PDA

View Full Version : 2016



524
12-31-2015, 01:24 PM
https://pbs.twimg.com/media/CXjMYFbU0AAXdcB.jpg

Hein
01-24-2016, 05:09 PM
Ek weet nie wat vir ons oppad is nie, maar vooruitsigte lyk nie so goed as mens die media lees nie.

Vndag se koerant dui aan dat voedsel tot so hoog as 40% gaan styg hierdi3 jaar en vleis gaan verdubbel
Skepe wat goedere regoor wereld vervoer se is amper bankrot, omrede handel so baie afgeneem het regoor wereld
China val in duie en grom vir Thailand en Amerika
Rusland begin spiere wys.
Koring, meel skiet hoogte in - resep vir anargie in sa met minder en minder kos op die tafel...

Sien ons ook rooi jaar, soos wat een persoon aan my voorspel het?
Sien ook suidlanders het noodplan op 24 uur greedheid gebring en almal op bystand. Wat weet hul wat ons nie weet nie??

Hou vas aan die Here Hy is ons Rots
Groetnis.

524
01-24-2016, 06:31 PM
Vergelyking vir die eerste paar weke in Januarie op die vars-groente mark


http://i1372.photobucket.com/albums/ag341/akska2/prices_zps4uqugnke.jpg (http://s1372.photobucket.com/user/akska2/media/prices_zps4uqugnke.jpg.html)

Lukas
01-24-2016, 06:33 PM
Hein. Die Suidlanders weet soos gewoonlik nie veel nie en hulle baseer hulle beplannings ook maar op verse van geskatte scenarios.

Hierdie droogte gaan verseker in invloed op voedselpryse h en as dit nie ’n invloed gehad het nie, sou hulle iets anders uitgedink het om die pryse te kry waar hulle dit wil h. Ons weet mos dat ho kospryse een van die vyf planne is om die nasionale rewolusie teen die uitlanders te begin, en hierdie droogte gaan twee goed veroorsaak.

Die ho kospryse gaan vinniger gebeur as wat beplan was en die regering gaan vinnig agterkom dat dit weer is om nie jou eie landbou te h nie.

In Angola is dit al vir baie jare so en die swartmark in Angola het so groot geword dat die swartmark die wisselkoers teen die Dollar bepaal. Hier in Suid-Afrika kan dinge ook so eskaleer, dat die swartmark die kitaar slaan, maar aan die ander kant wonder ek of dit nou die tyd geword het om bang te word?

Kos pryse sal altyd styg en dit gebeur regoor die wreld. ’n Brood kos vandag seker 100 keer meer as wat dit in 1945 gekos het. Ek kon toe ek begin werk het, n nuwe motorfiets vir R450 koop, kyk wat kos dit vandag! Toe ek op skool was, het my pa sy Beatle met R2.00 volgemaak, kyk wat kos dit nou.

’n Regering het mense nodig en om n situasie te skep waar sy bevolking van die honger doodgaan, kan nie vir hom goed wees nie. En wie gaan vir die ANC stem as sy kiesers dood is? Nee, wat. Vrees is n geloof en die mens het nog altyd n manier gekry om te oorleef. Kyk waarmee die Duitsers na die tweede wreld oorlog begin het en kyk hoe lyk hulle ekonomie vandag.

So bietjie honger sal nie sleg wees nie. Dit sal mense leer dink en dit was nog altyd n goeie ding. En wat meer is. Dit kan n paar oorgewig mense help om tog so bietjie minders te eet, wat ook nie sleg kan wees nie.

Nov16
01-24-2016, 08:32 PM
Yip dit gaan vir baie mense mooilik raak. My kinders so 3 tarentaale eet mielie pitte

Junie 2015 het hul snaks van 5 uur die oggend en na 17hoo as julle kom dags amper verdubble in prys

Die die tarentaale het nou n span man 20 tot 30 geword die kos is duurder en die tarentaale meer, maar ek gooi nogsteeds net n bakkie van 500 gram nou oor n groter area, hulle jaag en raas en met tye groot geraas om by die laaste pitte uit tekom.

