PDA

View Full Version : Waarskuwing van TB Joshua.



Unregistered
08-11-2013, 08:55 PM
Wat maak ons hiermee? Hy is swart, maar praat in die Naam van Jesus. Verwerp ons hom daaroor? Ek dink nie so nie. Hoe voel julle?

In the nation South Africa, the country South Africa, the nation of South Africa We should help them in prayer. Im seeing huge revolt. Huge one. Revolt. And it will be very serious. You pray for your nation, South Africa. Huge. Revolt. The youth will come out, and begin, there will be a huge protest here, shoot, some people are killed. Certain people some people are killed. Revolt. South Africa, he said, gesticulating wildly."

Ons verwag dit al lank. So iets kan winkels ens. laat leeg loop. Top daardie voorrade op. Kos, brandstof, water, gas, generator, batterye en maak die wapens en ammo skoon. Ons behoort net toeskouers te wees, maar wees gereed. En bid natuurlik vir Jesus se beskerming, vir almal in ons land. Moenie vrees nie, hou jou kannetjies vol.

http://www.citypress.co.za/politics/juj ... dy-revolt/

Unregistered
08-11-2013, 08:59 PM
Ek probeer maar alles wat ek ken om die skakel behoorlik te wys. Die forum plaas dit nie reg nie.


http://www.citypress.co.za/politics/jujus-prophet-predicts-bloody-revolt/

http://www.citypress.co.za/politics/jujus-prophet-predicts-bloody-revolt/

"http://www.citypress.co.za/politics/jujus-prophet-predicts-bloody-revolt/"

Hier sit ek spasies agter die / Copy alles en paste in address bar. Voor jy enter, delete die spasies.

http://www.citypress.co.za/ politics/ jujus-prophet-predicts-bloody-revolt/

Unregistered
08-11-2013, 09:05 PM
Die skakel in die code blok wys reg.

Daar is n video ook by die berig. Kyk dit gerus. Die trein ongeluk waarna hy in Spain verwys het gebeeur, so ook die vlieg ramp, as ek dit nie mis het nie. Dus, daardie dinge het reeds gebeur, nou nog net SA se 'revolt' wat uitstaande is.

heinie
08-11-2013, 09:48 PM
T.B. Joshua van Nigeri se bediening het ‘n duidelike okkultiese karakter. Die naam Jesus as sulks is 'n baie algemene noemnaam veral onder die Spanjaarde. Daar is dan ook 'n okkultiese Jesus demoon, wat mense mislei; veral Charismatiese kerke omdat baie van hulle nie die gees op die proef stel nie (1 Joh. 4:1-3).

Handelinge 16 gee 'n goeie voorbeeld, die waarsende gees. Die gees het in hierdie geval die waarheid gespreek maar dit is heel duidelik ons moet dit bestraf en ontbind in die naam van Jesus Christus. Die ander vraag is hoeveel keer was hy verkeerd? As hy werklik waar 'n profeet is beteken dit dat al sy voorspellings 100% waar moet word (Deut. 18:20).

Handelinge 16 : 16 - 18
16 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ’n slavin met ’n waarsende gees ons te, wat vir haar eienaars deur waarsery groot wins ingebring het.

17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en ges: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees ges: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

Unregistered
08-12-2013, 06:18 AM
heinie

Hoe stel ons die gees op die proef?

Unregistered
08-12-2013, 08:26 AM
Heinie

Ek het die draad begin. Ek dink jy het n punt beet. Jesus het ook vir Sy dissipels ges dat n huis nie onderling verdeel kan wees nie want dan sal dit ten gronde gaan en dat hulle die wat Sy Naam gebruik nie moet verhinder word nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons.

Jy noem egter n belangrikke toets en dit is die toets van die profeet vs waarser. Hoeveel van TB se voorspellings het nie waar geword nie? Kan iemand hier help, ek het nie die man gevolg nie. Ek sien ook die vlieg ongeluk in n land in Asia het nog nie gebeur nie. Maar dan moet ons ook oplet dat TB s hy gee die metode van hoe hierdie dinge verhoed kan word. Hy het onderneem om self n brief aan die ambasade van daardie land n brief te stuur en wat ons situasie betref, s hy ons moet daarteen bid. Dus gee hy nie te kenne dat dit SAL gebeur nie?

Ek wil ook noem, ek was gistraand in my slaap aangeval deur n boosheid, wat my van agteraf gegryp het en probeer rond skud het. Dit was egter blitsig verby.

Unregistered
08-12-2013, 09:22 AM
Dagse,

Ek ken TB nie persoonlik nie, maar het ook nog nie baie vekeerde goed gehoor nie, net God kan daar oordeel

Hoe toets jy die geeste?
1Cor 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus n vervloeking noem nie; en niemand kan s dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.


Mar 9:38 Toe antwoord Johannes Hom en s: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
Mar 9:39 Maar Jesus s: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;
Mar 9:40 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.

Groetnis, Hein

Unregistered
08-12-2013, 09:25 AM
Nigerie is 'n wonderlike paradoks. Moslems in die Noorde met Christenne in die Suide. Nigeriese Christenne is seker die mees Charismatiese Christenne in Afrika maar ook die skelmste. Dis asof die Nigeriese Christenne aan DID(dissociated identity disorder) lei. Twee persoonlikhede wat nie van mekaar weet nie.

