PDA

View Full Version : 666 Merk van die dier



Hein
02-19-2017, 02:37 PM
Dis iets waaroor elkeen mag wonder. Daar is soveel ontledings daarbuite. Oor die onderwerp. Hier is iemand wat n Engelse alfabet "calculator " opgestel het, om die merk te kan ontleed. Nogal baie insoggewend en seker iets waarvoor ons kan bespreek.

http://landmarkbiblebaptist.net/666-888.html

454
02-20-2017, 10:55 AM
Hein jy konsentreer heeltemal te veel op die bose se doen en late, relax hy is verslaan.

Vind uit wat die seel is wat op ons voorhoofde moet wees dan sal die 666 ook vir jou sin maak.

Rev 9:4 En aan hulle is ges dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die sel van God nie op hulle voorhoofde het nie.

Chris

Hein
02-20-2017, 11:54 AM
Hein jy konsentreer heeltemal te veel op die bose se doen en late, relax hy is verslaan.

Vind uit wat die seel is wat op ons voorhoofde moet wees dan sal die 666 ook vir jou sin maak.

Rev 9:4 En aan hulle is ges dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die sel van God nie op hulle voorhoofde het nie.

Chris

Inteendeel Chris, jy het seker nie die ander nommers gesien nie, soos 888?
Nee Chris, glad nie. Ons word deur God gevra om dit te bereken, en dis kan ons maar probeer uitwerk, want dis wat God vir ons vra. Maar wat wel insiggewend is, dat daar soveel ooreenkomstes is, soos wat ons vandag in die wereld rondom ons sien gebeur van die merk, satan, ens.


Maar bogenomde moet jou ook glad nie bekommer nie Chris, volgens jou nuutgevonde geloof. Jy glo die verdrukking het REEDS plaasgevind in 70 AD. Dus kan jy nou maar terugsit en ontspan, want volgens die bog videos wat jul kyk, is die verdrukking reeds verby. Al het ek jul oor en oor gewys uit God se Woord dat die man misverstaan en bog praat, glo jul dit nou.

In elk geval, glo soos jy wil, hopelik sal jy eendag die waarheid uitvind, elkeen is op sy eie paadjie as dit by die Woord van God kom, en die uitleg daarvan. Sterkte

454
02-20-2017, 01:42 PM
Hein, jy mis die punt.
Hoe kry ons die sel van God op ons voorhoofde?
Ons moet kies of die sel van God of die merk van die dier. Daars nie plek vir altwee nie.
Chris

Andries
02-20-2017, 02:06 PM
As julle n kans kry skaf Dr Walter Veith se dvd reeks van Total Onslaught aan. Hier word veral gefokus op die boek Openbaring uit n Christelike oog punt.
Ek se nog altyd, om van jou vyand se doen en late bewus te wees moet jy ingelig wees oor dit. Help nie jy gaan blindelings deur die lewe nie. Om die vyand doeltreffend en eens op slag te identifiseer moet jy weet wie jou vyand is, hoe hulle te werk gaan en wat hulle motiewe en doelwitte is.

Ek het ook n ruk terug gaan google oor walvisse en perongeluk op hierdie webtuiste af gekom. Ek gaan nie die webtuiste hier intik soos dit is nie want anders kan dit dalk n direkte link Koppel aan die groep. Die webtuise is www dot whale dot to. Lees maar tussen die lyne en vervang "dot" met n . (punt)
Hier word oor onaagename dinge bespreek soos beheer oor mense, inentings, menslike handel ens ens ens. Hieruit kan jy aflei dat daar n siek siek wereld daar buite is. Daar is leterlik honderde onderwerpe. Gaan Google dit en kyk self. Delete net jou browser history na die tyd. Ek spandeer ook nie lang tye op die website nie. Lees vining en klim af. Van die onderwerpe is nogal opvoedkundig soos inentings en bevat interesante informasie.

Maar ons moet nie behep wees oor die satan daar buite nie. Ons moet nie toelaat dat dit ontstel of te veel aan dit dink nie. Net my insetsel

Andries

510
02-20-2017, 05:19 PM
So in gewone taal in een of twee sinne antwoord asseblief die volgende vraag Chris en Hein:
Wat is die sel van God?

454
02-20-2017, 06:07 PM
510
My punt is, orals is baie mense wat baie meninings oor die merk van die dier het. Daar is egter bittermin van die christene wat dieselfde aandag aan die seel van God gee.
Dit is baie eenvoudig, wanneer jy die seel van God verstaan sal jy ook die merk van die dier verstaan. Altwee verskyn op voorhoofde en sonder die persoon uit. As ek jou nou hier vertel wat dit is, ontstaan daar nog 'n debat en dit het ons nie nodig nie, soek bietjie en jy sal vind.

Sterkte
Chris

Chris1
02-20-2017, 07:23 PM
Nee wat Chris gee maar net die antwoord as jy kan asb,soos wat daar gevra is.
As dit 'n debat uitlok hoef jy nie deel te neem nie,dis mos maklik.Eintlik is debat goed en reg as almal net eerlik hulle vrae stel en eerlike reguit kort antwoorde gee op vrae aan hulle gestel.

Nov16
02-20-2017, 07:36 PM
Nee wat Chris gee maar net die antwoord as jy kan asb,soos wat daar gevra is.
As dit 'n debat uitlok hoef jy nie deel te neem nie,dis mos maklik.Eintlik is debat goed en reg as almal net eerlik hulle vrae stel en eerlike reguit kort antwoorde gee op vrae aan hulle gestel.

