PDA

View Full Version : UN die "Franchisor"



OVS
10-09-2018, 10:19 AM
Met al die praatjies van Seseering deesdae wonder mens hoekom die VVO nie vir Katalonie bygestaan het in hulle poging om te seseer nie?

Die VVO is die "Franchisor" en elke land se regering is "Franchisees" wat 'n "Franchise" toegeken is deur die "Francisor" die VVO. Daar bestaan 'n simbiotiese verhouding tussen die "Franchisees" van elke lidland van die VVO se regerings en die "Franchisor" die VVO. Maw hulle het mekaar nodig om in bewind te bly albei kante toe. Die VVO gee nie baie om hoe elke lidland hulle interne sake behartig nie solank dit binne die ideologiee van wereld oorheersing wat die"Franchisor" koester bevorder. Die "Franchisor" se enigste doel en funksie is om 'n Nuwe Wereld Orde te vestig.

Wanneer aansoek gedoen word vir nuwe "Franchises" en dit krap bestaande "Franchisee's" se "Franchises" om of bedreig dit soos in Katalonie gebeur het en die ander "Franchisees" aanvaar dit nie het die "Franchisor" geen keuse as om die nuwe aansoekers se aansoek om 'n "Franchise" te verwerp nie soos wat in Katelonie gebeur het nie.

Maw die kanse vir Seseering om suksesvol te wees moet die ander lidlande van die VVO dit goedkeur. Net soos wat die Spur Restaurant groep se "Franchisor" nie 'n nuwe "Franchise" gaan toelaat onder die neus van een van sy bestaande "Franchises" nie gaan die VVO nie 'n lidland aanvaar op die grondgebied van 'n bestaande Lidland nie.

Ongelukkig gaan die VVO nie oor goed of kwaad nie, dit gaan oor beheer. Leiers wat hulle mense tot in die grond in onderdruk word soos Konings behandel deur die VVO maar dit pla nie die VVO nie. Die VVO het 'n "Franchise" toegeken en dis al wat vir hulle tel. Die "Franchisor" en "Franchisee" sorg vir mekaar!

Unregistered
10-10-2018, 11:50 AM
Met al die praatjies van Seseering deesdae wonder mens hoekom die VVO nie vir Katalonie bygestaan het in hulle poging om te seseer nie?

Ongelukkig gaan die VVO nie oor goed of kwaad nie, dit gaan oor beheer. Leiers wat hulle mense tot in die grond in onderdruk word soos Konings behandel deur die VVO maar dit pla nie die VVO nie. Die VVO het 'n "Franchise" toegeken en dis al wat vir hulle tel. Die "Franchisor" en "Franchisee" sorg vir mekaar!

Sou interressant wees as ons weer wat die VVO vereistes is om lidland te word en te bly. Ek neem aan Amerika met Trump, en May van Engeland val nie meer lekker in hul planne nie.

Na die Bybel en eindtye... Laat my dink dat die eerste "beast op die wit perd", as conqueror in Openbaring 6 beskryf word, en mooi gedefinieer word as die leeu met 2 arendsvlerke, maw Britanje saam met Amerika....

interressant

Hein

Lukas
10-15-2018, 04:22 AM
OVS. Ek dink dat jy dit baie mooi saamgevat het. Daar is net nog ’n ding wat vir my duidelik uitstaan. Die "Franchisees" se bestuur, of hulle nou nuut of opkomend is, moet die kursus van die "Franchisor" geslaag het en volkome soos die "Franchisor" lyk en dink, om te kwalifiseer.

Die "Franchisor" verdra geen kompetisie nie, en dit het ons in Pole gesien. Die oomblik toe die Poolse regering met ’n opposisie vervang was, wat hulle totaal van die "Franchisor" gedistansieer het, was die hele regering na Rusland genooi, waar die vliegtuig wat hulle vervoer het, afgeskiet was.

Die "Franchisor" laat enige iets tussen opposisie partye binne ’n land toe, mits al die lede deel van dieselfde voorgestelde sisteem is.

In die Sai shells het ons gesien hoe Frankryk en Amerika, saamgespan het om die nuwe rebelse regering omvêr te werp omdat die nuwe president ongehoorsaam was.

