PDA

View Full Version : Dood op ons paaie



1615
08-13-2016, 07:41 AM
In die laaste maand of so is hier baie pad ongelukke. Maar dit het skerp gestuig die laaste twee weke en ek wonder wat die rede vir dit kan wees.

Voetgangers wat omgery word, fatale kop aan kop botsings in die dorp wat beserings en dood veroorsak.


Halloween is amper op ons weer, en ek wonder of dit nie 'n groot rede is vir al die onnodige dood en verwoesting in die omgewing, op ons paaie is nie.

454
08-13-2016, 11:08 AM
In die laaste maand of so is hier baie pad ongelukke. Maar dit het skerp gestuig die laaste twee weke en ek wonder wat die rede vir dit kan wees.

Voetgangers wat omgery word, fatale kop aan kop botsings in die dorp wat beserings en dood veroorsak.

Halloween is amper op ons weer, en ek wonder of dit nie 'n groot rede is vir al die onnodige dood en verwoesting in die omgewing, op ons paaie is nie.

Hoe kan halloween daarvoor verantwoordelik wees? Bestuur halloween dronk, loop halloween oor die pad sonder om te kyk, tik halloween op 'n selfoon en bestuur, ry halloween roekeloos of te vinnig, is halloween se voertuig onpadwaardig?

Wat laat jou dink dit is halloween se skuld?

Hein
08-13-2016, 03:52 PM
In die laaste maand of so is hier baie pad ongelukke. Maar dit het skerp gestuig die laaste twee weke en ek wonder wat die rede vir dit kan wees.

Voetgangers wat omgery word, fatale kop aan kop botsings in die dorp wat beserings en dood veroorsak.


Halloween is amper op ons weer, en ek wonder of dit nie 'n groot rede is vir al die onnodige dood en verwoesting in die omgewing, op ons paaie is nie.

As dit in een spesifieke gebied gebeur, en ongewoon is, kan dit demoniese werking wees. As jy n gebedstryder is, intersessor of slegs n mooi kind van die Here is, neem outoriteit oor die gebied in Jesus se Naam. Kry n paar van julle wat met skoon hande leef en gaan doen dit - maak oorlog teen satan. Kies 4 bakens rondom die area, wat kilometers uitmekaar is, en maak oorlog in die gees. Gaan kyk ook op my website www.battleready.co.za hoe om dit te doen.
Hierdie is nie vir almal om te verstaan nie, net die wat wil belangstel.

1615
08-13-2016, 08:03 PM
Dankie...

Ek gee nie sommer Halloween of sulke goed die skuld gewoonlik die skuld vir sulke goed nie.

Ek ken nie regtig die okulte en hul bedreiwighede nie, dis waarom ek wonder.

Dit het baie skerp opgeneem die laaste tyd en baie ander goed kan 'n invloed he. Dit is wel op sekere paaie en op dieselfde plekke.

Ek sal op die webblad gaan kyk.

454
08-14-2016, 10:25 AM
Hein, verduidelik asb vir ons, hoe kan dit demoniese werke wees? Hoe bepaal ons of dit demoniese werke is? Hoe onderskei ons tussen demoniese werke en 'n dom fout? Wat veroorsaak dat die demoniese werke dan nou skielik kan manifesteer? Hoe bepaal ons die gebied en die gebied wat ons moet afbaken?

Hein
08-14-2016, 11:38 AM
Hein, verduidelik asb vir ons, hoe kan dit demoniese werke wees? Hoe bepaal ons of dit demoniese werke is? Hoe onderskei ons tussen demoniese werke en 'n dom fout? Wat veroorsaak dat die demoniese werke dan nou skielik kan manifesteer? Hoe bepaal ons die gebied en die gebied wat ons moet afbaken?


Chris. Soos uitgewys as dit ongewoon is. Soos paar jaar terug hier by ons, baie moorde en inbrake was wat ongewoon was , en paar boetas van ons outoriteit gaan neem het as kinders van God. Ons mag Chris. Dit was n vredeliewende gebied, en dit wat gebeur het was ongewoon en buite die norm. Ons het satan nietig verklaar en hom in Jesus Naam weggedryf. Hier is selfs n baie groot kruis opgesit wat honderde duisende rand gekos het, om vir God dankie te s.
Ons het eenvoudig ons Godgegewe outoriteit as weergebore kinders van God opgeneem, wat Jesus vir ons gegee het. satan en sy demone moes weerstaan word en verdryf word.
Hoe weet ons dis demoniese werking? satan kan meestal net werk deur persone, en ons stryd is en moet geestelik wees. Eff 6:10.
Die gebied bepaal jy soos God jou lei.

454
08-14-2016, 12:37 PM
Hein

Ek stem saam ons mag en moet outoriteit neem en heers. Ek wonder oor die metodes wat ons geleer is.
Soos jy se " Ons het satan nietig verklaar en hom in Jesus Naam weggedryf". Ek stem saam met jou, die Bybel leer ons tog satan sal voor ons wegvlug, maar dit is nie wat ons op aarde sien gebeur nie.

Daar is twee voorwaardes aan, onderwerp jou aan God en weerstaan die satan.

Mense wat dit nie doen nie lewer hulself uit aan satan en ons kan nie vir so mens besluit nie, dit is sy keuses en hy leef daarby. Hulle kies (soms onbewustelik) om satan en demone deur hulle te laat manifesteer.

Wanneer ons geestelike outoriteit, in die gees oor 'n gebied neem, kan ons dit slegs doen oor geeste wat nie outoriteit het nie. M.a.w dwalende geeste wat 'n vesting soek. Wanneer 'n gees reeds n liggaam beset het, het daardie gees toestemming en dus outoriteit om te manifesteer. Hierdie mense, deur bose geeste beset, moet of bevry word met die persoon se toestemming of die persoon met die bose gees moet uit die gebied verwyder word. Dit is dan ook hoekom ons woonbuurte so veilig in die ou apartheidsjare was.

Gebed en ons outoriteit in die gees opneem is dus slegs een deel van die oplossing, ander keer moet ons die mens wat stopstraat op die verkeerde plek gesit het aanspreek.

Hein
08-14-2016, 04:34 PM
Hein

Ek stem saam ons mag en moet outoriteit neem en heers. Ek wonder oor die metodes wat ons geleer is.
Soos jy se " Ons het satan nietig verklaar en hom in Jesus Naam weggedryf". Ek stem saam met jou, die Bybel leer ons tog satan sal voor ons wegvlug, maar dit is nie wat ons op aarde sien gebeur nie.

Daar is twee voorwaardes aan, onderwerp jou aan God en weerstaan die satan.

Mense wat dit nie doen nie lewer hulself uit aan satan en ons kan nie vir so mens besluit nie, dit is sy keuses en hy leef daarby. Hulle kies (soms onbewustelik) om satan en demone deur hulle te laat manifesteer.

Wanneer ons geestelike outoriteit, in die gees oor 'n gebied neem, kan ons dit slegs doen oor geeste wat nie outoriteit het nie. M.a.w dwalende geeste wat 'n vesting soek. Wanneer 'n gees reeds n liggaam beset het, het daardie gees toestemming en dus outoriteit om te manifesteer. Hierdie mense, deur bose geeste beset, moet of bevry word met die persoon se toestemming of die persoon met die bose gees moet uit die gebied verwyder word. Dit is dan ook hoekom ons woonbuurte so veilig in die ou apartheidsjare was.

Gebed en ons outoriteit in die gees opneem is dus slegs een deel van die oplossing, ander keer moet ons die mens wat stopstraat op die verkeerde plek gesit het aanspreek.

Ek hoor wat jy s Chris, en stem gedeeltelik saam, maar met n klein verskil. Jesus het demone binne persone aangespreek, en ons kan ook. Onthou net, daar waar ons outoriteit neem, staan daar engele van God gereed om ons te help. Slegs en derde was satan se engele, maar twee derdes is nogsteeds God se engele wat God aangaande ons uitstuur. Hul staan gereed vir ons, om ons Godgegewe outoriteit te gebruik as weergebore Christene. So ons kan outoriteit vat, selfs al wil satan deurmense werkmet sy demone.

454
08-14-2016, 06:40 PM
Hein

Demone kan slegs 'n persoon beset wat hulle toegang tot hom gee, 'n deur oopmaak en onder God se beskerming uitbeweeg. Hulle het dan 'n wetlike reg om binne so 'n persoon te wees. Dit kan onwetend uit onkunde weens sonde wees, maar ook n bewustelike besluit wat die persoon neem.
Wanneer die persoon onwillig is om die deur toe te maak, het ons nie die outoriteit om die demone uit te dryf nie. Ons kan hulle slegs bind deur hulle nie in ons toe te laat nie.

Hoekom kan ons dan nie net bymekaar kom die hele land afbaken, outoriteit neem en die anc skuim skoonbid nie?

Lukas
08-18-2016, 11:36 PM
Ons lewe in nuwe tye en die geheime van die Bybel word meer en meer aan ons openbaar. Ons mense bestaan uit liggaam siel en gees.

Die liggaam is alles waaraan jy kan vat kan sien of alles wat materie is en dit sluit jou brein in.
Die siel is jou denke wat nie jou brein is nie maar jou denke kan selfs die gene in jou liggaam verander
Die gees is ons lewe

Die gelowiges is soekend en sommige mense wil vandag meer geestelik as fisies wees en hulle leef en ervaar demoniese aanvalle en hulle ervaar beserings van hierdie aanvalle omdat hulle nie in hierdie drie eenheid waarin hulle geskape is, ten volle leef nie.

Die New age het Bybelse wette geneem om die siel en die Gees en die liggaam te ondersoek sodat hulle die wette wat deur God vir ons geskape is, kan misbruik om te volle mense te word wat in opposisie met God, God se skepping van God wil vervreem. En die ergste is dat hulle dit glo.

Die Gaia webblad is presies waaroor dit gaan en hulle gaan uit hulle pad om die Bybel verkeerd te bewys sodat mense hulleself kan leer ken om uiteindelik God te oorwin.

Christene doen ook dieselfde ontdekkings. Die wat te geestelik is, vertel vir ons van demone wat aan ons plak en ons terroriseer. Ek is oortuig dat dit snert is. Wanneer ons tot bekering kom, word ons vry. Ons word wedergebore en ons gees word met God se Gees verbind.

Ons siel ( Denke ) is nog dieselfde en ons doen wat ons nie wil doen nie en ons is in stryd met onsself. Maar ons opdrag is om ons denke gevange te neem en om dit konstant met die positiewe te vervang. Wanneer ons dit begin doen en getrou en gedetermineerd poog om meer soos Jesus te wees, is ons denke besig om die fisiese samestelling van ons brein te verander.

Ons denke veroorsaak fisiese verandering van strukture in ons breine. Die strukture wat deur die denke gevorm word, is soos bome wat gevorm word. En die negatiewe denke vorm dan takke waarop die negatiewe gedagtes kan eskaleer. Met ander woorde dit is takke waarop die demone houvas op jou lewe kan kry.

