PDA

View Full Version : Die Soewereiniteit van God



Hein
09-06-2017, 02:23 PM
Daar mag by baie mense die vraag opkom: Is God Soewerein? Gryp God in op die aarde, of los hy die mens uit om sy eie wil te volg, en te maak wat hy wil.
Ek het gepoog om dit saam te vat, maar daar kon soveel meer bygevoeg word in hierdie klein boekie. Dit het my oe oopgemaak om God te bestudeer en Hom uit die Woord van God te leer ken soos ek nog nooit tevore verstaan het nie.

Lekker lees, Hein

Hein
09-18-2017, 07:58 AM
Chris, Jy het my beskuldig met die volgende woorde:
"Ek het dit vinnig gelees en vind dit lasterlik en ek weet dat jy rerig spyt gaan wees dat jy sulke drek in die waarheid kan verweef."

Wat was daar in hierdie boekie waaroor jy nie saamgestem het nie? En ek vra dit omrede jy so vinnig gelees het?

454
09-19-2017, 02:27 PM
Hein

Ek dink nie ons sal verder as jou punt 1 kom nie maar kom ons probeer.

Jy reken God het satan geskape. Ek het vir jou goeie nuus, God het nie, die mens het. God het Lucifer geskape, Hy kan nie foute maak nie, die mens wel, die mens het satan geskape en gee hom vandag nog al die mag wat hy het. Kyk die video, die oubaas verduidelik baie mooi.


https://www.youtube.com/watch?v=eqYsSar__50


Chris

Hein
09-19-2017, 04:38 PM
Chris.

Ek weet nie waarom jy dit nou noem nie? Ek het gevra wat het jy in die boekie gelees waarmee jy nie saamstem nie?
slang, duiwel, versoeker, vervalle satan, vader van die leuen, owerste van die mag van die lug, lefitiaan, draak, of vervalle lucifer - moet ons nou met woordjies speel?

My vraag aan almal was dit en waarna jy kan dink: Was dit in God se Raadsplan? My antwoord was ja!. Dit was nie 'n verassing vir God gewees toe lucifer dit aanvang nie. God het 'n doel met dit ook gehad.

Ek hoop nie dis te moeilik vir jou om te verstaan nie.

454
09-19-2017, 08:53 PM
Hein

Jyt gevra waarmee verskil ek, dis een wat ek noem, die ander sal volg wanneer ons die een uitgesort het.

So wat jy nou se is God is verantwoordelik vir die sondeval, dit is deel van Sy raadsplan. Dit was Sy plan want Hy het 'n doel daarmee gehad. As die sondeval nie plaasgevind het nie kan God se raadsplan nie volbring word nie en kon God nie Sy doel bereik nie.

Is dit wat jy se of verstaan ek verkeerd.

Chris

Hein
09-20-2017, 04:27 PM
Hein

Jyt gevra waarmee verskil ek, dis een wat ek noem, die ander sal volg wanneer ons die een uitgesort het.

So wat jy nou se is God is verantwoordelik vir die sondeval, dit is deel van Sy raadsplan. Dit was Sy plan want Hy het 'n doel daarmee gehad. As die sondeval nie plaasgevind het nie kan God se raadsplan nie volbring word nie en kon God nie Sy doel bereik nie.

Is dit wat jy se of verstaan ek verkeerd.

Chris

Ja Chris, jy verstaan verkeerd. Ek hoop regtig jy het die boekie heeltemal deurgelees. Want as jy dit sou doen, sou jy glad nie hierdie vraag gevra het nie. Alles sou vir jou sin gemaak het. So indien jy dit nie gedoen het nie, lees dit asb eers deur, en dan sal jy die hele prentjie verstaan.

Om jou te antwoord: Ons AS MENS het nie vir satan geskep nie. Ons het nie die slang, die draak, of die duiwel geskape nie. Jy weet goed genoeg dat satan op die aarde gegooi was deur God, toe lucifer homself wou verhef bo God. So indien enige iemand dit vir jou vertel het, dis 'n leuen. Die gevalle engel, luucifer het homself verlaag as gevalle engel na die slang, na satan of die duiwel toe. Nie die mens nie!

God se doel met satan was reeds opgeskryf in Sy Raadsplan, nog voordat satan tot 'n val gekom het. Hy as God het dit vooraf geweet met Sy voorkennis. God is nie verantwoordelik vir satan se val nie, satan was self verantwoordelik daarvoor.

God het 'n uiteindelike doel gehad met satan ja. Jy sou nooit goed geken het, as jy nie boosheid geken het nie. You would not have known what evil was, if you did not know what good is. God is goed, satan is boos. Ons kan vandag 'n keuse maak.

454
09-20-2017, 09:00 PM
Hein

Ek het jou boekie weer gelees, meer sorgvuldig, my opinie bly dieselfde.

So ons stem saam. Alles wat op aarde gebeur is nie God se wil nie. Jy se mos satan is vir Sy eie val verantwoordelik.

Satan se val was nie God se wil nie. God het nie Lucifer geskape met die doel dat hy tot 'n val kom nie. Satan het Sy skeppingsdoel gemis, deur Sy verkeerde keuses. God se plan met satan was nie om die mens te verpes nie. Die God van liefde skape tog nie boos nie.

Stem ons saam daaroor?

Chris

Kyk die video asb, jy gaan 'n vars perspektief kry.

Hein
09-21-2017, 08:04 AM
Ons stem dus saam daaroor Chris.

1. Daar is wel 'n siening daarbuite dat ons satan gemaak het, en dis verkeerd. Ons gee aan satan al sy mag. Dis nie so nie.

2. Dan is daar nog 'n siening dat satan geen mag oor ons het, as ons hom dit nie toelaat nie. Gedeeltelik kan ek daarmee saamstem, en dis slegs gedeeltelik. As ons oop sodige moedswillige deure het, kan satan ons aanval..., en as ons wil sondig, kan ons satan toelaat om ons te verlei, ens. Dis wanneer ons vir satan "mag" gee as voorbeeld.

Maar jy kan tog nie sekere siektes wat oor jou kom soos kanker of longontsteking of alzheimers griep, of waterpokkies toeskryf aan elke mens wat satan toegelaat het om dit aan hom te doen nie. Dis tog belaglik om so te redeneer. So kan jy mos ook nie al die lyding wat Christene (slagoffers) moet verduur regdeur die wereld toeskryf en toedig aan hulself wat vir satan die mag gegee het nie. Plaasaanvalle, verkragting, ens is mos 'n aanval van satan wat steel slag en verwoes. Mense(slagoffers) het dit mos nie toegelaat nie. Ek verwerp dus daai siening dat mense vir satan die mag geggee, en dat hy dit nou aan hul kan doen.

So hoop ek ons stem daaroor ook saam.

454
09-21-2017, 10:53 AM
Hein

Jy se dit is nie satan of die mens self nie. Bedoel jy nou dat dit God is wat die dinge oor mense bring, dat God mense siek maak?

Chris

Hein
09-21-2017, 02:22 PM
Hein

Jy se dit is nie satan of die mens self nie. Bedoel jy nou dat dit God is wat die dinge oor mense bring, dat God mense siek maak?

Chris

Waar lees jy of verstaan jy dat ek gese het satan bring nie siektes nie? Wys my assseblief, of verstaan jy alweer nie of lees jy nie alweer deeglik genoeg nie?

Lees weer wat ek geskryf het:
Maar jy kan tog nie sekere siektes wat oor jou kom soos kanker of longontsteking of alzheimers griep, of waterpokkies toeskryf aan elke mens wat satan toegelaat het om dit aan hom te doen nie. Dis tog belaglik om so te redeneer. So kan jy mos ook nie al die lyding wat Christene (slagoffers) moet verduur regdeur die wereld toeskryf en toedig aan hulself wat vir satan die mag gegee het nie. Plaasaanvalle, verkragting, ens is mos 'n aanval van satan wat steel slag en verwoes. Mense(slagoffers) het dit mos nie toegelaat nie. Ek verwerp dus daai siening dat mense vir satan die mag geggee, en dat hy dit nou aan hul kan doen.

454
09-21-2017, 05:21 PM
Hein

Jammer Hein, ek probeer net duidelikheid kry.

Dus se jy satan het die mag om dit doen sonder die mens se meedoen. Beteken dit nou satan kry hierdie mag en outoriteit van God af?

Chris

Hein
09-22-2017, 08:36 AM
Hein

Jammer Hein, ek probeer net duidelikheid kry.

Dus se jy satan het die mag om dit doen sonder die mens se meedoen. Beteken dit nou satan kry hierdie mag en outoriteit van God af?

Chris

Ek toon aan vir jou dat dit oorlog is. Hierdie aarde is 'n slagveld, en dit sal 'n slagveld bly totdat ons in die nuwe Jerusalem ingaan met verheerlikte liggame.
Rev 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan OM OORLOG TE VOER teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar EN die getuienis van Jesus Christus hou.

Sekere goed laat die mens deure oop in sy mondering, en is nie waaksaam nie, en sekere goed is direkte aanvalle van satan af. Net soos al die Apostels verdrukking, marteling en vervolging verduur het, so kan ons dit ook te wagte wees, want dis opgeskryf in God se Woord. Vat Paulus as voorbeeld.
Mat 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Joh 15:18 As die wreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
Joh 15:19 As julle van die wreld was, sou die wreld sy eiendom liefh. Maar omdat julle nie van die wreld is nie, maar Ek julle uit die wreld uitverkies het, daarom haat die wreld julle.


Op jou tweede vraag, gaan ek dit so antwoord, en kyk duidelik hoe ek dit stel..., satan het beperkte mag ek kan nie doen wat hy wil nie. Indien alle mag aan Christus oorgegee is, kan satan nie alleenlik maak wat hy wil nie, en is onderworpe aan Christus ook. Indien satan al die mag gehad het, sou hy al die kinders van God onmiddellik uitwis.
Dit is so dat satan 'n sekere rol speel tot selfs aan die einde van die 1000 jaar regering van Christus op aarde. Wie bind satan vir 1000 jaar? Die Here! Wie laat satan weer los na 1000 jaar? Die Here! Sien jy hoe God selfs vir satan gebruik en hom manipuleer om God se uiteindelike doel te laat slaag, soos opgeskryf in Openbaring en die hele nuwe testament. Eers na die 1000 jaar, is satan iets van die verlede, as Christus hom finaal oorwin.

Jy sien alles wat ek hier skryf, herhaal ek want dis reeds opgeskryf in die boekie....

454
09-22-2017, 01:57 PM
Hein

Dit is dan ook hoekom ek jou boekie as lasterlik beskou.

Verstaan ek reg dat jy se, satan kry die mag om kinders van God te vernietig van God af?

Verstaan ek reg dat jy se, God mannipuleer satan om Sy kinders te vernietig dat God se uiteindelike doel kan geskied?

Chris

Hein
09-22-2017, 02:52 PM
Hein

Dit is dan ook hoekom ek jou boekie as lasterlik beskou.

Verstaan ek reg dat jy se, satan kry die mag om kinders van God te vernietig van God af?

