PDA

View Full Version : Hierdie Geslag



472
11-07-2016, 10:27 AM
Ek was nog altyd verwonderd oor hierdie stukkie wat Jesus gesÍ het en kon dit nie verstaan nie.


25EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
26en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wÍreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
27En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ín wolk, met groot krag en heerlikheid.
28En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
29Toe vertel Hy hulle ín gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
30Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
31So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
32Voorwaar Ek sÍ vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
33Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Lukas 21

En gisteraand toe val dit vir my oop. Jesus praat van tekens wat kom. En vertel n gelykenis wat daardie mense wat dit beleef en sien, moet doen en weet wanneer hulle dit sien. Hy praat dus met n spesifieke groep mense en verwys dan na hulle generasie of geslag wat nie sal verbygaan in die tyd wat die tekens gesien word, voor alles afgehandel is nie. Dus, wanneer daardie mense dit sien, is die volbringing baie naby. En Hy gee dan ook tekens wat baie duidelik herkenbaar is, wat ons nog nie gesien het nie.


25 EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
26en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wÍreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

Julle verstaan dit seker lankal, maar agteros kom ook in die kraal.

454
11-07-2016, 03:01 PM
472

Die geslag waarna Jesus verwys is die geslag van Jesus Christus.

Mat 1:17 Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.

Dit is die geslag wat nie sal verbygaan voordat alles gebeur het nie. Dit is die geslag wat wedergebore word, die geslag wat die ewige lewe ontvang. Die kinders van God, die wat Jesus, Sy broers noem.

Dit is ook die geslag wat die aarde moet voorberei vir die wederkoms, wat God se vyande 'n voetbank vir Sy voete moet maak.

Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.
Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.


Na die verdrukking ......dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom.

Mar 13:24 Maar in daardie dae, nŠ diť verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
Mar 13:25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
Mar 13:26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

Ek het nog nie baie tyd aan die wegraping leerings spandeer nie so help my reg as ek verkeerd lees en verstaan. Die gedeelte hierbo laat dit vir my lyk of die geslag deel van die verdrukking is, dit lyk of hulle 'n einde aan die onderdrukking maak en eers daarna kom Jesus met gtoot krag en heerlikheid.

Chris

472
11-07-2016, 07:33 PM
Chris, ek het die wegraping idee verwerp as n leuen. Gaan kyk my laaste pos op my draad. Ek het my rede gegee en sal nog die sewe redes een vir een hanteer.

Ek gaan nie redeneer oor die geslag ding nie. Ek het n antwoord ontvang oor dit wat my gepla het en dit is vir my genoeg.

Groete

PS. Ek hoop nie ek kom oor as ongeskik nie. My kinders waarsku my gereeld ek klink soos n buffel. Jammer, dit is nie wat ek bedoel nie.

454
11-07-2016, 08:53 PM
Geen probleem, maar net gedink dis interessant.

Mooibly
Chris