Die gawes van die Gees wat Profesie en genesing insluit is volgens 1 Kor 12 bedoel vir die opbou van die gemeente(gelowiges). Dis min of meer waar ek die streep trek. Indien 'n profesie se funksie slegs is om later te kan se maar hy was reg met sy profesie/voorspelling is daar geen nut daarin vir die gemeente nie. Miskien een keer of wat sodat die profeet kredietwaardigheid kan kry daarna moet die gemeente daadwerklik voordeel daaruit trek.

Net omdat 'n Profeet ongewoon is en ongewoon optree of 'n ongewone herkoms het diskwalifiseer dit hulle nie om profete te wees nie. Vat Johannes die Doper. Hy het alleen in die bos gebly, diervelle gedra en van heuning en sprinkane geleef. Wat 'n Profeet?

'n Profeet is 100% van die tyd reg. Daar word verwys na verskillende gebeure wat TB Josua reg voorspel het, wat van die res? Is daar 'n res of was hy nog altyd reg? Indien hy nog altyd reg was wat is die nut vir die gemeente? Sommige Profete gebruik hulle gawe varal die een van genesing om geld te maak. Hy het 'n geskiedenis van revolusionere genesings.


Die profesie oor Suid Afrika kan 'n waarskuwing wees? Sommige profesiee kan nie verander word nie? Soos Openbaring se gebeure. God ken reeds die toekoms en weet hoe dinge gaan uitwerk, ons kan maar doen wat ons wil dit sal nie verander nie. Waar ons moet wees wat ons moet doen en hoe ons hart moet wees is dinge wat ons binne die raamwerk van die rigiede onveranderlike tipe profesiee moet weet.

Unregistered
08-12-2013, 10:30 AM
Hokaai stop die lorrie, hoekom sien net ek gevaarligte? Profisie is vir ons die Woord van God nie ander dinge van ANDER mense nie. TBJ bedryf n charismatiese kerk, net omdat Jesus se naam gebruik word, beteken dit nie dis die Gees van God wat praat nie! Jesus waarsku ons van die false profete wat in Sy naam sal kom en mense mislei. Hy moet gedurig iets voorspel wat nie in die Woord is nie en die onverstandiges gryp dit aan, ma hoe anders gaan hy geld maak en mense mislei? Staan vas

Unregistered
08-12-2013, 12:22 PM
Staanvas as daar n Like knoppie was om te druk sou ek dit dedruk het!

Unregistered
08-12-2013, 01:22 PM
In die Bybelse tyd het die wet van Moses reeds bestaan alles wat nodig is om te weet is in die wet van Moses vervat.Hoekom het God dan met Saul gepraat deur Samuel. Hoekom met Dawid deur Nathan. Omdat daar spesifieke inligting was wat net op hulle van toepassing was.Die gawe van profesie en amp van profeet is vandag meer lewendig as ooit aangesien die Heilige Gees reeds uitgestort is.

Die Bybel het alles gese, daar is niks meer om te se op n morele etiese en geloofs vlak nie. Op ander vlakke word ons daagliks deur die Heilige Gees gelei en somtyds gebruik die Gees n profeet.

heinie
08-12-2013, 08:57 PM
'n Boom word aan sy vrugte geken.

1) http://www.news24.com/SouthAfrica/Basson-is-happy-says-Joshua-20010424
"Wium Basson is happy where he is, he sends greetings to his loved ones and does not want them to mourn him, was the message conveyed to Basson's mother Cloete Geldenhuys in a telephone conversation with the prophet TB Joshua in Lagos on Monday."

2) http://www.news24.com/SouthAfrica/Blow-for-Ruben-Kruger-20001217
After he had said Kruger was healed of a malignant brain tumour, "Prophet" T B Joshua also gave him an oil to rub on the place where the tumour was. Kruger said he should undergo further examination in January, but he would still decide about it. "I will take the Lord's lead."

Kommentaar

1) In die eerste berig lyk dit of TB Joshua en Marietta Theunissen saam 'n program kan aanbied.
2) Ons weet dat Ruben Kruger nooit gesond geword het nie, die profeet sal altyd 'n rede gee hoekom dit nie gewerk het nie. Hy het nie reg geglo nie of getwyfel ens.

Kyk ook na http://www.deceptioninthechurch.com/tbjoshua-rebuke.html

Gevolgtrekking
2 Kor 11 : 13 - 14
13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in n engel van die lig.
15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

Unregistered
08-12-2013, 09:13 PM
Nr 11 as die HG uitgestort is hoekom is profete nodig, dink jy nie Jesus is ons Profeet nie?

heinie
08-12-2013, 09:58 PM
Hoe om die gees op die proef te stel
1 Joh 4 : 1-3
1 GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wreld uitgegaan.
2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wreld.

Watter geeste sal mens op die proef stel
Slegs die wat beweer dat hulle van God afkomstig is of hulle voordoen as die Heilige Gees.

Eie ondervinding
So drie jaar gelede was daar ‘n dame in my afdeling wat met okkulte ge-eksperimenteer het. Sy het gereeld haar lewenskaarte geskommel en by fortuinvertellers besoek afgel. Eendag kom sy by die werk aan met ‘n pendule (“Pendulium”). Sy vetel toe van die kollegas wat reeds in die kantoor was dat sy vrae kan stel aan die pendule en dat die pendule
dan “Ja” of “Nee” terug antwoord afhangende in watter rigtig dit swaai.

In hierdie geval het ek nie die gees op die proef te stel nie aangesien dit heel duidelik was.

