PDA

View Full Version : Donkerland



Unregistered
10-01-2013, 08:58 PM
Wat dink julle van die uitbeelding, van ons volk op die reeks Donkerland op kyknet. Is dit eendamensoineel of n verdraaing of waarheid?

Unregistered
10-02-2013, 01:33 PM
Alles wat deur Naspers uitgesaai word moet jy maar met n knippie sout vat!

Unregistered
10-03-2013, 07:13 AM
/eerder nie kyk nie

Lukas
10-03-2013, 11:02 PM
Ek dink nie dat ín mens enigsins ín oordeel kan vel as jy dit nie gekyk het nie. Wat die naam betref is dit nogal oorspronklik. Ons het altyd van Donker Afrika gepraat wanneer ons na Afrika lande verwys het wat nie aan ons verbind was nie. Vandag word ons ook vinnig deel van donker Afrika.

Maar ek het die storie nie gesien nie. Verraaiers was ook ín storie wat nogal baie na aan die waarheid was. In Wes Transvaal het dit weer ou wonde oopgekrap en veral wanneer jy die nageslag van daardie spesifieke verraaier self ken. Vir sommige mense is dit belangrik om dramaties na die verlede te kyk. Vir ander is ons nou in die hede. Dit is net goed om te weet waar ek vandaan kom maar dit skryf nie noodwendig die taktiek voor, waarheen ek gaan nie.

Voor die Anglo-Boereoorlog was ons mense se verhouding met die swart man eintlik onverbeterlik. Na die oorlog het ons baklei om weer op die been te kom en in die proses het ons verhouding met die swart man afgestomp. Toe ek klein was en ek kom nou agter dat dit baie verlede is, was dit gebruik om saans huisgodsdiens te hou en die huiswerkers moes ook eenkant sit luister wanneer daar gelees en gebid was. En dan kon hulle soms omgekrap raak as daar nie ook vir hulle, by die naam gebid was nie. Iewers in my kinderjare het daardie gebruik skielik uitgesterf en ek kan nie presies sÍ wat die rede was nie.

Hoeveel Donkerland van daardie verhouding gaan weerspieŽl dit weet ek nie. Miskien is Donkerland ín goeie ding. Ek weet nie wat dit vertel nie maar as dit dieselfde tipe navorsing as die van die Verraaier was, sal dit seker nie sleg wees nie. Miskien sal ek dit self eendag kyk.

Unregistered
10-05-2013, 12:58 PM
Ons vir jou Suid Afrika!

Unregistered
10-05-2013, 11:18 PM
Daardie gesegde het jy 1994 verraai. Waar kom jy nou vandaan?

Unregistered
10-06-2013, 09:02 AM
Dagse

Onthou net een ding.

Om die deursnit Bore Afrikaner se gewoontes en leefstyl uit te beeld gaan nie 'n goeie program of skryfstuk wees nie. Die skrywer gaan soek na iets skokkends, iets wat sensasie gaan uitlok, en die "kyker" gaan vaspen. Verwys jy na die kleur-verwysings in Donkerland.
Deesdae word tv progam vervaardigers ook gedwing om die hele SA te bedien, al word dit op Kyknet uitgesaai.

En ook, as daar 2 of 3 uit 50 000 manne, so bietjie oor die kleurgrens gaan wei het, dan is dit waaroor die mense praat, nie oor die 99% wat in eie volkere gebly het nie. Daar mag ook 10-30%(miskien selfs groter) wees, waarvan mense net nooit uitgevind het nie, omrede dit in die geheim gedoen was,

Jy sal maar jou eie oordeel moet volg. Ek het na 1 program dirt net nie weer gekyk nie, dit was maar te "below average" tv program te stadig, te veel gepratery...

Groetnis, Hein

Lukas
10-07-2013, 12:25 AM
Wel, ek het toe ín punt gemaak om vandag na ín opname van Donkerland te gaan kyk. Die program beeld glo flitse oor elke 25 jaar van ín familie se geskiedenis uit. Dit begin glo by die groot trek. Die Boereoorlog en hoe die politiek, ín familie uiteindelik uitmekaarskeur skeur.