Hmmmm het jy al n oop gesig gesien?

Geen plooi van verdriet of smarte nie, net smiles....

Hein
02-20-2017, 08:58 PM
So in gewone taal in een of twee sinne antwoord asseblief die volgende vraag Chris en Hein:
Wat is die sel van God?

Dis die Heilige Gees binne ons. Ons word versel daarmee. Dis my antwoord.

Ons moet net mooi kyk in watter konteks sel en versel gebruik word, uit God se perspektief in Sy Woord.

En dan Chris, moet ons eers vasstel of die merk dieselfde betekenis as sel het, in definisie waarde. Miskien nie so eenvoudig soos om die merk met die sel te vergelyk nie.

510
02-20-2017, 10:22 PM
Dankie vir jou antwoord Hein. Ek wag nog vir Chris om my 'n regte antwoord te gee.
Ek dink jy is op die regte spoor, maar dink tog die seel moet tog iets wees wat sigbaar is. Nie noodwendig 'n bendetatoo nie, maar iets wat dit vir die vyand onomwonde duidelik gaan wys aan watter kant van die geveg jy staan. Wat dink jy van dit?

454
02-21-2017, 08:54 AM
510

Jy is reg, dit moet 'n sigbare teken wees. Hein is amper reg maar ons kan nie die Heilige Gees in iemand sien nie. Ons kan wel die werking of die vrugte van die Gees in iemand sien. God het die mens na Sy beeld geskape, Hy vul ons met Sy gees sodat ons kan heers namens Hom, in Sy koninkryk tot Sy eer.

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Gal 5:23 Teen sulke dinge is die wet nie.
Gal 5:24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
Gal 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Die seel of teken of merk van God is dus ons leefwyse. Dit wat in ons harte is, bedink ons ons in ons hoofde en doen ons met ons hande.

2Ti 2:19 Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie sel: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

Dieselfde geld vir die merk van die dier. Elkeen wat kies om die satan in sy hart toe te laat, bedink dit in sy hoof en dra die merk op sy hande wanneer hy satan se werk doen.

Net soos wat God se seel 'n geestelike merk is wat sigbaar manifesteer, net so is die dier se merk daar vir almal om te sien.
Nee ons gaan nie met brandysters, 666 gemerk word nie, ons gaan nie gedwing word om tatoos te kry nie, ons gaan ook nie 666 mikroskyfies kry nie. Dit is nie wat die merk van die dier is nie, dit is 'n sigbare manifestasie van die satan.

Is daar sulke tatoos, brandmerke, mikroskyfies? Ja daar is, dit is al wat satan kan doen, hy mislei en verlei om mense te laat glo dat die profesie wat reeds vervul is nog vervul moet word.
Die hartseer is dat baie van God se kinders nie besef dat hulle uit hul eie geloof leef nie. Wanneer hulle dus glo dat die merk van die dier hulle gaan teister sal dit vir hulle so wees. Jammer, onnodig en glad nie God se wil nie.

Chris

Hein
02-21-2017, 01:27 PM
Chris, dit klink mooi en goed wat jy skryf..., maar dink bietjie mooi of die merk van die dier, in DEFINISIE waarde gelyk gestel kan word aan God se seel op ons?
Die antwoord is eenvoudig NEE. Jy moet regtig gaan stilsit en dink daaroor. Ek probeer verduidelik!

Ek stem meestal met jou saam oor die sel van God en ek kan nie eintlik fout daarmee vind nie, want dis wat ek ook glo.

Maar ek stem ni saam met jou oor die merk van die dier nie.

Kyk bietjie na die merk, wat af geforseer word - “maak” ; “gegee”:
Rev 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en MAAK dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
Rev 13:16 En hy MAAK dat aan ALMAL, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n MERK op hulle regterhand EN op hulle voorhoofde GEGEE WORD;
Rev 13:17 sodat NIEMAND kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.


Chris ek verstaan nog steeds nie. Jy toon die groot verdrukking is reeds verby in 70AD. Dis jou nuutgevonde geloof, maar hier is my vrae, nog steeds onbeantwoord deur jou:
1. Was die meter “Nero” in 70AD die ‘n dier?
2. Het die dier “Nero” almal oor die wreld gedood wat hom nie aanbid het nie?
3. Moes almal regdeur die aarde hom as “Nero” aanbid, en het hy almal ‘n merk GEGEE?
4. Kon die res van die wreld, plus Israel glad nie koop of verkoop nie, en as jy se dit was so, hoe de hel het die mater dit reggekry? Het hy tegnologie gebruik? Rond gevlieg? Hoe?

Sien jy nie Chris.., dat jou redenasie of nuutgevonde geloof nt nie sin kan maak nie. Hoekom?

Die merk 666 is iets wat die dier AFDWING aan die hele aarde! God se sel is vrywillig, en nie afdwingbaar nie. Merk van dier is NIE GELYK aan God se seel nie, PUNT!

Het die mater “Nero” dit gedoen in 70 AD?
Rev 13:13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die o van die mense.
Rev 13:14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die o van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te s dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Nee Chris!!!


Kom ek wys jou wie het nie die merk ontvang in Openbaring nie:
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.