Ek het Jesus Christus se bloed oor my gepleit vir beskerming en waarin ons gewas is. (Openb. 1:5)
Ek het my liggaam, siel en verstand aan die Wil van God gebind. (Matt 18:18)
Ek het gebid vir 'n laer van Engele om my om bose magte afteweer.
Ek trek die volle wapenrusting aan (Ef 6: 11 - 17)

Ek het toe hard op agter my lessenaar gefluister/prewel "Die demoon wat die pendule beweeg word in Jesus Christus se naam gebind en na Jesus Christus gestuur om met hom verder aftereken."

Die eindresultaat was dat die pendule net stil gestaan het en sy het toe uitgeroep het "Stupid thing, it always works I cannot understand why it is not working now"

Demone kan nie 'n wedergebore Christen se gedagtes lees nie maar hulle kan baie goed hoor dus prewel/fluister is goed genoeg.
Dit is ook nie deur jou eie krag wat jy hierdie dinge doen nie maar deur Jesus Christus se krag.
Vrees nie want dit is die teenoorgestelde van geloof.

Unregistered
08-13-2013, 07:09 AM
Dagse,

Ek ken TB nie persoonlik nie, maar het ook nog nie baie vekeerde goed gehoor nie, net God kan daar oordeel

Hoe toets jy die geeste?
1Cor 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus n vervloeking noem nie; en niemand kan s dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.


Mar 9:38 Toe antwoord Johannes Hom en s: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
Mar 9:39 Maar Jesus s: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;
Mar 9:40 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.

Groetnis, Hein

Kyk hierna en oordeel self wie is TB Joshua

http://www.youtube.com/watch?v=KDXmDF4k7nE

en

http://www.youtube.com/watch?v=8l9cXsmZB7Q

Jan

Unregistered
08-13-2013, 07:42 AM
Heinie, nou wat het gebeur met Jaco van der Westhuizen?

Unregistered
08-13-2013, 07:45 AM
Hein, lyk my dat TB Josua nie die toets gaan slaag nie. Hoe ook al dit is in God se hande? Die reg om te oordeel is Syne.

Nr13, Jesus is ons Redder nie ons Profeet nie. Die Moslems het 'n Profeet, Mohamed. Mohamed is nie 'n redder nie slegs 'n Profeet. Die Moslems erken Jesus ook as 'n Profeet net nie so groot een soos Mohamed nie.

Dit is wat die verskil is tussen ons en die Moslems. Ons het 'n redder, hulle god Allah is nie 'n redder nie, so ook nie hulle Profeet Mohamed nie.

Die vyfvoudige bediening(sommige glo meer?) kan ons nie onken nie. Een daarvan is die amp van Profeet. Of ons dit wil glo of nie dit staan net so in die Bybel geskryf, en dit na die uitstorting van die Gees en na Jesus se Hemelvaart.

Unregistered
08-13-2013, 07:45 AM
heinie. Ek wil graag weet:
Hoe toets mens die gees en nie die vlees nie? Kan ons die gees of Gees in 'n persoon toets deur wat ons in die media lees?

Unregistered
08-13-2013, 01:15 PM
Hein, lyk my dat TB Josua nie die toets gaan slaag nie. Hoe ook al dit is in God se hande? Die reg om te oordeel is Syne.

Nr13, Jesus is ons Redder nie ons Profeet nie. Die Moslems het 'n Profeet, Mohamed. Mohamed is nie 'n redder nie slegs 'n Profeet. Die Moslems erken Jesus ook as 'n Profeet net nie so groot een soos Mohamed nie.

Dit is wat die verskil is tussen ons en die Moslems. Ons het 'n redder, hulle god Allah is nie 'n redder nie, so ook nie hulle Profeet Mohamed nie.

Die vyfvoudige bediening(sommige glo meer?) kan ons nie onken nie. Een daarvan is die amp van Profeet. Of ons dit wil glo of nie dit staan net so in die Bybel geskryf, en dit na die uitstorting van die Gees en na Jesus se Hemelvaart.
Jesus is ook n Profeet ander andere het en praat God nie deur Hom nie? Nr13

heinie
08-13-2013, 08:26 PM
#18 Hoe toets mens die gees en nie die vlees nie?
Jy gaan bietjie meer spesifiek moet wees, dalk 'n voorbeeld, aangesien ek nie doodseker is of ek jou reg verstaan nie.
Die gees werk gewoonlik deur die persoon se vlees.

Jy kan niemand dwing om hulle te bekeer nie, maar wat jy wel moet doen is om die gees te bind sodat die persoon kan hoor en self kan besluit of hy/sy Jesus Christus wil aanvaar of nie. (Die persoon kan baie slegter daaraan toe wees indien hy nie tot bekering kom nie.)

Matt 12 : 43-45
43 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
44 Dan s hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.
45 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. S sal dit ook wees met hierdie bose geslag.

II Kor. 10:3 - 6
3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Indien wel

Markus 5: 6-10
6 En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer
7 en skreeu met ’n groot stem en s: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie.
8 Want Hy het vir hom ges: Onreine gees, gaan uit die man uit!
9 En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en s: Legio is my naam, want ons is baie.
10 Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie.

#18 Kan ons die gees of Gees in 'n persoon toets deur wat ons in die media lees?
Dit gaan seker in 'n groot mate afhang wie die persoon is, en hoeveel media dekking hy of sy kry. Elke boom dra vrugte, kom ons neem byvoorbeeld Marietta Theunissen. Ek ken haar nie persoonlik nie maar weens die media twyfel ek nie waarmee sy besig is nie.

heinie
08-13-2013, 09:25 PM
#16 Heinie, nou wat het gebeur met Jaco van der Westhuizen?

