PDA

View Full Version : Die Kerstyd



Lukas
12-26-2015, 08:04 PM
Kerstyd is vir my n baie interessante tyd. Niemand weet wanneer Jesus regtig gebore is nie. Spekulasie skat dat dit iewers in April kan wees, maar niemand kan met sekerheid sÍ nie. Die Katolieke het toe op n tyd besluit om een van die heidense feesdae vir die geleentheid te gebruik en later was daar n priester wat iewers in die Noorde op die dag aan hulpbehoewende mense geskenke gegee het.

Vandag is baie mense dwarstrekerig oor Kersfees en kwaad omdat dit op n heidense feesdag gevier word. Aan die ander kant. Omdat ons nie regtig weet op watter dag Hy regtig gebore is nie, is die Kersdag gedagte vir my nogal n oulike plan om ten minste een keer per jaar n dag af te staan waar ons aan die absolute grootheid van die gebeurtenis kan dink en ons Vader vir daardie geskenk vir die mens kan loof en te prys.

Kersdag is nou verby en die hele tyd van die 15de tot en met Oujaar staan as Kerstyd bekend. EK dink dat dit n besondere tyd is waar ons aan die einde van die jaar en voor die aanbreek van die nuwe jaar so bietjie kan stiller word om ook aan die grootste geskenk aan die mens te dink. Die 25ste is n datum maar die hele laaste deel van Desember is Kerstyd. Dit is die tyd wat ons meer as ander tye in die jaar aan die geboorte van ons Koning dink, en ook aan ons Vader se groot geskenk vir ons bewus word.

Dit is ook n tyd wat ons gewoonlik na n jaar se geswoeg saam met die wat vir ons lief is, effens tot ruste kom en wat ons die geselskap van ons geliefdes ook wil geniet terwyl ons saam, ook die wonder van Christus se geboorte en opofferings vir ons as mense wil bedink.

Baie dankie vir elkeen wat vir my seŽnwense gedurende die tyd gestuur het en mag hierdie tyd vir elkeen wat aan ons verlosser dink en wat in hulle harte dankbaar is dat Hy ook vir ons gekom het , n besondere tyd van vrede en geluk en samesyn wees, waar hulle nie net ons Vader vir sy Seun bedank en die Seun vir Sy opofferings bedank en loof nie, maar waar ons in vrede en vreugde ook in hierdie tyd, ook die strydbyle kan neerlÍ en saam met mense vir ons omgee en wat vir ons omgee en vir wie ons lief is, tot ruste kan kom.

Mag dit vir al die lesers n geseŽnde tyd saam met hulle geliefdes wees.

524
12-26-2015, 08:39 PM
Dankie Lukas, voorwaar 'n tyd vir nabetragting!


Kerstyd hier het skielik ontaard en ons het in ons klein gemeenskap al twee moorde gehad. Een Donderdag oggend en die ander Donderdag aand. Die eerste moes sy aanvaller geken het die hek was op 'n voetganger grote oop en die huis se sleutels in die deur aan die binnekant.

Lukas
12-27-2015, 07:36 PM
Dit is regtig slegte nuus. Dit is vir ons nog slegter wanneer sulke goed oor kerstyd gebeur. Oujaarsaand 2008 was n man en hulle vrou deur hulle eie seun vermoor omdat hulle nie vir hom dwem geld wou gee nie.

Dit is hartseer wanneer sulke goed gebeur.