PDA

View Full Version : @ Hein

Lukas
05-09-2016, 07:49 AM
Hein. EK het vir jou n vraag.

Is alle wedergebore kinders vry van die wet?

Hein
05-09-2016, 09:36 AM
Hein. EK het vir jou n vraag.

Is alle wedergebore kinders vry van die wet?

Ja Lukas. Want dis juis waarvoor Christus vir ons kom sterf het. Nie een mens op aarde kon die wet onderhou nie, net Christus kon.
God se standaard om in die hemel te kom is so hoog dat geen mens uit homself dit kan bereik nie. Net Christus kon.
1.Hy is uit n maagd gebore, met Heilige Gees saad. Dus is Hy reeds sonder sonde gebore. Ek en jy is nie.
2. Daarna het Hy Sy hele lewe nie 1 sonde gedoen nie. So net Hy kon as nie- sondaar vir ons sondes betaal.

Daarom maak Christus ons vry van die wet, as ons in Hom glo en deur Heilige Gees gelei word. Ons is dus versel deur Heilige Gees wat in ons woon.

Maar dit beteken jy moet elke dag jou kruis opneem en Hom volg, en Heilig probeer lewe. Jy kannie opstlike sondes wil doen en jy weet dis verkeerd nie. Toe ek weergebore was, het 90 % van my sondes gestop wat ek voorheen gedoen het. Dus was God se Gees klaar in werking in my. Dis NET Heilige Gees wat jou krag kan gee om op te staan teen sonde. Gal 5 wys dat Heilige Gees begeer TEEN sonde, dus is dit nou jou begeerte om nie meer sonde te doen nie. As jy in die vlees is, en so wil lewe, dus nie weergebore met God se Gees nie, sal jy sonde nastreef en vleeslike begeertes nastreef.

Die Bybel s dat as ek kies om die wet te wil onderhou vir my saligheid, dan het ek "doemwaardig" geword, en sal dus onder die wet geoordeel word. In Christus is ek vry van die wet, MAAR, ek moet nie vleeslike goed nastreef nie...
Party mense wil die wet 100% onderhou vir hul saligheid, asook aan Christus vashou. God s ons moet kies.Ek dink Rom 3:23 se We all fall short of the glory of God.

Dis hoe ek dit verstaan Lukas. Enige ander een is welkom om saam te redeneer.

524
05-09-2016, 10:51 AM
Ek raak as 'n reel nie betrokke by geestelike debatte nie. Ek glo nie dat enige een van ons die "regte" antwoorde het en "alles" weet nie.

1 Kor 13:12 Want nou sien ons deur n spiel in n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. Hierdie kennis is nie heeltemal dieselfde as hoofstuk 2:16 wat s dat ons die gedagtes (of sin) van Christus het nie. Hier in 13:12 verwys dit na ons natuurlike kennis en denke wat gebroke bly (vgl. 2:14). Dit is dus nodig dat ons beskeie bly oor ons natuurlike kennis.

Maar, maak geen saak hoe of wat jy op die ou einde glo nie. Jy kannie 'n huis sonder 'n plan bou nie en die Bybel gee vir jou / kinders die fondament en die plan. Daar is so baie morele en liefde lesse in die Bybel wat as maatstaaf gebruik moet (kan) word om kinders die regte fondasie te gee.

Dit is tog net jammer dat ons as groot mense soms die "plan" minag en op ons eie aan donner met pluisies in die ore en oogklappe wat wapper in die wind van ons eie ego, soekend na iemand en iets om te blameer en af te kraak of "verkeerd" te bewys; So al asof jy / ek / ons hiermee ons eie saligheid kan verseker. Toe nie!

Nov16
05-09-2016, 06:28 PM
Ek dink van ons lede pluk aan seker gedeeltes wat pas uit die skrif

Ek haan dit doel bewus plaas en bewys die verkeerd.

In Matt. 5: 17 s Jesus vir ons baie duidelik, Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.

Hein
05-10-2016, 08:32 AM

Nov 16, 524, Lukas,

Daar is 'n BAIE GOEIE rede hoekom Jesus die bogenoemde woorde gespreek het.
Ek heg my dokument en ondersoek wat alles oor die wet gaan verduidelik, DIS belangrik om dit reg te verstaan - lekker lees.

1623
06-16-2016, 08:40 PM
Ek het hierdie gelees en wonder nogsteeds baie hieroor.
Ek glo ons word net deur genade gered. Daar word wel in die bybel vewys na aanhoudende sonde en Jesus se self gaan en sondig nie meer nie.
Ek verstaan die argument dat dit oor liefde gaan. maar as Jesus se Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.”, is ons seker dit verwys na die liefde wet en nie na die 10 gebooie nie. God verander tog nie.

Nov16
06-16-2016, 09:42 PM
Ek het hierdie gelees en wonder nogsteeds baie hieroor.
Ek glo ons word net deur genade gered. Daar word wel in die bybel vewys na aanhoudende sonde en Jesus se self gaan en sondig nie meer nie.
Ek verstaan die argument dat dit oor liefde gaan. maar as Jesus se Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is., is ons seker dit verwys na die liefde wet en nie na die 10 gebooie nie. God verander tog nie.

Loukie jy slaan die spyker op sy kop. Die wereld en mensdom is net lief vir die wereld dit is juis waaroor alles gaan, sonder die liefde kan daar geen redding wees nie.........

Hein
06-17-2016, 03:14 PM
Ek het hierdie gelees en wonder nogsteeds baie hieroor.
Ek glo ons word net deur genade gered. Daar word wel in die bybel vewys na aanhoudende sonde en Jesus se self gaan en sondig nie meer nie.
Ek verstaan die argument dat dit oor liefde gaan. maar as Jesus se Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.”, is ons seker dit verwys na die liefde wet en nie na die 10 gebooie nie. God verander tog nie.

Loukie, ek het in die aanhangsel mooi verduidelik hoekom die wet vir party mense gaan staan en hoekom dit vir ander mense nie gaan staan nie. Hoop jy kon dit lees.

1623
06-19-2016, 03:18 PM
Hein kn het dit gelees en nou weer. Ek besef dat ek nie die wet kan anderhou nie en dat ek deur genade gered word.
My problem le by die doelbewuste oortreding van die 10 gebooie. As ek elke dag iemand vermoor en dan se dis in liefde gedoen ( bv ek verlos hulle uit n bose wereld), wat gaan dan geld? Ek kan dan sommer ook redeneer dat ek in elk geval gered gaan word en nie die gebooie kan onderhou nie so dis reg so.
Ek probeer sover ek kan by die gebooie hou uit dankbaarheid vir my redding en ek besef dat ek baie oortree. Ek verstaan jou redenasie, ek het net die bekommernis oor doelbewuste oortreding.

Hein
06-20-2016, 08:18 AM

Jy is 100% reg. Maar ek glo geesevervulde mense, maw weergebore Christene gaan nie sommer doelbewus sondig nie.Indien mense wel doelbewus sondig, moet daar gevr word of hul regtig weergebore is.
Die Woord se daar is geen verontskuldiging vir opstetlike sondes nie dus neem ek aan die wet tree in werking vir hulle.