PDA

View Full Version : swart op wit aanvalle sover vir 2013



462
06-18-2013, 07:24 PM
In less than 6 months I recorded 209 Black on White RACIST attacks in South Africa during which 357 White people were injured, tortured, maimed, raped or murdered!

19 Women and 2 men were raped and sodomised. 88 White people have been murdered by Blacks. 65 of these attacks were on farms.

...but according to the International Criminal Court White people are NOT facing a Genocide! This is considered "normal crime".

JANUARY... 31 Days, 31 Attacks, 50 Victims, 1 Raped, 17 Murdered, 8 Farm Attacks.

FEBRUARY... 28 Days, 17 Attacks, 24 Victims, 1 Raped, 11 Murdered, 8 Farm Attacks.

MARCH... 31 Days, 18 Attacks, 32 Victims, 1 Raped, 8 Murdered, 7 Farm Attacks.

APRIL... 30 Days, 42 Attacks, 72 Victims, 7 Raped, 19 Murdered, 12 Farm Attacks.

MAY 31 Days, 75 Attacks, 107 Victims,9 Raped, 24 Murdered, 20 Farm attacks.

JUNE 18 Days, 36 Attacks, 72 Victims, 2 Raped, 9 Murdered, 10 Farm Attacks.

This is a GENOCIDE! The deliberate and systematic extermination of a national, racial, political, or cultural group....yet no one seems to mind it... and it has been ongoing for 20 years!

When the Genocide Convention was passed by the United Nations in 1948, the world said, "Never again." But the history of the 20th century instead proved that "never again" became "again and again." The promise the United Nations made was broken, as again and again, genocides are killing more people than all the international wars of the 20th century combined! We are such a people! ...Sx

462
06-18-2013, 07:39 PM
Lukas, let op na die toename die afgelope paar maande.

462
06-28-2013, 07:37 PM
Vir almal wat steeds nie besef teen watter geweldige tempo die aanvalle teen ons toeneem nie...

In die tydperk 1 Mei tot 27 Junie 2013 was daar 124 aanvalle op 202 slagoffers! 38 van ons mense is vermoor, 9 is verkrag en daar was 35 plaasaanvalle in 58 dae!

In dieselfde tydperk - 1 Mei 2012 tot 27 Junie 2012 was daar 48 aanvalle op 74 slagoffers! 31 van ons mense is vermoor, 3 is verkrag en daar was 14 Plaasaanvalle in 58 dae!

Iewers is daar GROOT fout! Sx

Unregistered
06-28-2013, 09:33 PM
Wat is die kanse dat die statistiek net beter gehou is?
Alet

Lukas
06-29-2013, 12:14 AM
Ek dink dat Alet moontlik reg is. Vandat die landbou n groot bohaai oor plaasaanvalle begin maak het, het die woord plaasaanval n woord geword. Die waarheid is dat plaasaanvalle niks anders as n roof is wat in die dorpe en stede plaasvind nie.

Nie net is dit dieselfde nie. Dieselfde tipe misdadigers met presies dieselfde doktrine terroriseer al vir jare die stedelinge presies soos wat die boere geterroriseer word. Maar daar was nog nooit iemand wat die stedelinge se statistieke gemeet het nie.

Plaasaanvalle word oor die jare baie goed gemonitor en wanneer ons net na plaasaanvalle alleen kyk, kan ons sien of die tendens toeneem of afneem. Sunette Bridges is die eerste mens wat aanvalle deur die bank redelik akkuraat monitor. Vir die eerste keer kan n mens nou begin sien hoe die prentjie regtig lyk. Ek glo dat daar n toename kan wees maar ek dink nie dat dit regtig n baie groot toename in insidente is nie. Ek dink ook dat dit eerder n geval van beter rapportering is.