Farao se towenaars was instaat om die wondertekens met hulle towerkunste te "na-aap".
Hoekom sal daar nie "valse" genesings kan plaas vind deur wit magie nie?
Hoeveel keer word ons nie in die Bybel vermaan om op ons hoede te wees dat niemand ons mislei nie?

Exodus 7:11
Daarop laat Farao k die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:

Matt 24 : 4,5,11,24
4 En Jesus antwoord en s vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
5 Want baie sal onder my Naam kom en s: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei
24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

Unregistered
08-14-2013, 07:27 PM
Heinie, die toets is of die man Jesus Christus bely, hy doen dit. Ek verstaan nie hoekom jy se hy is vals nie?

Unregistered
08-14-2013, 07:44 PM
Heinie, die toets is of die man Jesus Christus bely, hy doen dit. Ek verstaan nie hoekom jy se hy is vals nie?

Is jy seker dis die enigste toets, want daar staan tog dat baie valses in Sy naam mense sal mislei. Was TBJ nie n toordokter van te vore nie?

heinie
08-14-2013, 09:47 PM
Ek bly by my standpunt dat TB Joshua demoniese magte gebruik
Kyk na die volgende "vertoning" op youtube http://www.youtube.com/watch?v=qtOdsr_u-iE


Nrens noem hy Jesus Christus nie
Hy skud sy arms en die persoon volg hom na in 'n nabootsing.
Dan vra hy die persoon of hy met hom wil veg en stamp hom met sy skouer.
Dan skiet hy hom om met 'n krag wat uit sy hande kom.
Dan kry hy die persoon se klein seuntjie om kamstig die Satan uit te dryf.
Dit wil vir my voorkom of die persoon in 'n sekere staat van hipnose verkeer.


Daar is vir ons riglyne in die Bybel gestel en hierdie voldoen nie aan die Bybelse standarde nie.

#22 Bely die "Jehovah se Getuies" Jesus Christus? En hoe bely hulle Hom? (Lukas s maar as ek hierdie te ver neem)

Unregistered
08-15-2013, 01:20 AM
Sover ek weet/verstaan is TB erg doenig met water geeste???

Unregistered
08-15-2013, 07:16 AM
Heinie
Jy veroodeel op grond van een video in die media(die bose magte se wapen) 'n man wat sy lewe wy om ander te dien deur Jesus Christus. Doen jouself 'n guns en praat met een van die honderde wat al self daar was.

Unregistered
08-15-2013, 07:30 AM
Daar is vandag nog kerke wat nie swartmense wil toelaat nie. Is dit verkeerd? Ek glo so, maar netso het daardie kerkgangers 'n reg om te glo wat hulle wil. Daar sal jare geargumenteer word want elkeen glo hy is reg. Daar sit kinders van God in sulke kerke, dieselfde met kerke wat swartmense toelaat.

Met TB is dit net dieselfde. Hy is ook nie perfek nie en hy glo die Bybel uit sy verwysings raamwerk. Mense soos Heinie glo hy is 'n duiwel met wit magie, ander wat 'n nuwe lewe ontvang het glo hy is 'n profeet wat kragtig deur God gebruik word.

Die engelse het 'n goeie spreekwoord. "If you don't know it, DON'T knock it."

heinie
08-15-2013, 07:49 AM
#26 Emmanuel TV is die TV-stasie van die "The Synagogue, Church of All Nations" (SCOAN) waarvan TB Joshua die stigter is.
Hy laat self al sy beeldmateriaal opneem sodat dit uitgesaai kan word.

Ek stem dat sy media die bose magte se wapen is.

heinie
08-15-2013, 08:14 AM
#27 Moenie die onderwerp in 'n ras gedrewe rigting stuur nie, ons is besig om geeste te onderskei.
Ek mag dalk jou skrywe verkeerd vertolk het. Ek wil nie van die onderwerp afdaal nie.

Kom ons neem Marietta Theunissen, strook haar gawes met die Bybel?

Efs. 5 : 7 - 13
7 Wees dan nie hulle deelgenote nie.
8 Want vroer was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.
9 Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
10 En beproef wat die Here welbehaaglik is;
11 en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.
12 Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.
13 Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.

2 Petrus 2: 1 - 4, gaan lees maar die hele hoofstuk.
1 MAAR daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verlon en ’n vinnige verderf oor hulleself bring;
2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
4 Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;

Unregistered
08-15-2013, 12:12 PM
Heinie,

Ek wil regtig ook nie oordeel nie, God se ons mag nie.
As jy NIE daar was om dit self te sien nie, hoekom oordeel? Dis nie ons plek nie, maar slegs Jesus s'n. TB Joshua moet voor Jesus se troon verskyn, so elkeen van ons.

Dis baie toevallig dat ek vandag met 'n blanke karwag, hier in PTA gepraat het, wat alles(besighede ook) verloor het in sy lewe.
Nou met hom gepraat oor TB Joshua.
Hy se toevallig was hy en nog 300 evangeliste en predikante na TB Joshua se dienste toe, om te sien of dit wat hy doen verkeerd is, en hy was ook SELF baie skepties gewees.
Hy het ook self vir Ruben Kruger, wat nie gesond geraak het nie, opgevat soontoe.
Hul kon niks vekeerd kry met TB nie.

Hy vertel ook dat die kerk gronde in kampe opverdeel is.
Een kamp was glo vol van hekse. Hy bind die hekse in die gees, dat hul nie in die vlees kan loop nie, en dan werk hy afsonderlik met elkeen, totdat hul vrykom van heksery.
Jesus het mos gese dat 'n koninkryk nie teenoor homself verdeeld kan wees en nog staande kan bly nie...