“Brein bome” Dendrite wat deur positiewe denke gevorm word lyk anders as die dendrite “bome” waarop die demone sit en demone kan nie op gesonde bome se takke gaan sit nie.

Met ander woorde. Daar is nie demone wat aan jou plak nie. Daar is wel gedagtes wat aan demone toegang gee, maar hoe meer jy hierdie gedagtes gevange neem en vervang, hoe meer breek jy slegte brein bome af en vervang jy dit met gesonde dendrite "bome".

Om in vrees vir hierdie dmod te leef, is n leun. Neem jou gedagtes gevange en bou n boom waaraan die vrug van die Gees kan sigbaar word.

Dr. Caroline Leaf bestudeer hierdie wetenskap vir 30 jaar en sy gaan vir jou ligte laat opgaan sodat jy meer van jou outoriteit op aarde kan verstaan.

Sy gaan vir jou verduidelik dat jou siel die skakel in die middel is wat jou gees en jou liggaam beheer. Sy praat oor vier programme en dit is die moeite werd om dit alles deur te werk.

Koop maar ekstra data om hierna te luister. Ek het nou deel 3 gelaai. Deel een is meer haar getuigskrif, en dit is ook goed om te luister


https://www.youtube.com/watch?v=kazIKVxVo94

454
08-21-2016, 09:13 AM
Isa_5:13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.

Dankie Lukas, nog 'n groot deel vir die legkaart van kennis. Hiersonder sal geen mens sy volle potensiaal as kind van God kan bereik nie.

528
11-05-2016, 11:06 AM
Hoekom kan ons dan nie net bymekaar kom die hele land afbaken, outoriteit neem en die anc skuim skoonbid nie?
@ 454

Na aanleiding van aangehaalde vraag gerig aan Hein gaan ek nie die vraag as sulks beantwoord nie aangesien dit nie aan my gerig was nie. Veel eerder wil ek die konsep van genoemde vraag binne ‘n ander verwysings raamwerk plaas en di dan beantwoord.

Tydens die oorgangstydperk voor 1994 was daar by baie mense onsekerheid oor die uitkomste van die ingrypende politieke verandering wat beplan is. Mens kan tong-in-die-kies waarskynlik na die tydperk verwys as die “blikkieskos” era. Dat daar ‘n baie sterk moontlikheid was dat ‘n burgeroorlog kon uitbreek, word deur ‘n verskeidenheid gebeure bevestig. Die bou van ‘n Amerikaanse militre vliegtuigbasis op die grondgebied van Botswana naby die Suid-Afrikaanse grens, die aankoop van vuurwapens en ammunisie deur veral blankes asook die opgaar van voedselvoorrade is maar enkele gevalle.

Wat egter hierdie tydperk veral gekenmerk het was die groot aantal gebede van instansies, bevolkingsgroepe, kerkgenootskappe ensomeer wat opgegaan het vir ‘n oorgangstydperk wat in vrede kon geskied en voortgaan. Met enkele uitsonderings (gering), het dit wel gebeur. Almal was diep dankbaar en die oorgangstydperk het aanvanklik so stadig geskied dat daar onskynlik nie veel verander het nie.

Wat later begin gebeur het was in sekere kringe te wagte. Die verworwe mag en land met al sy bates het later neerslag gevind in wat ons vandag waarskynlik kan beskryf as mags-beskonkenheid. Die woord “ANC skuim” kan gevolglik verder verbreed word na “alle skuim” wat probeer munt slaan uit die beskonke magsmisbruik van die ANC. Hier onder resorteer lede van alle rassegroepe. Korrupsie, plaasaanvalle, diefstal, moord, leuens, aggressie, skeld en vloektaal, ongesubstansieerde vervolgings ensomeer is maar enkele uitvloeisels wat tans ‘n bloeitydperk beleef.

Die hipotetiese stelling: “die hele land afbaken, outoriteit neem en die anc skuim skoonbid” hou vandag dus – volgens my - nie veel water nie. Veral omdat dit nie net die ANC is wat hierby betrokke is nie.

Onder die ANC elite bestaan daar erge verdeling van opinie wat aanleiding gee tot die vorming van groepfaksies. Die formaat van korrupsie asook hul beheptheid met hul eie agendas en belange het ‘n kloof tussen hulle en hul ondersteuners veroorsaak wat neerslag gevind het in die afgelope verkiesings.

Nou is dit interessant wat die Christus se antwoord aan die Farisers was: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.” (Mat 12:25 – lees die hele gedeelte in die bepaalde perikoop).

Nou ontstaan die vraag, kan gebed wat voorheen ‘n burgeroorlog verhoed het, die land ‘n ommeswaai laat beleef na dit wat reg, goed en eerlik is?

Dat baie mense alreeds vir die land en sy bevolking in totaliteit bid is wel bekend. Dat die formaat van gebed verskillende uitvloeisels het, is ook waar. Ek noem een vreemde preek en gebed wat my laat besef het hoe groot ons probleem al werklik geword het. ‘n Bekende en baie groot kerk in die ooste van Pretoria het ‘n leraar van die institusie - in kort – die volgende kwyt geraak: “Ons moet ophou om die regering te kritiseer en volgens my verstaan daarvan, ook spesifieke persone van die regering. As ons vir hulle bid dan kan ook ons (bedoelende die kerk se lidmate asook die wat op TV kyk en ander) baatvind by hulle “voorspoed?” wat beteken dat ons ‘n gemakliker lewe kan geniet”

Die onverwagte gebeur somtyd op vreemde maniere. Tydens ‘n vergadering van die Siviele organisasie “Save South Africa” op 2 November 2016 in Pretoria het ‘n groot aantal mense van verskeie instellings, organisasies, gesiene persone – nie net in die ANC nie – maar ook ‘n oudregter van die konstitusionele hof hulle uitgespreek oor dit wat in Suid Afrika aan die gang is. Dan, vir my, die uitstaande kenmerk – daar is gebid vir Suid Afrika deur verskeie verteenwoordigers van kerkgenootskappe. Dit het o.a ingesluit Katolieke, Moslems, Boeda en veel meer. Dit wat telkens na die oppervlakte gekom het was vir dit wat reg, goed eerlik ensomeer is. Attribute wat ‘n Suid Afrika kan omkeer. Nie net het hierdie byeenkoms in Pretoria plaasgevind nie maar skynbaar ook in Kaapstad. Die volledige uitsending is gebeeldsend op kanaal 403 (eNews).

Die hele Suid Afrika (grensgewys) is betrek en is verteenwoordig deur alle politieke partye, kerkgenootskappe, privaatinstellings, nie-regeringsorganisasies ensomeer. Al die “skuim” is op ‘n verantwoordelike wyse “aangespreek”.

Kan dit toevallig wees dat die interdik van die verslag van die Publieke Beskermer oor staatskaping later die dag in die hof teruggetrek is en dat daar uitspraak gegee is dat die verslag voor of nie later as 17:00 bekend gemaak moes word. Nog nooit was ‘n verslag so geredelik beskikbaar aan Jan en Alleman nie.

Die trane en leuens na aanleiding van di verslag is in beeld op televisie vasgel.

Nou kom ek terug na die aanvanklike aanhaling van 454. Gesien in ‘n baie brer konteks (bedoelende as slegs die ANC) het gebed oor tyd heen en kollektief van aard, huidige probleme in die land so geopenbaar dat ‘n menslike oplossing nou moontlik gemaak is. Die outoriteit – volgens my siening – behoort nog altyd aan die Skepper van hemel en aarde.

Lukas
11-14-2016, 01:28 PM
528. EK stem met jou saam dat God omstandighede verander. Daar is n paar woorde wat ek wil noem waarop ek die groot prentjie sien

Heers oor die aarde. ( dit was God se opdrag met die gepaste outoriteit aan die mens )
Die Seun. ( Niemand kom tot die Vader behalwe deur die Seun )
Juk ( ons mag nie aan dieselfde juk trek nie )
Regverdig. ( God is n regverdige God. Geen mens kan die diepte van Sy regverdigheid begryp nie.)
Raadsplan ( God se plan vir Sy koninkryk waarvan die aardbewoners n deel uitmaak, het vir ons voorspel dat dit nie altyd lekker sal wees nie. Tog kom daar n dag na Sy tweede koms wat ons omstandighede gaan verander.)
Gesag. ( In die laaste dae sal God aan die satan die gesag en die mag gee om te regeer en om groot wonders te doen)

2Th_2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

Ek het geen twyfel dat ons die outoriteit en die mag het om oor politiek omstandighede te bid nie. My vraag is of ons dit as een liggaam, saam met Mohammedaan en Buddhist kan doen?

Chris1
11-14-2016, 09:42 PM
Lukas.
Nee ons kan seker maar ons mag nie.

Lukas
11-14-2016, 11:47 PM
Dankie Chris 1. Dit is hoe ek dit ook verstaan. Daar is geen mens op hierdie hele aarde wat nie n regverdige geleentheid kry om Jesus as die Seun van God te aanvaar nie. Daar is net een geloof. Daar is baie gelowe en baie gelowe wat n onsigbare God aanbid wat hemel en aarde geskape het. Maar is net een geloof waar hulle Jesus as God kan erken, en elkeen sal die geleentheid kry om te kies. En daarom kan ons nie saam met n Buddhist, Mohammedaan of enige ander geloof, saam oor n onderwerp bid nie.

528 het nou n voorbeeld genoem en die gebede was vermoedelik verhoor. Die vraag is. Wie s die Buddhist, het sy gebed verhoor? Was die God of was dit Buddha ? Inter geloofs--saamtrekke kan nie deur God gesen word nie. Dit kan nie, want Hy s so. En elkeen kry n regverdige geleentheid om te kies.

Hoe weet ek dit?

Hein
11-15-2016, 03:24 PM
Net my klein bydrae,....

Nee, ek sal nooit saam met ander gelowe bid nie, want ek kan nie. Hul bid tot hul god en ek sal apart tot my God bid. In my sendingwerk die afgelope 10 jaar, bou mens maar kennis op van ander gelowe. En daar is baie in Suid Afrika......

Ons kry:
"Christene", Weergebore Christene, Israel visie, Rooms Kotolieke, Jehova Witness, 7 de dag Adventiste, Moslems,Hindus, Buddiste, Tradisipnele Afrika god, Rastafariers, Scientology, New Age, satanisme, Voorvadergees aanbidders, en agnostiese groep, en dan sommer mense wat glad nie glo nie..., en dan nog die verskillende vorme van "christen kerke" ZCC, ens. Dan nog veel meer verdraaings ook in kerke....

Meeste ontken Christus as God. Meeste ontken God 3- enig, Meeste verwerp Christus as Saligmaker. So dn aanbid hul NIE my God nie, punt!
Soos Lukas s, ons kannie saam in dieselfde juk trek nie.

