PDA

View Full Version : Die 5 bobbejane



Unregistered
06-28-2013, 09:59 AM
Dit is so 'n mooi storie ek moet dit met julle deel.

Daar is 'n proefneming gedoen met 5 bobbejane wat in 'n hok gesit is met 'n leer en bo-aan die leer is 'n piesang vasgebind. Sodra een bobbejaan probeer om die leer te klim na die piesang is almal met yswater natgegooi. Later wou geen bobbejaan meer probeer om by die piesang uit te kom nie.
Toe is een van die bobbejane uitgehaal en 'n nuwe bobbejaan ingesit. Die nuwe bobbejaan sien toe kans vir die piesang, maar kry toe 'n hengse pakslae toe hy teen die leer wil opklim. Toe word nog 'n bobbejaan vervang met een wat nie van die yswater weet nie en wat dadelik pakkry teen die leer. Sommer van al vier (3 yswater manne en 'n varse) wat nou weet hulle mag nie teen die leer opklim nie. En so word die eerste bobbejane een vir een met nuwe bobbejane vervang. En elke keer as 'n "vars" bobbejaan ten die leer wil uitklim slaan die ander vier hom. Selfs die 5 nuwe bobbejane het dit nie teen die leer gewaag nie. Hulle weet nie van die yswater nie, maar hulle ken slae.

So het die piesang vrot geword daarbo. Niemand wil probeer nie.
Klink die storie bekend in die regtige lewe? Van toepassing tot by die regering?

Trudie