PDA

View Full Version : Waarom mense die bestaan van tekens ontken.



Lukas
06-05-2013, 09:44 PM
Dit is nou al 23 jaar wat ek van tekens leer en nog elke dag nuwe dinge by leer. Gedurende 1996 het die weermag my ontdekkings probeer ontmoedig en teen 1999 was ek deur Generaal Ferreira wat toe die bevelvoerder van CJ Ops was, aangestel om landwyd my kennis aan al die weermag bevelvoerders en inligting personeel te oor te dra.

In sekere gevalle was die polisie ook na die kursusse en seminare uitgenooi. Die weermag lede was opdrag gegee om die kursusse by te woon en die polisie was op uitnodiging. Die uitdaging aan die weermag inligting was om die kennis verkeerd te bewys. Die resultaat van die uitdaging was dat daar bewys was dat die tekens nie net op die plase en in die stede gebruik word nie maar dat dit in elke Afrika land waar die weermag betrokke was, ook gebruik word.

Tydens een van die kursusse waar oud Selous Scouts van die oud Rhodesia die kursus bygewoon het, het hulle bevestig dat hulle opleiding materiaal oor die tekens gehad het maar dat die kennis nie naastenby so intensief was as wat ons dit vandag verstaan nie.

Ons eie verkennings kommandoís het ook ín baie oppervlakkige kennis van die tekens gehad maar wat ons vandag weet is in diepte onvergelykbaar.

Verlede jaar was ek gevra om weer aan die weermag ín opknappings kursus aan te bied wat die leermateriaal kan aanvul. (Ek het nog nie geantwoord nie)

Hierdie geskiedenis laat twee vrae:

1. Waarom sou die weermag amptelik opdrag gee dat ek die kursusse aan al bevelvoerders en inligting personeel aanbied?

2. Waarom sal mense dit as kaf afmaak nadat die beste inligting operateurs in die weermag die kennis as waar en juis bewys het ?

My gevolgtrekking:
Ek het baie oor die onderwerp van vraag twee gewonder en tot die volgende slotsom gekom. Mense wat die kennis onvoorwaardelik afskiet of ontken is bang. Hulle is bang dat hulle vir die res van hulle lewens in vrees sal leef wanneer hulle die tekens sal kan lees en verstaan.

Die bangste mense is gewoonlik mans wat voorgee dat hulle totaal in beheer van hulle lewens is.

Wat kan ons daaraan doen?

Ek dink nie dat ons bang mense banger moet maak nie. Los die mense wat nie wil weet nie.

Unregistered
06-05-2013, 11:00 PM
Oom L, ek is gek oor die ekstra kennis. Dit gee ons as gesin nie net n "heads up" op ons veiligheids situasie nie dit ontbloot kennis oor iemand wat jou of jou omgewing misbruik SONDER dat daai persoon met planne, weet jy weet van sy/haar planne of buitemuurse aktiwiteite.

Black Wattle

478
06-05-2013, 11:10 PM
Thanks for the post Lukas, you have put my heart at rest. What you 'say' makes sense and your input will be my motto from now on. Spekvark and I were thrown off a property once. Got our marching orders, at the time it was rather embarrassing, but I guess one has to see the humour in a rather unhumerous situation. I still cannot see why anyone would not see the wealth in the 'tekens', but I guess you cannot make a silk purse from a sow's ear. Thanks again.

Aletta
06-06-2013, 10:51 AM
Ek dink vrees is een rede hoekom mense nie die tekens wil glo nie. Nog n rede is natuurlik omdat witmense dink swartmense dink soos hulle. Witmense kan net nie insien hoekom so n ďprimitieweĒ metode gebruik sal word as ons selfone tot ons beskikkking het nie.

499
06-07-2013, 05:09 PM
Iemand het eendag gese dat "fear is the absence of knowledge" en dat jou teiken groep se "mind" jou grootse gekenk kan wees want jy kan dit tot jou voordeel gebruik.

Hier by my omgewing ontken mense die bestaan van tekens of erken die bestaan( was ook al dalk op n kursus) maar pleit onkunde op die gebied.

Die interessante gedeelte is dat wanneer hulle dit opmerk hulle baie vinnig jou daarvan laat weet.gister vertel n sekueriteit beampte my dat hyself al "merke" op kliente of prospect kliente se eiendom aangebring het om sy werk te verseker as kliente moeilik raak om te betaal.

Daar is baie mense wat kennis dra en mettertyd sal hulle by Akska/Swartberg uitkom en hulself met kennis bemagtig en ontslae raak van hul vrees.n ou kan net dankbaar wees vir wat oom en die span doen en ons bid en vertrou.

