaan [email protected]@s praat.


http://i1372.photobucket.com/albums/ag341/akska2/kakpraat_zpsbo39kjak.jpg (http://s1372.photobucket.com/user/akska2/media/kakpraat_zpsbo39kjak.jpg.html)

Unregistered
12-14-2015, 10:49 PM
Lukas se skrywe is puik. Daardie vrou is 'n satanis en 'n agent. Soos gewoonlik is hierdie maar net weer MI6, CIA & Company wat besig is om die Rothschilds, Rockefellers, Kirsch, Soros, ens. se vuil plannetjies uit te voer. Die addergeslag onder die spul Engelse raak nou desperaat om die Blanke Oorblyfsel in Suid-Afrika uitgeroei te kry. Hulle sal nie slaag nie.

Lukas
12-15-2015, 08:47 AM
En soos altyd weet 524 hoe om slegte nuus sagter te maak. Baie dankie 524.

Unregistered
12-15-2015, 05:07 PM
Lukas se skrywe is puik. Daardie vrou is 'n satanis en 'n agent. Soos gewoonlik is hierdie maar net weer MI6, CIA & Company wat besig is om die Rothschilds, Rockefellers, Kirsch, Soros, ens. se vuil plannetjies uit te voer. Die addergeslag onder die spul Engelse raak nou desperaat om die Blanke Oorblyfsel in Suid-Afrika uitgeroei te kry. Hulle sal nie slaag nie.

Hoe weet jy sy is 'n satanis? Ken jy haar dalk?

Unregistered
12-15-2015, 05:56 PM
Oooo sorry ja, die liegbek agent-wyf is seker 'n engeltjie. Sy beter vinnig in 'n vliegtuig klim terug Engeland toe, anders word haar kop dalk in 'n boks per spoedpos aan Rothschild in Londen gepos.

1616
12-15-2015, 06:47 PM
Ek gaan sover gaan om te se dat enigiets wat nie Jesus Christus volg en belei nie 'n satanis is.

524
12-16-2015, 06:29 AM
Ek gaan sover gaan om te se dat enigiets wat nie Jesus Christus volg en belei nie 'n satanis is.

Dit is 'n opinie wat sommige met jou sou deel en ander nie.

Kan ons asseblief nie die draad in 'n geloofs-oorlog laat ontaard nie. Indien daar 'n behoefte is om die stelling te debateer, maak asseblief so 'n draad oop op die regte forum.

SA462
12-16-2015, 04:57 PM
Dankie 524.

Unregistered
12-16-2015, 06:55 PM
Vir die van julle op FaceBook, het julle hierdie gesien?
https://www.facebook.com/xola.skosana.1/posts/503698829791210?fref=nf

Lukas
12-17-2015, 07:24 PM
Anoniem se satanis.

EK het nog iemand gekry wat vir my verduidelik het waarom die vrou n satanis is. In die vrou se gesprek het sy drie keer vertel dat sy die koningin van Skotland is. Skotland het nie n koning nie en die koningin van Skotland bestaan glo wel op n ander vlak wat ons nie as politieke geskiedenis sal leer nie.

Wat Xola Skosana betref.

Dit klink of hy vir die hele land kans sien. Hier by ons sal ons maar bid en sy planne ongedaan maak. Wat anders kan ons doen?

Gemeet aan Skosana en die Queen se optrede is dit dalk tyd om net so bietjie op die knieŽ te kom. Hy het gelukkig n paar goeie name vir die misdaadinligting deurgegee .

1616
12-19-2015, 01:05 PM
524 - as jy verwag dat ander jou opinie moet lees kan jy maar netsowel die minste wees en ook 'n ander se opinie lees. Jy hoef nie met my opinie saam te stem nie maar ek dink dis loutere snert dat mens heeltyd op eiers moet loop net sodat jy nie op iemand anders se tone trap nie. Ek wil geensins hierdie in 'n 'geloofs-draad' verander nie - ek lig gewoon my opinie. Dankie.

baardman
12-19-2015, 07:47 PM
1014 , moet dit asb nie so persoonlik opvat nie. Van die mense wat lank hier lees weet hoe maklik 'n draad heetlemal van die punt af dwaal en in 'n geetelike draad waar mense mekaar probeer verkeerd bewys omdat hulle meestal presies die selfde net anders sien. Dis al wat 524 hier probeer doen. Te keer dat dit wat ons al so baie sien gebeur her nie terug kom. Hier trap ons nie op tone of loop op eiers, ons praat oor die platform wat deur hierdie blad vir ons bestaan en bemagtig mense met kennis.

Unregistered
12-19-2015, 11:36 PM
Dankie Baardman. Jy som dit mooi op.