Rev 7:9 N hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n GROOT menigte wat niemand kon tel nie, uit ALLE nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;


Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my ges: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek s vir hom: My heer, u weet dit. En hy s vir my: Dit is hulle wat UIT die GROOT VERDRUKKING kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.


Chris, dis duidelik dat die merk van die dier 666 op mense AFGEDWING sal word, deur die dier. Die dier MAAK dat dit GEGEE word. Dis so eenvoudig om te verstaan Chris...

Dis nie vrywillige geloof nie.

454
02-21-2017, 03:20 PM
Hein

Ek kan rerig nie vir jou alles weer verduidelik nie, niemand lees in elk geval die lang plasings nie. Kyk asb die videos, die ou verduidelik baie beter as ek. As jy dan nog vrae het, soek ek vir jou die antwoorde.

Ek het gedink weer gedink oor my skrywe waar ek se ek dink ons het verskillende Vaders. Jy ken myne nie en ek ken joune nie. Ek dink nou dit is dieselfde Vader, ons dien net in verskillende koninkryke. Weet nog nie, maar ek soek.

Chris

greengroen
02-21-2017, 07:37 PM
As mens jou I'd boek oopmaak is daar n foto van jou voorkop met n strepies kode om n I'd boek te kry word afdrukke van jou regter hand geneem.
Wat kan mens sonder n I'd boek doen
Jy kan nie n bank rekening oopmaak nie dus nie koop of verkoop nie n I'd boek maak jou deel van n sisteem van geld daardie sisteem maak van jou n slaaf op n baie eenvoudige manier God het goud en silwer op die aarde geplaas as midel vir betaling in n transaksie die mense onder lyding van die satan het dit in papier geld verander sodat die waarde manipileerbaar is wat is die name volgens daar van jy word uit waarde bedrieg.
Wie is nie deel van die sistem nie.

454
02-21-2017, 09:56 PM
Greengroen

Stem 100% met jou saam. Ons moet net besef dat dit nie ń profesie in wording is nie.
Dit is misleiding van satan sodat die heiliges dit moet aanvaar as God se wil.

Chris

510
02-21-2017, 09:58 PM
Ek dink hierdie is 'n belangrike onderwerp, maar ek is onseker of almal al reg is hiervoor.

Chris
Ek weet nie van watse videos jy nou praat nie. S weer asseblief. Maar soos ek jou lees is die inligting wat jy daar kry moontlik ietwat verdraai en heelwat onbybels. Ek bedoel dit nie lelik nie. Dis hoekom ek vra oor die videos. Sodat ek kan gaan seker maak waar jy aan die interpretasies kom.

Ek stem nie met jou saam nie. Ek worstel wel deur jou en Hein se skrywes. Nie altyd nie. Maar in hierdie geval. Ek moet bieg dat ek soms nie kop of stert van julle redekawels uitmaak nie.

Ek dink dis laf om te stry of die merk van die dier en die seel van God dieselfde vlak van watookal is.
Wat saak maak is watter een kies jy?

Ek dink dat beide in elk geval onmiskenbaar is.

Ek dink nie julle is al gereed vir my antwoord hieroor nie, want julle stry nog so baie met mekaar dat julle amper horende doof vir nog 'n klip in die bos is. Dit is jammer.

Maar Chris, in alle liefde ges, ek sal moet kyk na die videos of wat dit is wat jou so deurmekaar het, want in my beskeie opinie sit jy die bus totaal mis itv jou interpretasie van Openbaring en soms ook jou ander idees. Die verdrukking kom nog. Niemand sal wonder of dit verby is of nie, jy sal dit weet. Wat kom na die verdrukking?

Moenie worrie nie almal, Openbaring is moeilik! Ons moet mekaar sagkens daardeur help. Mens mag dit egter nie bestudeer in 'n gees van hardkoppigheid nie.

Ek dink nie Hein of Chris se antwoord oor die sel van God of die merk van die dier is in die kol nie. Dit net terloops. Ek sal graag nog mense se idees hieroor wil hoor.

Dink mooi oor wat is 'n sel en hoeveel gewig dit dra. Dit is 'n simbool van 'n sterk en diep verbintenis. Die vrugte van die Gees en al die ander dinge is dit wat in ons "kontrak" met God staan. Maar wat is die sel van die kontrak? Dit moet tog iets wees wat heelwat gewig dra.

Lees eers rustig in die Bybel en oordink die saak kalm.

454
02-21-2017, 10:09 PM
510

Hier is al 6 dele se skakels.

Deel 1
https://www.youtube.com/watch?v=J5xDdkzlmWc&t=4s
Deel 2
https://www.youtube.com/watch?v=5dEAbYqoANk&t=1s
Deel 3
https://www.youtube.com/watch?v=jg0BK0mnWWY&t=2s
Deel 4
https://www.youtube.com/watch?v=nfEww-8xNtQ
Deel 5
https://www.youtube.com/watch?v=WnqeZyCRcTc
Deel 6
https://www.youtube.com/watch?v=slmOxYGHCFI&t=22s

Hierdie videos is verseker nie die begin en einde nie, net een van die hulpmiddels wat ek gebruik.

Soos jy se kyk dit sonder die gees van hardkoppigheid. Geniet.