Verder as dit het hy ander goeie goed ook vertel, maar sy slotsom was dat TB nie boos is nie.

Dus hoor mens partykeer goeie dinge en dan hoor mens slegte dinge, maar die vraag is eintlik: as ons nie regtig daar was nie en met eie oge gesien het nie, moet ons regtig oordeel?

Ek as Hein, wil nie oordeel of meet nie.

Groetnis, Hein

heinie
08-15-2013, 01:01 PM
Hein, wat is die verskil tussen veroordeel en beoordeel beide deel die stam oordeel?
Hoe stel mens dan iets op die proef?

Lukas 12 : 55 - 57
55 En wanneer julle die suidewind sien waai, s julle: Dit sal gloeiend warm wees! en dit gebeur.
56 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?
57 En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?

I KORINTHIRS 2:15
Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

Unregistered
08-15-2013, 02:18 PM
Heinie, voor jy nie die man ken nie is jy nie bevoeg om te beoordeel of te veroordeel nie.

Unregistered
08-15-2013, 02:41 PM
Ek se jou weer, gaan kyk self of praat met iemand wat daar was. Moenie oor die man vir jou volksvreemd optree hom veroordeel nie.

heinie
08-15-2013, 03:04 PM
#32 Ek kry jou kinders bitter jammer indien hulle ooit 'n persoon soos Gert van Rooyen ontmoet en hom eers baie goed moet leer ken voordat hulle instaat sal wees om te besluit dat hierdie nie net 'n baie vriendelike oom is nie.

Ek sluit nou hier af, ek gaan nie verder in sirkels beweeg nie.

Unregistered
08-15-2013, 10:25 PM
Ek sien nie hoekom mense ander mense moet aanhang nie, terwyl Jesus vir ons daar is nie. Ons geloof moet tog in Jesus gestel word en nie in ander mense nie, ons geloof dra krag in Jesus alleen. Ons weg na die Vader is nie deur Siener of TBJ nie ons moet n ontmoeting met Jesus he. Hoekom hang mense dan so vinnig hierdie pastore, dominees, sieners/profete aan in vandag se tyd, het dit iets te doen met dwaling en dwaal leraars, waarvan ons gewaarsku word in die laaste tyd. Ek dink stellig so want dit staan daar. Daar staan ook dat God deur Sy Seun met ons sal praat in die laaste tyd. Niemand kan bokant Jesus gestel word of beter as Hy wees nie. Staan vas

Unregistered
08-15-2013, 11:01 PM
Ek moet tog die die ene deel. Ek gaan eendag saam met my broer na n kerk toe wat hy en vriende nuut gevind het. Nog voor ek die kerk instap was ek klaar afgesit. Reg in die voorportaal voor jy ingaan is daar n toonbank waar hulle water verkoop en boeke, dvd's ens voor jy ingaan. Dit het my onmiddelik laat dink aan Jesus wat die mense verjaag het oor hulle besigheid bedryf by die tempel. Tydens die diens was daar ook net oor seen en rykdom gepraat en hoe dat jy vergoed sal word vir dit wat jy gee, nes ek gedink het die mandjie vir offers is verby het hulle hom nog twee keer om gestuur. Daar was ook mense hande opgele en omgestamp en in tale gepraat. Met alles dit wat gebeur en tromme wat slaan pastore wat skree en orkes wat in agtergrond hard musiek maak, was dit vir my bietjie ghaos. Dit het vir my meer na n opsweep gevoel, en ek was ongemaklik. God is vir my vrede en liefde en besit alles, waarom dan die bohaai. My broer is later toe ook nie meer daar betrokke nie. Die feit bly staan daar is die wat wolwe in skaapklere is God se ons moet bid dat ons nie mislei word nie, doen dit en God sal jou wys, miskien kan jy dan n verskil maak. Staan vas

Unregistered
08-16-2013, 07:52 AM
'n Direkte opdrag van God aan Sy dissipels

Mat 10:7 En gaan preek en s: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Mat 10:8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Is mense wat die dinge nie doen nie ongehoorsame dissipels of is hulle glad nie dissipels nie.

Ek sou eerder se die wat dit nie doen nie is die vals profete.

Unregistered
08-16-2013, 08:21 AM
Die profeet is darem n hele paar jaar gelede ontmasker en eintlik is ek verbaas om te hoor daar is steeds mense wat glo in die man. Hy het van die sieklike Suid-Afrikaners in baie slegte uitmergelende toestande in sy land laat wag vir ure en ure. Min van hul leef vandag nog, so ja, baie geld is gemors om swaar te gaan kry in die hoop dat n valse profeet jou kan help. Wanneer mens na TBJ se "vertonings" kyk en jy kyk na die suiwer manier waarop Angus Buchan mense bereik is daar darem baie groot verskille en kan mens Joshua se valsheid op n myl sien.

Unregistered
08-16-2013, 08:48 AM
Kan ons asb aan beweeg na 'n ander onderwerp?

Unregistered
08-16-2013, 12:14 PM
Kan ons asb aan beweeg na 'n ander onderwerp?
Ja Maklik, moenie die draad lees nie dan het jy mos aanbeweeg. Of nog beter maak n nuwe draad met n nuwe onderwerp oop!

Unregistered
08-16-2013, 01:19 PM
#38, dit is die Huisgenoot se weergawe.