Soos ons weet is God nie sommer net "vending machine" nie. R10 ingooi en jy kry jou koeldrank. Nee. En dit sluit aan by die onderwerp.

God s:
Die gebed van die regverdige het groot krag
Waar 2 of meer in My Naam vergader, daar is Ek.

Maar ons moet verstaan alles gebeur in God SE WIL, nie ons wil nie.
Die hele stad Ninevie is gered, toe hul luister na God en hulself bekeer. Gaan dit sommer netso in SA gebeur? Ek glo nie..... Te veel godsdienste en gelowe.

454
11-15-2016, 08:59 PM
Lukas en Hein

Ek dink ons stem saam dat ons, nie met iemand, wat nie Jesus as God en saligmaker aanvaar, kan saambid nie.(hoekom voel ek verlig?)




Lukas, kyk mooi wie gee die draak en die dier die mag. Dit is verseker nie God nie. God sal nooit, ooit Sy kinders aan die bose uitlewer nie.

Rev 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Rev 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en ges: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Rev 13:5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.
Rev 13:6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.
Rev 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
Rev 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

Chris

Hein
11-16-2016, 11:24 AM
Lukas en Hein

Ek dink ons stem saam dat ons, nie met iemand, wat nie Jesus as God en saligmaker aanvaar, kan saambid nie.(hoekom voel ek verlig?)




Lukas, kyk mooi wie gee die draak en die dier die mag. Dit is verseker nie God nie. God sal nooit, ooit Sy kinders aan die bose uitlewer nie.

Rev 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Rev 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en ges: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Rev 13:5 En n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.
Rev 13:6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.
Rev 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
Rev 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

Chris

Wie het aan die draak die mag gegee?

454
11-16-2016, 11:53 AM
Die mense wat hom aanbid het.

Hein
11-16-2016, 03:57 PM
So Chris jy reken die dier en draak kan wondertekens doen, omdat die mens aan hom die mag gegee het om dit te doen?verstaan ek jou reg?

454
11-16-2016, 07:34 PM
Nee Hein, die draak/slang/satan het van sy skepping af bonatuurlike magte gehad, hy gee die dier/regerings/owerhede die vermoe om bonatuurlike tekens te doen. Die mag om oor mense te heers kom van die mense af omdat hulle die draak en diere aanbid.

Hoe het Jakob Zuma sy mag gekry, die korrupte regering? Van die mense wat vir hulle stem, die mense wat hulle aanbid.

Chris

Hein
11-17-2016, 11:41 AM
Die mag van satan

Ek weet nie waar gaan die onderwerp heen en waarom ons juis hierdie bespreek nie, maar kom ons gaan aan. Kom ons probeer so ‘n paar goed uitredeneer....
Chris, my vraag is dan nog steeds, waar het satan dan sy oorspronklike mag gekry? Jy redeneer satan het dit van die begin af gehad. Dus van die begin af...

Waar het hy hierdie bomenslike krag gekry om wonders en tekens te kan doen, van die begin af tot aan die einde van die dae in Openbaring?
En as hy dan hierdie bomenslike krag gehad het van die begin af, dan neem ek aan hy het nog steeds van die krag beskikbaar.
Dan kan jy ook die vraag vra, hoekom perk God nie AL satan se krag en mag in nie?
Wie is in beheer? Is God in beheer van satan, m.a.w. satan MAG NET DOEN, WAT GOD TOELAAT, of doen satan net wat hy wil op aarde?

Kan jy bietjie hieroor gaan nadink:
Gen 3:1 Maar die slang was listiger AS AL DIE DIERE van die veld WAT die HERE God gemaak het.
Wie het die slang gemaak? Wie het die slang laat doen wat hy doen?

Jes 14:12 Hoe het jy uit die hemel geval, o mrester, seun van die dageraad! Hoe l jy teen die aarde neergeslaan, OORWELDIGER van die nasies!
Jes 14:13 En jy het in jou hart ges: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
Jes 14:14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, MY GELYKSTEL met die Allerhoogste!
Wie was so braaf, dat hy kans gesien het om God aan te vat? Net satan.
Wie het toegelaat dat satan homself wou gelykstel met God?

1Pe 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle testander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
Die duiwel word beskryf as iemand wat ALTYD soekend is om enige iemand te verslind op aarde. Wie laat dit toe? God is in beheer van ALLES. Hoekom laat God dit toe?


Opb 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Opb 12:10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel s: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
Opb 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Opb 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het NA JULLE neergedaal met GROOT WOEDE, omdat hy WEET dat hy min tyd het.
Hoekom word hierdie groot woede van satan toegelaat deur God? Hoekom word die satan na die aarde toe neergewerp, hier waar ons bly?


En nou sien ons ‘n ander prentjie. ‘n Prentjie wat wys dat God ALLE mag onder Hom het.
Rom 13:1 Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is GEEN MAG behalwe VAN God nie, en die wat daar is, IS DEUR GOD INGESTEL,
Chris, ek sien jy toon aan dat mense vir oom Jacob aangestel het, en hom verkies het en dus vir die korrupte regering daargestel. Nou wat staan dan hierbo Chris? Het mense dit gedoen of God? In elke geval kan jy die vraag vra of gewone SA burgers vir oom Jacob “aangestel het, of Luthuli huis.....
God wys vir ons dat GEEN mag bo die aande, op die aarde, of onder die aarde daargestel is, behalwe DEUR GOD SELF nie. Dis wat ek sien Chris, wat sien jy?


Wie heers bo alles Chris? Wie in in beheer oor alles Chris?
1Kron 29:10 En Dawid het die HERE geloof voor die o van die hele vergadering, en Dawid het ges: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid.
1Kron 29:11 Aan U, HERE, KOM TOE die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, ALLES in hemel EN op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor ALLES.
1Kron 29:12 En die rykdom en die eer kom van U, en U HEERS OOR ALLES; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om ALLES groot en sterk te maak.

ALLES is onderwerp aan Christus deur die Vader. Noudat Christus op die troon sit, is ALLES AAN Hom onderwerp, alle mag en alle krag.
Eff 1:20 wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
Eff 1:21 bo ALLE owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wreld nie, maar ook in die toekomstige.

Eph 1:21 Christ RULES there above ALL heavenly rulers, authorities, powers, and lords; He has a title superior to all titles of authority in this world and in the next. (GNB)

Hoekom gaan ek sover om al die goed uit te lig Chris en Lukas?
Eendag sal ons almal uitvind dat selfs satan vir God se doel geskape is, en binne Sy wil. God was in beheer toe satan geskape is. God was in beheer toe satan gerebeleer het teen Hom. God het dit selfs toegelaat, en nie vir satan daar en dan doodgemaak nie. Ja God is in beheer oor alle mag en krag. God is nie buite beheer nie, HY IS IN BEHEER. Al dink mense nie so nie God is in beheer!
Indien jul nie saamstem nie, kom ons praat daaroor.

454
11-17-2016, 03:36 PM
Hein

Ons het die gesprek al gehad. Jy raak 'n klomp dinge kwyt en wanneer iemand jou die teendeel wys raak jy weg. Ek sal jou vrae weer verduidelik, nie om jou te probeer oortuig nie, maar ter wille van die wat hierdie die eerste keer lees.

Heel eerste, God het nie satan geskape nie, daardie twyfelagtige eer kom die mens toe. God het lucifer geskape en in die tuin van Eden geplaas om Adam en Eva te beskut.

Eze 28:13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.
Eze 28:14 Jy was ‘n grub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
Eze 28:15 Jy was volkome in jou we van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.

Satan se trots en jaloesie het gemaak dat hy Adam en Eva mislei en hulle het die outoriteit wat God hulle gegee het om te heers op aarde aan satan oorhandig. So het die mens satan geskep, die prins van die wereld. Die een wat selfs vir Jesus die outoriteit kon aanbied toe hy Hom in die woestyn versoek het.


God het al satan se krag ingeperk, die mag wat satan oor mense het is dit wat hulle vir hom gee. Dit is mense se keuse, hulle wil, God het elke mens 'n wil gegee en elkeen kies.

Isa 14:12 Hoe het jy uit die hemel geval, o mrester, seun van die dageraad! Hoe l jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
Isa 14:13 En jy het in jou hart ges: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.
Isa 14:14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Isa 14:15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
Isa 14:16 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en s: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
Isa 14:17 Die wreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
Isa 14:18 Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;
Isa 14:19 maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos ‘n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.

Satan het geen mag oor nie, God het dit weggeneem. Die mens het die mag om sy kop te vermorsel, tog kies mense om satan te aanbid, te verhef, sy gruwel voorstelle uit te voer. Daardie mense gee satan mag. Daardie mense mislei ander mense om vir hulle te stem, hulle word regerings en kry nog mag. Hulle word egter nog steeds deur satan beheer en op daardie manier het die slang/draak nog mag op aarde. God kies nie om die satan enige mag te gee nie, die mense wat hom dien doen dit. Dit is nie God se wil nie! God het nie die outoriteit op aarde nie, God kan net manifesteer waar Sy kinders, Hom deur hulle gehoorsaamheid en liefde in beheer sit. Dit is hoekom God, mens moes word om as Jesus op aarde te wandel.

Hein, God is liefde, liefde moet met liefde regeer nie vrees nie, God het gekies om liefde(Homself) so aan die heelal te openbaar. Liefde kan nie afgedwing word nie, dit is 'n keuse. Al manier om dus liefde te wys is om dit te kies en te beleef. So God het gekies om keuses toe te laat sodat Hy Sy liefde aan die heelal kan wys.

Alle gesag is verseker nie van God af nie, verseker nie gesag wat teen God en Sy kinders is nie. As jy verder aflees in Romeine 13 sal jy sien.
Rom 13:4 want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.

Ten goede is die sleutelwoorde. Wanneer dit nie ten goede is nie, is dit nie van God nie.

Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Het die owerhede nie ook mag oor ons nie? Hierdie mag kom verseker nie van God af nie. God stel nie owerhede aan sodat ons 'n stryd moet stry nie.

Hein, selfs Isreal het met tye sy eie konings tot sy verdriet aangestel.

Hos 8:3 Israel het die goeie verwerp—die vyand sal hom agtervolg!
Hos 8:4 Hlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf.

God is nie 'n demokraat nie. God is nie naby gewees op stemdag nie. Die massas het Jakob en sy anc kaders aangestel, God het geen beheer daaroor nie, dit is hoe satan sy mag in die wereld vergroot, moenie God daarvoor blameer nie, dit is nie Sy wil nie, dit is nie onder Sy beheer nie. Hy het die outoriteit om te heers op aarde weer vir ons kom teruggee, as Jesus. In plaas van heers, baklei meeste mense nog met sonde.

Chris

454
11-17-2016, 09:50 PM
Hein

My tyd was bietjie beperk vanmiddag, ek verduidelik verder.

