PDA

View Full Version : Suid Afrika------ Zimbabwe



462
04-23-2013, 08:28 PM
.





(Gordon) Nuuskommentaar: Word Suid-Afrika soos Zimbabwe?

Deur Herman Toerien op 22 April 2013

Vir baie jare is die doemprofete wat meen Suid-Afrika gaan die Zimbabwe-pad loop afgemaak as swartgalliges wat nie die grondwet ken nie, en ook nie die Suid-Afrikaanse politieke dinamika nie.

Skielik word die doemprofete se waarskuwings aan die ontleedmes onderwerp, onder andere na die Instituut vir Rasseverhoudinge n verslag die lig laat sien het waarin uitgewys is dat die ANC in die 2014-verkiesing die grondkwessie as verkiesingswapen gaan gebruik.

Op RSG se program, Kommentaar gisteraand, het die deelnemers ook hierna verwys, en ges die ANC kan nie juis iets uit sy prestasies van die verlede bied om kiesers oor verkiesingsbeloftes opgewonde te maak nie. Grond word as emosionele kwessie ingespan. Vanoggend lees Beeld se hoofartikel se opskrif: Grond, Bob Mugabe en ons land.

Duideliker kan dit nie wees nie die kwessie is onder die ontleedmes.

Oor die hoekom, is daar verskeie antwoorde:
■Die vergete politiek-wetenskaplike model oor die tipiese verloop na die soort oorgang wat Suid-Afrika beleef het, doem nou soos n spook op. Kortliks kom dit daarop neer dat die nuwe populistiese regering n sekere tyd daarmee kan wegkom om kiesers te oortuig alles wat verkeerd loop is die vorige bedeling se skuld. Dan wil die kiesers (en Trevor Manuel) dit nie meer sluk nie, en word, soos in Zimbabwe gebeur het, na n ander populistiese kwessie soos grond geryp (en in daardie geval gegryp). Die teenargument was deurgaans dat die grondwet dit nie sal toelaat nie.
■Die gevaartekens, soos die beskerming van die howe vir die instandhouding van die grondwet moet bied maar dit skynbaar nie meer aldag doen nie, begin ook al hoe meer soos wurms uitkruip. Hoewel die FW de Klerkstigting al oor n langerige lysie van hofuitsprake beskik wat, volgens die stigting foutief was, het die Grondwetlike Hof se uitspraak oor die onteiening van mineraleregte sonder kompensasie, en veral die redes wat die hof verskaf het, n skokgolf gestuur. Di uitspraak is egter nie heeltemal sonder presedent nie, soos n vorige uitspraak oor onbenutte padreserwes waar die verdeeldheid op die regbank presies volgens die rassesamestelling verloop het. Boonop het die jongste uitspraak saamgeval met n debakel oor die Regterlike Dienskommissie en die aanstelling volgens transformasie-riglyne eerder as meriete.
■Verder val die huidige vlaag van Genisme (beswaardheid in die oortreffende trap) saam met die nuwe voorgestelde onteieningswet.
■Laastens, die ANC ht onlangs sy steun aan Mugabe se Zanu-PF in sy komende verkiesingstryd toeges. Dis op suiwer historiese bande geskoei, en het min met die teenswoordige te make. Dit was lank reeds duidelik dat Mugabe erg gerriteerd wat met Thabo Mbeki toe di nog president was, en dat Mugabe n hoogsgeleerde man met verskeie grade, nie lekker vat kry aan pres, Jacob Zuma wat nie n voltooide laerskoolloopbaan agter die blad het nie. Hoewel dit nou stil is op daardie front, het Cosatu n lang geskiedenis van solidariteit met Zimbabwe se vakbondwese gehad waaruit die MDC ontwikkel het. En tog beplan die regering om n enorme bedrag geld aan Zimbabwe te leen, skynbaar sonder voorbehoude.

Hierdie rubriek sal egter sy doel oneer aandoen deur bloot op die wa te spring en alarmisties wees. As daar beswaardheid moet wees, moet dit die toets van objektiwiteit deurstaan.

Die eerste vraag wat aan die bod moet kom is: Kan dit wat so opsigtelik ontvou werklik die ANC se verkiesingsstrategie wees? Die grondbeginsel van n strategie, anders as blote propaganda, moet wees dat dit iemand benvloed sonder dat hy dit agterkom. Is dit wat nou so opsigtelik waargeneem word nie eintlik net n rookskerm vir wat eintlik agter die rookskerm aan die gang is nie? En daar, is dit duidelik, is dinge aan die woel.

Die antwoord hierop moet gevind word in die teenstand, onder meer uit Cosatu-geledere, teen die Nasionale Ontwikkelingsplan. Dit is n twis met tentakels wat wyd loop. Op die oomblik lyk dit of die ANC die rug styf maak, en van alle ANC-lede verwag om in pas te kom daarmee ook Cosatu. Die hoofdryfkrag hieragter is Cyril Ramaphosa, self egter so stil soos n pantoffelmuis, maar binne die ANC baie magtig om verskillende redes, soos sy impak op beleggersvertroue. Om Cosatu se impak op die massas te neutraliseer, word die grondkwessie uitgelig as die oorhoofse, saambindende faktor.

