PDA

View Full Version : Modirering



Aletta
06-25-2013, 10:36 AM
ek plaas gereeld goed op Vlak 2 maar niks daarvan word uit gepubliseer nie. Kan iemand my dalk se wat die probleem is? Wat is die doel van die moderator in elk geval as hy/sy nie die moeite doen om die goed op die webbad te sit nie?
Alet

Lukas
06-25-2013, 09:40 PM
Alet. EK is skuldig. Ek kom laat saans in die kantoor uit en dan is ek meestal so oorweldig met takies wat afgehandel moet word dat ek nooit by die moderering uitkom nie. Ons het gedink dat ons dit reggekry het dat poste soos op die ou blad direk verskyn maar daar was nog ín probleem by die vlak 2 gebruikers wat ek nie agtergekom het nie.

Baardman was self die laaste tyd ernstig besig om sy kontrakte hernu te kry en ons twee het lank by mekaar verbygehardloop en nooit by die probleem uitgekom nie. Hy het vandag weer iets probeer en ons sal nou sien of dit reg is. Maar as ons dit nie regkry nie, sal ek ook vir jou en Staanvas moderators maak.

Ek is jammer dat dit gebeur het en ek sal probeer om by te hou.

Unregistered
06-26-2013, 09:40 AM
Lukas, jammer as ek ongeduldig was, die nuwe blad is maar net nie in alle opsigte so lekker soos die oue nie en mens sal seker mettertyd gewoond raak.
Ek het ook eintlik gedink jy het afgetree en sit heeldag op die stoep en niksdoen nie.

Groete Alet

Unregistered
06-26-2013, 09:17 PM
Die oubaas vertel vir Jonas hy gaan nou aftree. Jonas verstaan nie wat 'aftree' beteken nie. Naderhand sÍ oubaas vir Jonas, hy gaan nou net op die stoep sit en koffie drink, hy wat oubaas is, gaan nie meer werk toe gaan nie. Oo, sÍ Jonas, 'die oubaas (ouhaas) gaan nou boer!'

Lukas het seker gaan boer! hehe, spot net.

Lukas
06-26-2013, 10:20 PM
Alet jy het my. Ek het nie iets om terug te sÍ nie. Ek sien dat ons die probleem nie gaan regkry nie. EK sal nou ín gewoonte moet maak om eers te gaan kyk of daar nie iets vasgehaak het, voor ek webblad toe kan kom. Ek het vir B gesÍ dat jy ook ín moderator moet word. Op daardie manier gaan ek die houtlepel vryspring. EK het vir jou gewag om kursus toe te kom maar nou hoor ek jy kom nie meer nie.

Anoniem. Jy is reg. EK boer in die kar met n selfoon. hierdie week was beter. Ek het tot nou toe net so raps oor n 1000Km gedoen. Maar nou moet ek sit om die nuwe ontdekkings by die kursus in te werk.

Aletta
06-27-2013, 09:32 AM
Lukas jy weet nie hoe graag ek die kursus wou bywoon nie. Ek sal ook graag jou weer wou sien daar is paar dinge wat ek graag meer oor wou uitvind. Ek het al gedink om dalk net vir n dag deur te ry want daar gaan seker nie gou weer so naby n geleentheid wees nie. Dis maar familiegoed. Jy weet mos, as die expats kom kuier moet ons Boere mos die rooitapyt uitrol.