God skep die mens en gee die opdrag om te heers. God gee Sy outoriteit as skepper en eienaar, aan die mens. God self noem die mens gode van die aarde. Seuns van die allerhoogste. Volgens die Bybel en God self is die mens dus gode aan wie Hy die outoriteit gegee het om oor die aarde te heers. God het die aarde aan die mense gegee.


Gen 1:28 En God het hulle gesen, en God het vir hulle ges: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die vols van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Psa 82:6 Ek self het ges: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste—

gode:
H430
אלהים
'ĕlôhı̂ym
el-o-heem'
Plural of H433; gods in the ordinary sense; but specifically used (in the plural thus, especially with the article) of the supreme God; occasionally applied by way of deference to magistrates; and sometimes as a superlative: - angels, X exceeding, God (gods) (-dess, -ly), X (very) great, judges, X mighty.


Psa 115:16 Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.


Lucifer 'n engel, perfek geskape deur God, is jaloers op die outoriteit wat God aan die mens gegee het. Lucifer se outoriteit as engel was voorwaardelik, die mens se outoriteit om te heers op aarde is onvoorwaardelik, God het dit weggegee sonder voorwaarde. God het dus nie outoriteit om meer op aarde heers nie. Hy het gekies om dit vir die mens te gee.

Die mens word verlei en kies uit vrye wil om daardie outoriteit vir lucifer te gee, wat as gees in die liggaam van 'n slang aan die mens verskyn. Satan kan dus ook net deur 'n liggaam op aarde manifesteer.
Die mens het satan toegelaat om hom te verlei, op daardie tydstip het die mens satan gemaak. Satan is dus 'n menslike mismaaksel van lucifer.

Satan se krag as engel het gestop toe hy teen God gaan. Hy het geen van sy magte en kragte wat hy as engel gehad het oor nie, hy het dit verruil vir die mens se outoriteit. Satan het dus net dieselfde mag as wat God die mens gegee het. Satan is nou 'n gees wat 'n liggaam nodig het om op aarde te manifesteer, hy het net mag wanneer ons hom mag gee, hy kan niks doen op aarde sonder 'n liggaam.

Isa 14:15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
Isa 14:16 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en s: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?


'n Gewillige liggaam gee satan outoriteit. Wanneer die mens in die vlees toegee vir satan gee ons dus vir satan outoriteit en perk God wat ook Gees is in.

As jy dink ons kan nie God inperk nie, die Bybel se anders.

Psa 78:41 en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.

Gekrenk is vertaal van:
tâvâh
taw-vaw'
A primitive root (or perhaps identical with H8427 through a similar idea from scraping to pieces); to grieve. (By confusion with H8427): - limit [by confusion with H8427].

Hier is 'n voorbeeld van hoe mense se ongeloof Jesus ingeperk het.

Mar 6:5 En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgel en hulle gesond gemaak het.
Mar 6:6 En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.

Kon:
G1410
δύναμαι
dunamai
doo'-nam-ahee
Of uncertain affinity; to be able or possible: - be able, can (do, + -not), could, may, might, be possible, be of power.

Krag:
G1411
δύναμις
dunamis
doo'-nam-is
From G1410; force (literally or figuratively); specifically miraculous power (usually by implication a miracle itself): - ability, abundance, meaning, might (-ily, -y, -y deed), (worker of) miracle (-s), power, strength, violence, mighty (wonderful) work.

Kerke het ons geleer dat satan allerhande wonderlike kragte en magte het. Dit is 'n leuen, satan het slegs die mag wat mense aan hom gee. Dit was egter 'n swak poging om mense met vrees vir satan in die kerke te probeer hou. As jy dit of dat kom die duiwel jou haal.


Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid

God het die krag en reg as eienaar en skepper, maar het gekies om Sy outoriteit om te heers op aarde vir die mens te gee. Dit maak Hom nie minder almagtig nie, dit wys net Sy liefde en vertroue in Sy skepping.

Chris

Nov16
11-17-2016, 10:13 PM
Mooi gedoen...

Dankie vir die skrywe dit bewys weereens daar is mense wat tog die bybel reg lees asook verstaan...

Hein
11-21-2016, 08:29 AM
Dankie Chris, jy het dit mooi uitgebeeld, en ek stem saam met baie van dit wat jy hier skryf.

Maar tog s jy satan het geen mag, behalwe as die mens dit vir hom gee. Ek kannie heeltemal daarmee saamstem nie.
Ek dink wat jy eintlik moes gese het, is dat satn verskriklik baie mag besit, maar dit kannie tot volle verwerkliking kom, as dit nie manifesteer deur mense of persone nie.

Die mn waaruit Jesus die duiwels uitgedryf het, was vasgemaak met kettings, maar hy het dit stukkend gebreek. As satan dan geen mag het nie, sou die man dit nie kon doen nie.
Voodoo is voorbeeld daarvan, waar goed met ander mense gebeur wat nie daarvoor gesoek het nie.
Sangomas wat vloeke ( curses) uitspreek en dit gebeur op verskillende mense.

Ook so sien jy tog dat satan beheerde mense bo menslike goed aanvang, wat normale mense glad nie kan doen nie. As die mens dan die mag aan hom gee, waar word satan dan so sterk? Klein kindertjies wat demonies beset word, en groot dade aanvang wat bo menslik is. Dit sien ons orals in die wereld.

En dn wil ek net weer noem dat ek glo elke daad, elke gedagte, elke beweging van stan is nie vir God n verrassing nie. God weet dit lank voordat dit begin. God word nie verras deur satan of mens se dade nie. God is ten volle in beheer. Indien n persoon more geroof gaan word, weet God dit lankal, duisende jare gelede.
God is nie verantwoordelik vir hul bose dade nie, maar dis nie buite God se beheer nie.
God ken die toekoms, en daarom glo ek dat satan ook n doel het in God se skeppingsdoel. Die volheid daarvan sal ons eendag in die hemel verstaan

Groetnis.

454
11-21-2016, 08:28 PM
Naand Hein

Ek het vir jou goeie nuus, satan het geen mag nie, niks, zero, nul. Satan kan mislei en verlei, toertjies doen, is nie mag of krag nie, dit is net nog 'n vorm van misleiding.

Die probleem kom wanneer ons toelaat dat, satan 'n mens mislei, om 'n wapen te vat en onskuldige mense dood te skiet, dan het daardie persoon mag en word hy deur satan beheer, dit gee satan mag. Wanneer satan magtige mense soos politici mislei of verlei het hy groter mag oor die politici se onderdane. Dit kan gevaarlik wees vir mense wat nie die waarheid ken nie. Die Bybel se hy loop rond soos 'n brullende leeu, nie hy is een nie, weer misleiding.

Die resep om dit tee te werk is volgens Jakobus eenvoudig.

Jas 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Onderwerp aan God, maklik ons het dit gedoen. Weerstaan, dit is so eenvoudig soos dit, dit was voor die sondeval so en nou weer so, vir gelowiges. Dit word beter, hy sal van julle wegvlug. Iets of iemand met krag en mag vlug nie, iets of iemand vol vrees wel. Satan is gevalle, verby, geoordeel, gestroop, verneder. Dit is net mense met agendas wat hom lewendig hou. Die wat glo in sy mag, val vir sy toertjies, hom aanbid, sy dade doen, daai mense gee hom mag.

Hein, natuurlik weet God presies wat gaan gebeur, watse keuse elkeen gaan neem, ook satan se doen en late. Dit maak dit nie noodwendig Sy wil of sit Hom in beheer nie, dit maak God nie medepligtig nie.

Satan het geen doel in God se skeppingsdoel nie, Hy het hom nie eers gemaak nie, die mens het. Dit is 'n baie eenvoudige redenasie. As God 'n doel gehad het met satan beteken dit God se plan is afhanklik van satan, God se plan kan nie werk sonder satan nie, belaglik, dit kan mos nie wees nie. Dit maak die goeie afhanklik van die kwaad, liefde afhanklik van vrees en God afhanklik van satan??? Nee, dit kannie. Kom daaroor.

Chris

Hein
11-22-2016, 03:50 PM
So Chris, jy s satan kan net toertjies doen, mislei, ens, dis al. Jy s ook dat ons vir satan mag gee, dis al wat kan gebeur.

So Chris, wat het met Job gebeur? Het Job die mag aan satan gegee?
Wat het met Paulus gebeur? Het Paulus die mag aan satan gegee om hom op die mond te slaan?
Wat gebeur met klein kindertjies wat demonies beset is, het hul die mag aan satan gegee?
Wat gebeur met mense wat siek is, het hul vir satan die mag gegee om hul siek te maak?

Asseblief Chris, dink weer. Om mag fisies aan satan te gee, IS SLEGS EEN VORM, van die mag wat satan kry.
Daar is verskillende vorme waar satan mag kry, of sy mag wys..., maar jy glo dit net nie.

454
11-23-2016, 08:23 AM
Ja Hein, dit is presies wat ek se en wat die Bybel se.
Jy word mislei. Die nadeel van misleiding is dat jy nie besef jy word mislei nie, die voordeel is dat sodra jy besef jy word mislei, word jy nie meer mislei nie. Misleiding is net effektief solank jy dit nie raaksien nie.

Kyk nou mooi.

Heb 2:14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—

Die duiwel is tot niet gemaak. Dis tog wat daar staan?

Col 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
Col 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

Joh 16:11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wreld geoordeel is.

Col 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

Eph 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Teen die liste, kyk wat is die liste.
G3180
μεθοδεία
methodeia
meth-od-i'-ah
From a compound of G3326 and G3593 [compare “method”]; traveling over, that is, travesty, (trickery): - wile, lie in wait.

Dan se vers 12 duidelik, ons stryd is nie teen die vlees en bloed nie maar dit wat in die vlees en bloed is. Daarvoor het God vir ons wapen gegee om staande te bly, waar is die mag oor ons??


Hier is baie versies en ek het nie lank gesoek nie, satan is reeds as verslaande in die openbaar tentoongestel, net mense se ongeloof om dit te glo en hul geloof om in satan se mag te glo, gee hom mag. Se die Bybel nie ons sal uit die geloof lewe nie, se die Bybel nie ons sal van elke woord wat uit ons mond kom lewe nie. Dis wat die bybel se, so wanneer jy glo satan is magtig en jy bely dit, sal hy vir jou magtig wees. Volgens jou geloof, nie God se wil nie.


Job erken self dat dit wat hy die meeste gevrees het, het oor hom gekom. Dit was sy vrese wat satan die geleentheid gegee het om hom aan te val. Ons het die Job geval al 'n paar keer deurgewerk, gaan soek dit gerus en lees dit weer.

Job 3:25 Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref.
Job 3:26 Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs.”

Paulus se doorn in die vlees het ons ook al verskeie kere deurgewerk, dit is op ander drade hier beskikbaar. Paulus het self die mag aan satan gegee en hy erken dit. As jy dit nog nie verstaan se dan verduidelik ek weer.