Om regtig te sien hoeveel die tendens versleg, moet jy twee statistieke byhou. Jy sal die aanvalle op die plase van die aanvalle in die beboude gebiede moet onderskei. Ons probleem is dat ons nie mense het of geld het om mense te finansier wat net dit kan doen nie. Maar as ons eendag kan, sal dit goed wees om vier boekies te h. Een vir plase, een vir lokasies, een vir dorpe en stede - wit en een vir dorpe en stede - swart.

Wanneer die hele prentjie met die verskillende statistieke bygehou word, sal ons eers aantygings kan maak. Maar voor dit nie gedoen word nie sal ons altyd in die donker wees. Sunette moet net nie ontmoedig word nie. Sy doen dit baie goed en dit sal help wanneer sy eendag die onderskeid tussen dorpe en plase kan maak, want wanneer sy daardie onderskeid kan maak, sodat ons dit teen die plaasaanvalle kan meet, sal ons al kan sien hoe erg dit regtig in die stede is.

Unregistered
06-30-2013, 09:03 PM
Ek sien Steve Hofmeyr is nou in die Rapport se visier omdat hy dit durf noem het dat witmense buite verhouding uitgemoor word. Vreemde feite en statistieke word opgediep maar een van die wat my regtig laat wonder het is toe hul noem dat daar in 1970 meer moorde per 100 000 gepleeg is as vandag.
Ek koop daai een baie moeilik tensy daar in daardie spesifieke tyd geweldige politieke onrus was.
Hofmeyr he homself nou baie ongewild by die huidige establishment gemaak veral nadat hy genoem het dat Mandela ook bloed aan sy hande het. Dit lyk vir my of n nuwe soort tirannie nou afgedwing word deur die Mandela dissipels. Wat verstommend is, is dat Mandela by Shell House die opdrag gegee het om te skiet (sy eie getuienis) maar dit word of ontken of verswyg.
Naspers verwyder gedurig kommentaar op die artikel sodra n teerpuntjie aangeraak word. Dit is duidelik dat vryheid van spraak in SA net n mite is.
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Steve-vat-n-kans-oor-wit-moorde-20130629
Alet

Unregistered
07-03-2013, 06:51 PM
Net 'n strikvraag vir ons mense:

Het iemand al vir die huidige regering gebid? Het iemand al probeer doen wat die Woord vir ons se? Wil u 'n rustige lewe he?

1Tim 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
1Tim 2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
1Tim 2:3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
1Tim 2:4 wat wil h dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

Groetnis, Hein

wouterf164
07-04-2013, 08:58 AM
Hi Hein,

Ons bid al 18 jaar vir vrede in die land en dit word net erger. Ons kan met sekerheid s dat ons gebede vir vrede nie werk nie. Dit kan asgevolg van twee goed wees ek dink dit is beide:

1.) Ons gebed vir vrede het sy oorsprong uit vrees of
2.) Ons bid verkeerd en moet dalk vir iets anders as vrede bid.

Gaan lees die storie van Ester in die bybel. Daar was 'n person Haman wat all die jode uitgemoor het, toe vra Ester vir 'n klompie mense om te help met 'n vas sy het vir 3 dae gevas en gebid. Die gevolg was dat Haman gehang was. Ons het die krag om dinge te verander. My gebed vir sa is soos volg:

God in die hemel, Ek kom voor U in die Naam van Jesus namens elke Suid-Afrikaner. Ek bid en verwag om 'n rustige en stil lewe te lei. Ek bid dat die Woord van God sal geskiet en ons mense los gemaak word van die verkeerde mense (2 Tessalonisense 3:1-2). Dat U die harte van persone met mag sal draai in die manier wat U kies (Spreuke 21:01). Ek bid vir die val van die huidige ANC regering. Ek bid dat U engele stuur om verwaring onder elke persoon te skep wat nie vir U is nie. Ek bid dat die ANC en hulle bondgenote se byeenkomste en planne tot niks uitloop nie

Ek bid vir verandering van die stemme van invloed en dat hulle in ooreenstemming met U Woord sal praat. Ek vra dat U arbeiders gevul met die gees van wysheid stuur om die leiers van Suid-Afrika te omring met goddelike raad en insig. Ek vra ook dat U mense verwyder uit posisies van gesag diegene wat geregtigheid teenstaan, en vervang hulle met mans en vroue wat U sal volg.