Verstaan ek reg dat jy se, God mannipuleer satan om Sy kinders te vernietig dat God se uiteindelike doel kan geskied?

Chris

Kom ons klaar eers die woordjie mense uit.
Ja God kan selfs satan gebruik om met mense op aarde te peuter, en as kinders van God nie luister nie selfs hulle ook. Dis orals opgeskryf in die Bybel, en ek kan nie daarmee stry nie. Ek laster nie as ek die Bybel aanhaal nie. Dis oor ekn oor aan jou bewys.

Maar soos jy weet kry ons verskillende mense op aarde soos ongelowiges, sondaars, wreedaards, boosaards, en dit kan ons sien as boos.

Dan kry ons mense wat hulself "kinders van God" noem, of beter mense is...
Dit hang af wat jy beskou as kinders van God Chris?

Kom ek lig vir jou uit watter soorte kinders van God ek glo daar bestaan, in hierdie wreld.
1. Ongehoorsaam.
2. Wetties (Fariser)
3. Skrifgeleerde (Sadduser)
4. Verharde hart
5. Onvergewensgesind
6. Trots, eie ek
7. Jaag rykdom na, geldgierig
8. Verskillende gelowe (Rooms Katoliek, Hervorm, Protestant, Charismaties)
9. Skewe karakteristieke
10. Blind in die gees.
11. Koud en lou.
12. Geesvervulde maar min kennis van Woord
13. Geesvervulde maar baie kennis van Woord.
14. Geesvervuld maar baie Besig, min tyd saam met God
15. Geesvervulde maar nog besig met sondetjies.
16. Geesvervulde maar min werke (nou en dan vrugte)
17. Geesvervulde en baie aanhoudende werke (goeie vrugte)

So van watter kind van God praat jy?

454
09-22-2017, 03:07 PM
Die wat wedergebore is Hein. Die wat die Bybel na verwys as heiliges.

Hein
09-24-2017, 03:15 PM
Ek wou eerstens aan jou wys hoeveel "kinders" van God daar bestaan. Ook kan ek nog meer vorme van weergeborenes aan jou uitwys.

Kan jy my wys met watter vers en versverduideliking jy nie saamstem in die boekie nie? Watter bladsy ?

454
09-24-2017, 04:39 PM
Hein

Jy weier om my vrae reguit te beantwoord. Ek probeer om jou redenasie te verstaan, tog kan ek my nie indink dat 'n kind van God, Sy Vader sal beskuldig dat Hy die vyand gebruik om aan Sy kinders te peuter nie. Jammer Hein dis siek, dit gebeur nie. Jy het jouself nou weer in 'n hoek met die bygelofies, maar nou ja kom ons kyk hoe kom jy hier uit. Moenie die onderwerp verander nie, moenie probeer verwarring saai nie, jy kan jouself bedrieg maar nie die heiliges nie.

Verstaan ek reg dat jy se, satan kry die mag om kinders van God te vernietig van God af?

Verstaan ek reg dat jy se, God mannipuleer satan om Sy kinders te vernietig dat God se uiteindelike doel kan geskied?

Chris

Hein
09-25-2017, 12:09 PM
Was Paulus heilige? Ja definitief. Wie het gegee dat n engel hom op sy mond slaan?
Ons verskil hemelsbreed. Ek se daars geen mag wat ingestel is as dit nie van God af kom nie. Jesus (God) is bo alle mag en krag aangestel. Ook satan.
En ja God kan enige mag gebruik soos Hy goeddink. Dit sluit satan in.

454
09-25-2017, 05:15 PM
Hein

Verseker nie God nie. Ons het mos al die doring in die vlees deurgetrap.

2Co 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my n doring in die vlees gegee, n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.

Se jy God stuur 'n engel van satan om Sy kinders te slaan?

Chris

454
09-25-2017, 05:25 PM
Hein

Kyk vanaf 16:00


https://www.youtube.com/watch?v=9imeLklLRbE

Hein
09-26-2017, 12:59 PM
Nee Chris, God het dit toegelaat. Lees die res. Paulus vra vir God 3 maal om die engel van satan weg te neem, maar God doen dit nie. Dink jy Paulus het nie geestelike oorlog gevoer nie? So wat s dit vir jou? God het dit toegelaat. God is bo alle mag, alle krag en alle heerskappy. Niks kan gebeur op aarde as God nie vooraf toestemming daarvoor gegee het nie. Ek het jou al verduidelik dat as satan mag gehad het om alle mense te vermoorr, hy dit in een dag sou doen. Maar lyk nie of jy dit kan begryp nie.

Wat dink jy sou gebeur het as God vir Paulus uitgelos het om homself te verder te verhef en hoogmoedig en trots te word? Dink jy dit sou God se toestemming weggedra het as Paulus so in hoogmoed en in trots verval het? Hebr 12 het ingeskop, ook vir Paulus, maar dit sal jy ook nie verstaan nie.

Hein
09-26-2017, 01:04 PM
Net so terloops. Alles wat ek skryf word deur verskeie weergebore kinders van God geproeflees, wat lankal kinders van God is. Nog nooit is daar deur hul fout gevind nie. Eers daarna gee ek die boekies uit om te lees. Na maande se proeflees.
Die enigste iemand wat heeltyd en deurentyd fout vind is jy Chris. Hoekom? Want jy wil fout vind.

Maar ek het al geleer om daarmee saam te leef.
Geniet jou reis.

454
09-26-2017, 02:24 PM
Hein

As jy die video kyk sal jy besef dat jou gelofie wat die kerk jou geleer het mbt Paulus se doring glad nie sin maak nie. God neem nie die doring weg nie want Paulus was by magte om dit self te doen. Hy het by Jesus self geleer, God het hom toegerus met alles wat nodig is om te kan heers. Paulus moet net soos ons die koninkryk bou, God bou nie sy eie koninkryk op aarde nie, Hy het gekies dat die mens dit doen.

So wat jy ons probeer vertel is dat die satan vir elke bose ding wat hy wil doen eers vir God moet toestemming vra. Nog erger, dat God wel Sy toestemming gee. Jy beweer nou God gee satan toestemming om Sy kinders te vernietig. Sies! Dit my liewe Hein is laster teen God almagtig.
Hein ek dink nie jy het kinders nie, het jy, sal jy hulle aan enige iemand uitlewer om te vernietig? Ek hoop nie so nie. Wat laat jou dink jou Vader sal???
Se die Bybel nie God is 'n beter Vader as ons aardse vaders nie?

Nee Hein, ek wil nie fout vind nie. Dink jy ek het niks anders om te doen nie? Ek het meer as genoeg, maar die Gees van God wat in my woon lei my om die onbybelse drek wat jy kwytraak te weerspreek.


Chris

Hein
09-27-2017, 05:52 AM
Wys my asb waar ek in hierdie boekie geskryf het dat God toestemming aan satan gee gee om Sy kinders te VERNIETIG. Ek neem aan jy stem saam dat dit beteken doodmaak of uitwis.

454
09-27-2017, 10:48 PM
Hein

Ek gaan nie die lasterlike drek weer deurlees nie. Al staan dit nie daar uitgespel nie is dit wat jy insinueer en die boodskap wat ek van jou skrywes verstaan.

Kan ek dan nou aflei uit jou vraag dat jy nooit gese het God gee satan toestemming om Sy kinders te vernietig nie?
Beteken dit ons stem saam, God sal nooit Sy kinders aan die satan uitlewer nie. Dis 'n eenvoudige vraag Hein. Kan ons as gelowige kinders van God rus in die vertroue dat God nooit die vyand sal toestemming gee om ons skade aan te doen nie, dat dit nooit Sy wil sal wees nie?

Wat kan ons glo Hein? Dit wat ons glo is wat in ons lewens manifesteer. Wat wil jy glo Hein?

Chris

Hein
09-29-2017, 12:40 AM
Hein

Ek gaan nie die lasterlike drek weer deurlees nie. Al staan dit nie daar uitgespel nie is dit wat jy insinueer en die boodskap wat ek van jou skrywes verstaan.

Chris

Chris, dis die wesenlike probleem met jou. Jy is al voorheen op hierdie webblad beskuldig dat jy aanvoer iemand s wat die persoon nooit ges het nie, of aanvoer dat dit is wat die persoon bedoel of dink.
Jy lees (indien jy hoegenaamd wel gelees het) miskien nie reg nie, of jy lees uit ‘n hoek uit waar jy vooropgestelde idees het. Jou vooropgestelde idees vorm ‘n opinie in jou kop, en dan lees jy nie regtig wat daar staan, en volg dit nie binne konteks nie.
Die boekie het gegaan oor God wat Soewerein optree. Elke liewe ding is met die Skrif gemotiveer, en is dus Woord.

454
09-29-2017, 05:01 AM
Hein
Ek sien rerig nie kans om dit weer deur te lees nie. Lees maar self dit staan daar. Direk of indirek is dit die boodskap.

My vraag is. Sal God, Sy kinders aan die vyand oorlewer?
Ja of nee.
Ek se nee, nooit. Uit jou skrywes lei ek af jy se ja, God sal dit somtyds doen. Verstaan ek jou verkeerd?

Chris

454
09-30-2017, 02:38 AM
Hein

Die punt is, God het nie beheer oor alles nie. God het gekies om beheer op aarde aan die mens te gee. Dit was Sy soewereine besluit en niks of niemand kan of gaan dit verander nie. Hy het die kroon van Sy skepping perfek toegerus om Sy koninkryk hier op aarde te bou.

Gen_1:26 En God het ges: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die vols van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Die Bybel is duidelik dat die hemel vir God is en die aarde vir die mens.

Psa 115:16 Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

Kinders van God word bedrieg en mislei, wat veroorsaak dat ons gemarginaliseer word. Dit is al wat die vyand het. Niks anders, geen mag, geen outoriteit, tot dat ons wat ons outoriteit van Jesus Christus ontvang het dit vir die vyand gee.
Dink bietjie hoeveel mag en outoriteit het Robert Mugabe se kinders net omdat hulle pa 'n president van 'n sukkelende afrika land is. Dink bietjie hoeveel het Donald Trump se kinders. Nou kom ons arme christene wat bely ons Vader is God almagtig en die wereld lag vir ons. Geen mag, geen outoriteit, geen gesag....... Hoekom?

Want ons glo satan se leuens. Eerstens het satan dit reggekry dat baie mense nie meer in die integriteit van God se woord glo nie. Jy leer mense dat God hulle met tye aan satan sal uitlewer om te maak soos hy smaak. Miljoene gaan vernietig word, bla, bla, bla...

Glo jy ons lewe uit die geloof? Jy hoef nie maar dit is wat die Bybel ons leer.

Rom 1:17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Gal 3:11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.