Amerika is vandag ’n baie interessante besigheid. Wanneer ’n Demokraat regeer, word die senaat deur die Republikeine beheer en wanneer ’n Republikein regeer, word die senaat deur Demokrate beheer, so word veroorsaak dat die president uiteindelik nie kan regeer nie. Hier by ons sou dit dieselfde gewees het as Luthuli huis, deur die KP beheer sou word.

Daardie verkiesing wat die beheer van die senaat gaan verander, moet nou gebeur en Trump is glo besig om al die nuwe rol spelers in die tronke te stop. Die senaat word tans deur die Republikeine regeer en as die Republikeine hierdie laaste verkiesing wen, het die "Franchisor" ’n groot probleem.

Die intelligensie agentskap in Amerika word deur die Pous en the City of Londen beheer en Trump word tans glo deur die Marines se intelligensie beskerm. In die verlede was dit maklik om ’n Kennedy of Verwoerd tipe regstelling te maak, en ons sal maar moet wag en kyk wat volgende gaan gebeur.

Dit lyk of Putin sy geveg teen die "Franchisor" gewen het en as Amerika dit ook gaan regkry, sal die "Franchisor" ’n paar benoude spronge maak. Die hele proses kan die "Franchisor" wat die VVO en die wêreld tans beheer, maklik ’n 100 jaar, in hulle beplannings vir die wêreld terugsit.

Alles hang van hierdie volgende Verkiesing in Amerika af, en of Trump dit soos Putin gaan regkry om te oorleef.

Unregistered
10-16-2018, 01:10 PM
Trump gaan die volgende verkiesing wen, en vir nog n termyn regeer. Dis geprofeteer

Lukas
10-16-2018, 09:08 PM
As die Demokrate hierdie senaat verkiesing wen, kan Trump herkies word tot hy van ouderdom doodgaan, hy sal niks kan uitrig nie.

Daar is baie profete in die wêreld en Bill Meyer het dit mooi uiteen gesit. Daar is valse profete en ware profete en dan is daar ware valse profete. ( Lees die storie van die onbekende profeet as jy dit nie verstaan nie.)

My ondervinding van profete en mense wat visioene sien is nie goed nie. Dit is gewoonlik mense wat te emosioneel en te bang is.

Ek dink byvoorbeeld aan die eerste keer dat Mandela dood was. EK dink dit was in 2005. Op daardie stadium was daar ’n webblad www.siener.co.za Daardie webblad se lede het hoofsaaklik uit ’n spesifieke denominasie bestaan wat geglo het dat hulle die enigste mense met ’n regop aarde is.

Met die boodskap wat toe geloop het dat Mandela dood is en die regering se stilswye oor die saak, het die mense wat die nag van die lang messe vrees, teen die dakke uitgedryf. En so heet hulle begin profiteer. En die een profeet na die ander het die hospitaal kamer beskry waar Mandela dood is. EN vir die waarheid was die verpleegsters en die dokter in volle besonderhede beskryf asook wat hulle vir mekaar gesê het.

En soos wat die een iets sien duik daar nog drie op wat ook iets gesien het en uiteindelik was die hele groep so opgesweep en gereed om te vlug dat hulle nie meer ’n ook kon toemaak nie.

EN toe verskyn Mandela weer by ’n funksie. Onmiddellik was hierdie profete op hulle perdjies en het weer gesien hoe Mandela se dubbel sy rol vervul.

Daarna was Mandela seker meer as 10 keer dood. Die webblad het sy koers en uithouvermoë teen Mandela verloor en dit het baie stil geword.

En net so sien ek die profesieë teenoor Trump. Die meeste kerke wat profiteer, word deur my as kundalini aanbidders geklassifiseer. En daarom verder te bevestig, het hierdie kerke almal die Pous as hulle geestelike leier aanvaar. Protestante wat nou skielik nie meer ’n probleem met die Pous en dit waarvoor hy staan, het nie.

Net daardie feit alleen behoort vir jou iets te vertel. Profiteer iets wat in die skif getoets kan word en ek sal daarna luiste. Maar profiteer oor mense se toekoms en jy maak jou aan waarsêery skuldig.

Saul was as koning gekies maar hy het sy roeping, outoriteit en uiteindelik sy lewe verloor omdat hy op waarsêers gesteun het.