Chris

Nov16
02-21-2017, 10:10 PM
Dit kan n redlike konflik veroorsaak oor wie en wat hier gaan geskryf word, ons moet eers meskien die defenisie van so n seel opstel, want daar is wel n stelling in openbaaring dat die inligting verseel sal bly tot die regte tyd...

510
02-21-2017, 10:20 PM
Jy is reg Nov16.
Maar as mens dink hoeveel belangstelling skielik die laaste paar jaar in Openbaring ontstaan het, laat dit mens wonder of die inligting nie tog nou ontsluit word nie.
Vroeer jare het die meeste kerke bloot ges dis 'n geslote boek en jy hoef nie veel daarvan te weet nie want jy gaan dit tog in elk geval nie verstaan nie. Dis mos makliker as om te erken jy weet nie.
Dis goed dat dit bestudeer word, maar dit moet reg gedoen word. Anders is dit bloot elke ou se eie opinie.
Maar ja, dit is hor graad!
(klink nou of ek dink ek weet baie - moenie mislei word nie!;))

Nov16
02-21-2017, 10:31 PM
Die woord s duidelik ons moet dit ondersoek.

Isaiah 8:16 ...'Bind up the testimony, seal the law among my disciples.'

So lyk dit vir my

Deuteronomy 6:1-8 ...'Now these are the commandments, the statutes, and the judgments, which the LORD your God commanded to teach you, that ye might do them in the land whither ye go to possess it: That thou mightest fear the LORD thy God, to keep all his statutes and his commandments, which I command thee, thou, and thy son, and thy son's son, all the days of thy life; and that thy days may be prolonged. Hear therefore, O Israel, and observe to do it; that it may be well with thee, and that ye may increase mightily, as the LORD God of thy fathers hath promised thee, in the land that floweth with milk and honey. Hear, O Israel: The LORD our God is one LORD: And thou shalt love the LORD thy God with all thine heart, and with all thy soul, and with all thy might. And these words, which I command thee this day, shall be in thine heart: And thou shalt teach them diligently unto thy children, and shalt talk of them when thou sittest in thine house, and when thou walkest by the way, and when thou liest down, and when thou risest up. And thou shalt bind them for a sign upon thine hand, and they shall be as frontlets between thine eyes.'

A sign and a seal are the same. Take a look at Romans 4:11 ...'And he received the sign of circumcision, a seal of the righteousness of the faith.'

He wanted them to think about His Law each day, so that they would not sin against Him ... Hebrews 10:16 ...'This is the covenant that I will make with them after those days, saith the Lord, I will put my laws into their hearts, and in their minds will I write them.' ... His Commandments would be IN our minds.

510
02-21-2017, 11:53 PM
Nov16 is op 'n warm spoor!!!

Ek het deel 1 van die links wat Chris geplaas het gekyk. Soos ek verstaan....

Deel 1:
Basies gegrond op die teorie dat Jesus in Mat 24:3 drie aparte vrae deur die dissipels gevra word.

Die spreker verklaar dat die deel in Mat 24 verwys na die gebeure tot en met 70nC en dat dit voortspruit uit Jesus se kritiek teen die fariseers in Mat 23.

Die klem is op Futurism vs Partial Preterist? Die siening dat eindtyd gebeure alles in die toekoms is vs dat dit gedeeltelik reeds gebeur het. Volgens my is dit natuurlik waar dat nie alles in die toekoms l nie, maar watter dele het reeds gebeur en watter dele kom nog, is waar die groot debat l.

Die belangrikste vers volgens my is Mat 24:15. Hierdie vers pas duidelik nie goed in die ou se teorie in nie. Dit word genoem maar nie voldoende verklaar nie. Die boek Danil is natuurlik die vlieg in die salf. Die spreker voel dat die gruwel van verwoesting wat in die heiligdom staan die Romeinse leer was. Ek dink wel 'n Romeinse komponent is van toepassing op die begrip, maar ek vermoed dat ek en die spreker dit ernstig verskillend interpreteer.

Dit is van hier af wat die koek begin dekking slaan. Volgens die spreker is die vervolging waarvan Jesus praat van toepassing op die Jode deur die Romeine in ‘n 4 maand periode rondom 70nC. Volgens die spreker is die groot verdrukking van Christene reeds verby.

Ek het nou die moeite gedoen om die eerste deel te kyk. Dit het my nie besonder lus gemaak vir die res nie, maar uit respek is ek bereid om nog ‘n deel te kyk. MAAR aangesien ek datagewys ‘n agtergeblewene is op die oomblik wil ek nou nie onnodige goed aflaai nie.

Chris, is daar ‘n deel waar die ou oor die boek Danil sy mening lug? Ek sal graag wil hoor wat maak hy van dit voor ek ander dele kyk.

454
02-22-2017, 06:04 AM
510

In gedeelte 3 word Danil breedvoerig bespreek.

Chris

greengroen
02-22-2017, 09:46 AM
In al hierdie verskillende reike staan iets vir my uit daar was n sisteem wat mense beheer het dat tenspyte dat n reik tot n val gekom het het dit wat die mense beheer het bly oorleef en weer sy opslae in die nuwe reik gevind het. Die seel moet iets wees wat nie korupteerbaar is nie.
Dit is n openbaring van n groot geheimenis en die wat die geheimenis ken sal weet sodat hulle nie misleI sal word nie

Hein
02-22-2017, 05:10 PM
Nov16 is op 'n warm spoor!!!