Die 10kg pitte was in junie R50, N week terug weer n sak gekoop nou is dit R 80

So ja mooilike tye l voor, ek sal maar tarentaale eet as hoender onbekostigbaar word.

Lekker aand

A508
01-25-2016, 06:45 AM
Jy beter jou tarentale meer kos gee. 'n Maer tarentaal is nie lekker nie!!!!!!

Lukas
01-25-2016, 09:34 AM
Kook dit maar net saam met n klip vir 12 ure.

524
01-25-2016, 02:07 PM
Kook dit maar net saam met n klip vir 12 ure.

Of tot die klip sag is.. http://www.sherv.net/cm/emoticons/thanks/bow-down-thank-you-smiley-emoticon.gif

Unregistered
01-26-2016, 03:20 PM
Die droogte het die potensiaal om Suid Afrika n baie onstabiele plek te maak.

Omtrent helfde van die mielieboere kon die seisoen nie plant nie. Dit was net te droog. Die plekke waar dit wel gereen het het dit te laat begin verder het dit nog gladnie gereen nie.

Die ANC se houding was sover dat Suid Afrika moet konsentreer op myne en groot nywerhede eerder as die landbou omdat landbou produkte ingevoer kan word. Hulle glo dat hulle sonder die blanke boere kan klaarkom. Inteendeel blanke boere moet van die grond af sodat swart boere dit kan kry. Wit boere is in elk geval nie produktief nie vandaar al die heffings en meganismes in die mark om wit boere teen goedkoper internationale produkte te beskerm, of so dink hulle. Die kommersiele landbou is al daarvan beskuldig dat hy net aan voedselsekuriteit dink terwyl transformasie en herverdeling van bates belangriker is vir Suid Afrika. Dat hulle agter voedselsekuriteit wegkruip en nie van Suid Afrika n beter plek wil maak nie.

Dit lyk of daar 4 of 5 miljoen ton van ons 9 plus miljoen ton jaarlikse produksie ingevoer moet word. Dis nou geskat voor more se oesskatting bekend gemaak word, dit kan meer wees. Dan is daar nog Zimbabwe en ander SADEC lande wat ook op Suid Afrika staatmaak vir mielies. Verder moet daar ook n paar miljoen ton sonneblom en koring ingevoer word om aan die behoefde te voldoen.

Suid Afrika se stapel voedsel is mieliepap. Mieliemeel kan nie net onbekostigbaar duur raak nie maar ook skaars omdat dit tyd vat om dit geland te kry asook omdat die hawens op maksimum kapasiteit sal wees. Dit kan ernstige gevolge vir ons land se stabiliteit beteken as kos skaars en duur raak.

Ons vergeet soms dat Mielies meer as net die massas se stapelvoedsel is. Dis ook veevoer. Al ons vleis is grainfed. Dit beteken, varke, beeste, skape en hoender word almal vetgemaak of grootgemaak met mielies. As daar nie goedkoop mielies is nie gaan vleis ook onbekostigbaar duur raak.

Die landbou gaan die jaar baie min belasting betaal. Wat meer druk op die staat se benarde finansies gaan plaas. Meeste provinsies is nou rampgebiede en fondse vir droogtehulp moet by ander departemente weggevat word omdat daar nie vir so iets begroot is nie. Daar is selfs landbou ekonome wat reken indien daar nie ingryping kom nie sal soveel mielieboere bankrot speel dat daar volgende seisoen nie genoeg boere in die bedryf gaan wees om die nodige hektare te plant nie. Boere plant op skuld. Baie van hulle speel bankrot as hulle n jaar se oes mis, nie net as gevolg van n misoes nie maar ook omdat hulle nie hulle skuld kan diens nie.