Hein daar is twee voorbeelde van kinders wat besete was in die Bybel. Dit se egter nie hoekom dit gebeur het nie. Beide gevalle het Jesus die bose geeste uitgedryf. Ek sien nie mag daar nie ek sien net vrees van die wat wegvlug.

Mat 17:16 Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”
Mat 17:17 “Ongelowige en ontaarde geslag,” het Jesus ges, “hoe lank moet Ek nog saam met julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier vir My!”
Mat 17:18 Jesus het die bose gees skerp aangespreek, en die bose gees het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword.

Jesus vererg Hom vir Sy dissipels oor hulle swak geloof. Daarna spreek hy skerp en die kind word gesond. Kom Hein hier is geen mag van die gees se kant af nie, net ongeloof van die mense het die gees 'n vashou plek gegee. Wat sal Jesus vir jou se as jy se satan en sy demone is magtig? Ongelowige en ontaarde geslag?

Hein wys asb vir ons waar in die Bybel leer jy van satan se mag. Dit is nou mag anders as dit wat hy van mense kry soos in Openbaring. Kom oortuig jy ons van satan se mag en krag.

Chris

Nov16
11-23-2016, 10:32 AM
Dankie Chris weer eens mooi indie kol

Jou verwysing

Eph 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

As die mense net eers daardie deel verstaan gaan dit baie beter word agv die aanslag teen ons kinders....want ons moet begin glo weer soos kinders......

Hein net vir jou voor jy chris wil antwoord. Gaan lees die draad

Dit is net die begin.

Hein
11-24-2016, 07:55 PM
Dankie Chris weer eens mooi indie kol

Jou verwysing

Eph 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

As die mense net eers daardie deel verstaan gaan dit baie beter word agv die aanslag teen ons kinders....want ons moet begin glo weer soos kinders......

Hein net vir jou voor jy chris wil antwoord. Gaan lees die draad

Dit is net die begin.

Ek gaan jul albei antwoord, wees net asb geduldig, ek so bietjie probleme met data gehad, asook baie besig gewees. Sal later terugkom.

Hein
11-24-2016, 09:49 PM
Hallo Chris, Ek sal graag wil h dat jy jou Christin BRIL so bietjie afhaal, en dan rondom jou kyk wat in die wreld aangaan.... Sit dan net vir so n rukkie jou wreldse BRIL op. Dan kom vertel jy my wat jy sien Chris?
Dis baie eenvoudig om vandag bybels te praat, vanuit n christelike oogpunt uit, en te kom s dat satan het geen mag nie..., hy kan net verlei, speel net speletjies, en het geen mag nie. Ek kan dit ook s Chris, maar dis nie wat ons sien en wat gebeur in die wreld nie, NEE!


As jy vandag s dat satan geen mag het nie, dan redeneer jy absoluut dwaas en leef in n spirituele droomwreld of jy leef in geestelike hoogmoed.... Maak nie saak of satan die mag by mense gekry het, dit gesteel het of mense verlei het nie..., hy sit met baie, baie groot mag. Biljoene der biljoene mense is vandag onder sy mag en heerskappy in die wreld. Jy kan nie stry nie. Die satan en sy demone het baie hard gewerk oor die jare, om hierdie mag te kry, en hul het dit nou. Maak nie saak wat Chris s nie. MAAK NIE SAAK HOE JY DIE SAAK WIL BEREDENEER NIE, DIT IS SO.


Chris, ek/ons weet baie goed dat satan uitgeklee is deur Jesus Christus.
Col 2:15 This is what Jesus already did for us:
15 And on that cross Christ freed himself from the power of the spiritual rulers and authorities; he made a public spectacle of them by leading them as captives in his victory procession. (GNT)

15 In this way, he disarmed the spiritual rulers and authorities of satan. He shamed them publicly by His victory over them on the cross. (NLT)
Ek/ons weet goed dat Christus satan verslaan het aan die kruis, om die sleutels van die doderyk terug te vat. Die bekende woorde dood waar is jou angel . Ek bied dit aan as kursus in die tronk Chris.


Maar Chris, DIT GELD NT, UITSLUITLIK NT VIR WEERGEBORE CHRISTENE!!! Verstaan jy dit??? Die satan is verslaan SLEGS as jy weergebore IS, Christus volg, EN jou OUTORITEIT begin verstaan AS KIND VAN DIE HERE..., dis al.
Dit geld NT vir ongeveer 5-10% van die wreld bevolking Chris! Die res (95%) in ongered en onder satan se mag. Dit beteken Chris, dat 6 Biljoen mense nie gered is nie Chris, en hul is onder een of ander mag van satan vasgevang. Dis 6 000 000 000 mense Chris.
Maak nie saak HOE satan die mag verkry het of wat nie, hy besit dit, punt!
As jy dis vandag wil redeneer satan het geen mag oor mense op aarde, dan lag ek vir jou.


Jy vra my dat ek jou uit die Bybel moet wys waar satan mag het, en ek gaan dus jou versoek eerbiedig.
Hopelik gaan jy sien dat dit God se NR1 vyand is, en dus ook die 5% van die wreld bevolking wat weergebore is, se NR1 vyand ook is.


Kom ons begin:


1. KONINKRYKE VAN DIE WERELD:
Ons sien dat satan n baie groot deel van die aarde (koninkryke) besit, en veral in die aardse geestes-realm ook.
Mat 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na n baie ho berg en wys Hom al die koninkryke van die wreld en hulle heerlikheid,
Mat 4:9 en s vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
Vandag kan ek ook getuig daarvan, want orals in die wreld is daar organisasies, kerke, gelowe en ander goed wat op een of ander mate satan se kinders is met dit wat hul aanvang. Indien jy nie weet nie, 65% van die wreld se webtuistes is pornografiese webtuistes, en sleg 8% in Christelik.

2. SATAN VERHINDER DIE WAARHEID:
Ons sien self dat satan vir Petrus dinge laat s wat hy nie moes nie. Hierdie einste Petrus het 3 jaar saam met Jesus geloop en Hom gevolg, sy wonderwerke gesien en beleef.
Mat 16:22 Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en s: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
Mat 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus ges: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.


3. SATAN STEEL DIE WOORD:
Die satan kan selfs mense verhinder om nie kinders van God te word nie. Ja hy steel die woord vanaf die hoorders, wat die evangelie van Christus hoor.
Mar 4:15 En dit is hulle wat langs die pad iswaar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
Niemand anders nie, satan neem die woord weg wat aan hul gegee is.


4. SATAN VERANTWOORDELIK VIR SIEKTES IN MENSE:
Ons lees ook dat satan mense kan bind in siektes en krankhede. Telkemale sien ons dat die siektes vanaf satan afkom, en waar demone en duiwels verantwoordelik was daarvoor.
Luk 13:11 En daar was n vrou wat n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie.
Luk 13:16 Maar hierdie vrou wat n dogter van Abraham is, wat die Satandink daaraan! agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?
Agtien jaar maak satan deur siekte hierdie vrou ongeneeslik. Ons weet dat siektes van satan af kom, en elke siekte is deur Christus genees toe Hy op aarde was. So ook vandag, neem Christene die taak op om demone uit mense te dryf om siektes in Christus Naam te verwyder en genesing te bring. Mens noem dit bevryding en genesing.


Hier sien ons ng n siekte of kranke, wat deur satan beset is.
Mat 9:32 En terwyl hulle weggaan, bring die mense n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe.
Mat 9:33 En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat.
Eers nadat die duiwel uitgedryf is, kon die stomme weer praat.


En dan sien ons n voorbeeld van nog n siekte, en dis epilepsie! Dis niks ander as satan homself wat hierdie kind van kleins af teister nie. Van kleins af beteken vir my die kind is so gebore, en ongevraagd moes saam met hierdie demoon moes lewe vir n baie lang tyd.
Mar 9:20 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.
Mar 9:21 Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy s: Van sy kindsdae af;
Mar 9:22 en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
Mar 9:23 En Jesus s vir hom: Wat dit betrefas jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
Mar 9:24 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en s: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
Mar 9:25 En toe Jesus sien dat n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom ges: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.
Mar 9:26 En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos n dooie geword, sodat baie ges het: Hy is dood.
Mar 9:27 Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.
Jesus jaag satan se demoon uit die kind uit, en die kind word gesond. Prys die Here. Vandag sien ek elke siekte ook as van satan af, en niks anders nie. Dis maar net hoe ek redeneer. As Jesus alle krankhede genees, dan beteken dit vir my dat Jesus oorlog voer teen satan en sy demone. Vandag het God ook vir ons as weergebore Christene daardie outoriteit gegee om dit te kan doen in die naam van Jesus Christus.


Selfs iets soos doodgewone koors, wat mense siek maak, word ook deur Christus uitgejaag.
Luk 4:38 En Hy het opgestaan uit die sinagoge en in die huis van Simon gekom. En Simon se skoonmoeder was aangetas deur n hewige koors, en hulle het Hom geraadpleeg oor haar.
Luk 4:39 Toe gaan Hy oor haar staan en bestraf die koors, en dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.
Luk 4:40 En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgel en hulle gesond gemaak.
Luk 4:41 En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en ges: U is die Christus, die Seun van God! En Hy het hulle bestraf en nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus was.
Hier is weer duidelike voorbeelde van siektes wat vanaf satan afkom, en deur Christus uitgejaag word..., daarna word die mense gesond. Siektes kom van satan af. Het die mense siektes in hul lewens ingenooi en gevra daarvoor. Ek glo nie.
Siektes is nog altyd daar, en die redes waarom mense siek word, kanker kry, ens, kom slegs van satan af.


5. DUIWEL BESETENES:
Nog ʼn baie goeie voorbeeld van iemand wat van duiwels besete was. Ons kry dit vandag nog, waar mense moet gaan vir bevryding om genees te word.
Luk 8:27 En toe Hy aan wal uitklim, kom n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in n huis gewoon nie, maar in die grafte.
Luk 8:28 En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en s met n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie
Luk 8:29 want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.
Luk 8:30 Daarop vra Jesus hom en s: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legiowant baie duiwels het in hom ingevaar


Hier sien ons n DOGTER van n Kananse vrou wat duiwel besete was.
Mat 15:22 En n Kananse vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en ges: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.
Hierdie vroulike kind het n demoon in haar gehad. Jesus dryf die demoon of duiwel uit haar uit.


Hier sien ons n DOGTER van n Griekse vrou wat duiwel besete was.
Mar7:26 En sy was n Griekse vrou, n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.
Hierdie vroulike kind het ook n demoon in haar gehad. Jesus dryf die demoon of duiwel uit haar uit.


Luk 4:33 En in die sinagoge was daar n man met die gees van n onreine duiwel, en hy het met n groot stem uitgeskreeu
Nog ʼn voorbeeld.


