PDA

View Full Version : Offisiere eet gif in lekkers



S412
07-09-2013, 10:52 PM
http://www.beeld.com/nuus/2013-07-09-offisiere-eet-gif-in-lekkers

5 van lugmag erg siek

Dinsdag 09 Julie 2013

Die militÍre polisie ondersoek sake van poging tot moord nadat vyf lede van die lugmag, onder wie ín senior vroue-offisier, met vermoedelik die landbougifstof aldikarb in sjokolade vergif is.

Alles dui daarop dat die vergifte sjokolade eintlik vir iemand anders bedoel was.

Die voorval was Woensdag by die Ditholo-natuurreservaat en BBP-konferensiesentrum van die lugmag by Hammanskraal, noord van Pretoria.

Die vyf het die gif vermoedelik ingekry toe hulle van die sjokolade wat in ín houer was en van vorige gesellighede oorgebly het, geŽet het.

Lt.genl. Zakes Msimang, lugmaghoof, het sy skok oor die voorval uitgespreek.

Hy het onlangs self ín geselligheid daar aangebied.

Die vyf is met erge hallusinasies, braking en erge maagkrampe in die hospitaal opgeneem.

Hulle het intensiewe behandeling in 1 MilitÍre Hospitaal in Thaba Tshwane ontvang.

Die hospitaal het die polisie in kennis gestel.

Die dokters het later aan die slagoffers gesÍ dit is ín wonderwerk dat nie een van hulle dood is nie, aangesien die gif hul maagwande erg gebrand het.

Monsters van die gif is na ín laboratorium gestuur om bevestiging te kry dat dit inderdaad die insekdoder Temik, met aldikarb as aktiewe bestanddeel, is wat hulle ingekry het.

Diť gif is reeds twee jaar gelede van die mark af.

Na verneem word, het die vyf, onder wie ín senior luitenant-kolonel van die lugmag se omgewings- en spysenieringsdienste, die geriewe van die menasie by Ditholo gaan inspekteer.

Hulle is almal van die Waterkloof-lugmagbasis, wat ook vir Ditholo verantwoordelik is.

Die menasie is deel van Ditholo se opleidingsgebied, wat ook ín natuurreservaat is. Dit is ingerig vir seminare en die lugmag hou gereeld van sy beplanningsessies daar.

Hulle het koffie gedrink en die sjokolade is ook uitgehaal.

Kort daarna het hulle ín bitter nasmaak in die mond begin kry voordat hulle een nŠ die ander begin sweet en bewe het.

Hul sig is ook aangetas.

Hulle is hospitaal toe gehaas waar hulle noodbehandeling ontvang het.

Die menasiepersoneel het die sjokolade, wat afsonderlik toegedraai was, blykbaar intussen van nader bekyk.

Dit was blykbaar duidelik dat van die sjokolade oopgemaak, oopgesny en gif in die snit geplaas is voordat dit verseŽl is.

Die sjokolade wat gebruik is om dit te verseŽl is van ín ander kleur, wat die gepeuter sigbaar gemaak het.

Die vyf Ė drie mans en twee vroue Ė is teen die naweek uit die hospitaal ontslaan, maar het glo steeds simptome van disoriŽntasie en naarheid.

Niemand is teen gister nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

...

Temik

Temik is blykbaar nog algemeen in die sluikhandel beskikbaar en is al deur inbrekers gebruik om waghonde mee te vergiftig.

Die naam ďtwo stepĒ verwys na die getal treŽ wat ín volgroeide hond blykbaar nog kan neem nadat hy die gif ingekry het voordat dit hom laat omval.

ín Hoeveelheid so groot soos ín vuurhoutjiekop kan ín volwasse mens doodmaak.