PDA

View Full Version : Stakings in die Noordwes



baardman
07-08-2013, 10:17 PM
In Brits is daar vandag weer 'n redelikke staking. Al die mense wat wou gaan werk is by Oukasie en Lethlabele voorgekeur en gedwing om by die staking aan te sluit. Niemand is deurgelaat nie en mense het later nie meer probeer om eers uit te gaan en net in hulle huise gebly. Later die oggend is daar 'n redelikke groot groep mense opgemerk wat in die straat afgeloop het en glo aandring op skoon water en beter paaie. Baie van die mense wat vandag nie kon werk nie is op dag loon en verloor dus vandag se geld. Altyd intresant om te sien hoe 'n kleiner groep mense die groot groep kan intimideer en geldelik skade vir almal maak. Hierdie is vir my 'n teken dat die swart mense die kortste end sal trek maar nogsteeds nie wil baklei nie en die meerderheid van hulle soos ons net vreedsaam wil lewe. Mens kan nie help om te dink hoe lank hulle dit so sal kan uithou en of hulle dalk op die ou end sal besluit om dalk 'n verskil by die stembus te maak. EK dink die ANC sal redelikke taktiek mee vorendag kom as hulle sien dinge gaan agteruit vir hulle in die verkiesing maar die vraag bly staan waarmee hulle op die ou end sal wegkom deur dit te doen en of dit nie op die ou end die vlam sal laat begin brand en geweld tussen die swart mense begin uitbreek nie. Dit gaan vir die ANC bietjie moeilikker wees om weg te kom met die taktiek waarmee ons gaste daar in zimbabwe weggekom het want ons is redelik meer in die wereld se oog. Swart mense het voor die aankoms van Jan Van Riebeeck meestal kos gesoek en tussen etniese groepe baklei wat ookal die rede daai tyd sou wees. Met die witman se aankoms en soos die jare verloop het , het die swart mense ewe skielik een vyand gehad in die form van die wit man wat als wil oorvat en regeer het. Ewe skielik na 94 is hierdie wit gevaar nou nie meer so in die kollig nie en het hulle so stadig maar seker soos die tyd geloop het van 94 af met mekaar begin baklei wat mens net wys die geskiedenis het maar die gewoondte om homself soms te herhaal. Hulle raak al hoe makker vir mekaar as mens kyk waarmee hoe regerings amtenare in die publieke oog deesdae wegkom. Ek kan nie help om te dink as die ANC 'n verskoning sou soek om hulle president te vervang die tyd al hoe nader sal kom om dit te doen nie. Zuma is 'n politieke pion wat die strukture van die mense en die party baie goed verstaan en dit tot vandag toe baie in sy eie guns suksesvol gebruik het , die vraag is of hy dit sal aan hou regkry?

Hierdie nuwe partye wat nou soos lote uit die grond opskiet kan die politieke prentjie vir ons baie intresant maak in die komende verkiesing en ek dink die ANC het verby sy top punt gegaan en is oppad onder toe. Met die nuwe Economic Freedom Figthers sal dit ook intresant wees om te sien hoeveel stemme hulle kan inwerk as hulle dit in die eerste plek regkry om 'n politieke platform op die been te kry. Daai syfers kan mense se vraag van hoeveel radikale elemente in die land is ook baie goed antwoord.

Ons gaan beslis weer baie intresante tyd in wat die politiek aanbetref en dat daar in die volgende jaar sekere goed gaan plaasvind is geen verassing nie. Al wat ons moet doen is om die sout van die aarde te bly , so min as moontlik skuld opbou as wat ons moontlik kan , hier leer om ons in allerdaaglikse lewe te beveilig met kennis en rustig agteroorsit en hierdie besigheid dophou

Ek het op 'n tyd saam 'n Oom gewerk wat altyd die gesegde gehad het: Kom ons hoop vir die beste die slegste kom soms vanself , ek dink dis presies wat hier gaan gebeur in die politieke gebied. Beter gaan dit beslis nie vir die ANC kan word nie en hulle gaan beslis nie die selfde syfters by die stembus kry as die vorgie verkiesing nie

Unregistered
07-09-2013, 06:21 AM
Hi Baardman,
Baie van jou stellings maak sin. Die ANC het uit die vorige verkiesing die belangrikke les / invloed wat splinter partye aan hulle groot persentasie het.