6. SATAN DIE VERWOESTER:
Selfs Jesus MOES intree in gebed teen satan. Jesus het geweet satan gaan sy aanvalle loods of Jesus se volgelinge, en daarom bid hy vir hulle.
Luk 22:31 En die Here s: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
Luk 22:32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
Koring sif, beteken dat satan in beheer wou wees en met die dissipels doen wat hy wou.

7. SATAN DIE INSUIPELAAR EN VERLEIER:
Ananias en Saffira was onder die leiding van die Heilige Gees, en wou net soos die ander ook al hul besittings verkoop en onder mekaar verdeel. Maar tog kry satan dit reg om hul te verlei om te lieg, en te lieg teen die Heilige Gees.
Hand 5:3 Toe s Petrus: Ananas, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
Die uiteinde is dat Ananias en Saffira gedood was deur God. Ja dit het hul dood beteken. Net so kan dit vandag ook gebeur met kinders van die Here, wat nie gedissiplineerd aanhou stry teen sonde nie.



8. SATAN HOU AAN EN AAN:
Die satan is nie iemand wat maklik tou opgooi nie, en hou aan en aan peuter waar hy nie moet nie.
Rom 16:20 En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
Ons sien hier dat satan nog steeds n gevaar inhou vir kinders van God


9. SATAN DIE HUWELIK VERWOESTER:
Wat gemeenskap in die huwelik aanbetref, kan satan ook partykeer verwoesting saai. Ons sien dit met al die skeisake regoor die wreld. Die kersie op die koek vir satan, is om huwelike te verwoes, en hy bring verleiding, wellus en ander goed oor mense se lewens.
1Cor 7:5 Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie
Ons weet reeds dat satan se hoof-wapen is om te versoek. Hy versoek en verlei, en mense val daarvoor. Selfbeheersing moet hier toegepas word en selfdissipline.

10. ONVERGEWENSGESINDHEID AS GEES:
Onvergewensgesindheid is een van satan se grootste wapens wat hy gebruik in mense. As ons nie vergewe nie, kan God ons nie vergewe nie. So maklik soos dit.
2Cor 2:10 Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef hetas ek iets vergeef hetdit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;
2Cor 2:11 want ons is met sy planne nie onbekend nie.
Baie mense leef vandag in onvergewensgesindheid. Ons sien hier dat satan in jou hart kan invaar, sodat jy nie wil vergewe nie. Dis een van sy dodelikste wapens hierdie.


11. DIVIDE THE ENEMY AND CONQUER:
In die sendingveld beleef ek dit baie. Ons sien dat satan verskillende gelowe gestig het, EN BAIE HARD DAARAAN werk om mense afvallig te maak van hul geloof.
Islam, Hindoe, Tradisionele voorvader gees aanbidding, Ewolusie, New Age, en dan christin kerke, wat die pad byster raak, soos Jehova Witness; Rooms Katoliek, Joodse, Israel-visie, ZCC, ens, ens.
2Cor 11:13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
2Cor 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in n engel van die lig.
2Cor 11:15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
Dis nog een van satan se grootste wapens hierdie, want hierdie gelowe lyk vir mense geloofwaardig, MAAR DIT IS NIE!.
Dis presies wat vers 14 s, satan is n transformer! Die satan verander of transformeer die volle waarheid in n halwe leuen. Verskriklik gevaarlik.
Meestal en altyd word Jesus in hierdie godsdienste heeltemal of halfpad uit die equasion uitgehaal. Jesus is nie God nie, God is nie 3 enig nie. Die satan verander hom as engel van die lig, beteken dat hierdie godsdienste lyk asof dit vanaf God af kom, maar dit doen nie!


12. SATAN BRING STRUIKELBLOKKE EN VERHINDER DIE EVANGELIE:
Die satan kan baiekeer n struikelblok in ons pad gooi. Dit kan baie erg wees, of slegs frustrerend wees.
1Thes 2:18 Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder.
Hier sien ons duidelik dat satan vir Paulus hul verhinder het om mense te besoek. Doen bietjie selfstudie en gaan kyk in die Bybel, elke keer waar die goeie nuus oor redding in Jesus vertel het. Net n paar verse daarna sien jy satan kom met n comeback of backlash om chaos te saai.


Die satan kry beheer in mense se lewens, en dan kom hy met sy bose planne. Hieronder sien ons self hoe satan mense doodmaak, en hoe hy verhinder dat mense die evangelie hoor sodat hul gered kan word.
1Thes 2:14 Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in Christus Jesus is in Juda, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle eie stamgenote net soos hulle van die Jode,
1Thes 2:15 wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,
1Thes 2:16 deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.


Act 13:10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit we van die Here te verdraai nie?



13. SATAN SIT MET PLEKKE WAAR HY REGEER:
Rev 2:12 En skryf aan die engel van die gemeente in Prgamus: Dt s Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:
Rev 2:13 Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verlon nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon
Hierdie verwys na klein Asi, maar veral vandag na Islam geloof, met lande soos Pakistan, ens.


14. SATAN DIE MENSEMOORDENAAR EN VADER VAN DIE LEUEN:
Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy n leuenaar is en die vader daarvan.
Dis seker nie baie moeilik om rondom ons te kyk hoe mense kan lieg en bedrieg nie. Maar u moet mooi hier verstaan, dat hierdie Farisers was, en mense wat hooggeplaas was en die skrifte goed geken het kerkmanne van vandag.
Die een wat basies dood ingebring het in die wreld was satan die slang gewees, met sy verleiding. Ons kan wel vandag s dat Eva verlei was deur die slang, en dat dit haar skuld is, maar dis nie wat God s Woord se nie. Ons sien dat satan die mense moordenaar was en die vader van die leuen. Nie Eva en Adam nie, maar satan.


15. DIE SATAN VANG MENSE IN STRIKKE:
2Tmi 2:26 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
Vandag sien ons dit orals in die wreld. Die duiwel vang mense op enige gebied waar hy moontlik kan. Ja, satan kan strikke stel vir mense, en baie mense val daarin sonder dat hul besef wat aangaan...


16. HEELTYD OPSOEK OM IEMAND TE VERSLIND
1Pe 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle testander, die duiwel, loop rond soos n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
1Pe 5:9 Hom moet julle testaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgel word aan julle broederskap wat in die wreld is.
Baie bekende verse hierdie. Maar waarop ek wil fokus, is dat satan en al sy miljoene demone juis elke dag hiermee besig is, HY SOEK!!


17. STEEL, SLAG, VERWOES:
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.
Let asb. Op. Ons fokus op die mag wat satan uitoefen OP DIE WERELD in hierdie dokument, en dis al. Dis God wat hier skryf. God ken Sy NR1 vyand, en Hy waarsku ons dat dit satan se karakteristieke is - STEEL, SLAG, VERWOES


18. DUIWEL GOOI MENSE IN DIE TRONK:
Rev 2:10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, DIE DUIWEL gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking h.
Wie s God gaan mense in die tronk gooi? Weereens praat God hier. Die duiwel gaan mense gebruik om Jode in die tronk te gooi.


19. DIE DUIWEL KOM OORLOG VOER TEEN GOD SE KINDERS:
Rev 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
God kom waarsku ons teen hierdie vyand van ons. Ja God waarsku ons. As satan dan nie mag het nie, waarom waarsku God ons dan?
Rev 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Die duiwel voer oorlog teen die kinders van God vandag, en ook die laaste 2000 jaar al.


20. OORWELDIGER VAN NASIES:
Isa 14:12 Hoe het jy uit die hemel geval, o mrester, seun van die dageraad! Hoe l jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
Die duiwel het nasies oorweldig deur al die eeue. Nie net dorpies of stede nie, maar nasies. Oorweldig beteken dat satan hul oorwin het as nasies. Dis nogal groot mag as jy dit kan doen.


21. LAAT KONINKRYKE OP AARDE BEWE:
Isa 14:16 Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en s: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
Sien u wat God hier skryf in sy Woord. Die duiwel het die AARDE LAAT BEEF, EN LAAT SIDDER. As jy nie mag het om dit te doen nie, dan weet ek nie...



22. DIE SATAN SIT MET N BAIE GROOT WEERMAG VAN GEVALLE ENGELE OF DEMONE:
Rev 12:4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
Daar is miljoene der miljoene van God se geskape engele gewees. Een derde daarvan het vir satan gevolg en gerebeleer teen God en is nou aant werk op aarde, waar hul neergewerp is. Dis nogal n groot weermag van engele wat tot sy beskikking is in die geestes realm.


23. DIE SATAN WORD VOORGESTEL AS DIE god VAN DIE WRELD
2Co 4:4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Wat doen die god van die wreld, satan? Hy verblind mense se sinne, en daarom kan hul nie glo nie. Dis dieselfde god wat die evangelie- saad steel, wat gesaai is in die wreld


24. SATAN DIE GELD god.
Geld is mos iets wat baie mense laat sondig en waarmee hul nie heeltemal eerlik werk nie. Vat sommer belasting as voorbeeld, geldwassery en bedrog.
Luk 16:13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal f die een haat en die ander een liefh, f die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God n Mammon dien nie.



25. EN LAASTENS SOMMER N OORSIG VAN DIE BOSE GEESTE AANT WERK:
Jammer dis engels, maar ek gaan nie al die goed verklaar nie.
The wicked spirits - spirit of: fear, worry, anxiety, disbelief, unforgiveness, resentment, anger, deaf and blindness, disobedient, control, retaliation, jealousy, disease, heaviness, jealousy, perversity, witchcraft, familiarity, lust, pride, indecency, falseness, deceive, confusion, division, disruption, lies, corrupt, misleading, etc, etc.
Sien u die arsenaal van bose gemors waarmee satan beheer wil uitoefen op aarde, en so mag oor mens kry.

Al die bogenoemde goed maak satan magtig hier op aarde. God waarsku ons heeltyd in Sy Woord teen ons. Hoekom? Want God weet watter skade satan vandag aanrig hier op aarde.



Daar is n baie mooi gesegde, en dis die volgende: If you want peace, prepare for war
Ons sien mense heeldag en aldag dinge kwytraak ag moenie die duiwel agter elke tweede bos gaan soek nie
Dis juis hierdie mense wat eerste mag val, want hul ken nie hul NR1 vyand nie.

Ons almal wat weergebore is weet wie en wat ons is in Christus, oftewel ek hoop so. Maar soos hierbo reeds genoem, dis slegs 5% van mense op aarde wat gered is. Die res van die 95% is nie, en daar is een rede daarvoor en dis satan!
Ja ons as Christene het baie werk as arbeiders, en mag die Here hul uitstuur.


Vandag wou ek SLEGS GEHEEL EN AL uitbeeld watter mag satan het of verkry oor mense op aarde, en dis al. Ek is uitgedaag om dit te doen en ek het. Ek kan nog bladsye en baldsye daaroor skryf, maar dis nou vir eers genoeg.
Glo dit of nie, of gaan bly op die maan waar dit stil en rustig is. Druk jou kop in die grond soos 'n volstruis.
Die ware werklikheid is dat die god van die wreld vandag satan is, want meeste mense is sy navolgers. Slegs n klein persentasie mense is gered en leef vir Christus.

