PDA

View Full Version : Dit werk



Unregistered
06-03-2013, 09:23 AM
Dankie Lukas. Al jou planne en kennis het weereens lewens gered. Gistermiddag om 16hoo moes nog 'n boer en sy gesin pak kry, maar danksy jou kennis en hulp het dit toe skeefgeloop (vanuit die kriminele oog).

Die kontrei het heerlik gekuier en sommer weer vriendskapbande opgeknap.

Ek sal later die hele storie vertel, maar die kennis wat jy met ons deel is van onskatbare waarde en slegs lewens kan daarmee vergelyk word.

Dankie nogmaals vir alles. Mag jy in die Here se seen van krag tot krag gaan.

Trudie

Aletta
06-03-2013, 09:46 AM
Wonderlik om die soort dinge te hoor en SO frustrerend as mens besef hoeveel mense word elke dag onnodig vermoor omdat hul net weier om te leer, om hul koppe oop te maak of net glad nie belangstel om beheer te neem. Alet

Lukas
06-03-2013, 04:52 PM
Dankie Trudie. Ek sal nou graag meer wil hoor.

Unregistered
06-04-2013, 12:36 PM
Dit is 'n lang storie wat al verlede Desember begin het toe die Coetzee per ongeluk 'n swart man doosgeskiet het. Dit was so skemer die aand toe die mini-bus daar stop en een uitklim en met groot geraas presies vertel het wat hy aan die gesin gaan doen.
Coetzee het die SAPD geskakael en aan hom is gese om self die situasie te hanteer,
Hy het toe van die die reserviste geskakel en hulle was dadelik bereid im te kom help. Een van die waarskuwings-skote wat Coetzee afgevuur het , het die indringer in die kop kop getref en die is op die toneel dood. Die res het weggejaag,

Richard is soontoe en het op die storie afgekom wat mooi uitgepak was en kliphard "gepraat" het.

Coetzee het twee klein kindertjies en sy vrou het dadelik gesnap wat aan haar vertel is.

So is daar verskeie reekse gebou en elke keer kon dit afgeweer word. Die laaste reeks soos jy weet het baie mooi die tyd en datum aangedui en 'n baie gesellig Sondag-ete is beplan van ons kant af.

So teen drie-uur die middag het een van die werkers op 'n ander plaas gebel en gevra dat Coetzee hom asb moet kom haal.

En toe VIER-UUR aanbreek het die motor met die swart getinte ruite stadig verby gery, baie mense gesien en verder gery. Na sowat tien minute het die motor weer stdig verbygery en nog steeds die baie mense gesien.

Een van die bure, wat nie by die braai mag gewees het nie, het die motor agterna gesit en jy sal nie glo nie: Die ou karretjie ry hom toe heel weg.

Die tweede tuinjong is toe ook weg. Die eerste een is weg na die eerste aanval misluk het. Wat se dit vir jou!!!

So het een boeregemeenskap weer bymekaar begin staan.

Die ironie van die storie is, soos baie jong mense het Coetzee ook maar sy foute gemaak in sy jong dae en die ettiket om sy nek was nogal lank daar, Dit het egter soos mis voor die son verdwyn en van saamstaan kan jy daardie gemeenskap nou niks vertel nie.

Die gemeenskap bestaan ook maar soos alle ander uit alle kerkgroepe en politieke partye. Daar is rerig nog 'n paar Sappe ook!
Dit pla egter glad nie. Die lewe is meer kosbaar as alle ander dinge en positiewe denke bring almal veel verder as vandag en more.

Unregistered
06-05-2013, 03:52 AM
Coetzee kan gelukkig wees hy was nie van moord aangekla nie.

478
06-05-2013, 09:10 AM
What a great ending to what could've been a tragedy. Folks don't realise how dynamic this 'system' is, such a pity and so many unnecessary and avoidable deaths. Glad the family mentioned wasn't another statistic. The essa's don't want to hear at all, hocus pocus they say!