Om egter bloot te aanvaar dat die ANC met n onsigbare meesterplan besig is en dat daar nie rede tot kommer is nie, is ook onverantwoordelik. Hoewel dit telkens woede ontlok by die ANC, is dit reeds n algemene stelling dat die kwaliteit van die president en die ANC se adviseurs werklik veel te wense oorlaat.

Krish Govender, staatsprokureur van KwaZulu-Natal, het sake besonder diep gesny toe hy die probleme rondom die RDK onder die loep geneem het. Hy het onder meer gemeld dat die regsadviseurs van die regering te onervare is om kompleksiteite te verstaan. Suid-Afrikaners beleef al n geruime tyd dat nuwe wetgewing uiters swak geskryf word, as maar een voorbeeld. Die soort advies wat uit hierdie oord te wagte is, het ook al in die Boesak-sage geblyk toe die destydse president Thabo Mbeki se regsadviseur baie gou tot die slotsom gekom het dat Boesak onskuldig was in die DanChurshaid-sage. Uiteindelik het die Grondwetlike hof anders besluit.

Die onrusbarendste aspek van Govender se referaat by die konferensie van regslui van Statebondslande was sy mening dat die grondwet verander moet word om die president se volmag om die hoofregter en regters vir die grondwetlike hof aan te wys, weg te neem.

Dat die grondwet hoegenaamd so n bepaling bevat het, is eintlik ongelooflik, tensy die opstellers geneem het internasionale konvensie oor die skeiding van regeringstrukture sou ipso facto in Suid-Afrika geld. Die praktyk is egter dat die grondwet wel daardie magte aan iemand bied wat gereeld sy mond oor die westerse regstelsel uitspoel.

Byna verskuil kom n opmerking van die TLU-SA dat daar dalk daaraan gedink moet word om die hofuitspraak oor mineraleregte by n internasionale hof te toets.

Die howe is die laaste linie van wigte en teenwigte, en is kernbelangrik dat Suid-Afrika ni die weg van Zimbabwe gaan loop nie.

Ongelukkig, danksy die regering se rasbeheptheid, speel ras n enorme belangrike rol in gemeenskapsverhoudinge. Dit is trouens nie heeltemal eie aan Suid-Afrika nie. Goeie rasseverhoudinge in die VSA het tot die hoogste vlakke ooit gestyg, blyk n splinternuwe Rasmussen-peiling. Volgens die peiling glo 42 persent van die Amerikaners rasseverhoudinge in die VSA is goed of uitstekend, en dat dit steeds aan die verbeter is. Slegs 14 persent meen dat rasseverhoudinge swak is.

In nog n Rasmussen-peiling het 53 persent van die Amerikaners aangedui dat professionele sport daartoe bygedra het om rasseverhoudinge te verbeter. Net 20 persent van die ondervraagdes stem nie hiermee saam nie, en 27 persent is onseker.

Beide peilings is gedoen voor die Bostonse-ontploffings wat die Amerikaners oor rasseverskille heen verenig het.

Volgens die Instituut vir Versoening en Geregtigheid se versoeningsbarometer wat in Maart 2012 bekend gestel is, ervaar al hoe meer Suid-Afrikaners verdeeldheid op grond van welvaart eerder as ras. Tog het die peilings getoon dat wit en swart Suid-Afrikaners baie verskillend oor sekere kwessies voel. Sowat 12 persent blankes is ten gunste van plek- en straatnaamsveranderinge van name wat aan apartheid herinner, terwyl 47 persent swart mense dit as belangrik ag. Altesaam 51 persent swart mense was ten gunste van die sing van struggle-liedjies selfs al is hulle ongrondwetlik (weens die haatspraak-element) terwyl slegs 17 persent wit respondente dieselfde gevoel het.

By n onlangse simposium wat deur die US aangebied is, het Charl Swart uitgebrei op bevindings wat hy in sy meestersgraad aantoon, en waaroor Maroela al verskeie kere berig het: by verre die meerderheid swart mense glo wit mense het hul grond bekom deur dit van swart mense te steel.

En di wanpersepsie gaan nou skynbaar n hoofelement van n verkiesingstrategie uitmaak. Die konflikpotensiaal hieruit is enorm, en stemme sal weldra opgaan dat die klimaat vir plaasaanvalle bevorder.

Of die huidige feite dit regverdig om alarmisties te wees, hang ongelukkig steeds baie van elkeen se eie optimisme of Genisme af. Wat n ontleder wl met stelligheid kan s is dat dit uiters belangrik is om lid te word van burgerlike instellings soos AfriForum of Solidariteit, wat gereeld die howe nader om die regering se populistiese magswellus tot nadeel van die land te stuit.