Unregistered
08-17-2013, 08:50 AM
Ek kan nie help om die jaloesie en nydigheid tussen christene waar te neem nie. Vir meer as 10 jaar probeer die man al om sy Godgegewe gawes aan mense te gee. Net omdat hy dit anders doen as wat ons gewoontes en tradisies ons geleer het word hy 'n duiwel gemaak. Net soos enige-een van ons is hy nie perfek nie tog sien ek meer van God se gawes by hom as in al die tradisionele kerke wat ons nasietjie so aanhang. Dan wonder ons hoekom sukkel ons.....?

heinie
08-17-2013, 09:15 AM
Ek weet ek het ges ek is klaar....

Hoekom word vrae wat reeds gestel is nie geantwoord nie? Hoekom sukkel ons met die vrae?

1) Strook Marietta Theunissen se gawes met die Bybel?
2) Bely die "Jehovah se Getuies" Jesus Christus? En hoe bely hulle Hom?

Nuwe vrae
3) Is die "Jehovah se Getuies" se Bybel dieselfde Bybel as die standaard 1933 vertaling van die Bybel.
4) strook Edgar Cayce se gawes? Kyk hier indien u nie weet wie Edgar Cayce is nie : http://en.wikipedia.org/wiki/Edgar_Cayce

Antwoord die vrae asseblief in volgorde van 1) tot 4)

Unregistered
08-17-2013, 09:26 AM
Dit is snaaks dat die wat kritiek lewer wel n bietjie huiswerk gaan doen het om te sien of die boom die vrug dra, as om alles vir soetkoek op te eet. Ons moenie mekaar aanval nie, maar die onderwerp. Die ou het negatiewe dinge uitgespreek oor ons land en ek dink hy is ook besig met n bietjie kondisionering. Heiden politiekuste vind ook hulle weg na hom. Daar is kerke wat die Waarheid preek en aanhang en dan is daar charismatiese en sekte kerke. Om van een na ander te gaan tot waar jy by een kom, waar jy vind God word opreg gedien is mos nie mee fout nie. Om iets anders aan te hang as wat in die Woord staan is wel, maw die wat gereeld iets wil byvoeg. Mag Jesus alleen n lamp vir ons voete wees. Vrede.

Unregistered
08-17-2013, 09:37 AM
Die feit dat Malema onlangs by die "profeet" was is waarskynlik die rede vir TB Josua se voorspelling van 'n jeug opstand. Dit gee sommer 'n idee van Malema se planne. Nie rocket science nie. Die kennis behoort die onderwerp in die bed te sit.

Meeste van ons verwerp nie die idee van profete in ons tyd nie, dis slegs TB Josua wat onder verdenking is.

Kan ons aanbeweeg.

'n Wiskunde onderwyser het eendag vir een van sy studente gese hy redeneer soos 'n passer,"al om sy eie gat"!

Unregistered
08-17-2013, 11:52 AM
Het die skrifgeleerdes en fariseers nie ook vir Jesus en Sy dissipels vervolg van die more tot die aand nie? Hoekom sal dit dan nou anders wees vir TB Joshua wat deur die skrifgeleerde mede christene verpes word? Die wat nie die gawes het nie is jaloers en gaan uit hul pad om die opregtes verdag te maak.

Unregistered
08-17-2013, 12:04 PM
#45, miskien het jy bietjie later op die draad afgekom. Die draad is begin toe Malema vertrek het na TB, op 11 Aug 2013 en dit in die media vekondig is. TB se voorspelling was toe reeds 2 weke oud. Die voorspelling is 28 Julie 2013 gemaak. TB het dus nie, soos jy beweer, die voorspelling gemaak op grond van wat hy by Malema gehoor het tydens Malema se besoek nie. Moontlik het Malema hom voor die tyd ingelig, aangesien die afspraak vooruit gemaak moes gewees het, sover ek weet besluit jy nie sommer net vandag jy gaan TB more besoek nie. Die vraag is dus:

1.Het TB die voorspelling gemaak agv inligting bekom van Malema tydens maak van die afspraak?

of

2. Het Malema besluit om TB te besoek agv die voorspelling?

Die tweede moontlikheid klink meer aanvaarbaar.


http://www.citypress.co.za/politics/jujus-prophet-predicts-bloody-revolt/

http://www.youtube.com/watch?v=sUXZpC95VpQ

Nogal interessant dat City Press die eerste skakel, (die een wat ek gedink het nie werk nie, maar wel het soos ek agterna gesien het), verander het na n ander berig? Die tweede skakel, wat ek hierbo in code gee, wys nog na die oorspronklike artikel.

Dus, die voorspelling is more drie weke oud. Nog nie een van die drie voorspellings wat gemaak is het in vervulling gegaan nie, sover ek weet.

Onrus in Nigerie
Asia vliegramp
Revolusie deur jeug in SA

Die video se opskrif:
"Published on Jul 28, 2013

Sunday Live Service prophecy concerning a plane that will crash short after takeoff in an Asian country with 200 people aboard, due to failure to properly maintain the plane. Also, Nigerian unrest, and a revolt in South Africa as a response to violence. Sunday Live Service, 28 July, 2013."

Unregistered
08-17-2013, 12:29 PM
Onrus in Nigerie wat BBC nuus haal gedrende die week. Hierdie het gister gebeur.

http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-23736053


http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-23736053

Nigeria unrest: 'Boko Haram' in deadly attack on Damboa

Ook interessant, is dat daar die is wat beweer Malema se besoek aan TB was n front vir sy besoek aan 'Boko Haram'. Ek betwyfel dit egter sterk, aangesien Boko Haram nie eers met ander Moslems meng nie, wat nog van met Malema. Maar dit is seker nie onmoontlik nie.

heinie
08-17-2013, 01:37 PM
II TIMTHES 3:16
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

II TIMTHES 4:2
verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerl, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

Antwoord my vrae deur dit op die proef te stel soos wat die Bybel vereis.
Dit lyk of jy "op die proef stel" en "oordeel" gelykstel aanmekaar. "Op die proef stel" beteken "toets.