Soos ons deur donker dae gaan vra ek U vir die Gees van die geloof, die werkinge van kragte, vir tekens, wonders en demonstrasies van die Heilige Gees. Ek bid dat gelowiges in Suid-Afrika sal verenig en sterk sal staan deur die geloof in Jesus, die Gesalfde Een en Sy salwing, dat U heerlikheid geopenbaar kan word oor die hele aarde. Ek glo ek ontvang dit in Jesus Naam.

Unregistered
07-05-2013, 01:46 PM
Geloof moet gepaard gaan met werke, anders beteken dit niks. Staan vas

Unregistered
07-05-2013, 08:40 PM
Dagse Wouter,

Kyk bietjie mooi wat jy bid, gaan lees dit self deur...

Ek se nie jy bid verkeerd nie, maar ek vra dat jy moet kyk wat in God se Woord staan, en dit OOK bid.

Bid dan OOK die volgende vir die regering en hooggeplaastes in die land:
1Tim 2:4 wat wil h dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

God is 'n God van liefde, Hy wil he ALMAL MOET gered word, selfs Mandela en sy makkers, wat verkeerd doen. Jesus het vir sondaards wereld toe gekom.

Ons harte kyk partykeer verkeerd na mense wat verkeerde goed doen. Ons sien nie satan wat die toutjies trek nie, ons sien eerder die person.

God is lief vir almal, Hy wil GRAAG HE HUL MOET GERED WORD...

Wat ek eintlik wil se, is dat as God 'n mens draai, dan loop alles reg, dis so eenvoudig as dit!. Hul moet gered word, WEERGEBORE word, dis al!.

Groetnis, Hein

Unregistered
07-06-2013, 07:45 AM
Jesus het die volle prys betaal vir almal wat in Hom glo punt. Jy kan dit nie verander al probeer jy hoe die versies verdraai nie. Staan vas

Lukas
07-06-2013, 10:15 PM
Ou Sperma. Ek het jou plasings verwyder omdat ons jou op n ander draad genoeg tyd gegee het om jou kerk te adverteer. Ongelukkig het jy jou kans verbrou en kan ons nie nog n draad afstaan om jou siening vir jou verkeerd te bewys nie. Al die antwoorde is reeds vir jou gegee en jy sal nou moet terugstaan of toer. Ons wat hier skryf verstaan die Bybel soos dit is en probeer nie om onsself as Aries te bewys nie.

WouterF164.

Ek is nie so seker of julle gebede verniet was nie. Gedurende 2004 tot 2006 was die aggressie baie erg teen ons wit mense en dit het intussen merkbaar verander. Selfs die huidige politiek met Mandela wat nou moet dood of dood is, is dit klimaat nog altyd verstommend kalm. Die aggressors is wel daar maar in twee kampe verdeel sodat hulle teenmekaar in opstand kom.

Persoonlik sien ek die besigheid ook in n ander lig. Die Bybel vertel vir my van n stryd teen die magte van die bose waar die bose uiteindelik n geleentheid kry om te regeer sodat dit wat reg is verkeerd sal wees en dat dit wat verkeerd is reg sal wees. Maar daardie tyd van glorie van die bose sal alhoewel gewelddadig, tog van korte duur wees.

Ons sien in Daniel dat daar in die laaste dae n nuwe geloof op die aarde sal kom wat daar nog nooit was nie. As ek na die new age kyk klink dit vir my of dit dak dit kan wees. Verder vertel Daniel dat daar leiers sal opstaan wat Godslasterlike uitsprake sal maak en wat die mensdom sal verstom en sal verpletter. In Openbaring sien ek dat die dier in die laaste dae politiek mag oor die heiliges sal kry. Vir my stem dit ooreen daarmee wat in Daniel staan.