Die houding wat die regering ingeneem het teenoor die Kommersiele landbou bly egter koud.

Intussen het Cosatu die graanbeurs by die kompetisie kommisie gaan verkla oor beweerde prysknoeiery in die graan bedryf. Dit mag so wees, die ondersoek kan dalk skok wanneer bevind word dat die produsent aan die kortste ent trek.

Kom ons hoop dat die droogte die ANC se oe sal oopmaak vir die belangrikheid van die kommersiele boer en dat dit nie die vlammetjie gaan wees wat die hooimied aan die brand steek nie.

Hein
01-26-2016, 05:06 PM
Stem saam dat dit potensieel gevaarlik kan raak.

Maar ek glo die penarie gaan kom wanneer die hawens se invoer mielies afgelaai moet word en n binneland vervoer moet word.
Dis waar die popo die fan kan strike....
Dan gaan sekere silos ook nog vol ou voorraad wees, want boere sal die beste prys soek vir hul mielies in die silo's...

En soos jy se... Die mieliemeel is stapelvoedsel vir die massas...

Lukas
01-27-2016, 02:09 PM
Dit kan seker in n kleiner mate gebeur maar hier in Suid Afrika is dinge nog nie so ver agteruit soos byvoorbeeld in Angola nie. In Angola het verskillende ministers hulle eie polisiemag en die swartmark beheer die ekonomie. Vragte soos waarvan jy nou praat sal byvoorbeeld gesteel word en dan op Roque Santeiro Angola se amptelike swartmark verkoop word.

Wanneer dinge hier so agteruit kan gaan soos wat dit in ander Afrika lande gebeur, sal jy jou kos by die swartmark goedkoper kan koop. Dit sal jou veral eendag help wanneer jy nie n merkie op jou voorkop soek om te kan koop nie.

B52212345
01-28-2016, 08:56 AM
More Lukas,

Ek hoor wat jy se, nou sit ek met n vraag en sekerlik moet elke man dit maar vir homself moet uitsorteer. Beteken dit, dat ons dan die swartmark gaan moet ondersteun?

Dit is die merkie of die swartmark . . . . . . .

Dan ondersteun ons indirek weer die misdaad stelsel. The lesser evil is dan die beginsel hier want opsies sal sekerlik nie veel meer wees as die twee op n stadium nie.

Is dit moontlik dat hierdie swartmark dalk heeltemal van dinamieka gaan verander en meer soos n ondergrondse verset beweging wees ipv n misdaad stelsel soos ons dit vandag ken? Dit sal interessant wees om mense se opinies hieroor te hoor.

caholt
01-28-2016, 11:58 AM
Ek sou se n derde opsie kan wees bartering.
As jy in n omgewing is waar mense elke een n ietsie groei of het soos skape of so iets kan julle mos onder mekaar handel en uit ruil.
Of selfs n groete tuin ding met jou eie mielies waarvan jy dan mieliemeel kan maak?

caholt.

B52212345
01-28-2016, 01:52 PM
Ek sou saamstem met jou caholt maar daar is n paar dinge wat my hieraan laat twyfel. Ek het al baie tyd hieraan spandeer. Ek hardloop ook n groente tuin.

Punt een, dit is nie so maklik soos mens dink nie, daar is baie dinge wat daar ingaan. Groente is nog een ding, takeaways soos skape, bokkies, hoenders, eiers en beeste is n ander ding. Behalwe die inset kostes en tyd het jy grond, water en kos nodig. Gestel jy het dit, moet jy natuurlik keer vir wat jy werd is want van wurms, siektes tot booswigte sal van jou probeer steel.