Heb_10:38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

Dit is mos nou maklik om te sien dat as satan dit kan regkry om mense verkeerde goed te laat glo die mens verkeerd gaan lewe. Ons het nou al 'n hoop onderwerpe deur getrap waar satan die kerk en ander instansies gebruik het om christene se geloof te manipuleer. Die kastige groot verdrukking is een. Al die bewyse is daar dat, dit reeds plaasgevind het, dat die einde van die wereld soos die Jode dit geken het reeds gebeur het, dat die tempel en Jerusalem reeds vernietig is. Dis duidelik, ek het dit vir jou uitgewys. Tog kies jy om te glo dat dit weer gaan gebeur. Ja dit gaan weer gebeur, maar nie omdat dit God se wil is nie omdat jy en mense soos jy dit glo en preek. Dit sal vir julle, net soos die voor die groot oorloe wees volgens julle geloof. Ja julle geloof gaan satan die mag gee, julle geloof sal satan se wil laat geskied. Die ergste is julle gaan God daarvoor blameer. Die God van liefde, wat Homself deur Sy skepsels laat offer het sodat ons verlos kan wees. My hart is seer.

Hein ek weet nie hoekom hierdie so moeilik is vir kinders van die God om in te sien nie. Ek kan jou en ander maar net waarsku en smeek om weer te kyk en te besin.

Mooi dag
Chris

454
09-30-2017, 10:15 PM
https://www.youtube.com/watch?v=lAUgOKqx_Gk&t=531s

Hein
10-02-2017, 03:13 AM
Dit verbaas my nie dat jy die goed kwytraak wat jy kwytraak nie Chris. Soos ek al ges het, ek het gewoond geraak daaraan. Weereens kom jy met die dwase stelling uit dat die Openbaring oordele reeds plaasgevind het..., en dan wil jy he mense moet na jou belaglike stellings luister wat jy hier maak. Jy dwaal grootliks Chris.

Jy wou my uitlok met ‘n vraag of God Sy eie kinders aan satan sal oorlewer. Ek kan dit slegs antwoord uit my eie kennis van die Bybel, en dit in konteks verstaan soos dit geskryf is in God se Woord. Dis hoekom ek maande en maande die Skrifte ondersoek en my laat lei deur God se Gees as ek skryf. Daarna laat ek dit deur ander weergebore kinders van God proeflees, sodat dit ook ander kinders se goedkeuring wegdra wat weergebore is.

Maar NET 1 PERSOON KOM TERUG EN REDENEER ANDERS..., En sy Naam is Chris....

Maar om die vraag te antwoord: As ons ‘n mooi paadjie met God stap, doen wat Hy vra en volgens Sy wil heilig lewe hier op aarde, met skoon hande probeer leef, dan sal ons Vader ons mos ni oorgee nie, of dat satan met ons peuter nie. Dis heel eenvoudig en dis hoe ‘n goeie Vader optree. Lees Hebr 12.

Maar indien ons so bietjie van die pad af loop, dinge aanvang wat ons nie moet doen nie sal of mag God ons straf, volgens Sy eie besluit.
Jes 63:10 Maar hlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het HY vir hulle in ‘n vyand verander: HY SELF het teen hulle gestry.

En God kan dan in Sy Soewereiniteit ook enige mag gebruik wat bestaan, sodat kinders kan besef dat hul niks sonder God kan doen nie, of sonder Hom bestaan nie. Dis Vaderlike liefde. Lees Hebr 12. Maar dis nog steeds daardie kinders van God se eie besluit of hul wil terugkeer na God en weer ‘n heilige paadjie wil loop hier op aarde.

Ek het ook oor en oor aan jou verduidelik dat jy talle verskillende “kinders van God” kry, en God handel met elkeen afsonderlik. Dis tog baie duidelik.

Ek sien ook dat jy en Andrew Womack toon dat ons as mens vir satan geskape het. Ek het nuus vir jou en AW, En ek kwoteer dit uit God se Woord uit:
Jes 54:16 Kyk, k het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het k die verderwer geskape om te verniel.
Alle mag en krag wat bestaan is onder God se Soewereine beheer. Selfs satan kan nie doen wat hy wil nie. Reeds verduidelik.

So is daar ook goeie nuus vir die kinders van God wat God getrou volg en Sy wil doen, en met skoon hande leef en deur Heilige Gees gelei word, dat God hul sal beskerm.
Jes 54:17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerl. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.


So Chris, jy wil “kinders van God” veralgemeen, dat hul so en so is.... Jy wil alle kinders van God onder die selfde kam skeer, uit jou eie menslike humanistiese siening uit. Jy weet GLAD NIE wat in daardie mense se harte aangaan nie, en dan kan jy mos nie vir God aans hoe Hy moet optree nie?
Indien jy wel geweet het wat WERKLIK in kinders van God se harte aangaan kan jy so redeneer, maar JY AS CHRIS WEET DIT ONGELUKKIG NIE. So jy kan nie namens alle kinders van God praat en redeneer nie, jammer.

Chris, ek en ander verskil met jou. Dis dan mos oraait. Jy volg jou kop soos jy wil en glo wat jy wil. Ek probeer help, maar lyk my dit werk nie. Al bewys mens dit uit die skrif uit, sal jy nog steeds stry.

454
10-02-2017, 06:12 AM
Hein

Nee, dis nie oraait nie. Kinders van God ly elke dag onnodig omdat hulle die drek wat jy en jou dissipels verkondig glo. Dit moet stop. Julle is besig om die satan se vuilwerk te doen.

Niemand wat na die feite kyk kan dink dat die groot verdrukking nog moet kom sonder om sy eie gewete te verkrag nie. Mense glo dit omdat dit die populere weergawe is. Jy weet net so goed soos ek dat Jesus gese het al daardie dinge sal gebeur voor daardie geslag verbygaan.
Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle l hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Mat 24:34 Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
Ons is meer as 2000 jaar later. Hoekom stry jy met wat Jesus uitspel?

Dan weet jy, Jesus het gepraat van daardie spesifieke tempel, nie een wat nog gebou gaan word nie. Jy weet daardie tempel is 70nc vernietig.
Mat 24:1 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.
Mat 24:2 En Jesus s vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek s vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
Hein, Jesus se nie hier gaan 'n nuwe tempel kom wat afgebreek gaan word nie. Hoe verstaan jy dit nie? Dit is geskiedenis, dit het reeds gebeur. Dit was die einde van die ou verbond, God het Sy wraak op Sy verbondsvolk uitgestort, soos die verbond wat Hy met hulle gesluit het bepaal het. Ons het geen deel aan daardie verbond nie. Hoe kan jy se ek dwaal en maak belaglike stellings?

Dieselfde waarvan jy my beskuldig maak jy jouself aan skuldig.

Jy wil nog steeds glo god gaan jou regstraf, God wil nie, Hy het gekies om dit nie te doen nie. God kan nie met vrees regeer nie. Isreal het verkies om so 'n verbond met God te sluit, anders as wat God wou. Dit het gelei tot hul ondergang, God het eeue se ongehoorsaamheid op een geslag gewreek. Dieselfde geslag wat gese het Jesus se bloed moet op hulle wees. Hulle daardie geslag het gekry waarvoor hulle gevra het. Dit is nou verby. Ons staan nou onder 'n nuwe verbond. Watter deel verstaan jy nie?

Kom nou Hein jy moet deur die leuens en tradisies sien.

Kyk weer na die ou, dit maak sin en ons hoef nie om moeilike vrae te systap nie.


https://www.youtube.com/watch?v=4T1dawjOsKg

Hein
10-03-2017, 01:55 AM
Chris, Ek sluit af.
Ek gaan nie weer al die vorige duidelike verstaanbare antwoorde en bewyse herhaal nie. Jy kan dit gaan soek, dis reeds mooi beantwoord, oor en oor, net vir jou Chris. Dis reeds gedoen en goed gedoen ook. Jy kan dus glo wat jy wil, en dis oraait met my. Ek het probeer om die waarheid aan jou te gee, direk uit God se Woord uit, en ek sal my loon daarvoor ontvang in die hemel.

Ek is tevrede in my hart en ek gaan nie jou bog verder bespreek nie. So ons los dit daar asseblief en beweeg aan na die volgende onderwerp.

Groetnis, Hein

454
10-07-2017, 02:24 AM
Hein

Ek is jammer Hein maar jou "duidelik verstaanbare antwoorde direk uit die bybel" soos jy dit stel maak vir my glad nie sin nie. In teen deel dit ontstel my dat dat iemand wat bely dat hy 'n kind van God is sulke dinge oor sy Vader kan bely en preek. Dit gaan my verstand te bowe.

Ek kan maar net weer vir jou se dat satan van ons christen kerke infiltreer het en dat jy 'n slagoffer daarvan is. Hein, jy hou vas aan tradisie uit lojaliteit aan mense wat ook mislei is. Kyk die video hieronder asb, dit is baie kort, kyk of jy daarna nog eerlik vir my kan se dat, net jou opinie reg kan wees.

Die ding is belangrik Hein en sluit aan by die gesprek oor geloof.

Ons glo tog die ou testament het die nuwe vervang en dat ons nou tot die eenheid van geloof en kennis moet kom. As ons dit nie eers kan regkry nie, hoe gaan ons tot die mate van die, volle grootte van Christus kom. Hoe gaan ons ooit daar kom dat ons nie meer golwe geslinger word, die wind gedryf word nie?

Eph 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
Eph 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Eph 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedriery van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;




https://www.youtube.com/watch?time_continue=6&v=EiTix0zsT_c

Hein
10-08-2017, 01:55 AM
Ek het gese ek sluit af, en jy hou aan....

Maar vir die ander lesers vir wie jy wil mislei, gaan ek weer antwoord...

My liewe Chris,

Jy hou aan daarmee om dwase drogredes en redenasies aan te hang, gespreek deur sogenaamde dokters, dokter di en dokter dt. Slim mense, maar volgens my nie geesvervuld nie. En nou weer die dwase dwaalleer video...

Hoeveel keer tevore het ek oor en oor op hierdie website van Lukas aan jou gewys dat jy besig is met dwaalleer. Jy hoef dit slegs te gaan lees, maar die skrikwekkendste van alles is dat jy dit glad nie kan insien nie...

IETS MOES MET JOU GEBEUR HET IN JOU LEWE DAT JY DIT NET NIE KAN INSIEN NIE????

Die DOKTER verduidelik op sy dwaalleer video (sonder om enigsins die Skrifte TE ONTLEED), dat Jode voor Nero gebuig het en kon niks koop en verkoop nie. So die DOKTER verduidelik dat slegs Jode in Judea voor Nero se beeld moes buig en hom aanbid...
Maar die dwase dokter met sy sotlike redenasie, lees nie God se Woord nie.

Opb 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor ELKE STAM en TAAL en NASIE.
Opb 13:8 En AL DIE BEWONERS VAN DIE AARDE sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
Opb 13:9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.

Nou wonder ek of Chris dit gaan mis lees? AL DIE BEWONERS !!! ALMAL OP AARDE !!!! SAL DIE DIER AANBID!!!! Gaan Chris weer en weer en weer dit mis lees????
NIE SLEGS IN JUDEA NIE, ALMAL OP DIE AARDE !!!! Hoe moeilik is dit om te verstaan Chris, om hemels naam hoe moeilik is dit om te verstaan?
Openbaring het nie reeds gebeur nie, DIT IS NOG OPPAD!