N laaste gedagte wat altyd by n ou vashaak. "Net sekere van ons kan uit ander mense se omstandighede leer maar om dit reg te kry moet daar ander mense met omstandighede wees.

Jannie van Graan
06-07-2013, 07:31 PM
Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie. Ek het al gesien hoe 'n krimineel sorgvuldig sy blikkie en stokke pak voor 'n huis wat al reeds eenmaal 'n slagoffer was. Die goed is natuurlik verwyder en die "persoon" verwilder. Ek vermoed dat party mense die tekens afmaak, deels uit onkunde en deels omdat ons ou nasie maar dom astrand is. Persoonlik dink ek mens moet maar liewer oor-versigtig wees. Ek sou liewer wou lewe met die wete dat ek verkeerd was as om die tydelike met die ewige te verwissel omdat ek "gedink" het ek's reg.

Dankie aan almal wat hulle kennis deel oor die "bos boodskappe"!

Unregistered
06-07-2013, 08:22 PM
Is hierdie sommer net toeval? Het hy sy stuk van die overall maar net daar vergeet? So bietjie groot vir n teken, is dit nie?

Donker Blou.

Is dit n teken vir roof?

Andersins n belofte? Maar belowe wat?

Sal dophou wat gebeur daarmee en uitkyk vir n reeks.

http://i1173.photobucket.com/albums/r586/tomelize/AKSKA/Bloubyhek.jpg

http://i1173.photobucket.com/albums/r586/tomelize/AKSKA/BlouKleding.jpg

Unregistered
06-07-2013, 08:52 PM
Kleding stukke sal gewoonlik aandui dat daar vir die kriminele hulp sal wees. Dit beteken gewoonlik dat iemand wat daar werk, die kriminele sal help om hulle taak suksesvol uit te voer.

Lukas
06-08-2013, 06:41 PM
Ek hou nie daarvan om die betekenisse van hierdie goed op ín oop forum of op die forum vir geregistreerde lede te plaas nie. Wanneer ek dit doen, is daar mense wat dit gewoonlik misbruik. Byvoorbeeld soos wat ons in ín ander draad gelees het waar ín lid van ín sekuriteitsmaatskappy erken dat hulle tekens plaas om nuwe lede te kry of om weerspannige betalers tot oorgawe te dwing.

Die kledingstuk kan twee doelig wees. Die een doel is soos wat jy sÍ om aan te dui dat daar hulp sal wees. Terselfdertyd los die kledingstuk ook ín reuk vir die honde om aan gewoond te raak. Die persoon wie se kledingstuk dan op die werf agterbly, sal wanneer hy aan die misdadigers hulp verleen, ook in staat wees om die honde te beheer.

WENK:

Dit is goed om jou honde se bekke en neuse saans met ín flou Dettol lappie af te vee. Dit verwyder alle reuke waaraan die honde gewoond is en wanneer die hulp opdaag is dit asof hulle die lid vir die eerste keer gewaar.

Ek het eendag gelees dat ín opgeleide hond se brein ontwikkel is tot die vlak van ín sewe jarige kind. Dit is belangrik om dit te onthou. Honde is nie ons beskermers nie. Dit is in die meeste gevalle ín vroeŽ waarskuwing. Hulle waarsku ons vroegtydig wanneer daar indringers is.

Terselfdertyd kan ín hond meer werd wees as ín sekuriteitswag. Hy is nie oor naweke gesuip nie. Sy uniform is altyd netjies. Hy kom met sy eie wapens. Al slaap hy op diens sal sy gehoor hom nie in die steek laat nie en wanneer hy reg geleer is, sal hy sy wapens op die regte tyd gebruik.

Maak die lewe vir ou wagter makliker en spandeer maar ín geldjie op ín botteltjie Dettol.

Unregistered
06-08-2013, 11:33 PM
My eerlike opinie is dat hierdie kledingstuk hier vergeet is. Sal Maandag weet as dit verwyder word.

Intussen is daar geen reeks nie. Dit versterk my vermoede.

Maar hier het n nuwe dagwerker begin wat ek nie vertrou nie. Hy is so dom soos grond en sukkel dalk om die reeks uit te pak... Op n ander perseel waar hy ook gewerk het, het skielik n aandag trekker verskyn, maar ook nie verder gekom nie. Hou dit nou al weke dop.

Unregistered
06-09-2013, 12:42 PM
1) Die nuwe Weermag se bevelstruktuur bestaan tog grotendeels uit "Afrika-mense" - bedoelende mense wat sou moes opgroei in die "taal" van sg. Afrikatekens... Waarom sou dit dan nodig wees om die kursus vir outoriteite wat bes moontlik meer as Lukas daarvan weet, aan te bied?? 2) Wat het geword van julle uitleg van die 'tekens' by wyle ET se moordtoneel? Ek sou tog reken dat die saak in die hof ontrafel is en die skuldiges se skuldigbevinding nie met die reeks tekens verband hou nie...