454
11-25-2016, 07:55 AM
More Hein

Interresant. Ek dink ons almal stem saam dat satan wel mag op aarde het, ons het verskil oor hoe hy die mag bekom. Ek dink jy sien nou die lig.
Jy het gese God gee die mag vir satan, ek het gese die mens gee dit vir hom.
As ek nou jou skrywe hierbo lees sien ek geen bewys dat God, satan mag oor Sy kinders gee nie. In teen deel ek sien dat God satan verslaan en verneder het, ek sien dat God, Sy kinders toerus om enige aanslae af te weer. Ek sien 'n liefdevolle Vader wat alles moontlik doen om Sy kinders te bekerm en te verlos.

Stem ons saam hieroor?

Chris

Nov16
11-25-2016, 10:40 AM
Ja dit is reg om n depat te hou en twis en kwaad en wat eet nog alles is van satan, hy plaas die saad en julle voer dit.

Satans is n engel wat God verwerp het... Al die engele is magtig... Net God is Almagtig...

Julle twee moet bietjie mooi dink oor al die verse wat julle so vinnig uitriul om elkeen sy eie saak te verdedig...

454
11-25-2016, 02:30 PM
Nov16

Ek kan nou nie vir Hein praat nie, maar ek kan jou gerusstel ek dink baie mooi oor elke vers wat ek aanhaal.

Watter verse pla jou?

Chris

Nov16
11-25-2016, 02:59 PM
Nov16

Ek kan nou nie vir Hein praat nie, maar ek kan jou gerusstel ek dink baie mooi oor elke vers wat ek aanhaal.

Watter verse pla jou?

Chris

Daar is geen vers wat my pla nie, julle twee laat my net wonder wie gaan wat raak loop in jul verwysings

Dit is presies soos die eier en die hen wie was eerste.
Lekkerdag

Ja moet nie stop nie dit is heerlike lees materiaal

Iemand het lank teeug n skrywe geplaas van Queen jezebel van die bybel het dit gister gelees en toe die draad verloor gaan oor die gees wat sy het en hoe dit vantoepassing is op vandag se mense.

Hein
11-25-2016, 04:09 PM
More Hein

Interresant. Ek dink ons almal stem saam dat satan wel mag op aarde het, ons het verskil oor hoe hy die mag bekom. Ek dink jy sien nou die lig.
Jy het gese God gee die mag vir satan, ek het gese die mens gee dit vir hom.
As ek nou jou skrywe hierbo lees sien ek geen bewys dat God, satan mag oor Sy kinders gee nie. In teen deel ek sien dat God satan verslaan en verneder het, ek sien dat God, Sy kinders toerus om enige aanslae af te weer. Ek sien 'n liefdevolle Vader wat alles moontlik doen om Sy kinders te bekerm en te verlos.

Stem ons saam hieroor?

Chris

Jy sit al weer jou Christelike bril op, en praat oor kinders van God. En nee, ons stem nie saam nie Chris. Ek gaan nie oor en oor dieselfde goed vir jou skryf nie. Indien jy nie mooi wil lees nie, gaan ek nie herhaal nie.
God is in beheer van ALLE mag en gesag, regoor die hele wereld, en in die hemele.

Jy voer aan dat NET mense vir satan mag kan gee, want dis al mag wat hy kan kry. Miskien moet jy die woordjie "mag" na "toegang" verander.

So jy beweer dus dan ook as mense siek word, het hul vir satan die toegang gegee om hul siek te maak??.
Dan beteken dit ook dat as die boer en sy vrou aangeval word op die plaas, dan het die boer die mag aan satan gegee om hom aan te val??
So dan beweer jy kinders wat kanker het, en doodgaan die mag aan satan gegee het??
So dan beweer jy dat die vrou wat verkrag was, aan satan die mag gegge het om dit te doen??
So dan beweer jy dat elke kind wat van kindsbeen af demonies beset is, die deur vir satan oopgemaak het en hom toegang gegee het??

Die duiwel kry geen skuld nie, want jy beweer dis mense wat satan die mag gee of toelaat in hul lewens?

Sien jy hoe dwaas jou redenasie is Chris? Maak net nie sin nie...
Ek het reeds vir jou baie versie gegee wat aandui hoe slinks satan optree en watter mag hy het, maar jy lees net so bo-oor dit. Miskien moet jy bietjie mooi deur alles gaan werk, en dan kyk jy of alles wat jy kwytraak waar is.

Of satan fisies mense aanval met demoniese mag DEUR DIE LUG, en hul oorwin..., en of hy mense as "voertuig" gebruik, hy het/kry mag. Die miljoene der miljoene demone wat onder sy beheer is, is ook nie mag nie???
Ignoreer dit, dis reg met my. Ons kannie aangaan as ons nie saamstem nie. Dan is dit maar weer die ou storie " we agree to disagree"

Dan wil jy my weer beskuldig, ek raak weg. Ek raak nie weg nie, ek weier maar net om verder te stry as die gesprek nie meer waarde het of die gesprek dwaas raak nie. Dis nie hoogmoed nie, dis maar net my eie keuse dis al. Genoeg is mos genoeg.

454
11-25-2016, 04:43 PM
Hein

Verstaan ek jou reg? Jy se dat God die satan mag gee oor Sy kinders/mense?

Het die kinders/mense die mag om die mag van satan te weerstaan?

Chris

454
11-25-2016, 04:46 PM
So jy beweer dus dan ook as mense siek word, het hul vir satan die toegang gegee om hul siek te maak??.
Dan beteken dit ook dat as die boer en sy vrou aangeval word op die plaas, dan het die boer die mag aan satan gegee om hom aan te val??
So dan beweer jy kinders wat kanker het, en doodgaan die mag aan satan gegee het??
So dan beweer jy dat die vrou wat verkrag was, aan satan die mag gegge het om dit te doen??
So dan beweer jy dat elke kind wat van kindsbeen af demonies beset is, die deur vir satan oopgemaak het en hom toegang gegee het??

Die duiwel kry geen skuld nie, want jy beweer dis mense wat satan die mag gee of toelaat in hul lewens?
.

Hein die goed wat jy bo noem kan die mens se skuld wees, dit kan aspris of uit onkunde wees. Ander kere kan dit bloot omstandighede wees. Dit is verseker nie straf van God nie.

Hein, so wie kry die skuld vir die sondeval? Wie het die sonde gedoen in die tuin van Eden?

Chris

Nov16
11-25-2016, 05:09 PM
N persoonlike vraag Hein is jy bang vir iets?

Nov16
11-25-2016, 05:22 PM
Hein meskien lees of verstaan ek en Cris nie die deel nie

Help asb

Submit yourselves therefore to God. Resist the devil and he will flee from you. (James 1 gaan lees bietjie

510
11-25-2016, 11:04 PM
Julle s eintlik presies dieselfde ding, maar dis asof julle aspris mekaar verkeerd probeer verstaan.

Satan het mag op die aarde en oor mense BEHALWE oor God se kinders naamlik wedergebore Christene.
Die mag het hy ontvang met die Sondeval.
Dit is die stryd tussen goed en kwaad.
God kan enige oomblik Satan se magte beindig, soos hy ook sal doen met die Wederkoms. Maar voor dan laat God Satan toe om te doen wat hy wil sodat mense uit hulle eie vrye wil God kan kies.
As jy God gekies het, het die Satan geen mag meer oor jou nie.
Dit beteken nie hy sal ophou om jou te versoek nie, maar as jy in God se wil leef en groei en tot Hom bid, gee Hy jou die krag om die versoekings te weerstaan en die probleme te oorkom.

Ek gaan nie nou versies opsoek nie. Lees sommer maar net die hele Bybel ;)

454
11-26-2016, 08:43 AM
More 510

Dankie vir jou bydrae, ek waardeer dit. Satan se mag le in misleiding en verleiding. 'n Halwe waarheid is baie naby aan die waarheid, tog bly dit 'n leuen.

Ek en Hein stem oor baie saam, tog verskil ons oor God se karakter. Ek se God is net goed, liefde sonder vrees. Hein se God kan goed wees maar Hy is partykeer ook kwaad, liefde met vrees. So nee ons is nie aspris nie, ons is opreg opsoek na die waarheid en ja, asb, enige tyd, help ons reg.

Ek stem saam met jou tot jy se: "God kan enige oomblik Satan se magte beindig"

Kom ons dink gou daaroor. Toe God, satan verslaan het is die satan se mag tog gebreek. Die Bybel se, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—
Tot niet, dit beteken tog magteloos. Dus satan is magteloos, God hoef nie meer sy magte te beeindig nie, Hy het reeds. God het reeds gedoen wat Hy kon, satan se tande is getrek, God kan en wil hom nie gebruik om Sy kinders te beheer nie. Al wat die mens moet doen is om satan te weerstaan, dan vlug hy. Ons is nie uitgelewer nie.

In my geval kan ek God volkome vertrou, ek weet God sal nooit iets kwaad oor my laat kom nie, dit is nie in Sy wil nie en dit is nie deel van Sy groter plan nie. Die bybel leer my verder dat wanneer God my sou beproef, sal dit nie bo my vermoeens wees nie en sal dit altyd ten goede wees. Indien kwaad in my lewe voorkom is dit omdat ek dit toelaat, meestal uit onkunde.

Kinders van God wat glo dat God kwaad, satan, siektes, dood, vloede, misdaad, ongelukke, ens, gebruik om Sy kinders te straf/beheer/mannipuleer, se verhouding met God ly daaronder. Daar is altyd 'n twyfel en tekort aan vertoue, wat veroorsaak dat God daardie mense nie volgens hul volle potensiaal op aarde kan gebruik nie. Hierdie is die hoogste vlak van satan se misleiding en lei na elende op aarde vir God se kinders.

Kyk waar het die draad begin. Iemand is moedeloos oor die dood op ons paaie, party wil satan/halloween die skuld gee. 'n "bonatuurlike mag" wat meeste mense 'n heilige vrees voor het en nie wil konfronteer nie. Dit bestaan nie. Dit is 'n misleiding van satan.

Kinders van God ly onnodig omdat die waarheid van hulle weerhou is en hulle die misleidings wat deur tradisies aan hulle oorgedra is bly glo.

So nee, ons se eintlik nie presies dieselfde ding nie.

Chris

Hein
11-26-2016, 03:55 PM
Julle s eintlik presies dieselfde ding, maar dis asof julle aspris mekaar verkeerd probeer verstaan.

