PDA

View Full Version : 40 boere pak 2 aanvallers



Unregistered
01-10-2016, 09:27 AM
40 boere pak 2 aanvallers
Deur Sonja Carstens 10 Januarie 2016 00:15

Teen die tyd dat die twee aanvallers begin weghardloop het deur die koringlande op Loedie van der Westhuizen se plaas, was tussen 40 en 60 boere van buurplase en buurdorpe reeds op pad om die 72-jarige Vrystaatse boer in sy uur van doodsangs te help. Die konfrontasie tussen die boere, wat al jare lank slf inspring om plaasaanvalle hier naby Parys te stuit, en die twee mans, het minstens ses gesinne in smart gedompel.

Albei aanvallers is dood. En vier boere, onder wie Van der Westhuizen se eie seun, Boeta, is aangekla van hul moord. Dit is n verskriklike ramp, het die 78-jarige Anette van der Westhuizen, familie van Loedie, gister aan Rapport ges. Dit is vir ons verskriklik moeilik. Dit is so hartseer wat hier gebeur het. Maar ons sal as familie hierdeur kom. Ons moet net.

Boeta het die naweek deurgebring in die gevangenis in Parys saam met drie ander boere van die Weiveld-omgewing: Johan Cilliers sr., sy seun, Johan Cilliers jr., en Anton Loggerenberg, ng n familielid van Loedie. Hulle het gister hul regsverteenwoordiger geraadpleeg in die aanloop tot hul borgtogaansoeke Dinsdag.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, s die boere staan voorlopig tereg weens moord. Die staat sal borgtog teenstaan. Tussen 40 en 60 boere van sover soos Heilbron en Koppies het Woensdag gereageer nadat Van der Westhuizen in die gang van sy plaashuis op Bessiesbult die noodknoppie *gedruk het.

Van der Westhuizen, n wewenaar wat sedert 1979 op die plaas woon, is oorval deur n gewapende man toe hy net n 17:00 by sy goed beveiligde huis aangekom het. Met n rewolwer teen die agterkop het die aanvaller R20 000 by hom geis. Volgens Anette leef boere in die streek elke dag met die vrees dat een van hulle volgende kan wees.

Hy wys die plek by sy agterdeur waar die rower hom genader het terwyl hy die deur oopgesluit het. Dit was n aaklige gevoel. Ek het vir hom ges ek het niks, maar hy het n kluis met baie geld gesoek, s Van der Westhuizen. In die huis het die rower na sy makker geroep.

Van der Westhuizen het met hom begin stoei, maar is met die rewolwer se kolf teen sy linkerslaap geslaan. Bloed het uit die kopwond gestroom. In die gestoei het Van der Westhuizen die noodknoppie gedruk. Ek het vir hom ges ons moet net vyf minute wag. Hier kom baie boere om my te help, s hy.

Die mans het te voet deur die koringlande oor die Cillierss se plaas gevlug, waar die boere hulle aangekeer en gekonfronteer het. Tientalle boere was op die toneel waar die mans aangerand is toe die polisie opdaag. Albei mans het nog geleef toe die polisie hulle vir behandeling geneem het. Een van die mans is by sy aankoms by die hospitaal in Parys dood. Sy makker is by sy aankoms by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood verklaar.

Van der Westhuizen s hy het nie die aanvallers geken nie. Hy woon enkele kilometers van waar Annatjie van Rooyen (76) in *Januarie 2013 in haar vrieskas toegesluit is. Sy het versmoor. Haar man, Ernest (77), is ook vermoor. Dit is ook nie ver van waar die 40-jarige boer Johan Strydom in 2010 met n ysterstaaf vermoor is nie. Hy is agter sy eie Mazda-bakkie gesleep.

Volgens Anette leef boere in die streek elke dag met die vrees dat een van hulle volgende kan wees. Elke dag moet jy oor jou skouer kyk, paraat wees, s sy.
Loedie se dogter is die joernalis Alet Rademeyer, oudverslaggewer van Beeld en deesdae redakteur van AfriForum se tydskrif. Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, s hulle het aangebied om die boere se regskoste te betaal.

Die werklikheid is die vier boere is deel van n gemeenskap wat elke dag in vrees lewe weens die martelings en wreedheid waarmee plaasaanvalle gepaard gaan. Adv. Christo Roberts, voormalige senior staatsadvokaat wat al in verskeie soortgelyke sake aangekla het, s die staat sal moet bewys die boere het die bedoeling gehad om die aanvallers dood te maak.

Mense vrees plaasaanvalle en as dit gebeur, sal die gemeenskap oorreageer. Howe kan dit nie ignoreer nie.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/40-boere-pak-2-aanvallers-20160110

Lukas
01-10-2016, 12:14 PM
Nadat die boere twee aanvallers na bewering doodgeslaan het, word daar uit verskeie oorde oproepe op die gemeenskap te doen om teen die boere op te staan.

PASOP

Baie indien nie die meeste van hierdie provokateurs wat binne landbou-organisasies sit, werk vir die regering se geheime eenhede om potensile vyande van die regering te identifiseer. Die regering is redelik bekommerd oor die volgende verkiesing se uitslag en verskeie planne in verlede week voltrek om die potensile wit vyande van die staat te identifiseer.

Miskien is dit n status ding om as vyand van die staat geken te word. Die feite is dat die polisie mense wat hulle verdink, op die grond van terrorisme kan arresteer en wanneer dit gebeur, kan jy vir 30 jaar of meer, sonder n verhoor aangehou word.

DINK HIEROOR

Wanneer die hofsaak in Parys plaasvind, moet jy met hierdie saak, twee keer dink of jy daardie hofsaak wil gaan bywoon. Baie boere wat ek al ontmoet het, betaal nie hulle werkers nie en luidens gerugte was die motief vir die aanval in Parys, presies daarop gebaseer.

Hierdie hofsaak vind in n tyd plaas wat die regering soos die Mogabe voor 1999, deur die bevolking bedreig gevoel het.

Wees veral versigtig vir gesiene mense in jou omgewing, organisasie wat nou opstand teen die polisie goedpraat. Die lang arm van die gereg is nog net so lank soos in die ou Suid-Afrika. Dit is dalk nie so vinnig nie maar dit is verseker net so lank, indien nie langer nie.