Om te barter sal tot op n punt moontlik wees maar dit hang af hoe die misdaad bendes sal vorm in die gemeenskappe, of jy fisies toegelaat sal word om dit te doen. Kyk wat gebeur met die arme ou taxi manne wat in ander areas werk. Dit is hoekom ek Lukas vra, wat sy opinie is oor die verandering in dinamieka. Die enigste tyd wat barter suksesvol werk is waneer die appelkar heeltemal omgeval het, soos in Rwanda as voorbeeld. Die man wat dan iets het, kan daarmee onderhandel en dan staan jy steeds die kans om daarvan vervreem te word.

Ek glo nie, Suid Afrika sal presies daar opeindig nie.

Ek het op n stadium hikory kings geplant in die groente tuin, absoluut lieflik. Om jou eie mielie meel te maak gaan jy nogal baie plant om vir n tydperk voorsiening te maak. As jy moet, moet jy maar ek dink dat ons net vir sekere dinge, tot sekere mates self voorsienend sal kan wees as Lukas se voorspelling reg is. Ek dink, nee weet teen die tyd hy kyk bietjie verder voorentoe en gooi gewoonlik n kat agter die bos raak!

My insiens, as die kriminele stelsel teen daai tyd nie n redelike gedaante ontwikkeling ondergaan nie, sal ons n goeie plan nodig he. Nie net 10, 50 of 200 van ons nie maar sommer n hele gemeenskap, hele voorstad of dorp! Dit is hoekom ek oorspronklik in die AKSKA / SWARTBERG konsep ingekoop het. Want dit maak sin.

Hoe ook al jy hierna kyk caholt, ons is verseker in vir n interessante tyd, daai bottelnek van Lukas spook by my elke keer as ek die dinge sien! Gelukkig is daar mense met planne, planne wat eers sal begin werk na die volstruis vere gaan le het. Tyd is maar tyd.

Lukas
01-28-2016, 05:43 PM
522. Ek het verlede jaar die swartmark ondersoek en n skuiwergat gekry om die besigheid total anders en wettig te laat werk. HIerdie jaar het n en paar persoonlike hindernisse wat ek eers moet wen voor ek weer aan hierdie besigehied kan krap. Maar ek glo dat dit in die verre toekoms dalk vir ons 'n opsie sal wees

B52212345
01-29-2016, 08:44 AM
Pragtig, swartmark sal dit wees waneer die tyd reg is!

Nov16
02-11-2016, 07:57 AM
die pryse breek weg sien oil staan nou al laer een van die mane wat ken reken ten $25 per vat gaan die dinge begin gebeur

goud breek weg oor die grens wat almal asem ophou voor 1200

silver is moontlik die verwysing as dit 17 tot 20 dollar toe beweeg gaan die volstruis sekerlik die windpomp laat omval


http://www.tradingeconomics.com/commodities


Crude oil CL1
27.05 0.89 -3.19 % -14.4 % -11.3 % -44.7 % 07:52

Brent crude oil

CO1
30.70 0.38 1.25 % -10.8 % -0.7 % -44.3 % 07:52
Natural gas
NG1
2.0620 0.014 0.68 % 3.5 % -8.9 % -27.8 % 07:52
Gasoline
XB1
0.9387 0.0211 -2.20 % -9.9 % -13.6 % -39.3 % 07:49
Heating oil
HO1
0.9754 0.0054 -0.55 % -9.4 % -3.4 % -46.3 % 07:52
Ethanol
DL1
1.38 0.00 0.00 % -2.1 % 3.9 % -6.8 % Feb/11

Metals Actual Change Daily Weekly Monthly Yearly Date
Gold
XAUUSD
1206.04 12.32 1.03 % 4.5 % 11.1 % -1.4 % 07:52
Silver
XAGUSD
15.34 0.05 0.34 % 3.1 % 11.3 % -9.5 % 07:48
Platinum
XPTUSD
933.83 1.38 0.15 % 2.8 % 11.7 % -22.2 % Feb/11
Palladium
XPDUSD
525.76 3.31 0.63 % 3.3 % 12.4 % -31.8 % Feb/11