My gevolgtrekking:

Hierdie tekens van die tye wat van die begin met repetisies al hoe sterker word, begin nou perke bereik waar n mens dit met Daniel en Openbaring kan vergelyk. Die stryd tussen lig en duisternis bereik ongekende perke. Tog omdat God nie kan verander nie, bly ons Vader se beloftes vir Sy kinders in hierdie dae staan.

Maar die wat in Christus is, sal hierdie dinge sien gebeur maar dit sal ons nie regtig raak nie. Ons uitdagings word wel groter maar so ook die genade wat na ons kant kom.

Soos Vader vir ons ges het om vir ons vyande te bid. Het Hy ons ook opdrag gegee om vir die magte en owerhede wat oor ons aangestel is te bid.

Al lyk dit vir ons of ons gebede nie werk nie, moet ons volhou. Uit ons gehoorsaamheid kom wysheid. Uit wysheid kom vrede. Nie vir die wreld nie maar vir ons wat in Christus is. Die wreld se vrede sal eers terugkeer die dag wanneer Jesus op die wolke kom. Miskien is dit waarvoor ons met n passie moet bid.

Unregistered
07-11-2013, 09:42 AM
Geskryf deur TLU
Donderdag, 11 Julie 2013 06:48

Vanaf 1994 met die aanbreek van "demokrasie" in Suid-Afrika tot op hede, is daar reeds 200 000 moorde in die land gepleeg en blankes is ses keer meer aan die ontvangkant daarvan as enige ander ras.

Geweld het merkbaar toegeneem na Nelson Mandela se vrylating, wat die sogenaamde "ikoon" se status as vredemaker erg onder verdenking plaas.

Ten minste een derde, naamlik 67 000, van die moorde is op die klein minderheid blankegemeenskap gepleeg. Dus pro-rata per ras, word daar bykans 6 keer meer blankes as swartes in SA vermoor. Of anders gestel: 'n Blanke se kans om in SA vermoor te word is 6 keer groter as die van 'n swarte.

Die TLU SA s indien die geweld op wit boere in die tweede helfte van 2013 voortduur soos wat vir die eerste ses maande aangeteken is, kan meer as 200 aanvalle weer 'n werklikheid word. Meer as 200 plaasaanvalle per jaar is in 2002 in Suid-Afrika aangeteken.

Altesaam 104 aanvalle en 29 moorde het vanjaar al op die land se plase voorgekom. In 2002 is 229 aanvalle aangeteken. Sedertdien was die meeste aanvalle 184, wat in 2008 voorgekom het.

In een van die mees onlangse voorvalle is 'n wildboer van Piet Retief in Mpumalanga aangeval en geskiet op die plaas Varkpan. Die 72-jarige mnr. Vic Mhle is erg aangerand en hy is twee keer in sy een been geskiet. Hy is vasgebind aan die hek van sy een wildkamp gevind.

Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van die TLU SA, s dit was die derde aanval op 'n plaas in di omgewing hierdie jaar.

Lukas
07-12-2013, 10:02 PM
Plaasaanvalle en huis-rowe kan in hierdie tyd moontlik nog verder toeneem. Die Amerikaanse Black Panthers het skynbaar aan APLA nuwe hoop gegee en ons kan moontlik die meeste geweldsmisdade teen wit mense vanuit daardie kamp verwag.

Terselfdertyd het die doktrine nog nie verander nie en word dieselfde metodes nog altyd gevolg. Dit beteken dat aanvalle nog net so maklik voorkom kan word soos wat dit in die verlede voorkom was. Hierdie week het ons vir die eerste keer sedert Oujaarsdag 1998 in Bloemhof by twee geleenthede twee mislukte plaasaanvalle per geleentheid gehad. Twee keer was twee plase op presies dieselfde tyd aangeval. By albei geleenthede het die aanvallers gevlug na die heining geknip of onderdeur die elektriese heining gegrawe was.