My Opinie oor Trump.

Elke geslag lewe in die laaste tye en voor elke wêreldoorlog, was die mense elke keer oortuig dat dit die einde was en vir miljoene mense was dit die geval. Maar dit was nog nie die einde van die wêreld nie en dit is ook nie nou die einde van die wêreld nie/ Maar as ons iewers in die tydvak van die tye is, kan dit nou in Openbaring 12 wees.

Indien dit so is dat ons nou in die tyd van Openbaring 12 leef, sal Trump nog ’n paar verkiesings wen en hy sal die Senaat geveg ook wen. Maar as ons nie in daardie tyd is nie, glo ek nie een mens kan seker wees hoe die besigheid hom gaan uitspeel nie.

Maar as ons in die tyd van Openbaring 12 is, sal Trump en Putin nie net die geldmag verslaan nie, hulle sal ook die wêreld regeer soos hulle wil. Trump is nie ’n politikus nie. Hy is ’n sakeman en hy is op die oomblik besig om sy opposisie wat politici is, op ’n baie slim manier uit te skakel.

Indien hy hierdie geveg kan wen en kan oorleef, sal hy ’n baie goeie kans staan om suksesvol herkies te word.

OVS
10-17-2018, 09:28 AM
In die tyd waarna jy verwys Lukas het daar in amper elke dorp een of twee helder geel bordies met www.siener.co.za in rooi iewers gehang. Ek was een van die mense wat gaan kyk het wat op die website aangaan.
Later toe ek die internet en domains beter verstaan het het ek op .co.za Domain Registrations http://co.za/whois.shtml gaan kyk wie die eienaar van die website is. Ek kon nie agterkom wie die eienaar is nie maar kon wel sien dat dit deur 'n agentskap in Belize geregistreer is. Belize is 'n tax haven wat soos julle weet gebruik word om die paper trail van vuil geld en ander papierwerk mee toe te smeer! Dit was opvallend dat die website toe nie behoort aan 'n Afrikaner nie maar dat die eienaar die kennis gehad het om sy digitale spoor mee uit te vee. Dit skree "valse vlag"! My gevolgtrekking is dat iemand "naamloos" in wie se belang dit is om anoniem te bly die www.siener.co.za website destyds gebruik het om Afrikaners deur middel van "profesiee" valse inligting te voer!

Tans behoort die domain aan, Sterling Law Ltd en sy adres is Sterling House, 43-45 Portman Square London W1H 6HN United Kingdom. Laat mens dink ne!

Unregistered
10-20-2018, 03:37 PM
Dirk van Vuuren was destyds die leier/stigter van die valse-vlag "israel" groepie met die naam "Dogter van Sion" (Drogbeeld van Sion) wat onder die "siener.co.za" webwerf bedryf was.

Hy was een van die skrywers van die sogenaamde "Boek van Herinnering" - waaruit die Nuwe Testament verwyder is. Dit was Van Vuuren en sy spul bebaarde dikgat "israel" (agent) bende wat jare gelede "hoed, khakie-en-kaalpoot" met die "Boek van Herinnering" op hulle skote by die Bloedrivier Monument gaan plak het en toe nét só in die Huisgenoot tydskrif verskyn het - alles met die spesifieke doel om die konserwatiewe wittes van SA te "teer en te smeer" en onder húlle (valse-vlag) "label" te adverteer om sodoende die konserwatiewe witmense van SA as die sogenaamde "eng en verkramptes" uit te beeld. Dit was 'n geslaagde intelligensie operasie en hulle het hul doel bereik.

Van Vuuren was ook 'n vurige kampvegter wat baklei het vir "Paulus wat glo nie in die Bybel hoort nie". Dirk van Vuuren ('n regte vuurvreter) bedryf tans 'n "heenkome vir arm blankes" genaamd "Filadelfia" op sy plot by Kameeldrift-Wes in Pretoria.

Amper al hierdie sogenaamde "israel" groepies is valse-vlag en word deur die intelligensie agentskappe beheer en bestuur, insluitend Vaandel en Suidlanders. Bly vêr weg van hierdie valse-vlag gemors af.

