PDA

View Full Version : Concrete Canvas



Unregistered
08-11-2013, 10:31 AM
Nuwe idee raakgelees. Seker nie so nuut nie, want ek sien daar is klaar n maatskappy in SA wat dit doen.

Kyk eers die video

http://www.wimp.com/concretetents/

Hier is die UK website

http://www.concretecanvas.co.uk/Concrete_Canvas_Shelters.html

en hier is die SA firma

http://www.concretecanvas.co.za/

Mens kry nie n prys as jy nie kontak maak nie. Ek neem aan dit is vrek duur. Maar wat is die kanse dat mens self die materiaal kan vervaardig? Laat my dink aan n kompitisie wat Lukas weer kan uitskryf en die manne aan die gang kry om dit te prakseer? Dit kan regtig baie handig te pas kom as mens dit goedkoop kan maak.

Die groot ding gaan seker oor die gerief en spoed waarmee jy iets kan bou of n probleem vinnig die hoof te bied. Sekerlik nie so sterk soos die ware Jakob nie, maar die potensiaal is groot. Wat dink julle?

Tom

Unregistered
08-12-2013, 08:36 PM
Tom

Het jy dalk met die mense gepraat? Ek sal graag wil weet wat kos die goed,

Chris

Unregistered
08-12-2013, 10:58 PM
Nee Chris, ek het gehoop iemand hier sal.

Lukas
08-13-2013, 01:48 AM
Tom ek dink ek weet wie my sal kan help. Ek sal later deur die dag uitvind.