Ek het deel 1 van die links wat Chris geplaas het gekyk. Soos ek verstaan....

Deel 1:
Basies gegrond op die teorie dat Jesus in Mat 24:3 drie aparte vrae deur die dissipels gevra word.

Die spreker verklaar dat die deel in Mat 24 verwys na die gebeure tot en met 70nC en dat dit voortspruit uit Jesus se kritiek teen die fariseers in Mat 23.

Die klem is op Futurism vs Partial Preterist? Die siening dat eindtyd gebeure alles in die toekoms is vs dat dit gedeeltelik reeds gebeur het. Volgens my is dit natuurlik waar dat nie alles in die toekoms l nie, maar watter dele het reeds gebeur en watter dele kom nog, is waar die groot debat l.

Die belangrikste vers volgens my is Mat 24:15. Hierdie vers pas duidelik nie goed in die ou se teorie in nie. Dit word genoem maar nie voldoende verklaar nie. Die boek Danil is natuurlik die vlieg in die salf. Die spreker voel dat die gruwel van verwoesting wat in die heiligdom staan die Romeinse leer was. Ek dink wel 'n Romeinse komponent is van toepassing op die begrip, maar ek vermoed dat ek en die spreker dit ernstig verskillend interpreteer.

Dit is van hier af wat die koek begin dekking slaan. Volgens die spreker is die vervolging waarvan Jesus praat van toepassing op die Jode deur die Romeine in n 4 maand periode rondom 70nC. Volgens die spreker is die groot verdrukking van Christene reeds verby.

Ek het nou die moeite gedoen om die eerste deel te kyk. Dit het my nie besonder lus gemaak vir die res nie, maar uit respek is ek bereid om nog n deel te kyk. MAAR aangesien ek datagewys n agtergeblewene is op die oomblik wil ek nou nie onnodige goed aflaai nie.

Chris, is daar n deel waar die ou oor die boek Danil sy mening lug? Ek sal graag wil hoor wat maak hy van dit voor ek ander dele kyk.

Hierdie is soooo vr van die waarheid af. Volgens die mater op die video is die verdrukking reeds verby.

So die volgende het dus reeds plaasgevind:
7 seels is oopgemaak
7 Basuine is geblaas.
2 getuies was op aarde gewees.
Dier en valse profeet was daar en het almal op wereld verlei het en gedwing om merk te vat.
7 sakel van grimmigheid is ook uitgegooi op ongeredes.
Babilon is verwoes, groot hoer is geoordeel, satan is gebind vir 1000 jaar
En Christus het Armageddon oorlog gewen en alle konings verslaan.

Dis presies wat die mater kwytraak, hy meen die verdrukking is verby. Ek persoonlik glo dat hy nog nooit Openbaring deurgelees het nie of die gees van verdwling is na hom gestuur....
Hy pik erg verward rond...

454
02-22-2017, 07:45 PM
Hein
Kyk die videos voor jy besluit wat die man se. Jy praat regtig uit onkunde uit. Jy word mislei.
Chris

510
02-22-2017, 08:44 PM
Naand
Ek het nou die 1ste 15 minute van deel 3 gekyk.

Ek stem nie saam oor sy interpretasie van die voete van yster en klei nie. Ek weet ook dat Jesus se eerste koms nie die rots was waarvan die droom praat wat die voete van yster en klei vernietig nie.

Ek het nou opgehou kyk, want soos ek voorheen vermeld het is ek op 'n ernstige datadieet en die maand het nog te veel dae oor vir my data. My data en die water in die Kaap is albei ewe kritiek laag!

So ek gaan vir eers nie verder die goed kyk nie, want ek het nou vasgestel wat ek wou, naamlik dat ek en Chris drasties verskil oor hoe die Bybel verstaan word. Dit is nou 'n effense probleempie, want hoe gaan ons 'n sinvolle bespreking hou as ons so ernstig verskil? Ek sal dink.

Vraag vir Chris: het jy al die Walter Veith goed gekyk? Nie noodwendig die wat Andries genoem het nie. Enige iets van dit? Ek vind sy verduideliking oor Daniel meer sinvol. Doen my 'n guns en kyk dit bietjie. Sommer moet almal dit kyk. Het iemand 'n link wat hulle kan deel?

Hein
02-22-2017, 08:58 PM
Hein
Kyk die videos voor jy besluit wat die man se. Jy praat regtig uit onkunde uit. Jy word mislei.
Chris

Hallo Chris. Ek het van die goed gaan kyk, maar as ek heeltemal verskil kan ek nie verder kyk nie. Dit wat ek nie gekyk het nie, het uit jou en 472 se mond uitgekom, en ek kpn verder hoor watter nonsens kwytgeraak word.

Wat myself aanbetref, Ek het Nuwe Testament nou al 10 keer deurgelees en dit sluit Openbaring in, ook dus 10 keer.
Verder het ek Openbaring al weer 2 keer in detail goed opgesom, prentjies en tydskale en modelle gebou in detail, om dit te verstaan soos Heilige Gees my lei. Aan God die eer! Ek leer elke keer ietsie nuuts by, maar....
Ek weet wat ek weet, en dis direk teenoorgesteld met daai videos.... So nou wonder ek wie word mislei??

Nov16
02-22-2017, 09:38 PM
Die debat verloor bietjie sy lyn hier...

