PDA

View Full Version : Hoe verduidelik ek die Kriptografie “teken-lees of merkers lees” kursus ?



Lukas
08-19-2013, 10:03 AM
Ek het ’n voorbeeld van een brief geneem. Die name verwyder en dit lyk so.

__________________________________________________ ______________________

Dag Lukas

Ek wil asb aansluit by julle groep. Die link was op BKA geplaas. Ek wil ook graag mense hier om my bewus maak wat beteken wat en hoe ons huise gemerk en geteiken word.

Dankie
Z

__________________________________________________ ___________________

Goeie môre Z

Begin eers hier by http://www.akskagroep.com/register.php registreer. Gebruik my naam as jou verwysing en word net eers ’n geregistreerde gebruiker.

Wanneer jy eers daar is, sal ons stap vir stap vorentoe gaan. Die grootste probleem wat ons met tekens het, is dat omtrent elke swart persoon wat jy ken daarvan weet en dit moontlik ook baie goed ken. Hulle word doodgemaak wanneer hulle met ons daaroor praat en wanneer jy met hulle daaroor praat, begin hulle jou as ’n probleem identifiseer wat met hulle kultuur inmeng. Dit maak nie saak hoe goed jy hulle ken nie. Dit maak ook nie saak of die swart gesin al vir geslagte vir jou familie werk nie. Wanneer jy begin vra vrae, skiet jy jouself in die voet.

Ons het ’n manier wat ons tot die datum en die tyd kan uitwerk wanneer ons die reekse lees. Maar ons het twee probleme. Die een is dat mense ons blind maak wanneer hulle die tekens verwyder en die ander probleem is wanneer ons kennis met mense wat nie sensitief is nie, gedeel word, kom ons kennis by kriminele uit en is hulle die laaste tyd besig om knaend aan die datum en tyd formules te verander. Dit maak die lewe vir ons wat misdade voorkom, baie moeilik. Om by die probleem verby te kom het ons nou die afstandsonderrig kursus wat ons op die akska-groep se webblab gaan aanbied. Met die kursus hoop ons om die nuwe lede met die regte kennis te bemagtig sodat ons, ons voorsprong teen die misdadigers behou.

Daar is ongelukkig nie ’n quick fix vir tekens soos wat die polisie en sekuriteitsmaatskappye dit vir mense wil vertel nie. Die tekens is ’n tipe skryftaal wat oor honderde jare in Afrika ontwikkel is en ’n mens moet eers leer om dit te lees voor ’n mens die storie kan verstaan wat dit vir ons vertel.

Dankie, vir jou epos en jou belangstelling. Ek sien daarna uit dat jy deel van ons groep kan word.

Groetnis
Lukas

Ns.

Besoek ook ons facebook by https://www.facebook.com/pages/Akska/323547104449501 en kliek op die like skakel van ons video waar ons verduidelik wie en wat AKSKA is.

Op die manier help jy ons om ons boodskap uit te dra.

475
08-19-2013, 12:54 PM
Ek dink dit is goed gestel.

417
08-19-2013, 05:57 PM
Lukas,
Dis goed.
Oorweeg ook om meer klem te plaas op die "boekkennis" deel van die kursus. Dit is stellig waar die kursus tog begin. Wys daarop dat "tekens" net die finale fase is en dat groot waarde te vind is in weerbaarheid, ubuntu kennis ens, ens. En dit alles gaan hulle geleer word.
Omdat tekens langer neem om te bemeester leer mens eers om die gevaar te vermy en betyds te herken sodat mens kundige hulp kan kry.
Groete

Lukas
08-19-2013, 07:14 PM
Dankie, 417. Jy is reg en ek sal weer deur die goed lees wat ons tot nou geplaas het. Maar jy is reg. Vir die nuwe voornemende lid gaan daar tegnies drie kursusse wees. Die laaste twee sal deel van een kursus wees.

Die intree vlak gaan baie op ubuntu en die kultuur rondom ubuntu handel. Hulle gaan leer hoe Afrika dink en dinge doen. Hulle sal verstaan waarom ’n man met ’n X5 BMW 60kpu op die snelweg ry en waarom mense wanneer in ’n gesprek met ’n ander persoon is, tussen julle sal deurdruk en dink dat dit goeie maniere is. Hulle gaan leer waarom diefstal in die swart kultuur nie noodwendig diefstal is nie en hulle gaan leer wat die verskil is tussen die geskenke kultuur en korrupsie is. Dit wat ons as korrupsie in Afrika beleef is nie noodwendig korrup nie.

Wanneer ons ubuntu onder die knie het, gaan ons na die misdadiger se agtergrond kyk en ons gaan leer waarom dit tot ons voordeel is dat die misdadigers besonder goed opgelei is. Ons gaan leer wat die misdadiger bly maak en ons gaan leer wat die misdadiger bang maak. Ons gaan die swakheid van die misdadiger bestudeer en dit tot ons voordeel uitbyt.

Wanneer ons die die misdadiger mooi ken, gaan ons die beginsels van ’n goeie aanval leer. Dit is nodig om dit te ken want wanneer ons dit ken, kan ons dit vroegtydig herken en omdat ons die misdadiger se swakheid verstaan, sal ons leer om dit tot ons voordeel te gebruik en die beplande misdaad te voorkom.

Maar omdat ons in skęre gevalle te besig is om die gevaartekens raak te sien, gaan ons ook leer hoe om die misdaad te ontlont wanneer dit wel gebeur.

Ons hele studie gaan oor misdaadvoorkoming en nie oor die arrestasie van kriminele nie. Ons sal nooit al die kriminele in die tronk kan kry nie. Die tronke is soos dit is alreeds oorvol. Maar ons kan die misdadiger se geleenthede baie maklik van hom ontneem en dit is wat ons gaan leer.

My ondervinding is dat die vorige metode waardeur ons die kennis wou oordra, te veel deure vir fly by nights geskep het wat ons taak verder bemoeilik het.

Die vlak 2 of opvolg kursus.

Hierdie kursus sal vir die mense wat die eerste kursus voltooi het, beskikbaar wees. Teen hierdie tyd sal ons begin om die teorie van teken lees te verstaan. Wanneer ons daarmee klaar is, sal die tweede kursus met n praktiese kursus afgesluit word waar die studente in die praktyk gaan leer om tekens te lees en te volg en die boodskap te verstaan.

Wanneer studente die laaste vase voltooi het, sal hulle n geleentheid gebied word om by AKSKA aan te sluit. Dit is n vrye keuse en indien hy nie n lid wil word nie, sal hy altyd as n gebruiker op die vlak 2 forum welkom bly.