Wat hulle die tweede keer laat vlug het, weet ek nie. Maar die eerste poging was skynbaar as gevolg van jakkals jagters se soeklig wat op hulle geskyn het, ontlont.
Waarom neem die aanvalle toe?

Ons dink dat daar moontlik drie afsonderlike redes kan wees. En dat die drie redes moontlik saam geldig kan wees.

1. Vandat ons op nasionale vlak landwyd met weerbaarheid kursusse begin het, het aanvalle skerp afgeneem. Dit is nou tien jaar later en baie nuwe boere het intussen begin boer. Sakemanne het afgetree en gaan boer en baie kinders is uit die skool en het ook gaan boer. Die kennis wat tien jaar gelede daar was om plaasaanvalle te voorkom het intussen verbygegaan en dit word nou weer tyd om die kennis te hernu.

2. Die politieke magstryd tussen die PAC en die ANC kan deels ook vir die toename in plaasaanvalle verantwoordelik wees. Die PAC wat nou die ANC begin opponeer, kan deur aanvalle op blankes poog om hulle eie gewildheid onder die radikale te bewys en terselfdertyd ook poog om hulle geloofwaardigheid aan die Black panthers te behou.

3. Die toename in aanvalle kan moontlik ook sy eie finansile eise aan die PAC stel. Die finansies sal vermoedelik hoofsaaklik vir die guerilla opleiding aangewend word. Daardie finansile aanvulling word tans moontlik deur die Black panthers en die ZCC kerk gedra. Dit is iets wat ondersoek sal moet word. Eksterne finansile hulp aan die PAC sal ook veroorsaak dat die PAC hulle staal sal moet wys om die fondse te regverdig.


WAARNEMING:


Ons is oortuig dat ons meeste plaasaanvallers en huis-rowers uit die PAC geledere kom. Die regering het in die verlede polisie-eenhede gehad wat plaasaanvallers gejag het. Selebi het dit gestop maar dit kan dalk met die verswakte verhouding tussen die ANC en die PAC weer n moontlikheid word.

Die tendens van plaasaanvalle wys dit ook uit dat die aanvallers se getalle baie beperk is. Hulle het byvoorbeeld nie genoeg mense om landwyd op plase toe te sak nie. Die TLU verduidelik vir my dat hulle kaart vir die 2012, wys dat aanvalle in Noordwes, hoofsaaklik in die noorde was en dat die tendens hierdie jaar meer Suid kan skuif. Aanvallers sak op n gebied toe en wanneer die gebied te warm word, skuif hulle weer na n ander gebied.

VOORUITSKOUING:

Die vooruitskouing is dat aanvalle soos ons dit nou sien en beleef, tot n rukkie na Mandela se begrafnis kan toeneem. Die politieke magspel tussen die ANC en die PAC kan binnekort in die openbaar ontplof en dan kan die interne geweld moontlik kort na die begrafnis in n openbare gewapende stryd tussen die twee hoof faksies ontwikkel.

Wanneer dit gebeur sal daar moontlik gebiede in die land wees waar geweld n daaglikse moontlikheid kan word. Maar die grootste gedeelte van die land sal waarskynlik in relatiewe vrede leef. Die grootste geweld kan in lokasies wees soos wat dit voor 1994 was. Maar in sekere dele van die land kan dit ook n invloed op die aangrensende gebiede uitoefen.

n Openbare geveg tussen die twee hoof faksies kan die ekonomie aansienlik strem. Maar oor die algemeen sal ons met minder om mee klaar te kom, nog net so veel vrede h as wat ons nou het.

Maar dit los nog nie ons probleem op nie.

KOMMENTAAR.

Met die kennis dat die radikale element wat tot geweld kan oorgaan nie veel meer as 20 000 mense in die bevolking verteenwoordig nie, moet ons aanhou om bre tussen groepe te bou. Maar ons sal onsself met kennis moet bemagtig om gewelddadige aanslae teen ons te voorkom of af te weer.