Die oorspronklike vraag of stellings is of was...."666 ,,,,,

Dit is juis waarvoor ek die draad begin het oor jezebel en haar koning agap as ek dit so onthou is dit die eienskappe wat ons na moet kyk dan sien jy die dier in n vroulike form sowel as manlik.

Die eienskappe waarsku ons oor alles asook die gevolge... En weer juis die draad wat begin is vir die wapentuig wat jy in geloof moet aantrek sodat jy jouself met genade wat die Vader ons gee jouself kan beskerm en verdedig.

Soos ek dit lees moet julle maar self navorsing oor gaan doen.

Hein en chris sal sekerlik probeer ...

Wat ons lees en verstaan van die nuwe hemel en aarde is dat omring salwees by die helige stad met baie ho muure en engele by die poorte...

So maw die mense kinders binne is veilig...
Hulle is verseel van buite...

So in die begin het God ook eden verseel by die poorte noord,oos,suid en wes...ook weer met engele..

Die seel wat hier van toepassing is beserm ons juis teen die aanslae van die duiwel net as jy in die weg handel en wandel van die Skepper...

Ons Skepper het sy reels verseel in ons verstand asook ons hart....dit is die uitwerking van die heilige gees...

Die Seun het vir ons die pad oop geveg met sy Dood...

So ons staan voor die nou pad asook die bre pad..." Take it or leave it"

Wandel saam met God..behou sy wette en jy dra die wapens wat aanjou gegee is...
Net dan alleen is jy verseel teen alle aanslagte watookal die satan probeer sal jy soos in david geen niks oorkom nie..

Het julle al in dieselfde konteks gedink aan job, hy was verseel...niks wn niemand kon by hom iets doen nie todat die storie by satan draai en hy probeer...job het alles verloor smart pyn verdriet maaar jy het gebly by sy God se weg en satan is weereens daar verslaan..

Nov16
02-22-2017, 10:03 PM
In John’s Gospel ch. 17, our Lord Jesus Christ, praying to His Father, repeats seven times the phrase, “those that you gave me” asking

Hy bid tot die Vader om die wat vir Hom gegee is te beskerm. Teen " die evel one" seker satan .

Hier is n lekker lees

Main characteristics of True Christians
Though it is true that God knows in an absolute way those who are His, He has given us the possibility, up to a certain measure, to “… discern between the righteous and the wicked, between one who serves God and one who does not serve Him.” (Mal.3:18). Let us see some of the main qualities of those who belong to Jesus Christ:
Those who believe in their heart that Jesus Christ was “born of the virgin Mary” and that “God has raised Christ from the dead”;
Those who confess that Christ has come in the flesh and that is the true God (1Jo.4:3);
Those who are born again (Joh.3:5) and bear fruits worthy of repentance (Mt.3: 8; Lu.3:8);
Those who love Him with all their heart, soul, strength and mind (Mark 12:37; Lu.10:27);
Those who seek first the kingdom of God and His righteousness (Mt.6:33);
Those who humble themselves, repent and confess their sin;
Those who, straightforwardly, ask for forgiveness and accept the punishment of their sin or the reaping of their sinful sowing or God’s chastisement (Lev.26: 41; Lu.23:41);
Those who abide in His word (Joh.8:31) and have the Word of God as their exclusive guide for speaking, teaching and conduct;
Those in whose heart God has put his laws in their spirit and has written them in their heart (Heb.8:10);
Those who have a forgiving spirit (Mt.6:12) and are faithful in what is least (Lu.16:10);
Those who know Christ’s voice, who are led by the Spirit of God (Rom.8:14), who take up their cross and follow Him (Joh.10:4) and have destroyed the bridges back to the world;
Those who have been born of God do not sin, for His seed remains in them and they cannot sin, because they have been born of God (1Jo.3:9);
Those who serve Him (Mal.3:18) and keep themselves so that the wicked one does not touch them (1Jo.5:18).
In other words, those who have accepted to become what the Lord wants them to become!
The good ground

As ons nou weer na die 10 geboi kyk sal ons die eonskappe raaksien dit alleen moet verseel wees anders gaan jy die merk van die dier kry...

En as jy nie wapen uitrusting dra nie gaan jy val..

Nov16
02-22-2017, 10:13 PM
Indien jy jou energie mors om die tekens en merk van die dier te volg gaan jy jou tyd vermors om die regte ding te doen en dit juis waar die nou pad begin, bid tot die Vader om jou te help. Om soos een van sy kinders in sy wyse wee te handel.

454
02-22-2017, 10:33 PM
510

Ja ek het van Walther se videos gekyk. Ek respekteer sy siening, maar verskil oor die wegraping. Sy verduideliking oor die Roomse kerk stem ek mee saam, behalwe dat dit nie die dier is nie , maar n namaaksel van die dier deur satan.

Chris

454
02-22-2017, 10:41 PM
510

Sou jy saamstem met Hein dat God ń fyn uitgewerkte plan het, waar Hy miljoene van Sy kinders aan die satan uitlewer om vir 7 jaar verdruk, vervolg en vernietig te word?
Is dit dieselfde God wat Sy lewe kom offer het sodat ons kan lewe?

Chris

454
02-23-2017, 05:39 AM
Nov16

Ek stem saam met jou. Ons mors baie tyd op n debat wat nie daar behoort te wees nie.

