PDA

View Full Version : 'n Nuwe tyd



S417
03-22-2016, 09:09 PM
Daar is n tyd wat nou in die Gees aanbreek waar die kinders van die Here, volgelinge van Jesus of wat se titel jy ookal aan jouself wil koppel, inbeweeg.

Die konsepte en my manier van skryf in hierdie spesifieke geval gaan baie abstrak voorkom. Elke persoon wat dit lees sal raaklees wat vir hom bedoel is en ek bid en vertrou dat julle erns sal maak met dit wat in julle gedagtes maal rondom dit.

1 Tessaloninisense 5:20-22
Moenie profesie geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.

2 PETRUS 1:20
Dt veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgel word nie
(Ek gaan ook nie die term profesie so sterk aan hierdie skrywe koppel nie. Dis is wat dit is.)

Daarom is my hartsbegeerte dat voor jy nou verder lees, jy sal bid dat alle sluiers van menslike interpretasie vir jou gelig en weggeneem sal word en dat God self, deur Sy Heilige Gees vir jou sal uitl wat Hy persoonlik by jou wil tuisbring.

Verstaan mooi dat die Here se genade, liefde en voorsiening vir jou nie verander of verminder in hierdie tyd nie. Dit is wel n tyd van openbaarmaking van voorheen verborge geheimenisse , keuses en gevolge. Dit is nie n tyd van nuwe stelle rels, wette en vrees nie, maar van nugtere denke en aksies wat sal verklap hoe ver jy bereid is om die geloofspad te stap en wat se gemak van die bekende jy bereid is om op te gee ter wille van dit wat jy verkondig jy vas in glo.

Dit is n tyd wat dit vir almal wat wil oplet duidelik gaan word of jy mense, hulle opinies, vrese en/of le beloftes aanhang of die God wat in die Bybel geopenbaar word. Of jy mensgemaakte instansies se gebruike blindelings gaan na-aap sonder om jou eie goeie oordeel, tyd en navorsing in te sit nie. En ja, dit beteken jy gaan self daai boek moet nader trek om te weet wat daarin staan. Dit gaan ook beteken jy gaan die perdjie waarop jy gewoonlik teen die spoed van wit lig spring, bietjie verder weg van die stal af moet laat wei.

Elke persoon groei in geloof, verstaan en liefde vir die Here op sy eie unieke pas en dis juis waar hierdie skrywe inpas:

Waar jy vir 30, 50 of 70 jaar dalk genade en n sekere vlak van vryspraak (lees eerder: vryspring) gehad het omdat jy NIE geweet het en/of verstaan het nie, gaan jy nou begin verstaan en met die verstaan sal jy nooit weer kan terugkeer na n tyd van salige ontkenning nie. Wanneer jy eers weet, kan jy nooit weer NIE-weet nie. Jy sal volgens wat jy weet moet besluite maak en daarop kan staan.

Daar is n verdrukking wat die Bybel s vir alle gelowiges n werklikheid is, maar hoe moeilik jou lewe dalk nou is of al was daar is meer! En dis nie veronderstel om maklik of lekker te wees nie. Nou moet jy my weer nie verkeerd verstaan nie: Christen wees beteken nie om gebuk te gaan onder al die verdukking en vervolging en absoluut misrabel te wees 25 ure van elke 24 uur dag nie. God belowe juis in Sy Woord dat jy te midde van alles vrede kan h wat net nie sin maak nie en n vreugde wat jou vir hierdie wreld sommer simpel sal laat lyk terwyl jy in absolute krag die take kan verrig wat God van jou vra. Nie beveel nie vra. Jy kan altyd nee s. Ek beveel dit nie aan nie, maar jy kan.

My vraag is, hoeveel van ons verduur of ervaar tans sulke vervolging? En hier praat ek weer nie van n prys op jou kop omdat jy n Bybel in jou huis het nie. Ek neig meer in die rigting van wat doen jy NIE wat almal om jou wel doen of andersom. En wat maak jy met al die op- en aanmerkings oor hoekom jy iets nie wil doen nie of juis op n spesifieke manier doen?