Ongeag die vlakke van geweld sal dit nog altyd aan die definisie van misdaad gemeet word en ons offensiewe optredes teen misdaad sal bepaal of ons in n area van uitnemendheid woon of nie.

OPMERKING:

Die land se politieke onstabiliteit is op die oomblik besig om weer soos met die Pietersburg beraad van die ANC, redelik sensitief te raak. Maar wat die laaste strooi op die kameel se rug kan wees, is die tydperk na Mandela se dood. Ons weet nie wat ons dan presies kan verwag nie. Maar ons weet dat ons reeds die kennis het om dit in ons eie omgewing veilig te bestuur.

Maar net soos met die Pietersburg beraad kan die uitslag skielik en onverwags die geweld kalmeer sodat die land na n tiepe vrede terugkeer.

Ons weet dat die polisie se kern vandag sterk kommuniste is. Die kommuniste wat tans deur die PAC en die DSM bedreig word, bedreig indirek ook die polisie. Gebruik ons Zimbabwe as voorbeeld waar die polisie die plaas besetters op plase afgelaai en beskerm het, is ons omstandighede met die kommuniste in die polisie nie veel anders nie. Tot op hede was ons baie sleg deur baie polisiestasies behandel. Maar die geskiedenis in Afrika het bewys dat wanneer hulle deur n vyand bedreig word, Afrika na ons die hand uitsteek om hulle te help en te beskerm.

Die opstand van die DSM en die PAC teen die ANC en die SAKP is uiteindelik vir ons n bedekte sen. Het dit nooit gebeur nie, kon ons ook plaasbesettings soortgelyk aan die van Zimbabwe gesien het. Inteendeel dit sou meer gewelddadig gewees het. Maar nou dat die kommuniste bedreig word sal hulle bondgenote nodig h om hulle te beskerm. En om dit reg te kry sal hulle ons eerste moet beskerm.

Dit laat my aan n stelling op die PAC /black panther plakkaat dink.

194



Maar ek weet van n ander meer geloofwaardige gesegde wat in die Bybel staan. Hy wat leef met die swaard sal val deur die swaard.

GEVOLGTREKKING:

Hoe sterker die PAC en die DSM se aanslag teen die ANC ontwikkel, hoe beter gaan ons verhouding met die polisie en die weermag ontwikkel.

Van AKSKA se kant sal ons meer AKSKA lede beskikbaar stel wat aan gemeenskappe die opleiding in die voorkoming van aanvalle kan aanbied. Met kennis kan ons in tye van onrus in vrede oorleef. Al kry ons ekonomie n knou kan ons nog altyd in vrede oorleef.

Wanneer buurtwagte en plaaswagte organiseer en aktief in die bekamping van misdaad betrokke raak, sal daardie buurt en plaaswagte reeds n positiewe beeld in die gebied uitoefen. Al aanvaar buurtwagte en plaaswagte nie ons raad nie, maar neem hulle volgens ons op n oningeligte manier self verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid, sal dit nog altyd sonder ons hulp, bydra tot meer stabiele omgewings.

wouterf164
07-16-2013, 09:54 PM
Ek dink nie daar is baie krag daarin om die Here te smeek om ons asb tog net te bewaar nie. So gebed het sy oorsprong uit vrees uit en ons almal weet wat God van vrees dink en hoe Hy daaroor voel. God het klaar belowe ons is beskerm as ons hom aanneem. So drie jaar terug het 400 van ons 'n 1 dag vas en gebed gehou om Julius Malema en Zuma te verwyder en ek glo baie ander mense en groepe het ook met gebed en vas ingetree. 195 https://www.facebook.com/events/361543274479/ Die uitkoms is duidelik sigbaar vandag.

Ek dink regtig ons kan as 'n nasie met gebed en vas kry wat ons soek in die land. Die geestelike krag wat vas het is ongelooflik ek verwys weer terug na Esther in die bybel wat 3 dae gevas om die moorde en aanvalle op haar mense te stop dit het gewerk. Ons het dieselfde krag vandag nog.