454
10-08-2017, 11:58 PM
Hein

Dankie dat jy aanhou, dit gee my geleentheid om verder te verduidelik. Baie van die vals gelofies is vir lang tye deur geloofwaardige mense aan ons verkondig. Dit maak dit moeilik om van die tradisie te breek.

Ek verduidelik weer die deel oor aarde wat jou pla.

Rev 13:8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.

G1093
γῆ
gē
ghay
Contracted from a primary word; soil; by extension a region, or the solid part or the whole of the terrene globe (including the occupants in each application): - country, earth (-ly), ground, land, world.

Jy sien Hein dis baie eenvoudig die vertalers het 'n swak woordkeuse gemaak. Daar staan duidelik die woord ghay kan beteken 'n extension of gedeelte. Dit kon dus net so wel beteken het die gedeelte van die aarde wat aan daardie mense bekend was of die die gedeelte onder romeinse beheer. Jy kan dit gerus ondersoek.

In die bekende Joh3:16 weet ons verseker dat Jesus vir die wereld gekom het. Daar word die woord kosmos gebruik.

Joh 3:16 Want so lief het God die wreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h.
Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wreld gestuur nie om die wreld te veroordeel nie, maar dat die wreld deur Hom gered kan word.

G2889
κόσμος
kosmos
kos'-mos
Probably from the base of G2865; orderly arrangement, that is, decoration; by implication the world (in a wide or narrow sense, including its inhabitants, literally or figuratively [morally]): - adorning, world.

Dis nou interessant dat die waarvoor Jesus gekom het en al die bewoners van die aarde wat Hom aanbid verskillend beskryf word.
Kyk aan wie word die brief gerig.

Kyk weer Openbaring 1. Johannes spel dit uit.

1. Jesus openbaar dit
2. Vir Sy diensknegte. Nie die wat nog kom nie, Hy bemoedig die chritene in daardie tyd.
3. Die tyd is naby, Jesus het gese in daardie geslag.
4. Dit moet gou gebeur, 2000 plus jaar is nie gou nie.
5. Die brief is direk gerig aan die sewe gemeentes.

Rev 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
Rev 1:2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.
Rev 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Rev 1:4 Johannes aan die sewe gemeentes in Asi: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,
Rev 1:5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
Rev 1:6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Ek het al vir jou vertel die bygelofie van die groot verdrukking het eers in die 1900 gewild geword. Alles agv 'n man wat die elendes van oorlog en depressie uitgebuit het om sy bybel te bemark, Scofield. Google dit, baie insiggewend. https://en.wikipedia.org/wiki/Scofield_Reference_Bible

Hein, alles gaan terug na liefde en vrees, goed en kwaad, lig en duisternis. God wat liefde is regeer nie met vrees nie, goed kan nie kwaad gebruik nie. As goed kwaad moet gebruik beteken dit goed kan nie sonder kwaad bestaan nie.
Vrees kan nie bestaan waar liefde heers nie, kwaad bestaan nie waar goed is nie, duisternis kan nie oor lig regeer nie, lig het nie duistenis nodig om te bestaan nie. Omdat jy wil glo God gebruik satan om te heers/straf/manipuleer/Sy raadsplan te volbring, moet jy glo dat God vrees gebruik(by geleentheid) en nie liefde nie.

My vraag aan jou is. Dink jy God wat liefde is wil met vrees regeer?

Chris

Hein
10-09-2017, 04:59 AM
so glo dit Chris, dis jou vooreg!

454
10-09-2017, 11:13 PM
Met my hele hart Hein.


https://www.youtube.com/watch?v=CK0xiNHAEzo

454
10-09-2017, 11:15 PM
https://www.youtube.com/watch?v=anVSm3g7KVc

454
10-09-2017, 11:15 PM
https://www.youtube.com/watch?v=A5VJ8UhP_lg

Hein
10-09-2017, 11:58 PM
So Chris, die volgende het dus ook klaar gebeur. Dis nou volgens jou dwase redenasie...

Rev 3:11 Kyk, Ek kom GOU! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
Dit moes dan direk na jou gebeurtenis in Israel gebeur het, want dis wat jy glo....

Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Rev 14:2 En ek het ‘n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ‘n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.
Rev 14:3 En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is.
Rev 14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Rev 14:5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.
Rev 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
Rev 14:7 En hy het met ‘n groot stem ges: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Rev 14:8 En ‘n ander engel het gevolg en ges: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
Rev 14:9 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem ges: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
Rev 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.
Rev 14:11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.
Rev 14:12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
Rev 14:13 En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor s: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, s die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
Rev 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel.
Rev 14:15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
Rev 14:16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.
Rev 14:17 En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad;
Rev 14:18 en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en ges: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
Rev 14:19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
Rev 14:20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.

454
10-12-2017, 12:40 AM
Hein

Ek het hierdie al vir jou verduidelik. Ek probeer weer.

Die skrywe word gerig aan spesifieke, genoemde gemeentes, ons weet die gemeentes het in die tyd bestaan. Daar is dus geen verwarring of kwessie nie, dit is uitgespel. Ek haal die gedeelte aan want ek wil he jy moet jouself in die gemeentes se situasie indink en dit dan lees.

Rev 3:1 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Sardis: So s Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood.
Rev 3:2 Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die o van my God nie.
Rev 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos 'n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.
Rev 3:4 Maar julle het darem 'n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is.
Rev 3:5 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.
Rev 3:6 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes s.
Rev 3:7 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So s die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie:
Rev 3:8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verlon nie.
Rev 3:9 Kyk, Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.
Rev 3:10 Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Rev 3:11 Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.

Nou, die gemeentelede is al almal dood. Volgens jou moet dit nog gebeur. Dan is Johannes volgens jou 'n vals profeet of God het nie sy woord gehou en onverwags, soos 'n dief in die nag op hulle afgekom nie.

Lees wat daar staan, nie wat mense wil he jy moet glo daar staan nie. Daar is geen verwysing na komende geslagte of kerke nie. Die boodskap was van toepassing op daardie gemeentes.

Wat pla jou in Hfst 14?

Chris

510
10-12-2017, 03:29 AM
Middag Chris en Hein

Ek het 'n vraag vir Chris: beskou jy Openbaring as 'n letterlike geskiedenis of as 'n profesie?
'n Kort antwoord sonder videos om te kyk seblief!

En dan miskien as julle wil definieer die heiliges waarvan die nuwe testament praat. Moontlik op 'n nuwe draad. Wanneer is iemand een van hulle?

454
10-12-2017, 05:06 AM
Middag 510

Openbaring is 'n profesie deur Jesus, wat aan Johannes openbaar is om aan die nuwe testament gelowiges, dit wat binnekort moes gebeur bekend te maak.

Heiliges is, wedergebore, Gees vervulde kinders van God.

Chris

S415
10-12-2017, 05:55 AM
Dan waar presies pas die eindtyd en die wederkoms in?

Hein
10-12-2017, 06:19 AM
510, almal wat weergebore is en gelei word deur die Heilige Gees, is heiliges (Rom 8:14)

Chris
Ek dui aan dat Jesus se Hy kom GOU in Openbaring briewe aan die gemeentes. Lyk my jy het dit alweer moedswillig mis gelees. Volgens jou redenasie van "gou", moes Opb 14 dan OOK REEDS gebeur het, want dit volg direk op Opb 13, want jy toon aan die 666 merk het reeds plaasgevind in Israel. Dis nou jou nuutgevonde "victorious-preterist-futurist-religion" wat jy aanhang.

Ek haal jou aan, waar jy skryf:
Kyk weer Openbaring 1. Johannes spel dit uit.

1. Jesus openbaar dit
2. Vir Sy diensknegte. Nie die wat nog kom nie, Hy bemoedig die chritene in daardie tyd.
3. Die tyd is naby, Jesus het gese in daardie geslag.
4. Dit moet gou gebeur, 2000 plus jaar is nie gou nie.
5. Die brief is direk gerig aan die sewe gemeentes.

Nou ja, kom ek vra jou nog 'n vraag:
Die briewe word volgens Opb 1 aan die 7 gemeentes in Openbaring is gemeentes van ASI reg? Dis nou waar jy aantoon dat al GROOT verdrukking dinge van Openbaring ook “GOU” gaan gebeur. Jy teer op die woord “GOU”. Jy toon aan MET JOU "victorious-preterist-futurist-religion" die verdrukking het REEDS gebeur in 90 AD
Maar hoe dan nou Chris? Jy toon aan die groot verdrukking het reeds plaasgevind in ISRAEL? Hauw?
Hoekom word die brief van Openbaring aan gemeentes van ASI gerig, as volgens jou die verdrukking REEDS in ISRAEL plaasgevind het? Sou God dan nie die briewe aan ISARAEL rig nie, mense van daai tyd, soos jy beweer?
Jou dwase redenasie maak nie sin nie.

Jou definisie van “GOU” maak nie sin nie en stink: Kom ek help jou reg.

Rev 1:1 The Revelation of Jesus Christ, which God gave unto him, to shew unto his servants things which must SHORTLY come to pass; and he sent and signified it by his angel unto his servant John:

τάχος
tachos
takh'-os
From the same as G5036; A BRIEF SPACE (OF TIME), that is, (with G1722 prefixed) in haste: - + quickly, + shortly, + speedily.

Sien jy raak Chris: “KORT TYDPERK “
Rev 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou(IN ‘N KORT TYDPERK) moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,

Dit beteken Openbaring gaan spoedig gebeur, die tydperk gaan kort wees. Dit gaan slegs 7 jaar neem, m.a.w SLEGS 0,1% van die aarde se tydsbestaan, tot op hede.

Ai, hoe wens ek jy kan die waarheid insien...
Sterkte

454
10-12-2017, 12:07 PM
Dan waar presies pas die eindtyd en die wederkoms in?

Naand S415

Die eindtyd waarna in Matteus en Openbaring verwys word is nie die einde van die wereld nie. Dit is die einde van 'n era. Die einde van die Jode se verbond met God. Die ou verbond is met 'n nuwe verbond vervang. Die eindtyd was die tyd van dat Jesus aan die kruis gesterf het tot die profesie vervul was en die tempel vernietig is.

Rev 1:3 Gesend is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.
Die eindtyd het betrekking gehad op die gemeentes aan wie die skrywe gerig was.


Die wederkoms is wanneer Jesus weer aarde toe kom. Dit sal gebeur wanneer ons, die kinders van God, die kroon van Sy skepping, die apostoliese opdrag voltooi het. Dws wanneer God se koninkryk regoor die aarde heers, wanneer Sy vyande 'n voetbank vir Sy voete is.

Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
Heb 10:11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is n voetbank van sy voete.
Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
Heb 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;
Heb 10:16 want nadat Hy tevore ges het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit n di dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
Heb 10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
Heb 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.
Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus

Chris

454
10-12-2017, 12:12 PM
Hein

Ek verstaan nie wat jy vir my probeer se nie. Waar kom jy aan die 90 AD?