Voorbeeld: Jy is by n familiebyeenkoms oor die tyd wat as paasfees gevier word. Jy is nou al klaar ongemaklik met party van die gebruike en woordeskat wat gebruik word en nou is dit tyd vir die skattejag vir hasies en eiers. Wat maak jy? Ontneem jy jou kinders die pret van saamspeel in n sogenaamde onskuldige speletjie en verduidelik vir hulle eenkant hoekom jou nee nou eintlik vir hulle voordelig is? Of laat jy hulle saam juig en baljaar net om die vrede te bewaar en tog nie in n debat betrokke te raak oor jou stiksienige manier van na die wreld en sy geestelike gevare kyk nie?

Dis net een voorbeeld en dis n baie floue maar met die naweek op hande, dalk iets om aan te dink.

In so iets kleins, sal jy opstaan vir jou oortuiginge of gaan jy net eenkant staan en vir wie ookal bereid is om te luister vertel dat jy nie eintlik saamstem met die gebruike nie?

So die vraag waarby ek eintlik wil uitkom, hoe hanteer en/of vermy jy die klein en op die oog af niksseggende situasies wanneer dit kom by jou oortuiginge? Jy weet dalk al wie is/was Semiramis/Ishtar en haar kragte, motiewe en simbole. Jy weet dat dieselfde tyd wat jy paasfees vier word daar in haar naam offers gebring en dat die datums van paasfees bepaal word deur haar volgelinge volgens bepaalde oeroue rels. Jy stem glad nie saam daarmee nie, maar wat doen jy? Hou jy aan om te dink dit kan nie skade doen om maar deel te h aan van die gebruike nie. Jy neem mos deel aan die gebruike ter wille van Jesus wat gekruisig is en opgestaan het! Mos?

Nog n voorbeeld:
Daar is geen geheime meer waar Halloween vandaan kom, wat hulle vier of wie daar betrokke is nie. Wat doen jy? Gaan jy steeds na die werk se fancy dress partytjie, want dit is darem een van die 4 kere per jaar wat jy net tussen groot mense kan kuier? Jy trek darem aan soos n bekende tennisster, want jy vereenselwig jouself en die geloof wat jy aanhang nie met monsters, gedrogte en geraamtes nie... En jou hart is nog meer rustig, want omdat jou kerk weet van die oorsprong en nare gevare van die tyd rondom Halloween, het hulle n jeug-aand gerel waar die kinders self soos oulike karakters kan aantrek en lekker sweeties eet en kan fellowship met hulle medegelowiges. Hoekom doen jy dit? Om die vervolging vry te spring van om soos die spoil sport uitgekryt te word by die volgende raadsvergadering of omdat jy nie briefies van jou kinders se maats wil ontvang wat jou smeek om tog jou kinders ook bietjie pret in die lewe te gun nie? OF, omdat jy regtig glo dit onskadelik en skoon pret?

Ek gaan nou n trappie verder gaan. Jy was lank lank gelede in die spesiale magte of selfs die onmisbare belangrike kok in n operasionele gebied en jy het meer wrede sterftes gesien en omstandighede beleef as wat enige mens ooit sal kan verstaan. Behalwe vir die wat saam met jou daar was... Jy het nou al hier en daar gehoor van die vrymesselaars en hulle simbole en jy weet darem al teen die tyd dat n obelisk in elke onderafdeling van die okkulte, vrymesselaars ingesluit, slegs n minder afstootlike afbeelding is van die erekte manlike geslagsorgaan. Maar die monument ter ere aan jou gevalle makkers is in die vorm van n obelisk op sy drie trappies en hulle name is in die graniet verewig. Jy wil die grootste respek aan hulle betoon en jy woon die kranslegging elke jaar by. Wat maak jy? Gaan kniel jy ook voor die obelisk met n ronde krans? Wat is die regverdigende verskonings wat jy nas agter jou eertydse bevelvoerders, regeringsamptenare en die ander oorlewendes?

Die geheimenisse en verborgenhede is besig om ontbloot te word en dit beteken keuses.

Soos daar fisiese wette is, so is daar ook geestelike wette. Voorbeeld: Jy weet nie wie Newton was nie en quite frankly, jy gee nie om nie, want jy glo nie in gravitasiekrag nie. Nou staan jy op verdieping sewe van die Hilton Hotel en jy tree van die balkon af straat se kant toe. Wat gaan gebeur? Jy gaan jouself tepletter val, want die wet van gravitasie is n fisiese wet en of jy dit ken of nie en of jy daarin glo of nie jy gaan seerkry as jy teen die rels van die wet handel.

