PDA

View Full Version : Die Delta groep uitnodigings



Lukas
12-21-2015, 11:35 PM
Daar is n sekuriteitsmaatskappy wat werwing doen. Hulle wil glo voor die tyd weet op wie hulle kan staatmaak wanneer hulle teen die regering gaan opstaan.

Deel van die veryste is dat jy jou adres en epos en ID nommer vir hulle moet stuur sodat hulle kan sien waar om jou te kontak wanneer die volstruis die windpomp tref.

Bly weg van enige organisasie wat hierdie tipe bedreiging identifiseer en wat dan jou inligting nodig het om teen die bedreiging op te staan. Daardie organisasies word gewoonlik deur die regering self opgerig, om vroegtydig al die potensiŽle vyande van die staat te identifiseer sodat hulle daardie potensiŽle rebelle in tronke kan stop wanneer die geweld uitbreek.

En onthou nog een ding. ’n Regering is deur sy bevolking verkies om die regeer. Wanneer daardie regering sy bevolking wantrou en wil ontwapen, is dit n teken dat die regering met onderduimse goed besig is.

Bly weg van enige organisasie wat n potensiŽle weerstand teen die regering inhou. Wanneer hierdie regering eendag sy eie bevolking gaan bedreig, sal hy in elk geval in die minderheid wees. Die swart teenstand teen die regering is so groot dat ons heel waarskynlik nooit nodig sal hÍ om reg in eie hande te neem nie.

As jy graag eendag as n martelaar in die geskiedenisboeke genoem wil wees en jy wil baie graag jou lewe in eensaamheid agter tralies afsluit, is weerstand organisasies die kortste pad om jou drome waar te maak. Maar as jy in vrede op jou eie tyd wil doodgaan, sal ek voorstel dat jy van daardie organisasies af wegbly.

524
12-22-2015, 03:57 PM
Gee jou naam en kom op 'n lysie van die regering wat jou as 'n samesweerder en vyand brandmerk. More / oormore sit jy in die bollie en jy weet nie hoekom nie.

Vandag het ek alles gelos en so bietjie "Angeln macht SpaŖ" gehad!

Lukas
12-23-2015, 08:59 PM
Het jy iets gevang?

Chris1
12-23-2015, 09:04 PM
Indien nie ,gebruik lewendige aas soos van die manne.