Chris

454
10-13-2017, 10:00 AM
Hein

Jy kan die gou maar verdraai soos jy wil, die feit bly Jesus het gese al die dinge sal gebeur in die geslag en daar sal van die wat by Hom was sien hoe Hy in Sy koninkryk kom. Dit is wat Jesus profeteer het en dit is presies wat gebeur het.

Mat 24:34 Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur.

Mat 16:28 Dit verseker Ek julle: Daar is party van di wat hier staan wat beslis nie sal sterwe voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.

Chris

Hein
10-14-2017, 09:27 AM
S415, 510 Julle kan met gerustheid aangaan om met Chris 454 te redekawel. Sterkte.

Ek het genoeg gehad en is moeg vir sy dwase redenasies.

454
10-15-2017, 01:15 AM
Hein

Jy sal moeg wees. Jy sal gatvol wees, dit gaan erger word tot jy bekeer. Jy sal nie vrede in jou hart kry nie Hein. Ek weet want, ek was in dieselfde posisie, die gelofies en tradisies wat ek slaafs aangehang het was onbybels, die ontnugtering was groot en die bekering ongemaklik en soms vernederend. Die bygelofies wat jy aanhang verander God in 'n monster wat Sy kinders aan die vyand uitlewer vir straf. 'n God wat Sy kinders met vrees manipuleer om vir Hom lief te wees en Sy wil te doen. Jy kan dit nie regverdig nie Hein en hoe meer jou verhouding met God groei hoe meer sal jy bewus word daarvan.

Lank terug het ek geleer dat, ek die dwaas is as ek iemand anders se redenasies nie kan verstaan nie. Gaan soek die feite doen die navorsing en jy sal verstom staan oor hoe logies die "dwase redenasies" kan word.

Chris

Hein
10-15-2017, 04:45 AM
https://www.youtube.com/watch?v=6aB2mu1_DvI

454
10-15-2017, 10:30 AM
Hein

Lees gou wat het die eerste kommentaar oor die video te se.

ENDTIME DREAM & VISION
2 years ago
THESE MEN ARE WRONG WRONG WRONG!!!!!!!! This is a perfect example of western thinking when it comes to translating the Bible!! You cannot read the bible with a western mindset!! It was written for an eastern mind of understanding! Sorry, these men are grossly uninformed and in great error!!! The bible wasn't written in originally in English! It was written in Hebrew! Then translated to Greek!!! Outside of that, I'm sure they didn't study an ounce of Hebrew and ancient and modern Jewish culture that helps identify what the Bible is talking about! Start with the Ancient Jewish wedding for example!! It has pre-tribulation rapture written all over it!!!! Don't listen to these men when they say there is no pre tribulation Rapture! If they are hell bent on getting beaten to a bloody pulp & being beheaded just to prove themselves worthy?? Then let them!! If you dont believe in the rapture, then your not going in it.

En die.

MamasitaDeVegas
2 years ago
this movie is a joke. Just like Stephen Anderson and alex jones' opinion on the pre-trib rapture. Rev 4:1 and 11:12 are clear proof the pre-trib rapture is fact These scriptures are the proof these two morons need. The only ignorance here is what comes out of Jones, Anderson and Jimenez; mouth. . No where in scripture does it say we (believers) have to be "HE-MAN" and Wonder Woman to be worthy to get into heaven; by having to show our worthiness going through the tribulation. Please view this video: Rapture: Proof of a Pre-trib rapture and nothing else! They don't have to worry about going up in a pre-trib rapture because they don't believe in it. Therefore they will not be a part of it. So they will get their wish and go through the tribulation. Scripture tells us, "Let no man steal your crown." Believe in God's word. Not the word of these blowfish.
Show less
REPLY

Dis 'n grap Hein! Lees en verstaan die Bybel uit 'n joodse perspektief. Afrikaners met ons kultuur was nie in die prentjie toe dit geskryf was nie, dit maak dit moeilik vir ons om te verstaan die skrywers het dit geskryf dat Jode kan verstaan.



Chris

S415
10-15-2017, 11:09 AM
Hein en Chris ...

Ek ken nie een van julle persoonlik nie (of el dink in elkgeval nie so nie), maar ek kan vir julle noe dat ek vir albei van julle baie respek het omdat julle nie skroom om mekaar aan te vat oor iets waaroor julle duidelik baie sterk voel nie.

My versoek is dat julle asseblief nie die een met die ander moedeloos raak nie. Julle redenasies spreek vrae aaan wat baie soekende mense daarbuite het en my opinie is dat ons sulke lewendige gesprekke soos die tussen julle nodig het om elkeen van ons by die waarheid uit te bring.


Lees en verstaan die Bybel uit 'n joodse perspektief.


Chris, hierdie is seker vir my een van die grootste frustrasies op die oomblik. Ons word gans en al te min geleer dat ons die Woord moet beoordeel en interpreteer vanuit die oogpunt waaruit dit geskryf is en saaam met dit ook baie van die Skrif vir die TYD waarvoor dit geskryf is.

Dit is maar my persoonlike opinie, maar baie van die moderne "profete" of wat hulle hulself ookal wil noem wat ons volk wil saamneem op 'n sleeptou kry dit reg omdat meeste mense die Woord nie behoorlik ken of wil lees nie en dan toeaat dat Skrif wat veral buite tydkonteks aangehaal word gebruik word om hulle emosies op te sweep.

Ek het 'n taamlike probleem met dit want dit dra glad nie by tot die vervulling van die groot evangelisasieopdrag nie.

Maar dit is maar so van die os op die jas.

Ek leer vrek baie by julle en daarom my versoek dat julle nie uit moedeloosheid van mekaar af weg stap nie. Onthou net dat die een slegs die ander se punt kan insien indien hy kan verstaan van waar hy redeneer. En mens kan eers werklik iemand anders reghelp wanneer jy klinies die foute kan uitwys. Weer eens is dit maar my beskeie opinie want ekself ler nog vrek baie ...

454
10-15-2017, 11:42 AM
S514

Ek is bly om te sien dat iemand anders hier lees. Jy is reg ons lees die Bybel en verklaar dit vanuit ons eie perspektief. Dit is 'n fout, ons moet probeer verstaan wat die skrywer vir die aan wie hy dit rig vertel. Die Bybel is vir almal bruikbaar maar alles wat daar geskryf staan is nie op almal van toepassing in elke omstandigheid nie.

God beveel Moses om sy staf op te hef en die see te kloof sodat hulle kon deurtrek. Beteken dit nou ons hoef nie meer brue te bou nie? Dit is belangrik om te verstaan vir wie se die Bybel wat, waar, wanneer en hoekom. Baie kinders van God trap in die slaggat.

Dankie vir jou bemoediging, ek sal nie ophou solank Lukas my toelaat nie. Jy is welkom om dit wat jou pla te bespreek, as ek kan, help ek graag.

Chris

454
10-15-2017, 11:44 AM
Sorry S415, ons leer nog almal elke dag.

Hein
10-15-2017, 11:30 PM
Chris, is ek reg as ek die stelling maak dat jy glad nie die video gekyk het nie? Indien nie, waarom nie? Jy wil graag he ek moet jou goed kyk, maar as ek vir jou goed gee om oor na te dink dan doen jy dit nie. Is ek reg?

Mat 24:29 En DADELIK n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Mat 24:30 En DAN sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en DAN sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Sien duidelik dat Jesus kom DIREK na die verdrukking. So Chris, hoe verduidelik jy dit?


S415, Gaan kyk na die skrif wat hul gee, en deurdink dit. Gaan kyk na die stellings wat hul maak uit die Skrif uit, en dit 100% kan "backup" met die Skrif. Gaan kyk hoe baie 'n gerespekteerde prediker Kent Hovind(evolution vs creation) al die jare geglo het aan die vooraf-wegraping, maar nou na jare en jare agtergegom het dat hy verkeerd is, en ingesien het uit DIE WOORD VAN GOD, hoe dit glad nie waar is nie.
Gaan kyk hoe hul verduidelik die verskil oor verdrukking en God se wraak, en hoe dit ons gaan raak.

Presies dit wat Heilige Gees aan my deur al die jare gegee het en die boek wat ek daaroor geskryf het, stem daarmee ooreen, ge-"back" deur die Skrif.

Hein
10-15-2017, 11:35 PM
Mar 13:24 Maar in daardie dae, n di verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,
Mar 13:25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
Mar 13:26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.
Mar 13:27 En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.

VOLGENS cHRIS SE DWASE REDENASIE DAT DIE VERDRUKKING VAN OPENBARING VERBY IS, HET DIT DAN REEDS PLAASGEVIND. Chris toon dus vir ons almal dat hy glo dat Jesus reeds gekom het, en ons is nie weggeraap hemel toe nie, en gaan dus hel toe.

454
10-16-2017, 03:30 AM
Hein

Nee Hein, ek het die video deurgeworstel met die hoop dat ek iets sou leer. 'n Mors van tyd, tog is ek dit aan myself verskuldig om seker te maak van my feite. Ek is seker jy het nie die video gekyk nie anders sou jy agtergekom het dat die man 'n paar van jou gelofies wat jy uitgespel het op die blad vernietig. Kyk gerus, jy gaan skaam kry.

Ek het die gedeelte oor Jesus se koms in die Hemel al vir jou mooi verduidelik. Ek plak dit weer hier. Laat weet watter gedeelte jy nie verstaan nie.

Om een of ander rede bly by die kat se stert. Niemand ontken Jesus se wederkoms nie, verstaan asb net wanneer die Bybel praat van die wederkoms en wanneer die Bybel praat van Jesus se koms in die hemel. Jy verwar die skrifte omtrent die twee gebeurtenisse.

Jesus se wederkoms sal wees wanneer Sy koninkryk die aarde gevul het, nie wanneer die dier almal terroriseer nie. Jesus kom weer wanneer Sy vyande gemaak is 'n voetbank vir Sy voete.

Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is n voetbank van sy voete.

Hein, Jesus wag vir Sy kinders om die aarde te vul met Sy heerlikheid, ons kan nie vir Hom wag nie, Hy het reeds alles gedoen wat nodig is dat God se koninkryk die aarde kan vul. In jou vertolking van die wederkoms gaan God se kinders soos vliee, afgemaai word, van die honger doodgaan, miljoene onthoof word, ens. Rerig Hein, waar is die oorwinning? Al wat jy doen is om 'n geloof van ellende te skep, wat sal manifesteer as mense dit glo. Stop dit!

Hein Let op, dit is die teken wat verskyn, nie Jesus nie.

Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Mat 24:32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle l hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Mat 24:34 Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Daar bestaan 'n persepsie dat die gebeure oor die hele aarde gaan plaasvind, dit is verkeerd en die verwarring is as gevolg van vertalings.

Die woord aarde daar moet wees land, met verwysing na die beloofde land van die Jode. Klein foutjie wat 'n wereldse verskil maak.
(G1093
γῆ
gē
ghay
Contracted from a primary word; soil; by extension a region, or the solid part or the whole of the terrene globe (including the occupants in each application): - country, earth (-ly), ground, land, world.)