Unregistered
08-17-2013, 02:54 PM
II TIMTHES 3:16

Dit lyk of jy "op die proef stel" en "oordeel" gelykstel aanmekaar. "Op die proef stel" beteken "toets.

heinie, met wie praat jy? Rig maar die vraag deur die nommer van die pos aan te haal.

Ek is #47/#48 (ook beginner van die draad) en hou net die verloop dop. Ek oordeel nie, miskien toets ek wel. Selfs al gebeur van die elemente, is dit nog steeds nie vir my die toets suksesvol afl nie. Daar is goed soos 'self vervullende' profesi, soos ons NVDLM sien, (ons weet Siener het dit nie voorspel nie) dit beteken net dat die persoon n weldeurdagte opsomming en voorspelling daarvan gemaak het. Kom dit in vervulling, is dit self vervullend.

Unregistered
08-17-2013, 07:31 PM
heinie ons weet nie eers van praat jy nie ou.

Unregistered
08-17-2013, 07:36 PM
Ek kom ook laat by die gesprek aan maar wil tog noem dat ten spyte van baie slegte publisiteit en negatiewiteit rondom TB Joshua se bediening daar nog steed heeltyd positiewe getuienisse oor bevryding en genesing deur Jesus se naam kom. Hy bely God drie-enig in die openbaar en gee die eer aan Jesus.

Gideon
08-17-2013, 08:53 PM
Wat maak dit saak of TB 'n profeet is, al dan nie. Die toekoms is immers in God se hand wat sal wandel na Sy beter wete?

Unregistered
08-17-2013, 09:22 PM
Bietjie op YouTube rond gekrap en kom toe op die video van Prof. W Veith af waar hy praat van TB Joshua.

http://www.youtube.com/watch?v=tnLY1_dqMpw

Ook die gekry, dit is net audio en verduidelik waarom TB verban is in Cameroon.

http://www.youtube.com/watch?v=xvQPjVePQdg

heinie
08-17-2013, 11:12 PM
Antwoord #49 was bedoel vir #46, jammer ek het dit gemis in my vorige skrywe.


heinie ons weet nie eers van praat jy nie ou.
Ek neem aan van moet van wie wees, en nie waarvan?

Ek gee solank antwoorde vir vraag 1 tot 3.

1) Strook Marietta Theunissen se gawes met die Bybel?
Nee, die Bybel is heel duidelik ons mag nie met afgestorwe mense praat nie

2) Bely die "Jehovah se Getuies" Jesus Christus? En hoe bely hulle Hom?
Ja, as mens en profeet maar nie as God nie, hulle glo ook nie in die drie-eenheid nie. Gaan lees maar self op hulle eie web blad hieronder die misleiding is haarfyn.
http://www.jw.org/en/publications/books/bible-teach/who-is-jesus-christ
12 Is the firstborn Son equal to God, as some believe? That is not what the Bible teaches.


Ek sien nou eers hulle het 'n Afrikaanse taal keuse wat die hele web werf se taal verander.
http://www.jw.org/af/publikasies/boeke/bible-teach/wie-is-jesus-christus/
[B]12 Is die eersgebore Seun gelyk aan God, soos party glo? Dit is nie wat die Bybel leer nie.

http://www.jw.org/af/bybelleringe/vrae/is-jesus-die-almagtige/

[Eindig byvoeging]

3) Is die "Jehovah se Getuies" se Bybel dieselfde Bybel as die standaard 1933 vertaling van die Bybel.
Nee dit is nie dieselfde Bybel nie, maar hulle eie weergawe.


[Begin byvoeging]
Matteus 28 : 9 ,19

9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens te en s: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.

19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

-----------------
Jehovah se Getuies se Bybel
http://www.jw.org/af/publikasies/bybel/matteus/28
9 En kyk! Jesus het hulle ontmoet en ges: “Goeiedag!” Hulle het nader gegaan en hom aan sy voete gegryp en aan hom hulde bewys.

19Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en van die Seun en van die heilige gees

[Eindig byvoeging]

Unregistered
08-18-2013, 03:53 PM
Heinie. Ek dink ek mis iets. Wat het die Jehova getuies nou met TB se profesie te doen?

SvdW

heinie
08-18-2013, 05:05 PM
SvdW, die Jehova se getuies het niks met TB Joshua se profesie iets te doen nie maar dit bewys wel:

1) Op die oog af lyk dit of hulle die Vader, Seun en Heilige Gees erken, maar hoe of wat erken hulle.
2) Dieper ondersoek wys dat hulle sleg Jesus as mens en profeet erken maar nie as God nie.
3) Hulle erken ook 'n "heilige gees" wat ook nie deel van die drie-eenheid vorm nie.
4) Hulle sal uit hulle eie Bybel dit bewys; en s die Bybel s so.
5) As hulle na Jesus in die derde persoon verwys skryf hulle "hom" in kleinletters om die mens gedeelte toe te dig, so ek neem aan dat as hulle "heilige gees" in kleinletters skryf, hulle ook ander eienskappe toedig.

Dit bewys hoe haarfyn die misleiding kan wees.

