PDA

View Full Version : Wil lugafweer by kmb skuif na ermelo?



462
05-27-2013, 04:22 PM
Gordon) Vrae oor weermag-plan

Lugafweerskool se verskuiwing van Kby na Ermelo betwis
Sondag 26 Mei 2013

PRETORIA. Miljoene rande gaan nodig wees om die weermag se Lugafweerskool van Kimberley na Ermelo te verskuif, terwyl opknappingsprojekte aan geriewe in Kimberley blykbaar nou verniet gedoen word.

Boonop het die nagenoeg 170 Kimberleyse gesinne wat nou noodgedwonge ook moet trek steeds geen behoorlike voorligting gekry oor die redes en omstandighede waarom die skool moet skuif nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) is van voorneme om n hofbevel teen die skuif te kry totdat behoorlike onderhandelinge en voorligting plaasgevind het.

Intussen het die voorspan wat met die trek moet help, reeds na die nuwe basis naby die Camden-kragsentrale sowat 12 km buite Ermelo vertrek, met die res van die personeel wat glo in Desember moet volg.

Die Ermelo-basis, wat tot so drie jaar gelede die weermag se Groep 12 gehuisves het, val blykbaar uitmekaar en die voorlopige beroepsgesondheidsinspeksie het die basis as ongesond bevind.

Baie van die huise dr bevat asbes en moet platgeslaan word. Die basis het nie eens n behoorlike heining om nie en die riolering is gebrekkig. Die skuif vind blykbaar, ondanks die beroepsveiligheidsverslag, steeds plaas.

Wat van die skool se personeel verder pla, is dat tans opleidingshutte by die bestaande basis in Kimberley opgerig word vir die opleiding van studente op die 35 mm-lugafweerkanonne. Di hutte kos sowat R1 miljoen en is n n lang gespook goedgekeur. Die helfte daarvan is nou klaar gebou.

Terselfdertyd word die res van die opleidingsgeriewe k teen R2 miljoen opgeknap. Die basis by Camden maak volgens die personeel verder geen sin nie omdat die naaste terrein waar met die kanonne geskiet kan word Lohatlha in die Noord-Kaap dan 850 km ver gaan wees.

Tans is di skietbaan en die een by Alkantpan meer as die helfte nader.

Tans is 10 Lugafweerregiment ook in Kimberley, wat beteken die lugafweersoldate hoef slegs enkele kilometers vir opleiding af te l.

Nou verskuif die skool honderde kilometers verder wat enorme uitgawes vir die lugafweerbegroting gaan inhou.

Al die nabootsers wat vir skiet-opleiding gebruik word, sal k teen reuse-uitgawes verskuif moet word.

Al di koste-implikasies tesame met die ontwrigting van die 170 families gaan die verdedigingsbegroting wat reeds onder groot druk is verder uitput, meen die personeel.

Adv. Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) het in reaksie ges die unie gaan voorwaar n interdik kry om die verskuiwing te stuit totdat die weermag n behoorlike proses van onderhandelings met en voorligting aan die betrokke soldate gevolg het.

n Mens hanteer nie jou mense soos plakkers wat eenvoudig op n plek afgelaai word en dan moet sien kom klaar nie. Dit is gesinne met wortels in Kimberley. Hulle het kinders op skool en eggenote met eie loopbane.

Uit n arbeidsregtelike oogpunt is dit dus onaanvaarbaar dat mense moet sit en wonder wat met hulle gaan gebeur terwyl die weermag op sy hande sit en voortgaan met planne. Niemand weet wat aangaan nie en dit het n negatiewe uitwerking op die moraal van die groep.

Niemand is nog geken om uit te vind wat die impak op die personeel van die skool gaan wees nie. Dit laat n mens wonder wat omtrent die verskuiwing ng onrelmatig is, het Greeff ges.