PDA

View Full Version : binne poliek



462
04-25-2013, 08:08 PM
SPEEL OOP KAARTE MET ONS
Hannes Engelbrecht
Die swaarste ding wat ‘n mens kan doen is om ‘n bondgenoot in die openbaar aan te vat – veral ‘n organisasie waarvoor jy baie respek het.
Dit is egter nou tyd dat die vakbond Solidariteit en sy nutsorganisasie Afriforum reguit vir ons sę waar en waarvoor hulle staan. Solidariteit het sedert sy dae as Mynwerkersunie onder Arrie Paulus bekendgestaan as ‘n volkseie vakbond. Ek en Flip Buys van Solidariteit het saam in die tagtigs en negentigs in optogte gestap. Is dit nog so?
In die wandelgange in Pretoria word al meer gefluister dat Solidariteit en Afriforum gerig is op die “Afrikaanssprekende” en nie op die “Afrikaner/Boer” nie. Voorbeelde word gegee van Radio Pretoria, van regsgedinge namens anderskleuriges, van hulppakkette aan anderskleuriges, van Boeresimbole wat verban word. As ‘n vakbond en as ‘n burgerregteorganisasie is dit hulle goeie reg om te besluit wie hulle nismark is – maar om een ding in die openbaar te sę en ‘n ander ding te doen is nie hoe ons volk dinge doen nie.
By Boere Krisisaksie het ons verrassend baie steun uit ook Kleurlinggeledere – maar ons bly in die eerste en laaste plek ‘n etniese volksbeweging vir die Afrikaner/Boer en die anderstalige wittes wat met ons vereenselwig. Ons is nie skaam om dit te sę nie. Uit die verlede het ons een ding geleer – dat ons as volk/etniese groep NOOIT weer verantwoordelikheid wil neem vir enige ander etniese groep of volk nie, want dit sal neerkom op neo-kolonialisme. Dit staan enige groep of volk, met ons ondersteuning, vry om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie toekoms, kultuur, taal en tradisies – maar ons as ‘n volk gaan dit NOOIT weer inisieër of manipuleer nie.
Ons is nie bang om te sę dat ons die multi-kulturele stelsel in Suid Afrika verwerp nie, want dit is ‘n totale mislukking. Dit is ‘n mislukking węreldwyd en Europa steier tans die meeste daaronder. Ons beywer ons vir selfbeskikking tot die grootste moontlike mate gegrond op ons geskiedenis en westerse lewensbeskouing.
Is Solidariteit en Afriforum met ons? Of poseer julle net dat julle met ons is omdat dit is waar die lede se geldsakke is?
Ons is vennote in die toekoms van die Afrikaner/Boer en waar julle namens ons optree sal ons julle altyd ondersteun (selfs al is julle dan “Afrikaansprekend”).
Maar ons moet die waarheid weet – daar is nie meer wegkruipplek vir pragmatiste nie.

Hou van ·

Unregistered
04-26-2013, 07:41 AM
Rasbehepte idioot!

Unregistered
04-26-2013, 07:46 AM
Ja Solidariteit en Afriforum sę reguit vir ons waar en waarvoor hulle staan. Net soos die regering en alle ander organisasies, hang alles uit vir openbare debat en veroordeling. Dit sal nou regtig slim wees.

Lukas
04-28-2013, 12:12 AM
’n Bokser kan nie ’n geveg wen as hy nie in die boks kruit klim nie. Solidariteit sal ook geen geloofwaardigheid in die hof hę as hy die aanvalle teen jou grondwetlike reg van buite die boks kruit in die hof probeer beveg nie.

Wat ek probeer sę is dat wanneer Solidariteit slegs vir die wit man optree, dit eerder as ’n regse organisasie sonder tande gesien sal word. Ek dink dat dit belangrik is dat daar tans nie baie organisasies soos solidariteit is wat nie net die finansies het om dinge in die grondwethof te betwis nie maar wat ook die wil en regskennis het om dit suksesvol te doen.

Polities is daar vandag baie verskillende bewegings en organisasies wat die stoomroller van die regering rem en dit is seker goeie politiek omdat dit die demokrasie die hele tyd uitdaag. Om die Suid-Afrikaanse demokrasie te toets gaan moontlik nie slaag nie maar al hierdie toetse is toetse wat die beeld van die wat nie ANC is nie, by die buitelandse publiek positief beďnvloed.

Ons moet ook verstaan dat die res van die westerse węreld net soos hier by ons in die nuwe orde in geforseer word. Die nuwe Amerikaanse wetgewing oor wapen besit is een van die bewyse. Organisasies soos Solidariteit is tans besig om elke Suid-Afrikaner wat nie ANC is nie se beeld in die buiteland te bou. Daardie beeld is nie nou belangrik nie maar dit gaan iewers in die verre toekoms vir ons land baie beteken.

Ons noem hierdie weerstand teen die stoomroller van die ANC ’n multidimensionele weerstand. Dit word op alle vlakke bedryf en solank dit gebeur is dit goed vir politiek. Ek dink nie dat AfriForum die belastingbetalers vereniging moet aanval nie en ek dink ook nie dat die BKA vir Solidariteit moet aanval nie.

Hier by AKSKA het ek in die verlede baie teen baie organisasies gewaarsku wat ons as moontlike vals vlag organisasies geďdentifiseer het. Uit daardie organisasies sal daar baie martelare voortspruit soos wat ons in die Ossewa brandwag en vandag in die Boeremag saak sien. Mense wat bereid was om vir dit wat hulle glo hulle toekoms prys te gee. Uiteindelik gaan dit nie daaroor of die Boeremag lede wat mislei was reg of verkeerd was nie. Dit skep ’n vraag by die buitewęreld oor die huidige regering. Nie dat dit nou in die buitewęreld baie tel nie maar ek glo dat dit in die toekoms tog iets gaan beteken.

Al voel ons hier by AKSKA dat die BKA maklik deur vals vlag operateurs gekaap word, moet die BKA terwille van die vrede tussen die wat die veranderings teenstaan, eerder organisasies soos Solidariteit los om te doen wat hulle kan doen, soos wat dit vir hulle aanvaarbaar is om te doen. Dieselfde geld vir AfriForum wat nou lede onder die belastingbetalers vereniging probeer werf. Kry julle eie lede en konsentreer eerder daarop waarin julle glo as om julle ledetalle te vergroot deur werwing te doen onder organisasies wat reeds Noord front.