In vers 30 lees ons sal die teken verskyn, nie die Seun nie, die teken. Wat is die teken? Die teken is die vernietiging van die tempel en al die Joodse stamme rou daaroor.

Dit was die teken vir die Jode dat die Seun van die mens opgevaar het, dat Hy triomfeer het oor die dood, dat die tempel en offers nie meer nodig is nie, dat die Seun sit aan die regterhand van God in die hemel.

Kyk gou na die KJV.
Mat 24:30 And then shall appear the sign of the Son of man in heaven: and then shall all the tribes of the earth mourn, and they shall see the Son of man coming in the clouds of heaven with power and great glory.

Dit is die teken dat die Seun van die mens ingaan in die wolke, dit was toe Jesus sy regmatige plek in die Hemel ingeneem het.

In vers 34 klaar Jesus enige verwarring oor wanneer die dinge gaan gebeur uit, wanneer hy daardie geslag daaraan koppel. Dit is tog dan duidelik dat Jesus nie daar na Sy wederkoms verwys het nie, daai geslag is verby. (Ek het op stadium gedink die geslag verwys na die geslag van Christus maar dit blyk nie so nie)

Mat 24:34 Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.


Dan wil ek jou gou terugvat na die O.T.

Eze 32:7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.
Eze 32:8 Al die skynende ligte aan die hemel, di sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.

Dit is deel van Ezekiel se profesie oor die vernietiging van Egipte, ons weet ook dat dit gebeur het, tog is die donker skynende ligte nooit in die geskiedenis opgeteken nie. Die punt is, dit was 'n manier van praat vir die Jode. Net soos 'n rus nie vandag gaan verstaan wat jy bedoel met, die kalf is in die put of die koeel is deur die kerk, sonder 'n afrikaanse agtergrond nie, netso het ons 'n joodse uitkyk nodig om die idioom te verstaan.
Jy kan nou verder soek en jy gaan tientalle voorbeelde kry wat dieselfde is.

Jesaja oor Edom:

Isa 34:4 En al die lerskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos n boek en al sy lerskare val af soos n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom.
Isa 34:5 Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.

Ons weet tog die hemel is nie letterlik opgerol nie.

Jesaja oor Babelonie:

Isa 13:10 Want die sterre van die hemel en sy Orons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.

Dit was 'n algemene manier van praat.

Chris

454
10-16-2017, 03:34 AM
Hein

Hierdie is jou woorde.

"Gaan kyk hoe hul verduidelik die verskil oor verdrukking en God se wraak, en hoe dit ons gaan raak. "


Verduidelik asseblief nou eenkeer reguit vir ons. Hoekom se jy God gaan wraak neem en teenoor wie?

Wie is die verdrukker en wie neem wraak?

Asseblief.

Chris

Hein
10-16-2017, 03:50 AM
Hein

Nee Hein, ek het die video deurgeworstel met die hoop dat ek iets sou leer. 'n Mors van tyd, tog is ek dit aan myself verskuldig om seker te maak van my feite. Ek is seker jy het nie die video gekyk nie anders sou jy agtergekom het dat die man 'n paar van jou gelofies wat jy uitgespel het op die blad vernietig. Kyk gerus, jy gaan skaam kry.

Ek het die gedeelte oor Jesus se koms in die Hemel al vir jou mooi verduidelik. Ek plak dit weer hier. Laat weet watter gedeelte jy nie verstaan nie.


Hein Let op, dit is die teken wat verskyn, nie Jesus nie.

Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Mat 24:32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle l hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Mat 24:34 Voorwaar Ek s vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Daar bestaan 'n persepsie dat die gebeure oor die hele aarde gaan plaasvind, dit is verkeerd en die verwarring is as gevolg van vertalings.

Die woord aarde daar moet wees land, met verwysing na die beloofde land van die Jode. Klein foutjie wat 'n wereldse verskil maak.
(G1093
γῆ
gē
ghay
Contracted from a primary word; soil; by extension a region, or the solid part or the whole of the terrene globe (including the occupants in each application): - country, earth (-ly), ground, land, world.)


In vers 30 lees ons sal die teken verskyn, nie die Seun nie, die teken. Wat is die teken? Die teken is die vernietiging van die tempel en al die Joodse stamme rou daaroor.

Dit was die teken vir die Jode dat die Seun van die mens opgevaar het, dat Hy triomfeer het oor die dood, dat die tempel en offers nie meer nodig is nie, dat die Seun sit aan die regterhand van God in die hemel.

Kyk gou na die KJV.
Mat 24:30 And then shall appear the sign of the Son of man in heaven: and then shall all the tribes of the earth mourn, and they shall see the Son of man coming in the clouds of heaven with power and great glory.

Dit is die teken dat die Seun van die mens ingaan in die wolke, dit was toe Jesus sy regmatige plek in die Hemel ingeneem het.


Chris

En daar maak jy jou naam weer krater Chris, met jou dwase redenasies. Jy beweer dus met jou dwase redenasie dat Jesus dus in 70 AD opgevaar het na die hemel, ipv 50 dae na Sy opstanding. Sjoe, jy is darem bitter slim...of is dit nou slim vang sy baas...

Vir die wat nie verstaan wat ek hierbo bedoel nie. Chris toon aan die groot Openbaring verdrukking het reeds plaasgevind in 70 AD, maar slegs in Israel. Maar dit het volgens Chris in 70 AD gebeur met Nero se inval in Jerusalem.
So volgens Chris se dwase redenasie, as Christus dus direk na die Chris Israel verdukking opvaar, dan was dit 70 jaar daarna wat hy opgevaar het...

Nou hoe verf jy jouself uit die hoek uit?

454
10-16-2017, 10:36 AM
Hein

Jy het nou al drie gebeurtenisse deurmekaar. Onderskei asb, ek het nerens gese dit verwys na Jesus se hemelvaart nie. Die gedeelte wat jy aanhaal verwys nie na Jesus se hemelvaart of Jesus se wederkoms nie. Dit verwys na die teken van Jesus se koms, dit is Jesus se oordeel wat oor die Jode kom.

Weereens moet jy onthou met wie praat Jesus hier. Mense wat vertroud is met Joodse beeldspraak, jy is nie en daarom verstaan jy nie. Hier is 'n kort les.

Psa 18:9 (18:10) En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.
Psa 18:10 (18:11) En Hy het op n grub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.
Psa 18:11 (18:12) Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.
Psa 18:12 (18:13) Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.
Psa 18:13 (18:14) En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.

Psa 104:2 wat Uself omhul met die lig soos met n kleed, wat die hemel uitspan soos n tentdoek;
Psa 104:3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
Psa 104:4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.

Joe 2:1 Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby
Joe 2:2 n dag van duisternis en donkerheid, n dag van wolke en wolkenag; soos die mreskemering, uitgesprei oor die berge, kom n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal h tot in die jare van die verste geslagte nie.

Nah 1:3 Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

Zep 1:14 Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar.
Zep 1:15 Di dag is n dag van grimmigheid, n dag van benoudheid en angs, n dag van woestheid en verwoesting, n dag van duisternis en donkerheid, n dag van wolke en wolkenag,
Zep 1:16 n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die ho hoekvestings.
Zep 1:17 En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.

Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Mat 24:29 En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Kan jy die ooreenkoms sien Hein? Wanneer die dissipels Jesus vra oor Sy koms, vra hulle nie oor die wederkoms duisende jare weg nie, hulle vra oor die koms van Sy oordeel soos Hy gespreek het.

Mat 24:2 En Jesus s vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek s vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en s: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wreld?

Jesus vertel Sy dissipels van die vernietiging van die tempel, die einde van die era van Moses wat op hande is, dink jy nou regtig die dissipels spring nou duisende jare verder? Komaan Hein.

Kyk gou hier.

Mat 23:34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gsel en van die een stad na die ander vervolg,
Mat 23:35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagara, die seun van Bergja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
Mat 23:36 Voorwaar Ek s vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

Jesus, veroordeel die addergeslag en belowe hulle, al die regverdige bloed wat vergiet is sal oor hulle kom. Dink jy dit het gebeur of het Jesus gelieg? Jesus kan nie lieg nie, dit is presies wat gebeur het tot en met 70NC. Dit is die teken van die koms van die seun van die mens, almal het dit gesien. Dit is geskiedenis. Opgeteken, moenie Jesus se woord in twyfel trek nie.

Chris

454
10-16-2017, 10:37 AM
Hein

Hierdie is jou woorde.

"Gaan kyk hoe hul verduidelik die verskil oor verdrukking en God se wraak, en hoe dit ons gaan raak. "


Verduidelik asseblief nou eenkeer reguit vir ons. Hoekom se jy God gaan wraak neem en teenoor wie?

Wie is die verdrukker en wie neem wraak?

Asseblief.

Chris

454
10-16-2017, 10:51 AM
Hein

Jy het 'n uitdaging omdat jy weier om te aanvaar dat Jesus se offer voldoende was vir jou sonde. Jy bly glo dit is Jesus en jou eie oulikgeid/selfpoging wat jou redding is. Solank jy dit glo sal jy nooit besef jy is 'n heilige nie en voor jy nie na jouself as 'n heilige kan kyk nie sal jy nie God se genade verstaan nie.

Chris

Hein
10-16-2017, 11:41 PM
Hein

Jy het nou al drie gebeurtenisse deurmekaar. Onderskei asb, ek het nerens gese dit verwys na Jesus se hemelvaart nie. Die gedeelte wat jy aanhaal verwys nie na Jesus se hemelvaart of Jesus se wederkoms nie. Dit verwys na die teken van Jesus se koms, dit is Jesus se oordeel wat oor die Jode kom

Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Mat 24:29 En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.


Kan jy die ooreenkoms sien Hein? Wanneer die dissipels Jesus vra oor Sy koms, vra hulle nie oor die wederkoms duisende jare weg nie, hulle vra oor die koms van Sy oordeel soos Hy gespreek het.

Mat 24:2 En Jesus s vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek s vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en s: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wreld?

Jesus vertel Sy dissipels van die vernietiging van die tempel, die einde van die era van Moses wat op hande is, dink jy nou regtig die dissipels spring nou duisende jare verder? Komaan Hein.

Chris

Nee Chris, jammer. Jy verdwaal ALWEER ! JY DWAAL GROOTLIKS !

Hoe moeilik is dit vir jou om in te sien wat jy hier kwytraak? Jy toon aan dat die verse verwys NIE na Jesus se koms in die hemel(opvaart), maar OOK NIE Sy wederkoms nie.
Jy toon aan dis SLEGS 'n teken...

Ag nee my maat, hoe kan jy so dwaas redeneer? Gemaklikerwys laat jy die volgende vers uit:
Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

So wat jy eintlik aantoon is dat die "teken" sy engele uitgestuur het???? Om wat dan te doen?