Satan het mag op die aarde en oor mense BEHALWE oor God se kinders naamlik wedergebore Christene.
Die mag het hy ontvang met die Sondeval.
Dit is die stryd tussen goed en kwaad.
God kan enige oomblik Satan se magte beindig, soos hy ook sal doen met die Wederkoms. Maar voor dan laat God Satan toe om te doen wat hy wil sodat mense uit hulle eie vrye wil God kan kies.
As jy God gekies het, het die Satan geen mag meer oor jou nie.
Dit beteken nie hy sal ophou om jou te versoek nie, maar as jy in God se wil leef en groei en tot Hom bid, gee Hy jou die krag om die versoekings te weerstaan en die probleme te oorkom.

Ek gaan nie nou versies opsoek nie. Lees sommer maar net die hele Bybel ;)

Dankie 510, jy verstaan korrek, EN DIS PRESIES WAAROM EK NIE KAN AANGAAN MET 'N GESPREK wat die meer rigting het nie.

Ek sien ook dat Chris weer halfpad gelees het, EN NIE DIE VOLLE SIN GELEES HET NIE.

Kom ek herhaal wat jy gese/geskryf het:
God kan enige oomblik Satan se magte beindig, soos Hy ook SAL DOEN met die Wederkoms.

510
11-26-2016, 04:06 PM
Ek verskil van jou Chris.
God is 'n God van liefde.
Maar dit beteken nie as jy 'n Christen is sal dit met jou altyd net goed gaan nie. God beproef die wat Hy liefhet. Nie om hulle te straf of te tart nie, maar om hulle te louter. Om ons die geleentheid te gee om te groei kom daar soms slegte dinge oor ons pad. Ek s nie dis God wat dit laat gebeur om mens te straf nie, maar God laat dit toe. Soos Hy ook met Job gemaak het. Dis juis wanneer dit met mens minder goed gaan dat mens die kans kry om God se genade te beleef. Dit is dan wanneer jy bewys of die duiwel mag oor jou het of nie. Dit is dan wanneer jou geloof in God beproef word. Wanneer jou geloof sterk is, het die slegte dinge nie die mag om jou geloof in God van rigting te verander nie.
Die aarde is nie meer die paradys nie en ons is ook nog nie in die Hemel nie en daarom sal mens nogsteeds probleme h.

Hein
11-26-2016, 04:17 PM
Hein meskien lees of verstaan ek en Cris nie die deel nie

Help asb

“Submit yourselves therefore to God. Resist the devil and he will flee from you.” (James 1 gaan lees bietjie

Nee Nov16, ek het geen probleem met dit nie. Ek se weer, ek as geestelike werker in maksimum gevangenis bied hierdie goed aan. Ek weet presies wat jul bedoel, of te kenne gee wat jul bedoel.

Maar soos vir die honderdste keer gaan ek dit WEER herhaal, en hopelik dring ek nou deur. Die duiwel het mag, hy het baie, baie mag. Gaan kyk asb my plasing waar ek dit mooi in meer as 25 opskrifte neergestip het.
Indien jy dit nie wil erken nie, druk jou kop in die grond soos 'n volstruis, en gaan laa-die-daa aan met jou lewe, ignoreer dit wat God self in Sy Woord skryf. Indien hy nie mag het nie, hoef jy hom dan as satan ook nie te weerstaan nie. (Hopelik gaan die liggie nou aan.)

As satan nie 'n mag/"force" is nie, hoekom het hy dan vir Christus versoek wat God in die vlees is. Satan het mag, dis die waarheid. Hy is die tweede grootste mag in die wereld naas God Almagtig. Wys my watter mag is daar in die wereld wat groter as dit is...?

Kom ek gee jou 'n toepaslike voorbeeld. As jy eendag miskien kanker kry of terminaal siek word, dan kom vertel jy my weer of satan mag het of nie. Dan kom vertel jy my wat HET JY VERKEERD GEDOEN(ook volgens jou en Chris se redenasie) ...., SODAT JY mos nou die MAG VIR satan gegee het, dat jy kanker gekry het. Dan moet jy maar onder 'n boom gaan sit en mooi gaan dink wat JY VERKEERD gedoen het... Dis mos nou jul redenasie. Jul redenasie is dus dat jul satan se KANKER ingenooi het in jul lewens en dis jul eie skuld.... :-)

Ons kan slegs as kinders daardie mag weerstaan, DIS AL. Slegs as 5% van wereld bevolking, kan ons dit vandag in Christus se Naam doen. En dan hardloop satan tydelik weer weg, en kom weer, en weer, en weer.

Maar die mag van satan as 'n kragtige vyand is daar. Dit bestaan.

Nov16
11-26-2016, 04:41 PM
HEIN wanneer jy met hoofletter begin skryf is daar duidelik n emosioneele konetasie.

Meskien verwonder jy jou oor iets wat baie pla...jou aanhaalings soos geskryf is kommerwekend.is jou uitrusting in die kas of dra jy dit elkedag by jou, saam met jou?

Indien jy ingeloof staan kan jy berge versit so staan dit in die woord, jy kan wonderwerke laat plaasvind so staan dit ook in die woord. Allesl moontlik en haalbaar net moontlik gemaak vir die gelowige..

Die grooot vraag is waar is jou uitrusting?

Ek verstaan jou, chris verstaan jou maar vir een of kundige rede sien jy nie satan as n teenstaander en sy boose magte as n teenstaander nie. Jy sien dit as die Tweede Magtigste entiteit in die heel al.

Hein jy is totaal verkeerd,

Dit is eers Die Almagtige God wat drie enig is. Tweede is dit die wat God kom haal wie sy mense en siele is

derde is die satan as prinse met sy vleuels van engele en die verwerpe gespuis.

Iewers is die draad besig om sy riting te verloor,

He that believeth on the Son hath everlasting life: and he that believeth not the Son shall not see life; but the wrath of God abideth on him.

Die draad het begin met dood op ons paaie. Wie weet wanneer die Almagtige Vader ons begin oordeel, wie weet wanneer sy tyd daar is.
Nie ons nie nie Hein nie.

hein jy skryf dit so en juis dit alleen laat my wonder?
"""
Maar soos vir die honderdste keer gaan ek dit WEER herhaal, en hopelik dring ek nou deur. Die duiwel het mag, hy het baie, baie mag. Gaan kyk asb my plasing waar ek dit mooi in meer as 25 opskrifte neergestip het.
"""

Jy s ook jy bedien die mense in die gevangenis, gelowige en ongelowige, jy kan mos net aan n persoon se vrugte sien wat hy dra s en leef, of stel dit so

Die liggie wat jy noem, is n direkte verwysing na jou soeke, ervaarings waarmee jy tans besig is...

hein moet asbeblief nie voorbeelde gebruik nie, jy kan en mag nie oordeel nie, dit is beperk alleenlik tot EEN Persoon. Jy het nie die verme om teoordeel nie. Jy as n weder geboore kind doen sonde om die geleentheid vir n voorbeeld te gebruik.

Jou werk is om op te bou, nie verdeeltheid of onmin te saai nie. Onthou baie mooi wat jy saai sal jy maai.

Jou volgende verwysing
"""Ons kan slegs as kinders daardie mag weerstaan, DIS AL. Slegs as 5% van wereld bevolking, kan ons dit vandag in Christus se Naam doen.""""

Weer verkeerd Hein ons moet kan glo soos n kind om dit te verstaan...

Die klein persentasie wat jy noem mag moontlik wees, nie almal gaan na die Vader nie.

So ja indien jy jou verstom aan Satans se Mag soos jy dit uitspel sal en is daar bitter min wat gered sal of gaan word..


Jou verwysing na volstrius kop in gat steek....pasnie in die dialoog wat ons probeer voer of oordra nie.

dapper; manhaftig; onverskrokke Is dit wat jy bedoel met die volstruis?

Nov16
11-26-2016, 06:32 PM
In die laaste maand of so is hier baie pad ongelukke. Maar dit het skerp gestuig die laaste twee weke en ek wonder wat die rede vir dit kan wees.

Voetgangers wat omgery word, fatale kop aan kop botsings in die dorp wat beserings en dood veroorsak.


Halloween is amper op ons weer, en ek wonder of dit nie 'n groot rede is vir al die onnodige dood en verwoesting in die omgewing, op ons paaie is nie.

1615 op die stadium word daar tou getrek, party het nou al blaase op hula hande van die twis.

Hier is n verwysing wat sekerlik die antwoord gaan help. God is in beheer
http://biblehub.com/commentaries/1_john/5-19.htm

454
11-26-2016, 06:43 PM
510

Ek het nooit gese dat dit altyd net goed sal gaan nie, ek se wel dat wanneer dit nie goed gaan nie, is dit nie God se skuld nie. Dit is my eie skuld, Jesus het my losprys vir my sonde betaal en die dood oorwin, God het my vergewe, God het die satan verslaan, tot niet gemaak, ek kan dit nie meer as 'n verskoning gebruik nie.
Dit wat my oorkom is my eie skuld, dit kan wees as gevolg van ongeloof, vrees, onkunde, trots, wat ek saai. Daar is verskeie redes, maar dit is nie God se skuld of wil nie. Die Bybel is verder duidelik dat wanneer God ons beproef sal dit nie bo ons vermoeens wees nie maar ten goede.

Chris

454
11-27-2016, 08:11 AM
Hein

Jy is sowaar nog hier. Daai ongemak in jou wil maar net nie wyk nie, ne? Dit kan nie Hein, dit sal nie, nie so lank as wat jy die bog glo wat jy kwytraak nie. Jy kan nie aanhou om God en die satan te beskuldig vir jou foute en ongeloof nie. Jy het die outoriteit, Jesus het dit by satan weggeneem en aan jou teruggegee, jy mors daarmee. Jy hemel die satan op asof hy nog sy hemelse magte het, dink jy vir een oomblik satan sou een mens gespaar het as hy die mag gehad het wat jy hom gee? Die ergste is jy preek die twak!!

My antwoord aan 510 waarop jy reageer het: Ek het nie halfpad gelees nie, ek het die deel van die sin aangehaal wat ek wou bespreek. God gaan nie die die satan se mag beeindig nie, Hy het reeds. Ek het dit vir jou aangehaal uit die Bybel dat satan se mag tot niet is, hoekom jy dit betwyfel sal net jy weet.

Nou dan, die res van die sin: Ek het vir jou slegte nuus, as jy glo ons moet wag vir die wederkoms, dat Jesus, satan se mag kom wegvat. Jy gaan lank wag. Die Bybel se anders, die Bybel se Jesus sit en wag dat Sy vyande 'n voetbank vir sy voete gemaak word.

Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.
Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

In wie se hande is die bal nou Hein? Gaan jy Jesus uitwag? Jy kan nie Hein, Jesus sit en wag dat jy soos 'n kind van God begin heers.

God se kinders is deur een offer vir altyd volmaak, ons is toegerus en het die outoriteit van God ontvang om die vyand 'n voetbank te maak. Die wereld wag vir die kinders van God om die aarde vol van God se heerlikheid te maak. Ons gaan dit nie regkry deur in ongeloof die satan op te hemel en God te blameer vir als wat fout gaan nie.

Chris