Dit is vir my baie eenvoudig. My Vader wil nie en sal nie die bose dade waarvan skrywers op die blad, Hom beskuldig doen nie. Dit is nie die Vader wat ek ken of wat die Bybel beskryf nie.

Dit noodsaak my om die fout by bestaande lering en opinies te soek. Die fout kan tog nie by God wees nie.

Chris

454
02-23-2017, 08:45 AM
Nee wat Chris gee maar net die antwoord as jy kan asb,soos wat daar gevra is.
As dit 'n debat uitlok hoef jy nie deel te neem nie,dis mos maklik.Eintlik is debat goed en reg as almal net eerlik hulle vrae stel en eerlike reguit kort antwoorde gee op vrae aan hulle gestel.

Chris1

Jammer ek het jou plasing gemis. Ek glo jy het my antwoord gesien. Ek gee rerig nie om vir debat nie, in teen deel. Ek is net bekommerd oor die absolute verskille tussen gelowiges en die feit dat ons mekaar verwerp eerder as om by die waarheid uit te kom. Tog kan en mag ons nie ophou probeer nie.

Ek sou graag jou opinie op my antwoord wil he.

'n Ander punt wat ek wil maak en graag terugvoer wil he is die volgende.

Mat 24:34 Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Baie goddelose mense reken hierdie is die grootste verleentheid vir christendom. As ons glo dat dit wat in Mat 24 vooraf staan 2000 jaar later nog nie gebeur het nie. Beteken dit Jesus se profesie het nie in daardie geslag plaasgevind nie. Die gevolg daarvan is dat mense wat die profesie nie verstaan nie tot die verkeerde gevolgtrekkings kom dat, Jesus nie 'n ware profeet is nie en dat die evangelie wat Hy verkondig het 'n leuen is. Ek wil nie eers verder op die gevolge van die verkeerde afleiding ingaan nie, dit walg my.

Die situasie is dat mense dit glo en Jesus verwerp as gevolg van dit. Mense soos Hein wil die betekenis van geslag probeer verander, dit help nie, daar is nerens anders in die Bybel waar dit so vertaal word nie. Dit word ook in hfst 26 en Mrk 9 herhaal.

Hoe verduidelik ons hierdie geslag en Jesus wat verklaar die koninkryk is naby aan heidene wat vra? Naby kan tog nie 20 eeue weg wees nie.

Hierdie man verduidelik ook beter as ek.

Chris


https://www.youtube.com/watch?v=TIDB0hKqTZk

Hein
02-23-2017, 01:34 PM
Chris

Jammer ek het jou plasing gemis. Ek glo jy het my antwoord gesien. Ek gee rerig nie om vir debat nie, in teen deel. Ek is net bekommerd oor die absolute verskille tussen gelowiges en die feit dat ons mekaar verwerp eerder as om by die waarheid uit te kom. Tog kan en mag ons nie ophou probeer nie.

Ek sou graag jou opinie op my antwoord wil he.

'n Ander punt wat ek wil maak en graag terugvoer wil he is die volgende.

Mat 24:34 Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Baie goddelose mense reken hierdie is die grootste verleentheid vir christendom. As ons glo dat dit wat in Mat 24 vooraf staan 2000 jaar later nog nie gebeur het nie. Beteken dit Jesus se profesie het nie in daardie geslag plaasgevind nie. Die gevolg daarvan is dat mense wat die profesie nie verstaan nie tot die verkeerde gevolgtrekkings kom dat, Jesus nie 'n ware profeet is nie en dat die evangelie wat Hy verkondig het 'n leuen is. Ek wil nie eers verder op die gevolge van die verkeerde afleiding ingaan nie, dit walg my.

Die situasie is dat mense dit glo en Jesus verwerp as gevolg van dit. Mense soos Hein wil die betekenis van geslag probeer verander, dit help nie, daar is nerens anders in die Bybel waar dit so vertaal word nie. Dit word ook in hfst 26 en Mrk 9 herhaal.

Hoe verduidelik ons hierdie geslag en Jesus wat verklaar die koninkryk is naby aan heidene wat vra? Naby kan tog nie 20 eeue weg wees nie.

Hierdie man verduidelik ook beter as ek.

Chris


https://www.youtube.com/watch?v=TIDB0hKqTZk

In plasing 56, in die "Ominous end times" draad, word hierdie teksvers van Matt 24 direk uit God se Woord verduiddlik, uit die oorspronklike Griekse vertaling. En dis logies vertaanbaar.... Nou wonder ek of jy dit gelees het of nie ..... En ek wonder hoekom jy dit nie WIL verstaan nie?

454
02-23-2017, 02:31 PM
Hein

Gaan jy nou na al die bewyse nog steeds vir ons probeer vertel dat God 'n massamoord op Sy kinders fyn uitgewerk het en gaan sorg dat dit gebeur?

Genade Hein, jy kan dit mos nie vir een oomblik rerig glo nie. Die kennis is tot jou beskikking, begin met die laaste video wat ek geplaas het, dit is nie so lank soos die ander nie.

Chris

Hein
02-23-2017, 06:07 PM
Hein

Gaan jy nou na al die bewyse nog steeds vir ons probeer vertel dat God 'n massamoord op Sy kinders fyn uitgewerk het en gaan sorg dat dit gebeur?