Net so is daar geestelike wette. Of jy daarvan weet, dit verstaan of kies om nie daarin te glo nie as jy onverskillig gaan handel met daai wette, gaan jy seer kry!

Daar is verseker genade tye en die absolute Hand van God wat jou meestal beskerm en weghou van die gevare af terwyl jy nog onkundig is, maar dit is my ervaring dat sodra jy weet, jy jou verantwoordelikheid daarteenoor nie kan vryspring nie. Dan geld die rel: Jou keuse, jou gevolge.

As jy eers weet die kersboom verteenwoordig die okkultiese tree of life en sy chakras en die vyfpunt ster op die bo-punt ultimate enlightenment dan het jy n keuse om te maak. Sit jy nie teen die 15e Desember jou kersboom in jou sitkamer op nie, gaan jy dalk n paar ongemaklike vrae kry waarop jy nog nie al die antwoorde het nie. Jy gaan dalk snedige opmerkings kry van familielede en kermende kinders oor wat hulle maatjies alles in hulle huise het. Jy gaan dalk nie na die kersete genooi word nie? Dit maak seer. Dis vervolging. Die vyand wil h jy moet ingee ter wille van die vrede en kultuurhistoriese gebruike. Dis mos onskadelik? Is dit?

As jy begin verstaan dat enige oosterse gebruik (en ja, ek sluit hulle vegskunste vierkantig hier in!) se totale doel is om die slang en die draak te aanbid hoe verduidelik en regverdig jy dit? Glo jy regtig dis n ander denkbeeldige draak en nie die ene waarvan daar so breedvoerig in Openbaring geskryf word nie?

Dink jy regtig karate is so goed en leer die kinders slegs goeie selfdissipline en selfbeheersing wanneer hulle hande saamgeslaan voor hulle sensei buig? Wat dink jy roep hulle uit wanneer hulle kiai met omtrent elke beweging.

Wanneer jy gaan vir n hot stone massage wat se kanale maak hulle oop en wat is jou chi wat hulle in lyn moet kry? Is dit nie dalk die god Chi waarna China vernoem is nie? Is dit dan steeds net ontspannend? Onskuldig? Skadeloos?

Joga ai, dit maak mens glo so mooi fiks, soepel en gesond. En dan kalmeer dit nogal jou liggaam, siel en gees. Hoe!? Hoekom noem hulle elke posisie wat hulle dit noem? Gaan google net die name! Dit sal jou laat ys. En dan wil ek weer weet hoe regverdig en verontskuldig jy dit? Maak n besluit! En daar is net een of n ander. Vir of teen. Daar is NIKS in die middel nie. Kies wys.

Jou kerk, jou geestelike beskermheer, gaan lynreg en direk teen God se Woord en glo nou dat homoseksuele paartjies mag trou en dat n homoseksuele predikant nie selibaat hoef te wees nie. Wat maak jy? S jy my plaaslike vertakking van die institusie glo nie daarin nie of ons dominees doen dit ten minste nie of die oordeel kom ons nie toe nie en gaan sit jy steeds salig elke week daar sonder om op te staan vir dit wat jy s jy glo?

Dan is daar die vrymesselaars. Gaan doen jou huiswerk en maak n besluit!

Ek gaan nie ingaan op die vrymesselaars se absolute balaanbidding en totale besit van elke institusionele kerk, wreldwyd, nie. Studies en geloofwaardige exposs daaroor is volop op die Internet beskikbaar.

Daar is geestelike gevare en geestelike seninge wat elke oomblik van elke dag n werklikheid is.

So, wanneer jy eers weet, kan jy nooit weer nie weet nie! Jy stap nou in n tyd in wat jy goed waarmee jy jou hele lewe al mee bekend is, gaan sien vir wat dit regtig is. Jy gaan openbaringe kry oor hulle oorsprong en funksies en gevare. Jy gaan besluite moet maak. Moeilike en seer besluite. Jy kan sommer van die begin af weet jy gaan in die absolute minderheid wees en jy gaan nie enige tyd gou die populariteitskompetisies wen nie. Indien dit wel die geval is, mis jy iets rens. Begin by jouself en dan jou huis - dis jou verantwoordelikheid en jou eerste bedieningsveld. Maak seker jy verstaan mooi en waak teen oordeel in jou hart teenoor die wat nog nie verstaan en glo soos wat jy doen nie.

Mag jy in oorvloed gesen wees.