"Siener-dit en Siener-dat". Bla-bla-bla !! Enige iets met "Siener" daarin moet met opperste wantroue en minagting bejeën word. Dit vrot van valse-vlag. Bly vêr weg.

Unregistered
10-26-2018, 10:35 AM
My ondervinding van profete en mense wat visioene sien is nie goed nie. Dit is gewoonlik mense wat te emosioneel en te bang is.

Net daardie feit alleen behoort vir jou iets te vertel. Profiteer iets wat in die skif getoets kan word en ek sal daarna luiste. Maar profiteer oor mense se toekoms en jy maak jou aan waarsêery skuldig.
.

Visioen is iets heeltemal anders. 'n Visioen kan nie deur satan gedoen word nie, dis onmoontlik. So wanneer n mens 'n visioen sien, dan is dit geloofwaardig.

454
10-26-2018, 11:25 AM
#8
Verduidelik asb vir ons wat is 'n visioen, hoe herken ons een.

Unregistered
10-27-2018, 10:26 AM
#8
Verduidelik asb vir ons wat is 'n visioen, hoe herken ons een.

Om dit baie eenvoudig te stel.
Jy as kind van God is by jou volle bewussyn. Die prentjie(toneel) wat jy voor jou sien, soos byvoorbeeld die sonsondergang, verander in iets heel anders, en jy sien 'n ander prentjie(toneel), en word dan genoem 'n visioen.
Hierdie visioen is 'n boodskap in toneel formaat, vanaf God.
Nadat die prentjie klaar "gewys" is deur God, verander dit terug na normaal, m.a.w. weer na die werklike sonsondergang toneel.

2Ch 9:29 En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ahía, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?

Eze 1:1 In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.

Eze 40:2 In gesigte van God het Hy my in die land van Israel gebring en my neergesit op ‘n baie hoë berg, en daarop iets wat soos ‘n stad gebou was, teen die suide.

Dan 1:17 En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.

Unregistered
10-27-2018, 04:37 PM
#8 & 10

Die bybelse profete was en is die enigste standvastige en waaragtige persone wat deur God aangestel was en wat gekwalifiseer het om visioene van God te kon sien en interpreteer/verklaar.

Hedendaagse of onlangse sogenaamde “sieners” kwalifiseer GEENSINS as profete of persone wat deur God aangestel is nie - behalwe natuurlik in die skewe koppe van agente wat valse-vlag (“israel”) groepies bedryf, bogstories (soos bv die “man in die bruin/grys pak”) versprei en niks-vermoedende en naïewe witmense daarmee verlei en VALSE HOOP gee.

So, jou “definisie” is geensins bewysbaar of van toepassing as dit byvoorbeeld by Nostradamus, Siener van Rensburg, Johanna Brandt, Jacob Lorber, Judith de Beer, Nancy Lieder, ensovoorts, kom nie; en derhalwe kan sulke tipe “sieners” of “profete” nie erken word of ernstig opgeneem word nie - behalwe natuurlik deur ‘n spul morone en idiote wat klaarblyklik nie tevrede is of vergenoegd is met die bybelse profesieë nie.

OVS
10-27-2018, 06:27 PM
Die laaste deel van die gesprek hoort by die geestelike deel van die forum.

Ongeag of dit iemand se opvatting is dat die gawe van profesie soos vervat in 1 Korintiers 12 in die Nuwe Testament slegs in die Ou Testament gemanifesteer het of nie is die feit dat dit misbruik word deur baie!

Lukas
10-31-2018, 08:27 PM
OVS. Ek stem met jou saam. Die onderwerp kan op die geestelke forum verder bespreek word.

checkvilFef
09-14-2019, 06:51 AM
Instagram Bot Hack Official 2019 (https://comicvine.gamespot.com/profile/igfollowers2020/about-me/)
SEPTEMBER UPDATED!!!!


kw:
Free Instagram Followers Free Trial No Survey 2019 SEPTEMBER
Free Instagram Followers Boost 2019 SEPTEMBER
Free Instagram Followers Without Coins 2019
8000 Free Instagram Followers 2019
Free Instagram Followers Tracker 2019 SEPTEMBER
Free Instagram Followers Instantly Online 2019
Free Instagram Followers Best App 2019 SEPTEMBER
Free Instagram Followers Forum 2019 SEPTEMBER