--------

Hier is 'n voorbeeld van 'n "profesie", strook dit met die Bybel?
http://www.wits.ac.za/placesofinterest/lifesciencesmuseum/izangoma/indigenous%20healing/2882/the_healers.html

A story that exemplifies this is that of a diviner/healer called Leti who has often received premonitory dreams, examples being; the death of her employer s husband and a car accident at her shop. I can testify to the latter example, where on behalf of Leti I requested from the Johannesburg traffic department for the instalment of a barrier outside her shop. For 2 weeks prior to the accident, Leti was seemingly nervous about the heavy traffic outside her corner shop. One week after the erection of the barrier a car ploughed through the front of her shop. Fortunately no one was hurt. After the accident, she explained to me of three dreams she had involving a car accident at her shop in the previous weeks, which prompted her to get the barrier installed. It appears that Leti receives premonitory type dreams that can warn or signal her of foreboding forthcoming events. They do not seem to be coincidences for as she said "these type of dreams and incidents have happened before and when I dream these things, they happen."

248
Damages of car accident at Leti s shop in Johannesburg. Photographer: JF Sobiecki

Unregistered
08-18-2013, 08:07 PM
Jammer, jy het my verloor. Ek verstaan nie hoe jy nou met ander voorbeelde probeer bewys TB Joshua is fake nie?

SvdW

Unregistered
08-19-2013, 02:16 PM
Hou op skop teen die prikels.

Unregistered
08-19-2013, 09:04 PM
Ek stem. Gooi die juk van tradisie en godsdiens af. Jesus het ons verlos daarvan.

heinie
08-19-2013, 10:10 PM
Verskoon maar die engels, ek het nie nou tyd om alles te vertaal nie.

While the orthodox Christian church finds a need to accommodate traditional belief,modern Africans have formed their own breakaway sects commonly termed Zionists. These sects combine indigenous religion with the Christian message. The number of followers is testimony to the success of such syncretism. Zionists have identified the ancestral-spirits with the Holy Spirit and angels (uMoya and ingolosi), "The Angel not only brings a message from the ancestral-spirit; the Angel is the spirit, the ancestral-spirit." The diviner’s role has been usurped by the Zionist prophet and the pattern of being called, seeing visions and giving cures accords with tradition, but is reinterpreted in Christian idiom.

The traditional faith healer’s training is somewhat similar. Instead of using herbs and roots they use holy water (isiwasho) to which at times aspirins or Epsom salts have been added. This is water in which the faith healer places his/her hands and blesses it.

TB Joshua verkoop sy eie "isiwasho" http://pmnewsnigeria.com/2013/05/20/how-4-died-in-stampede-for-tb-joshuas-anointing-water/

252

Lyk of ZimEye nie doekies omdraai nie, http://www.zimeye.org/?p=87593
Julius Malema Consults Prophet TB Joshua for Magic Charms, Praises Mugabe’s Re-Election

Umthandazi (s) / Abathandazi (pl)
One born with psychic abilities. This includes being able to see, hear and speak to the spiritual world. May have a strong gift of prophecy and uses prayers and candles as well as isiwasho for their healing practice. Generally do not use imithi for their healing.

------

#60 Ek weet nie of ek jou reg verstaan nie? Bedoel jy die "Nuwe Era beweging?"

#58 SvdW, ek het drie verskillende uiteenlopende voorbeelde geneem om te sien of die pro- TB Joshua aanhangers die geeste op die proef kan stel soos die Bybel ons voorskryf. Marietta Theunissen was die heel maklikste. "Jehovah se Getuies" is 'n goeie voorbeeld van 'n sekte wat die Vader, Seun en Heilige Gees op die oog af erken maar ander eienskappe aan hulle toedig.
Ek glo hulle ag dit nie nodig om die geeste op die proef te stel nie.

------

Indien ZimEye Julius Malema net so aanhaal, wil ek s hy mag dalk 'n G vir houtwerk gekry het; maar hy kan ten minste 'n Umthandazi uitken.

Unregistered
08-20-2013, 09:22 AM
heinie, glo jy alles wat jy op die internet lees?. Eet jy alles op soos soetkoek?

Wat as ek 'n internet site begin, en se heinie is 'n sangoma, met 'n dwaalgees? wat as ek 8 internet sites begin wat se heinie is 'n sangoma?

Dis waarom ek se jy moenie gou oopordeel of meet nie. Net soos daar mense is wat iemand goedpraat, so is daar ook mense wat ander slegse, en dit gebeur op die internet ook.

Ek kies om eerder weg te bly van uitlatings of altans ek probeer my bes om iets waarvan ek nie veel weet nie, nie my kop te breek nie...


Groetnis, Hein

Unregistered
08-20-2013, 01:48 PM
elkeen moet voor God se troon verantwoording doen, TBJ ook...

Annoniem
08-22-2013, 08:42 AM
Daai man bid nie vir die slagoffers van die revolt nie. Hy bid VIR die revolt en vir hulle wat dit moet aanblaas!

Unregistered
08-22-2013, 01:00 PM
Hein jy glo dan n man as hy vir jou vertel hy was in die hel en dan verkondig jy dit ook.Hoe kan jy dan vir Hennie vra of hy alles glo wat hy lees?

Unregistered
08-23-2013, 08:02 AM
Dagse,

Elkeen kan GLO wat hy voel God se Gees hom uitwys en waarmee Heilige Gees jou lei, .... SELFS Heinie kan glo wat hy wil.
Dit gaan om iemand te oordeel, en ek hoop jy verstaan dit.

Groetnis, Hein

Unregistered
08-23-2013, 08:25 AM
Hein

As God se gees my dan wys dat TB Josua nie die persoon is wie hy voorgee om te wees nie,oordeel ek dan?