Lukas
06-09-2013, 02:18 PM
Dit is twee moeilike vrae wat altyd iewers opduik. Veral die tweede vraag. Die tweede vraag skep weer sy eie vrae.

Vrae soos; wat wil jy daardeur bereik om die tekens in die hof te bewys?
En
Hoe gaan dit ons vermoŽ om misdade te voorkom beÔnvloed?

Maar laat ek maar eers jou vrae antwoord.

Die tyd wat ek die kursusse vir die weermag aangebied het, was die bevelvoerders nog wit en die Kommando’s het toe nog bestaan. Toe ek verlede jaar weer deur die weermag genader was, was dit deur die wit lede wat gedink het dat wanneer ons vir die swart lede wys wat ons weet, dit vir die swart lede makliker sal wees om die kennis teen die misdadigers te gebruik, maar daardie debat is nog lank nie klaar nie en ek is nie so oortuig of ek dit ooit self sal doen nie.

Wat ET se saak betref het die man wat ons as die die organiseerder van die moord geÔdentifiseer het, drie weke na ons daar was, onverklaarbaar in die voer menger se auger beland en toe in ’n wors verander. As jy al ’n worsstopper gesien het, kan jy die metaal wurm seker onthou wat die maalvleis vorentoe druk. Daardie wurm is ’n baie klein auger. Die voermenger se auger is tien keer groter en as ’n man daarin beland is dit verby.

Die ander saak van die moord sal nooit bewys kan word nie. Ons mense sal nooit die geheimhouding kode van die swart radikaal verstaan nie. EK was by ’’n mislukte transito roof buite Pietermaritzburg saam met die polisie en die weermag. Dit was tydens een van die seminare wat ek vir die weermag, kommando’s en ’n paar polisiemanne aangebied het. Ek was net klaar verduidelik hoe ernstig die swart man oor sy geheime is toe die boodskap van die mislukte roof deurkom. Die rowers het die voertuig van die pad probeer druk terwyl hulle op die voertuig geskiet het. Die rowers het agterop ’n bakkie gestaan wat die transito voertuig verbygesteek het en toe hulle langs die voertuig kom, het hulle probeer om die bestuurder dood te skiet. Die sekuriteit lede het deur die skietgate teruggeskiet en van die rowers agterop die bakkie is toe gewond.

Toe ons daar aankom, het die misdadigers self hulle eie maatjies met kopskote agter die kop tereggestel om hulle eie identiteit te beskerm.

Ons is vandag nog oortuig dat die moord op ET deur die SAKP beplan was. Inligting wat ons later ontvang het, het ons vermoede bevestig. Of die regte moordenaars toegesluit is weet ons nie. Wat ons weet het die lewe van Pieter Mulder gespaar en ons kon ’n lelike ding voorkom.

’n Staatsaanklaer van Middelburg Transvaal het eendag die kursus saam met lede van georganiseerde misdaad gedoen, na haar lewe bedreig was. Met die kennis wat hulle toe na die kursus gehad het, kon die polisie die beplande aanval identifiseer en die misdadigers aankeer. Maar om die bestaan van die tekens in die hof te wil bewys, is net so goed jy speel poker terwyl jy jou kaarte gedurig vir jou opponente wys. Wat ons weet werk vir ons maar ons gaan nie jare se navorsing, nou in die drein afgooi, deur vir almal ons kaarte te wys nie.

Ons het die bestaan en die motief wat ons uit die tekens geleer het, al by ’n hele paar geleenthede met afluisterapparate wat op die aanvallers se versamelpunte versteek was, bevestig. Die vals inligting wat gedurig deur die polisie en sekuriteitsmaatskappye op die internet versprei word pas ons goed. Dit wys vir die misdadiger dat die mense wat tekens lees niks weet nie en dit gee ons ’n baie groot voorsprong teen misdaad.

Unregistered
07-04-2013, 10:34 AM
Pos #7 verwys. Die eienaar van die kledingstuk het toe vandag opgedaag. n Teler wat hier vir twee dae gewerk het, kom klop toe aan die deur, op soek na sy overall broek!

haha, wou sÍ dis te groot vir n teken en niks wat daarby pas as reeks nie...

Lukas
07-06-2013, 10:43 PM
Te groot vir n teken? Jy maak n fout. Tekens kan baie groter as dit wees.

Geen reeks wat daarheen lei. Baie skerp. As daar geen reeks is nie is dit ook nie n teken nie. Baie mooi.