PDA

View Full Version : Seuntjie en Juffrou



Unregistered
05-16-2013, 10:07 PM
Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry. Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry. Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies s,"Juffrou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet." Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie s aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee ng n gespook af. Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellies aan die rgtevoete aan te trek, steeds met een helske gesukkel. Amper klaar, kondig die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie." Die juffrou ontplof byna, maar hou kop en s kalm, "Hoekom het jy nie vroer gepraat nie?" Die gestoei begin weer om die vellies uit tetrek. Pas is die vellies uit of meneertjie s !
weer:" Dith my boetie the vellieth. My ma het ges ek moet dit vandag dra want myne is weg." Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies. Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verle: "Juffrou,wat van my kouthe?" Juffrou skree: "Nou waar is jou kouse??!!" Die knapie antwoord: "Dith voor in my vellieth."