PDA

View Full Version : Hoeveel bloed kan uit n klip getap word?



462
05-09-2013, 08:11 PM
5.9 Miljoen geregistreerde belasitngbetalers sorg vir 21 Miljoen geregistreerde ontvangers van Staatstoelaes!

Dit beteken dat elke belastingbetalers in die land huidiglik sorg vir 3.6 mense op welsyn! ...dis nou bo en behalwe die ministers wie se huise teen 'n gemiddeld van R9mil per huis opgeknap word, R80 miljoen se trekkers wat in onbruik op Vrede se skougronde staan en die "Free State" se goewerment wat nou besluit het dat die Vierde Raadzaal nie meer goed genoeg is om die wetgewer te huisves nie en daar nou 'n nuwe gebou opgerig word in Bloem teen 'n koste van R650 miljoen!

James Hunt
05-10-2013, 10:14 AM
So sal die boggers jou en my uitmergel totdat ons op die selfde vlak in moedverloor se vlakte sit en wag vir 'n aalmoes van die staat af. Eers dan het die klomp kommuniste geslaag in hulle uiteindelike doel wat behels 'n totale moedelose klomp skape wat na willekeur deur die staat aangewend kan word. Stadig maar seker word al hulle drakoniese wette ingevoer om jou en my soos 'n suurlemoen uit te druk totdat daar van ons boggerol oor bly. Die kommie se doelstelling is mos maar die staat het alles en die gepeupel het niks. Die klomp het nog net nie besef dat kommunisme nÍrens in die ou wÍreld gewerk het soos die teorie belowe nie.

Lukas
05-12-2013, 12:02 AM
Daar word mos gesÍ dat kranksinnigheid gesien kan word wanneer ín mens dieselfde ding oor en oordoen maar elke keer ín ander uitkoms verwag. Dit is soos om die Oos-kaap se ruby wedstryd van verlede week oor en oor te kyk met die hoop dat hulle wanneer jy dit weer kyk sal wen.

Die kommies se plan het nie gewerk nie en Amerika moes jaarliks 200 biljoen dollar aan die Russe teen 2% leen om hulle politiek aan die gang te hou. Die Sjinese het dit wel reggekry om ekonomies te groei en dit gee die klomp seker hoop. Miskien voel hulle dat die Russe se getalle net te min as en wanneer hulle die hele wÍreld onder dieselfde juk plaas, die plan dan kan werk. Ek weet nie regtig nie maar spekuleer maar net.

Tog weet ons waarheen die ding gaan. Ons weet net nie hoe lank dit gaan neem nie. Maar solank ons nog nie daar is nie, kan ons nog planne maak om dit wat beplan word te omseil. Ek het ín plan maar ek soek nog idees.