PDA

View Full Version : Biskop Tutu is ontnugter



Unregistered
05-10-2013, 01:21 PM
http://www.beeld.com/nuus/2013-05-10-tutu-stem-nie-vir-anc

Aartsbiskop Desmond Tutu gaan nie vir die ANC stem nie.

“Ek hét vir die ANC gestem, maar ongelukkig kan ek nie meer vir hulle stem met hoe dinge gaan nie,” het Tutu in 'n opiniestuk geskryf wat onder meer Vrydag in die Mail&Guardian gepubliseer is.

“Ek is nie lid van enige politieke party nie.”

Die ANC was “baie goed” daarmee om die land tydens die die struggle na vryheid te lei.

“Die ANC was 'n goeie vryheidsbeweging. Maar dit lyk nie vir my nou dat 'n vryheidsbeweging maklik die oorgang na 'n politieke party kan maak nie.

“Diegene in die parlement is in die eerste plek verantwoordbaar aan die party en nie aan die kiererspubliek nie.”

Tutu het gesê daar is 'n groot behoefte aan verandering in die land.

Jannie van Graan
05-11-2013, 06:15 AM
Wat die ou man op TV kwyt raak en wat regtig in sy ANC hart aangaan is twee kante van die selfde muntstuk. Tutu is wat hy is d.m.v. die voordele wat hy gekry het weens sy simbiose met die ANC. Snaaks hoe hy wat kastig so 'n groot christen is die goddelose ANC so slaafs gevolg het. Die teenstrydigheid het hom min geskeel terwyl hy voordeel trek.

En eendag, "when push comes to shove" en hy regtig moet kies weet ons waar sy lojaliteit sal le,maar van eending is ek met hom eens, die spannetjie is geen regering nie dit is verseker. Die huidige ANC en al sy aanhangers is 'n goeie voorbeeld van "asset stripping". Hulle is briljant wanneer dit by alibie bestuur kom, dit is altoos iemand anders se skuld (gewoonlik apartheid). Daar het bykans twintig jaar verby gegaan en die verskoning word nog steeds gebruik. As die spannetjie minder geld laat wegraak in die niet in sou daar baie meer gewees het om ontwikkeling en instandhouding te doen. Die gebraak oor ou infrastruktuur is geheel en al hol-rug gery. As jy dit nie onderhou nie gaan dit omval daardie is verseker.

Tutu het erg voordeel getrek uit sy uitgesproke teenkanting teen die ou regering en sy "liefde" vir die ANC om nou skielik gat te swaai is politieke toneelspel, hy is bewus van waar sy brood gebotter is.

Lukas
05-11-2013, 11:41 PM
In Afrika gaan dit nie oor wie die grootste getalle is nie. Dit gaan oor wie die sterkste bul is. Die sterkste bul sal altyd die leier wees. Ons weet dat Tutu ’n rewolusionêr is. Dit beteken dat hy sy bul in daardie kamp sal soek.

Tutu se uitspraak kan volgens my een van twee dinge voorspel. Of hy probeer die ANC manipuleer om beter dienste te lewer of hy sien reeds dat die DSM die sterk opkomende bul is. Indien dit waar is gaan hy een of ander tyd openlik agter die DSM staan of hy gaan groen word en by GroundWorks die DSM se groen been inval.

Unregistered
05-12-2013, 08:39 AM
"Sterkste bul" jy slaan die spyker op sy kop. Wie se naam het beteken "pad van bloed"? Staan vas

Lukas
05-12-2013, 10:08 PM
Jy het my. Wie is dit?

Jannie van Graan
05-12-2013, 10:50 PM
Die ou DSM is mos noudie dag verander na die WASP toe? Workers and Socialist Party. Die spannetjie is vol van "ontnugterde" ANC cadres. Interessant, groot bek Zackie Achmat is ook deel van die "team". Ek dink ons is in vir interessante politieke dae. Die lyk amper soos die skeuring in die Rhodesie spul net so rukkie na Abel Mozarewa in die kar "ongeluk" omgekom het.

Lukas
05-12-2013, 11:03 PM
En toe vermoor Rob 25 duisend van Abel se leiers, ondersteuners en soldate en word toe die onbetwisbare koning van Zim.

Jannie van Graan
05-13-2013, 07:52 AM
Hahahaha, hier is nou nog 'n dr@l in die drink water. http://www.africanist-regeneration-movement.org.za/index.php/arm-philosophy/arm-launch-meeting Miskien is die ouman oppad hiernatoe wie sal ooit weet. Die spannetjie het "high hopes" maar ek self wonder oor die lewens vatbaarheiod van so 'n initiatief - hulle droom groot.

Jannie van Graan
05-13-2013, 07:55 AM
En toe vermoor Rob 25 duisend van Abel se leiers, ondersteuners en soldate en word toe die onbetwisbare koning van Zim.

LOL, "The african way" Die grootse enkele probleem in Afrika het niks met apartheid of kolonialisasie of enige iets anders te doen nie. Die dryfveer agter alles sit in "Triabalism" Kyk maar terug in die geskiedenis, Chaka en Ruande ens..

Unregistered
05-13-2013, 09:39 PM
Jy het my. Wie is dit?

Ha ha vir een keer. Sy naam was Mzilikazi.