Die volgende verwys na NIKS anders nie, as Jesus se wederkoms, na die verdrukking aan die einde van die dae:
Mat 24:29 En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom(WEDERKOMS) op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur(MAAI) met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel(MAAI) uit die vier windstreke(ORALS IN DIE WERELD), van die een einde van die hemele(ORALS) af tot die ander einde daarvan.

Daar is geen ander logiese verduideliking daarvoor nie, en dit stem 100% saam met al die ander gedeeltes in die Bybel oor Jesus se wederkoms.

Hoe blind moet jy wees om dit nie raak te sien nie?
Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en s: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding(einde) van die wreld?

Ag nee Chris, regtig!

As jy al hierdie verse wil verander en jou dwase redenasie wil gebruik, BLY DAAR GEEN WEDERKOMS van Christus oor nie. Besef jy dit !
Wat jy met jou preterist-futurist-victotious bygelofie doen, is om Jesus se wederkoms TOTAAL EN AL uit die Bybel te haal.

JY DWAAL GROOTLIKS!

Hein
10-17-2017, 01:15 AM
Kom ons toets jou dwase stelling wat jy maak dat Mat 24:30 aantoon dat dit slegs ‘n TEKEN is en slegs OORDEEL oor die Jode is in 70AD?

Jy skryf:
“Dit verwys na die teken van Jesus se koms, dit is Jesus se oordeel wat oor die Jode kom.”

Sal jy asb die volgende gaan bestudeer Chris?
1. Weet jy dat selfs baie van die Israelitiese Jode tot met Jesus se wederkoms nie gaan glo in Hom as Messias nie?
2. Weet jy dat slegs ‘n klein oorblyfsel uit die Jode gered gaan word met Jesus se wederkoms? (Rom 9:27)
3. Weet jy dat Jesus met Sy wederkoms weer die tempel gaan verwoes, want die verwoester sit op die troon en maak of hy God is. Die “abomonation” moet verwoes word, die satan wat God laster in daai tempel. (Dan 7:25 ; Opb 13:6)
4. Weet jy dat die dier en al die konings van die aarde met Jesus oorlog gaan voer met Sy wederkoms in Israel (Jerusalem) ? (Opb 19:19-21)

Vergelyk nou hierdie tekens van Christus se wederkoms aarde toe wat in Matt 24, Sag 14 en Joel 2 opgeskryf is, en jy sal sien dis presies dieselfde. Maak ‘n studie daarvan Chris !!! Eers as jy ‘n studie daarvan maak sal alles sin maak. God se Woord is WAARHEID.

Hierdie is Christus se wederkoms, en dit stem 100% saam met Matt 24
Zec 14:1 Kyk, daar kom ‘n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
Zec 14:2 Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
Zec 14:3 En die HERE sal uittrek en stryd voer teen di nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
Zec 14:4 En in di dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem l, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
Zec 14:5 En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussa, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
Zec 14:6 En in di dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
Zec 14:7 En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.
Zec 14:8 En in di dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
Zec 14:9 En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in di dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.

Joe 2:30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.
Joe 2:31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.
Joe 2:32 En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE ges het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.


Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en s: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wreld?

Mat 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Mat 24:28 Want oral waar die dooie liggaam l, daar sal die aasvols saamkom.
Mat 24:29 En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Al 3 die gedeeltes se TEKENS stem 100% ooreen met Jesus se wederkoms aarde toe om die skape van die bokke te skei op die hele aarde.


Toets nou jou dwase stelling dat Matt 24 slegs ‘n TEKEN is van Jesus se koms in die hemel was, en die OORDEEL oor die Jode was, met die volgende verse.
Jy sal sien dat daar REEDS verskeie skrifgedeeltes is oor Jesus se koms in die hemel, en dit lyk so:
Joh 20:17 Jesus s vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en s vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Luk 24:50 En Hy het hulle uitgelei tot by Betni. En Hy het sy hande opgehef en hulle gesen.
Luk 24:51 En terwyl Hy hulle sen, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

Mar 16:19 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
Mar 16:20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.

Wie het vir Jesus sien kom in die hemel Chris? Slegs ‘n paar dissipels !!! Matt 24 wys slegs op Jesus se wederkoms aan die einde van die aarde, wanneer almal Hom gaan sien kom. ALMAL!

Ook toon jy dwaas aan dat Matt 24 die oordeel oor die Jode is????

Jy weet tog self dat DAAR SLEGS 1 OORDEEL gaan wees, en dis met Jesus se wederkoms! Dis al!
Mat 25:31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
Mat 25:32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
Mat 25:33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.


Ek laat jou weer om die Skrifte te gaan ondersoek !!!

454
10-17-2017, 01:58 AM
Hein

Ek sou graag vir jou al die kennis op een slag op 'n skinkbord wou gee, maar ek kan nie. My tyd is beperk, ek tik stadig en jy weier om die videos te kyk, so dan moet jy maar geduldig wees dat ek jou alles met 'n lepel probeer ingee.

Nee Hein dis nie slegs 'n teken nie, dit is gebeure wat plaasgevind het op aarde, die gebeure op aarde en die hemel, was fisiese tekens vir gelowiges en ongelowiges, sigbaar vir almal om te kan sien dat Jesus in Sy koninkryk gekom het.

Hein dit is presies wat gebeur het en opgeskryf is in die geskiedenis boeke, Jesus het dit voor die tyd in detail profeteer, jy weier om die Bybel of Jesus te glo lees dan wat se geskiedenis skrywers.

Josephus (A.D. 75) - Jewish Historian
"Besides these [signs], a few days after that feast, on the one- and-twentieth day of the month Artemisius, [Jyar,] a certain prodigious and incredible phenomenon appeared; I suppose the account of it would seem to be a fable, were it not related by those that saw it, and were not the events that followed it of so considerable a nature as to deserve such signals; for, before sun-setting, chariots and troops of soldiers in their armour were seen running about among the clouds, and surrounding of cities. Moreover, at that feast which we call Pentecost, as the priests were going by night into the inner [court of the] temple, as their custom was, to perform their sacred ministrations, they said that, in the first place, they felt a quaking, and heard a great noise, and after that they heard a sound as of a great multitude, saying, "Let us remove hence" (Jewish Wars, VI-V-3).

A supernatural apparition was seen, too amazing to be believed. What I am now to relate would, I imagine, be dismissed as imaginary, had this not been vouched for by eyewitnesses, then followed by subsequent disasters that deserved to be thus signalized. For before sunset chariots were seen in the air over the whole country, and armed battalions speeding through the clouds and encircling the cities.

Tacitus (A.D. 115) - Roman historian
"13. Prodigies had occurred, but their expiation by the offering of victims or solemn vows is held to be unlawful by a nation which is the slave of superstition and the enemy of true beliefs. In the sky appeared a vision of armies in conflict, of glittering armour. A sudden lightning flash from the clouds lit up the Temple. The doors of the holy place abruptly opened, a superhuman voice was heard to declare that the gods were leaving it, and in the same instant came the rushing tumult of their departure. Few people placed a sinister interpretation upon this. The majority were convinced that the ancient scriptures of their priests alluded to the present as the very time when the Orient would triumph and from Judaea would go forth men destined to rule the world." (Histories, Book 5, v. 13).

Eusebius of Caesarea (A.D. 325)
"For before the setting of the sun chariots and armed troops were seen throughout the whole region in mid-air, wheeling through the clouds and encircling the cities" (Eusebius' Ecclesiastical History, Book 3, Ch. 8).

Hoekom antwoord jy nie my vrae nie? Ek wil baie graag eerlike antwoorde daarop he.

Chris

Hein
10-17-2017, 04:53 AM
Chris kyk gou mooi en let op:

Chris, nt die 11 dissipels kan gered word en hemel toe gaan, want Jesus het hier nt met hulle gepraat:
Joh 6:67 Toe s Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
Joh 6:68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
Joh 6:69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.


Weer praat Jesus hier nt met die Jode, so Chris, dis nt hul wat hemel toe kan gaan:
Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 5:25 Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.


Chris, almal kan maar sondig, want Jesus het nt met die man gepraat.
Joh 5:14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom ges: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

Chris, almal kan maar owerspel pleeg, want dis nt aan hierdie vrou gese dat sy dit nie mag doen nie
Joh 4:16 Jesus s vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
Joh 4:17 Die vrou antwoord en s: Ek het nie ‘n man nie. Jesus s vir haar: Jy het reg ges: Ek het nie ‘n man nie;
Joh 4:18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid ges.


Chris, nt die 11 Joodse dissipels sal wonderwerke kan verrig, niemand anders nie.
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
Joh 14:14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Hein
10-17-2017, 04:59 AM
Ek wil jou nog iets wys Chris, KYK GOU-GOU hierna.

Soos jy kan sien is AL Jesus se vyande reeds deur ons AS SY KINDERS ‘n voetbank vir Jesus se voete gemaak met Sy wederkoms. Almal is gered wanneer Jesus terugkom en daar is GEEN vyande van Jesus OP AARDE nie, ALMAL IS GERED:
Rev 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle lers versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy ler.
Rev 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Rev 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die vols is versadig van hulle vlees.

454
10-17-2017, 05:08 AM
Hein

Rerig?? Jy kan beter as dit doen, probeer weer.

Ek het jou bo gevra om 'n paar goed te verduidelik. Ek vra jou weer asb. Dink mooi want die vrae gaan moeiliker word.

Hierdie is jou woorde.

"Gaan kyk hoe hul verduidelik die verskil oor verdrukking en God se wraak, en hoe dit ons gaan raak. "


Verduidelik asseblief nou eenkeer reguit vir ons. Hoekom se jy God gaan wraak neem en teenoor wie?

Wie is die verdrukker en wie neem wraak?

Ek dink jy gaan dit snap.

Chris

454
10-17-2017, 05:23 AM
Ek wil jou nog iets wys Chris, KYK GOU-GOU hierna.

Soos jy kan sien is AL Jesus se vyande reeds deur ons AS SY KINDERS n voetbank vir Jesus se voete gemaak met Sy wederkoms. Almal is gered wanneer Jesus terugkom en daar is GEEN vyande van Jesus OP AARDE nie, ALMAL IS GERED:
Rev 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle lers versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy ler.
Rev 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Rev 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die vols is versadig van hulle vlees.

Hein jou stelling is reg maar Openb 19:20 is nie van toepassing daarop nie.

S415
10-17-2017, 08:43 AM
Ons was nou vir vier weke sonder telefoon en Internet so ek kom nou eers daarby uit om deur die video's te begin werk so verskoon asseblief dat ek so ver teruggryp op hierdie draad ...


Kyk weer na die ou, dit maak sin en ons hoef nie om moeilike vrae te systap nie.

ALLES waarna die spreker hier verwys was nog altyd wat ek werklik begin het om die Woord te lees vir my wesenlike vrae ... hierdie vrae het onder andere gemaak dat my broer sy rug op enige geloof in God gedraai het omdat niemand tot nou toe nog sy vrae kon beantwoord nie.

Ek sal meer moet lees en kyk, maar hierdie is werklik vir my insiggewende inligting en maak so absoluut sin dat dit eintlik vir my skrikwekkend is dat ek op hierde relatiewe laat stadium van my lewe eers hierdie inligting moet kry ...

