PDA

View Full Version : Drade wat verwyder word



Lukas
08-06-2013, 12:50 PM
Ek is seker dat ek al weer te lank gewag het om die draad oor rassisme te verwyder. Die draad was aanvanklik met n grappie begin en dit het toe totaal in n ander rigting ontwikkel wat die koers en beeld en doel van AKSKA totaal verdraai.

EK kan dit ongelukkig nie toelaat nie en ek gaan ook nie in die toekoms nie.

Wanneer daar n geestelike draad spesifiek oopgemaak word is dit een ding. Maar wanneer drade se rigting en doel verander word omdat iemand graag n preek wil afsteek, gaan hy teen die delete knoppie verloor.

Die enigste wanneer ons op n draad n teks uit die Bybel sal inbring om iets te vertel, sal die boodskap wees om bemoediging en hoop te gee. Ek gaan geen denominasie toelaat om sy eie kerklike politiek of werwing hier te kom bedryf nie.

AKSKA se doel is om mense te bemagtig om in vrede in hulle eie land te kan woon. Ons het nie n politieke agenda nie en ons gaan die ook nie een kry nie. Ons wil die politiek verstaan soos wat agendas ontvou en ons wil die bedreigings verstaan sodat ons dit kan afweer. Verder wil ons hoop skep deur alternatiewe oplossings vir probleme te vind en dit is dit.

Van tyd tot tyd is daar geestelike aspekte wat aktueel word en dan sal ons die drade wat daarvoor geskep word toelaat, mits dit nie oor kerklike politiek gaan nie.

Ons glo dat die enigste weg tot die Vader deur die Seun is en ons glo dat die Seun vir die hele mensdom gekom het. Ons glo dat die vrug van die Gees met wysheid loop en ons sal altyd probeer om daardie wysheid te bly. Almal maak soms foute maar ons gaan nie toelaat dat foute ons van koers bring of dat foute tussen ons staan nie.

Ons soek antwoorde op die vrae wat ons pla en ons soek oplossings om ons lewens meer draaglik te maak. Miskien moet al die lesers wat op AKSKA iets wil skryf hiervan kennis neem en daarby hou.

unregistered
08-09-2013, 10:24 AM
Dit is maklik om te se wat jy glo. Maar om dit uit die skrif te staaf is n ander storie. Dis die probleem. Plaas net een teks en jou geloof val plat. Want daar is niks om dit wat jy glo te onderskryf nie. Die hele wereld? Dit word deur teks verklaar. Sodra teks gegee word praat jy new age fabels SONDER TEKS. Hoekom gooi jy nie maar jou bybel weg nie. Kwoteer eerder uit die huisgenoot. Dis wat jy buitendien doen

Lukas
08-09-2013, 01:07 PM
AKSKA staan vir Afrika Kriminele en Sosiale Kode analiste. Die doel van die webblad is om aan ons lede ín kanaal te skep waardeur ons, ons nuwe ontdekkings aan mekaar bekend kan stel en waardeur die lesse wat lede leer, ook met ander lede gedeel kan word.

Ons lede glo ook dat ons Vader wat in die Hemel is, ons behoed en bewaar en ons met kennis bemagtig om suksesvol teen misdaad te wees. Ons lede behoort ook nie aan een kerklike denominasie nie en ons het selfs lede wat aan die volk van die verbond kerk behoort wat glo dat hulle die ware Israeliete is.

Een ding het ons lede in gemeen en dit is dat ons nie binne AKSKA met mekaar oor klein meningsverskille verskil nie. Ons glo dat Jesus / Jesua die tweede Adam, Seun van God ons verlosser is wat gekom het om die ou testament en die wet te vervul. Dat Hy eendag weer op die wolke sal terugkeer om vrede op aarde te kom herstel.

Omdat ons daarin eens is, het ons nie verskille nie en dit is wat ons saligheid betref amper genoeg. Die res is om te poog om altyd binne God se wil te bly, en dit is al.

Maar wanneer ego gedrewe selfgesentreerde mense iets op die webblad, (wat oor misdaad en God se genade aan ons) gryp en die die draad verdraai en van koers dwing, sodat ons nie meer kan doen wat vir ons gegee is om te doen nie, vind ons die draad afbrekend en nie opbouend tot die saak nie. Wanneer AKSKA lede my kontak en vra dat ons op die blad orde moet skep, doen ons dit.

Ek is jammer dat jou geleentheid om jou eie oortuigings op ander af te dwing, nou van jou ontneem is met die verwydering van die draad wat eintlik met ín grappie en wat niks met die Bybel ingemeen gehad het nie, begin was.

(Net om jou reg te help. New age is mense wat glo dat hulle na die beeld van God as klein godjies geskape is en dat hulle wanneer hulle saamstaan God kan oorwin. Hulle gebruik ook Bybelse reŽls om God vir hulle eie wÍreldse voorspoed te manipuleer en hulle glo dat hulle dit regkry.) Daardie tipe teologieŽ word ook nie op AKSKA toegelaat nie en omdat dit ons lede se blad is waar ons oor misdaad en politiek gesels, kan ons enige draad uitvee wanneer ons oortuig is dat dit nie met die doel van ons webblad klop nie.

Die leier van een van die vinnigs groeiende kerke in ín Arabiese land waar volgelinge van Jesus vir hulle geloof vermoor word, het eendag verduidelik dat hy hulle groei nie aand die verkondiging van die woord toeskryf nie maar aan die manier waarop hulle leef. Hulle probeer om soos Jesus te leef en sal in uiterste omstandighede wanneer mense regtig wil weet, die mense van Jesus vertel.

Vir my was dit ín groot les en ín groot uitdaging om by te hou, omdat ek maar van nature ín sondige mens is wat maklik van die trop kan wegdwaal.

Mag dit ook jou uitdaging word om altyd binne God se wil te leef en om nooit God te versoek om binne jou wil te wees nie.