Wat ek oor wonder: dit wil voorkomende of dieselfde weer gaan gebeur met nog meer partye beskikbaar. Nou:

1. Is dit waar OF gaan die ANC die partye in trek na die verkiesing en so hulle persentasie verhoog om hul doel te bereik.
2. Hoefeel van die nuwe partye word eintlik maar net gestig vir die finansiele voordeel daarin...

Black Wattle

Unregistered
07-09-2013, 05:46 PM
Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar het gehoor dat GEEN leier aangestel word deur 'n land se mense nie, maar deur die NWO.
Waarom dink jul het JZ 'n 2de termyn gekry, ....want hy het die taak uitgevoer wat die NWO aan hom gestel het. "Jaag soveel moontlik aan, en dan word jy herverkies".
Weet nie of dit in Afrika gaan werk nie, maar dis maar die storie wat ek hoor.

Groetnis, Hein

Lukas
07-09-2013, 08:26 PM
Naand Hein.

Zuma was van die begin af baie ongewild onder die Britte en hulle sou enige iets doen om hom van die presidentskap te onthou. Die Amerikaners het hom meer amusant gevind en tydens sy eerste termyn reeds gesÍ dat hy ín paar hase uit die hoed gaan haal om herverkies te word.

Ek is nie presies seker waarna jy verwys wanneer jy sÍ dat hy aanjaag en dan in die NWO se guns speel nie? Maar die politiek is besig om tydelik tot jou eie voordeel groot storms te verduur.

Miskien moet jy ín nuwe draad vir Zuma oopmaak sodat ons so bietjie oor die nuutste verwikkelinge kan spekuleer.

S412
07-09-2013, 09:45 PM
Dink dis eerder 'n gaval van hy het die Amerikaners ontkant gevang. In heidige tye is 9 maande 'n lang tyd.Daar kan nog 'n paar dinge lelik skeef loop vir hom. In teen deel ek dink dit het reed begin . Die Potch burgermeester voorval is 'n klein skaalse voorbeeld. Die vraag moet eerder wees wat is die kaanse dat ons kan oorgaan tot 'n diktatorskap as die verkiesing nie uitwerk vir Zuma nie.Wat kan ons verwag sal gebeur as die ANC dalk agterkom hulle kan moontlik baie sleg doen ....... Dink so bietjie daaroor.

S412
07-09-2013, 09:58 PM
Hein , partykeer gebeur daar 'n glips en 'n lands leier kom in beheer sonder NWO se goedkeuring , en dan hanteer hulle dit. Kyk maar net wat het met Poland se president gebeur paar jaar terug.

Lukas
07-09-2013, 11:56 PM
Ek is nie so seker of dit ín geval is dat dinge vir Zuma as persoon gaan skeefloop nie. Dit is eerder ín geval dat die dinge vir die ANC gaan skeefloop. Die ANC is tans besig om op groot skaal steun te verloor. En hierdie keer is dit nie soos in die verlede dat mense net gaan ophou om te stem nie. Dit is hierdie keer anders omdat baie van die ANC se bestaande kiesers nou na ander partye soek om voor te stem.

As ons na die buitelandse invloede kyk lyk dit of die manne met die geld op hierdie stadium die Agang party steun. Met die regte bemarking sal die nuwe party baie nuwe stemme kan kry. Maar soos altyd is die skaakbord baie deurmekaar en is dit nie vir ons maklik om op grond wat ons sien, ín akkurate voorspelling te maak nie. Die Agang plan is op die oog af baie mooi en dit gee vir baie mense hoop. Tog kan dit nie die uitweg wees om Afrika uiteindelik te verenig nie. Om by die vereniging van Afrika (SADEC) te kom, moet die bestaande grondwet verander word en daardie strategie is nog binne sy tyd-skale.

Ek sal nie kan sÍ dat Agang die nuwe leier gaan word nie. Agang kan wel die ANC se mag so verswak dat Zuma se tradisionele status ook in gedrang kan kom.

Ek kan verkeerd wees maar in my kop moet ek die groot prent altyd ingedagte hou wanneer ek die kleiner skommelings wil verstaan. Die groot prent vertel vir ons dat die huidige politiek in ín magstryd tussen die ANC en die PAC ontwikkel. Hierdie magstryd kan die ANC polities uit die water skiet en ons ekonomie baie seermaak.