Hoe voel julle oor vas is dit iets wat julle sal doen, of voel julle dit iets wat ons nie eintlik meer hoef te doen nie?

Unregistered
07-24-2013, 10:50 AM
Liewe dierbares.

Ek wil julle eerstens in kennis stel en waarsku!

Ek gaan dit so kort as moontlik hou.

15 Julie ontvang ek 'n sms wat s iemand van my bank gaan my nou skakel en
my mobile banking opdateer.
'n uur later skakel 'n swart man my wat dadelik bevestig dat ek geen
inligting aan hom moet gee nie want hulle wil dit wat op die sisteem is net
aan my herhaal waarna ek gratis lugtyd sal ontvang vir my samewerking.

Die man het die volgende aan my genoem:
My huis adres, my id, my bank rekening nommer, my selfoon en werk nommer,
die werksplek bevestig, wanneer ek waar lenings en spaar fondse het, wanneer
ek my talking points oorgeskakel het na sms bundels, wanneer ek groot bedrae
oor betaal het en wou baie vriendelik weet of ek nie 'n lening wil oorweeg
nie. Hy was uiters profesioneel en baie bekwaam.

Na ons oproep waarin ek aan hom geen inligting gegee het nie - het ek 'n sms
ontvang wat aan my gratis lugtyd van R150 bevestig.

Ek is ongelooflik beindruk en laat dit daar.

Na 'n ruk bel die man my weer om net te bevestig om ek die lugtyd gekry het.

Vanaf daardie oproep kon ek glad nie meer my foon gebruik nie.

My identiteit, sim en selfoon nommer is gehack!!

Ek het probeer what's up wat nie gewerk het nie! Iets het vir my gese daar
is fout!!

Dadelik vodacom gebel waar ek ingelig is ek bestaan nie - my foon is nie
meer op my naam of gerica op my besonderhede nie.

Toe weet ek hier is moeilikheid - bel my bank - te laat!!

Elke liewe sent is vanuit my rekening getrek, R2000 lugtyd is vanuit bank
oorbetaal aan 'n geslote rekening. My oortrokke fasiliteit wat ek nooit
gebruik behalwe in uiters noodsaaklike gevalle - is verhoog na R13 000 en
oorgeplaas na my spaar rekening en weet na 4 ander rekeninge wat almal
geopen en gesluit is.

My balans in my bankrekening is gevat en my rekening is gesluit.

Ek het my die hele dag gister gevat net om my bank rekening weer ongeblok te
kry, weer kommunikasie te kry en 'n polisie saak te open.

Wees asseblief versigtig!!



Vriendelike groete


Dinah Jacobs - Theron
Solidariteit Helpende Hand
Hoof:Afrikaanse Beursinstituut
Tel nr: 012 644 4428 / 4390
Faks nr: 0865046167

Unregistered
07-24-2013, 01:34 PM
Volgens jou verslag hierbo is daar niuks wat mens kan doen om dit te verhoed nie. Hulle het dan klaar al jou inligting? Wat maak die oproep saak?

Unregistered
07-28-2013, 06:17 AM
Ek kan nie insien hoe mens se geld uit jou rekening gesteel kan word as jy nie jou pin gegee het nie. Tensy n bankamptenaar betrokke is, is dit mos nie moontlik nie?

Unregistered
07-28-2013, 07:40 AM
Dis maklik om iemand se pin te kry ek gaan net na die laaste supermark waar jy met jou kaart inkopies gekoop het crack hulle netwerk kyk na die cctv want daar is mos altyd cameras by die tellers en kyk watse pin tik jy in. Maar nee dis nie nodig om jou pin te moet h om jou rekening leeg te maak nie daar is ander maniere.