454
10-17-2017, 11:50 AM
S415

Ek self het ook eers onlangs hierdie waarhede ontdek. Selfs nadat ek tot bekering gekom het en 'n pad met God begin stap het, het ek altyd gewonder of ek God regtig kon vertrou. Hoe vertrou mens iemand wat vir jou lyding, wraak en ellende beplan? Hoe vertrou mens God wat se Hy is liefde, maar Hy regeer met vrees. Dit maak nie sin vir enige mens wat eerlik daaroor gaan sit en dink nie.

Ek kan nou getuig dat God daardie leuens waarmee ek grootgeword het ontbloot het en dat die waarheid my vrymaak. Ek weet nou God is liefde, my Vader, ek weet dat Hy my liefhet en net die beste vir my en al Sy kinders wil he, dit het my lewe verander. Dankie Jesus!

Hein
10-17-2017, 10:48 PM
Chris kyk gou mooi en let op:

Chris, nt die 11 dissipels kan gered word en hemel toe gaan, want Jesus het hier nt met hulle gepraat:
Joh 6:67 Toe s Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
Joh 6:68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
Joh 6:69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.


Weer praat Jesus hier nt met die Jode, so Chris, dis nt hul wat hemel toe kan gaan:
Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 5:25 Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, daar kom n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.


Chris, almal kan maar sondig, want Jesus het nt met die man gepraat.
Joh 5:14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom ges: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

Chris, almal kan maar owerspel pleeg, want dis nt aan hierdie vrou gese dat sy dit nie mag doen nie
Joh 4:16 Jesus s vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
Joh 4:17 Die vrou antwoord en s: Ek het nie n man nie. Jesus s vir haar: Jy het reg ges: Ek het nie n man nie;
Joh 4:18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid ges.


Chris, nt die 11 Joodse dissipels sal wonderwerke kan verrig, niemand anders nie.
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, wie in My glodie werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
Joh 14:14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Ek wou aan jou toon hoe belaglik dwaas jou redenasie is dat die verdrukking slegs op die Jode van toepassing is, en reeds gebeur het in 70 AD. Jy voer aan dat Jesus dit SLEGS aan daardie dissipels gegee het, en aan hul geslag, en dis jou hoofrede. Nou as jy nie my verduideliking met behulp van bobejaan sielkunde kon INSIEN NIE, dan los ek dit maar net daar.

Hein
10-17-2017, 10:49 PM
Ek wil jou nog iets wys Chris, KYK GOU-GOU hierna.

Soos jy kan sien is AL Jesus se vyande reeds deur ons AS SY KINDERS n voetbank vir Jesus se voete gemaak met Sy wederkoms. Almal is gered wanneer Jesus terugkom en daar is GEEN vyande van Jesus OP AARDE nie, ALMAL IS GERED:
Rev 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle lers versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy ler.
Rev 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Rev 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die vols is versadig van hulle vlees.

Ek wou weereens slegs aan jou toon hoe belaglik dwaas jou redenasie is dat die verdrukking slegs op die Jode van toepassing is, en reeds gebeur het in 70 AD. Jy voer aan dat Jesus dit SLEGS aan daardie dissipels gegee het, en aan hul geslag, en dis jou hoofrede. Nou as jy nie my verduideliking met behulp van bobejaan sielkunde kon INSIEN NIE, dan los ek dit maar net daar.

454
10-17-2017, 11:01 PM
Dankie Hein, maar jy het nie nou met 'n bobbejaan te doen nie. Ek is 'n heilige, 'n kind van God. Is jy?

Hein
10-17-2017, 11:09 PM
Chris, ek het telkemale aan jou verduidelikings gegee, oor en oor. Jy kan dit maar net gaan opsoek en lees. Dis al vir jare en jare aan jou gegee.

Ek het al voor heen vir jou ges jy beskuldig my van goed wat ek nooit ges of bedoel het nie, maar ek is oraait daarmee.

Chris, gisteraand bid ek vir jou, en vra Vader wat ek aan jou moet s, en Hy wys die volgende uit, wat ek vir JOU moet gee:
2Ti 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
2Ti 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerl, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
2Ti 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle DIE GESONDE LEER nie sal verdra nie, maar, OMDAT HULLE IN HUL GEHOOR GESTREEL WIL WEES, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel VOLGENS HULLE EIE begeerlikhede, 2Ti 4:4 en die oor sal AFKEER van die waarheid en hulle SAL WEND TOT FABELS.

Wat jy aanhang met jou preterist-victorious eschatology, is niks anders as dit nie. Jy het gaan soek na iets wat jou geloofsoortuiging sal komplimenteer. Jy het op die internet gaan soek na leraars wat jou gehoor sal streel, na dit waarna jy oorspronklik opsoek was.

Sonder om eers die Woord goed te bestudeer, die Skrifte SELF goed te deursoek, het jy gaan leer by mense wat die waarheid verdraai het, met hul eie interpretasies van die Woord. Heilige Gees lering was nie daar nie.

Ek kan niks anders vir jou s nie, dis al. Soos gewoonlik sal jy die laaste woord wil inkry, my tien teen een weer van goed beskuldig wat ek nooit ges het nie, en dan goed voel oor jouself, want jy het die laaste hou ingekry. Ek’s oraait daarmee.

Jy kan die boonste SKRIF vat, of dit weggooi, dis jou keuse. Dit kom nie van my af nie, dit kom van die Vader af.

Groetnis, lekker soek

454
10-18-2017, 12:31 AM
Hein

Elke liewe draad eindig so. Jy wens my sterkte toe met my soeke. Dankie, dit is 'n onbeskryflike ervaring! Ek kan net weer se, Dankie Here, dankie Jesus.

Voor ek enige boodskap van jou ernstig kan opneem, moet ek eers weet jy is 'n kind van God, ek wil weet jy is 'n heilige, ek wil weet jy glo dat Jesus jou saligmaker is, Jesus alleen nie jy en Jesus nie. Dis net Jesus Hein, uit ons self kan niks goed kom nie.

Ek het jou telkemale reguit gevra of jy 'n heilige is, jy het dit aanvanklik ontken en nou ignoreer jy die vraag. In jou hart weet jy, jy is 'n heilige maar jy weet ook dat wanneer jy dit op skrif erken, jy nie meer al jou bygelofies oor die eindtyd, straf, liefde, vergifnis, ens sal kan regverdig nie. Dit laat my wonder oor jou prioriteite en doelwitte.

Stel my gerus, belei dat jy 'n heilige is en antwoord my vra. Hoe verwag jy om my kop te swaai as jy nie my vrae beantwoord nie? Miskien dan, sal ek minder agterdogtig na jou neerhalende skrywes kyk. So ja daai skrif van jou, sit ek vir eers op ys.

Chris

S415
10-18-2017, 05:58 AM
Hoe vertrou mens iemand wat vir jou lyding, wraak en ellende beplan? Hoe vertrou mens God wat se Hy is liefde, maar Hy regeer met vrees.

Ek het nog nooit enige vrees vir God gehad soos in bang wees nie. Ek het Sy liefde nog altyd verstaan en nog nooit gedink dat Hy met vrees regeer nie.

Ek het wel ongelooflik baie vrae oor dinge wat veral Jesus ges het hoe dit in die hele konteks van die geskiedenis inpas. Ek het ook baie vrae oor waarom ek as kind van die Allerhoogste nie die wonderwerke kan uitleef wat Jesus self ges het ons sal doen op aarde nie. Dit is waarom die video's waarna ek gister verwys het vir my so interessant is.

Vir my is beide van julle (Hein en Chris) se insette tans uiters waardevol want julle dwing my om baie mooi te gaan kyk presies waarom ek glo wat ek glo en seker te maak dat my geloof op die waarheid gegrond is.

Persoonlik kon ek nog nooit die profesie oor bv Suid Afrika verstaan wat praat oor die begin van groot herleweing hier wat uitsprei oor die aarde indien ek dit sien in die lig van "tradisionele" eindtyd interpretasie nie. Jonathan Welton se video's gee vir my 'n totaal ander perspektief op die hele aangeleentheid.

Een feit waaarvan ons nie kan wegkom nie is dat ons van baie, baie lank terug al af goed mislei is en nou is die uitdaging om, te midde van elke tweede en dede ou wat 'n opinie op die Interent kan lig, die waarheid van die valse te onderskei sodat ons werklik by die volheid wat ons reeds in Christus het kan uitkom.

454
10-18-2017, 11:44 AM
S415

Jy is reg ons is vir baie lank mislei. Die eenvoudige antwoord op, hoe ondeskei ons, le in verhouding. Ons werk aan ons persoonlike verhouding met ons Vader. Dit is die groot verskil tussen die ou verbond wat verby is en die nuwe verbond waaraan ons deelagtig is. Ons het die voorreg om met God 'n persoonlike verhouding te he, ons is nie afhanklik van ander mense om by God te hoor nie. Soos wat ons verhouding met God in ons groei gee God ons die wysheid om te onderskei en te leer.

Ek dink Hein het ons vir eers verlaat, so die draad sal waarskynlik bietjie taan. Jy is egter welkom om iets te bespreek waaroor jy wonder, ek het self nog grys areas waarop ek antwoorde soek, een voorbeeld is Jesus se wederkoms. Ek weet Jesus het in die tydperk wat die tempel vernietig is aarde toe gekom, al was dit dan net in die Gees. Ek glo ook dat daar wel 'n wederkoms sal wees wanneer Jesus terugkom. Presies wanneer die Bybel na wat verwys is ek nog nie seker nie. Ons leer heeltyd.

Chris

S415
10-22-2017, 02:36 AM
Ek weet Jesus het in die tydperk wat die tempel vernietig is aarde toe gekom, al was dit dan net in die Gees

Dit is hierdie uitsprake deur die beweging wat volle vervulling van profesie voorstaan wat maak dat ek eers baie versigtig deur hulle "bewyse" sal moet werk. Ek lees wat die sprekers beweer, maaar wanneer ek self teruggaan na die Skrif dan ssien ek nie so mooi wat vir hulle "baie duidelik" is nie.

Ek maak dan maar soos die Skrif ons leer ... ek ondersoek alles en behou die goeie. Op dei einde moet die waarheid iewers in ons gesigte wees want ek glo nie dat die Woord vir ons vol verskuilde geheime gegee is wat net 'n paar mense sla weet nie.

Op die einde van die dag is daar een, en slegs een vereiste om gered te wees en dit is om vir Jesus Christus as my persoonlike verlosser te aanvaar. Of ek die res dan ten volle begryp wanneer my tyd hier ten einde loop gaan nie vi rmy 'n verskil maak nie. Dit inligting bly egter belangrik want ek wil baie graag hulle rondom my, en dan veral my kinders, van die begin af die waarheid leer sodat hule van vroeg af reeds in ons Pa se volheid kan leef.

Ons moet nie bang wees om met mekaar oor die Woord te praat nie ... dit is van te min praat wat die leuen vir so lank kon voortlewe ...