Swak Afrika regerings is nie vir die geld lande soos Amerika en Brittanje ín probleem nie. Hoe slegter dit hier polities gaan, hoe groter word die finansiŽle voordele vir daardie lande. Ons swak Rand beteken vir hulle goedkoop grondstowwe. Korrupte regerings beteken vir hulle ín langdurige finansiŽle kontrak.

Ek dink nie dat ons die invloed van die buitewÍreld op ons eie politiek kan begryp nie. Dit gaan nie oor die mens of die menswaardigheid van die mens in Afrika nie. Uiteindelik gaan dit om te sien hoeveel die groot lande finansieel uit ons ongeluk bevoordeel kan word.

Die spasie om dop te hou is nie die Amerikaners of die Britte se opinie oor ons nie. Die spasie wat ons moet dophou is hoe Cosatu teen Amcu veld verloor en hoe die PAC en die DSM al meer en meer as die opposisie vir die ANC en die SAKP na vore gaan kom.

Een van die drie bene waarop die ANC se drie party alliansie staan het ín nuwe bondgenoot gekry en die Britte wat nie vir Zuma kon wegkry nie, kan hom nou polities uitskakel. Dit bring my by jou volgende vraag. Kan die land se verkiesing as gevolg van ín noodtoestand uitgestel word?

Die vraag het twee moontlikhede.

1. Dit is seker moontlik maar ek dink nie dat dit in die voordeel van Zuma se opposisie sal wees wat Zuma nou uit die stoel wil lig nie.

2. Die ander kant van die munt is ook waar. Indien dit gebeur sal die ANC soveel steun verloor dat dit grootskaalse opstande in die land teen die regering sal regverdig.

Op die oog af kan die tweede scenario vir die groter plan baie meer waardevol wees. Tog sal dit nie maklik kan gebeur nie. Suid-Afrika het al sy vorige referendums tydens noodtoestande gehou en die 1994 verkiesing was tegnies ook tydens ín noodtoestand. Waarom sal dit nou anders wees?

Gevolgtrekking.

Ons land se politieke skaakbord is baie deurmekaar omdat daar te veel spelers aan dieselfde spel deelneem. Hulle agenda is dieselfde, hulle tegnieke is dieselfde en eintlik is hulle almal aan dieselfde kant. Vir ons wat waarnemers is word voorgegee dat die opponente vyande is maar agter die skerms is hulle almal in een span wat ons met hulle skuiwe op die bord verwar.

Dit gaan ons moeg maak om die skuiwe vooruit te skat omdat die plannemakers en strateŽ eintlik presies dieselfde plan het. Al wat hulle doen is om positiewe en negatiewe pole te skep waardeur die toeskouers gemanipuleer kan word.

Om op hierdie stadium kortstondige politieke wettenskappe te maak is soos om op ín gedokterde roelettafel teen die huis te speel. Hou eerder die groter prent in gedagte en kyk eers hoe die spel in daardie rigting ontwikkel.

wouterf164
07-10-2013, 10:31 AM
191

Lyk of die PAC regmaak vir oorlog.

wouterf164
07-10-2013, 12:05 PM
Waarvoor staan die S.P.U op die hemp? Weet iemand.

192

Lukas
07-10-2013, 04:44 PM
Word die ou Sell Defense Units nou Sell Protection Units ?

Kan jy sien hoe oud die APLA foto is wanneer jy die foto se properties nagaan?

wouterf164
07-10-2013, 09:16 PM
Hi Lukas

Dit is 4 July op facebook gelaai. Soos ek kan aflei uit die ander fotos wat ek het was dit 29 & 30 June gewees. Ek sal dit res vir jou email as jy dit soek.

wouterf164
07-10-2013, 09:29 PM
Dit lyk of dit deel van die Obama besoek was. 193

G DUP
07-11-2013, 05:49 PM
Hier net buite Rustenburg het hulle Saterdag aand ook omtrent die plek af gebreek. Meeste mense daar het gese dit is mense wat nie eers in die beurt bly nie maar net daar kom staak. Al wat 'n winkel is geplunder en die ATM's ook probeer roof. Die mense wat daar bly is redelik kwaad omdat hulle nou al die pad dorp toe moet kom om geld te kan ontrek.

Hulle se die poliesie was teenwoordig toe al die goed gebeur het en het niks gedoen nie. Het nog so twee aande aan gegaan maar daar geen duidelike rede hoekom nie.

Lukas
08-03-2013, 08:26 PM
Hoe lank het dit aangehou en hoe gaan dit nou in Rustenburg ?