Unregistered
07-28-2013, 02:39 PM
Watse ander maniere is daar, wil ek weet. As jy nie jou pin het nie kan jy nie geld trek nie. So verduidelik asb vir my en al die ander mense hoe kan n derde party geld uit n rekening getrek kry? Jammer maar ek kan dit net sien gebeur indien mense onverskillig met hul pin is of n bankamptenaar een of ander vorm van bedrog intern pleeg.

Lukas
07-28-2013, 04:43 PM
Ek kan jou nie se hoe dit werk nie maar in 2010 was een van my vriende se rekening by Standard bank twee keer leeg getrek. EK het onlangs gehoor dat n direkteur van een van die plaaslike radiostasies ook meer as R200 000 uit haar rekening verloor het.

Ek sal ook graag wil weet hoe die kriminele dit regkry. EK kon darem al bepaal dat so iets moontlik is wanneer daar iemand indie bank is wat saamwerk. En om dit reg te kry is nie moeilik nie.

Unregistered
07-28-2013, 09:09 PM
Ja dit is moontlik selfs sonder 'n pin, wat hulle doen is dupliseer die identiteit van die geteikende persoon gaan dan bank toe en kanselleer die ou kaart en vra dan vir 'n nuwe kaart met 'n nuwe pin. Ook as die persoon baie gebruik maak van aanlyn of selfoon bank dienste is dit ook moontlik om die pin te bekom deur om 'n spybot of keylogger op jou rekenaar te laai, maar daar is meer gevorderde maniere ook waardeur hulle die bank se rekenaar stelsels direk aanval en so sonder enige pin enige iemand kan arm maak.

Unregistered
07-29-2013, 10:39 AM
Vir my wil dit steeds lyk of mense se geld gesteel word wanneer n bankamptenaar betrokke is of wanneer mense nalatig is met hul PIN. Om eerstens te kom by die spybot scenario, selfs as die sg spyware my pin ens in die hande kry, voordat ek enige internettransaksie doen ontvang ek of via sms weer n kode of soos by Capitec met n PIN-genereerder wat vir my n xtra PIN gee. Dit kan net omseil word indien jou selfoon se sim ook geruil (swop) word. Met Capitec kan ek nie insien hoe dit enigsins moontlik is nie.
Al die mense wat ek ken het allerhande lang stories oor hoe hul kaarte by kitsbanke gekloon is en hou vol hul het nie hul PIN uitgegee nie maar as jy verder uitvis kom jy gou agter hul het wel voor n krimineel die PIN ingesleutel.
Sover ek weet as n bankamptenaar betrokke is of as vervalsde identiteit gebruik is, moet die bank aanspreeklik wees want hul moes jou proefhandtekening ook nagegaan het. Boonop gebruik sekere banke nou addsionele sekuriteit waar jou duimafdruk ook bygelees word en boonop het Capitec n foto van mens wat onmiddellik saam al jou ander besonderhede op die skerm verskyn.

Alet

Unregistered
07-29-2013, 11:34 AM
Wat ek duidelik probeer maak is dat dit is nie onmoontlik om sonder 'n pin enige iemand se rekening te verander nie kom ek verduidelik dit so jou rekening en informasie en die hoeveelheid geld wat in jou rekening is dit als word in 'n digitale formaat in 'n sentrale bank rekenaar databasis gebere op 'n hardeskyf nou wanneer 'n cracker die bank se sekuriteit gebreek het kan hy daardie syfers verander soos hy wil maar dit is heel onverskynbaar dat hy dit sal doen omrede as hy daardie level van toegang bereik het sal hy eerder verkies om net sy eie rekening se hoeveelheid geld meer te maak. Maar Alet jy is reg die meeste gevalle is mense wat nie wakker is nie wie se pins opgeneem word en so verdwyn die geld banke se stelsels verbeter daagliks en dit word al hoe moeiliker om geld te maak verdwyn.

Lukas
08-03-2013, 08:18 PM
Moet ons nie self vir Dinah Jacobs - Theron vra of sy haar pin vir die mense gegee het nie? Dan sal ons mos beter verstaan.