Genade Hein, jy kan dit mos nie vir een oomblik rerig glo nie. Die kennis is tot jou beskikking, begin met die laaste video wat ek geplaas het, dit is nie so lank soos die ander nie.

Chris

Chris, in plasing 33 en ook nou beskuldig jy my van goed wat jy uitgedink het, en beweer ek ges het, en maak jou eie afleidings, soos jy wil..
Al probeer ek ho, om mooi uiteen te sit en skrif aan te haal, hou jy aan glo aan jou nuutgevonde geloof, dat die groot verdrukking uitgebeeld in Openbaring reeds plaasgevind het 1947 jaar gelede on 70AD.
Dus mors ek my tyd met jou, dis al. So gaan groot en geniet jou soeke. Ek sluit af.

454
02-23-2017, 09:13 PM
Hein

Soms dink ek jy lees nie wat jy skryf nie, dan worrie ek oor wat in jou kop aangaan. Hier is 'n paar uitreksels uit jou skrywes. Ek lewer kommentaar in rooi.


So daar bly slegs n paar jaar oor, 7 jaar bly oor waarvan 3,5 jaar onder geweldige verdrukking soos nog NOOIT op die aarde was nie, sal wees. Hoekom? Want dis God se plan! Niks wat gebeur op aarde kan sonder God se toestemming plaasvind nie
Jy se mos hier God het die geweldige verdrukking beplan. Beplan jy vir jou kinders se toekoms sulke gruwels?

So elke ding wat satan wil uitvoer op aarde weet God vooruit. Dis nie n verrassing vir God nie. So ook is die gebeurtenisse in Openbaring ook nie n verrassing vir God nie. Nee, God het selfs in detail vir ons kom vertel wat moet EN SAL gebeur:
Hein God het die wat wou hoor in detail gewaarsku, die wat gehoor het was nie in Jerusalem met die verdrukking nie.

Jesus se kruisiging is ook deur God beplan en georkestreer. Dink jy dit was nie God se plan om Christus so te verbrysel nie. Dink jy God het nie geweet wat gaan gebeur nie Chris?
Nee Hein, God het homself aan Sy skepsels uitgelewer, hulle het gekies om Hom te verbrysel.

Kom ek lig jou in, alles wat opgeskryf is in Openbaring, is God se fyn uitgewerkte plan. Om te s dat dit nie God se plan is nie, is om te s dat God nie in beheer is nie. Elke liewe ding wat gebeur in Openbaring is God se plan met die aarde en die mense wat daar woon.
God is nie in beheer van die mens se wil nie Hein, dis ons keuses, ons kan nie God blameer vir ons foute deur te se dit is Sy wil of plan nie.

Die 7 seels en die 7 trompette, wat blaas, die 7 laaste plae kom nie van satan af nie Chris, dit kom van God af. Hy voer dit uit. Dis Sy fyn uitgewerkte plan, wat gaan gebeur in die laaste 7 jaar op aarde.
Rerig Hein, jy stuur pla oor jou kinders nadat jy hulle vergewe het?

Daar mag sekere kinders van God wees wat deur God beskerm gaan word, maar nie almal nie Chris. Almal gaan nie die verdrukking ontsnap nie.
Net sekeres Hein? Die wat nie verlei word nie, dit is ons keuse of ons luister of nie. God is regverdig die wat luister na Sy waarskuwings sal Hy beskerm

Miljoene mense moes onthoof word in daardie vervolging.
So as dit nog nie plaasgevind het nie, glo ek jy is op die verkeerde spoor. Dink so bietjie daaraan as
Miljoene,onthoof? Net in Hollywood nie in die Bybel nie.

Hein, jy is reg ek beskuldig jou, maar ek dink dit nie uit nie, ek lees wat jy skryf. Jy laster teen my Vader.

Chris

Nov16
02-24-2017, 07:21 PM
dankie chris

Quote Originally Posted by Nov16 View Post
Die een moet ons baie versigtig aanpak, daar is baie aanslae en die begrip moet sonder ywyvel oorgedra word.

N gebrek aan kennis maak van ons sondaars, en juis waar ons verloore raak, waar satans ons optel en nie maklik los nie, waarin ons twyvel daar moet die geloof en die Gees ons neem na n beter plek.

Hier volg die frugte van geloof in die Gees, n paar woorde en elkeen kan seker sy eie definiesie saamslaan wat pas.

Liefde

blydskap; bron van vreugde; geneugte; genoe; hom verheug; verbly; verheugenis; verheuging; vreugde

geduld; nalating; onthouding; verdraagsaamheid; versaking

vriendelikheid, begunstiging

geskiktheid; goedheid;

Akkuraat, presies, betroubaar

Satan weerhou ons van die vrugte watter teen stelling as ons kyk na die vrug wat eva gepla het in genesis, sy kon nie dit teenstaan nie sy moes dit net doen ag die belustige slang haar oortuig het.

So defenetief ontneem satans ons van die vrugte kyk weer wat verloor jy as jy nie in die geloof kan wandel nie.

Terwyl jy grooi in die geloof kry ons die by

gelatenheid; gelykmatigheid; gelykmoedigheid; sielsrus

Weereens verloor ons die gerief hier bo genoem as satan ons beetkry

http://biblehub.com/commentaries/galatians/5-22.htm


ek het daar die deel geneem uit die drrad van dit is net die begin

asons nou n merk of n seel wil soek meet dit aan die bogenoemde skrif