PDA

View Full Version : Wie bou tekens in die stede



Lukas
07-19-2013, 09:54 AM
Hier is n persoon wat cctv in Krugersdorp het. Bergie kry al sy video materiaal en hy het toe hierdie beweging raakgesien.

http://www.youtube.com/watch?v=oJ94OjRjcdk&feature=youtu.be


http://www.youtube.com/watch?v=oJ94OjRjcdk&feature=youtu.be

Unregistered
07-19-2013, 02:10 PM
Mooiman. .

Nico
07-20-2013, 06:19 AM
Dagse
Ons woon in die buiteland, Kanada om presies te wees. op die vorige webwerf was daar 'n opsie om 'n CD te koop oor die verskillende tekens en dies meer.
Is dit steeds beskikbaar?
Indien wel, sal dit gaaf wees as die kontak besonderhede weer geplaas kan word.

Groete
Nico

Unregistered
07-20-2013, 07:54 AM
Iets wat ek opgemerk het is dat die persoon op een plek sy merker tussen twee tree neersit en nie op sy voet nie, hoekom sou hy dit wou doen?

Lukas
07-22-2013, 10:08 AM
Jy praat van die plek waar hy die twee swart klippies neergesit het. Kyk weer mooi. Hy het dit nie verkeerd geplaas nie. Die kamera is op n hoek en die beeld is swak. Maar as jy mooi kyk . Kyk sy hele liggaam se beweging wanneer hy die goed uitpak. Hy plaas dit nie tussen sy voete nie.

Ons hte eendag n man gevang wat besig was om merkers uit te plaas. Dit was al n ou man en hy het ons later vertel dat die tekens uitpakkery sy werk is en dat hy dit al doen vandag hy 18 jaar oud is. En doen hy dit nie, kan hy doodgemaak word.

Ek het in Setlagolie n ou dopgehou wat tekens uitgepak het terwyl hy geloop het. Hy het nie eers gebuk om die goed neer te sit nie. Hy het so in die stap die voorwerpe langs hom laat val. En selfs daardie voorwerpe was presies gespasieer. Wanneer n mens n ding baie doen, weet jy waar jou voel sal val. En hoe meer n mens n ding doen, hoe beter word jy.

SA419
08-12-2013, 08:14 PM
Mooi Bergie, regte tyd en plek en oog, vir 'n oningeligte sou dit na niks gelyk het nie.