Die program wat ek vandag gekyk het, was in die tyd toe die Nasionale party sy eerste verkiesing gewen het en hoe fanaties die mense daardie tyd oor hulle politiek gevoel het. Dit was nie in die storie nie maar dit was in daardie tyd wat mense met kettings, knuppels en ysters onder hulle baadjies versteek, na politieke vergaderings gegaan het. Die twee groot partye van die tyd was die Nasionale party (Natte) en die verenigde party (Sappe) Die natte en die sappe het gereeld mekaar se vergaderings met geweld ontwrig. Dit is baie soos wat ons dit vandag in die swart politiek sien.

Ek dink dat dit interessant gaan wees om te sien hoe die storie verder gaan ontwikkel. My vermoede is dat die twee seuns wat ek vandag gesien het, in twee rigtings gaan ontwikkel. Die een gaan fanaties oor sy volksgevoel word en die ander gaan ín ANC medewerker word. Al gaan dit seer wees om te kyk, glo ek nie dat dit onwaar sal wees nie. Dit sal vir gesinne soos Kolonel Jan Breytenbach en sy broer Breyten Breytenbach baie onsmaaklike herinneringe terugbring.

As ek self terugkyk na die politieke geskiedenis, dink ek nie dat die Natte of die Sappe of die ANC en sy maatjies reg was nie. Ons volkie het nie net sy eie beheer tydens die Anglo-Boereoorlog verloor nie. Ons het na die Anglo-Boereoorlog ons koers, ons roeping en ons beheer oor die land, tot vandag toe, totaal verloor. Die antwoord was nie binne die Natte se denke of binne die Sappe se denke nie. Die antwoord was iewers tussen die twee denkrigtings en ons het dit gemis.

Ek sal sÍ dat ín mens dit maar kan waag om na Donkerland te kyk. Die storie sal van nou af, weer die potensiaal hÍ om die verdeeldheid onder ons volkie te verskerp. My vermoede is dat dit in ín politieke rigting gaan ontwikkel wat die gemoedere gaan opjaag. Maar dit is ook moontlik dat dit ín balans gaan bring waarmee ín mens makliker by die regte antwoord kan uitkom.

Unregistered
10-07-2013, 06:39 PM
Ek volg die besigheid al van die begin af om te sien wat is die vervaardigers se "geur"wat hulle aan ons geskiedenis gaan koppel. Dit kan mos vanuit enige oogpunt /rigting vertolk word om n spesifieke boodskap oor te bring. Sover het dit n erge politieke reuk van die afrikaner is n vark veral teenoor die swarte. So ek sien liberale gatkruipers om die minste te se, wat net nie genoeg daarvan kan kry om sy eie mense te ondergrawe nie. Kom ons kyk of ek my opinie sal kan verander voorentoe soos wat die storie gespin word. Kry die popcorn reg ons word vanaand weer getrash.

Unregistered
10-07-2013, 09:46 PM
Ek kyk dit van die begin af en ek dink dit is redelik gebalansseerd. Dit is tog waar dat die oorlog die verhouding tussen die Afrikaner en die Zoeloe versteur en versuur het. Die Afrikaners het kos soos beeste gesteel om aan die lewe te bly en die Engelse het swartmense met geld gelok om teen die Boere te baklei. Opperman beeld die goed ook so uit. Dit is histories korrek.
Opperman doen ook goed om te wys hoe die verstedelike Afrikaners krepeer het in die myne.
Die reeks van 13 episodes moet n tydperk van byna 2 eeue dek en dit maak dat goed baie onvolledig is. Tot dusver was daar nie te veel wat my gehinder het nie en nee niemand het sover die Afrikaner as n vark uitgebeeld nie. Die swartkwessie word wel geopper en die een broer is baie liberaal en die ander n hardekwas patriot. Dit is tog hoe dit was?
Dit is tog ook waar dat die oorlog dikwels n ongenaakbaarheid by Afrikaners na vore gebring het. Dit is wat oorloe doen. Die hele verloop van die vorige eeu se geskiedenis is baie beinvloed deur die Anglo-Boere Oorlog. Dit is maar net soos dit is en Opperman probeer eerder teen die agtergrond van die Afrikaner se geskiedenis verduidelik hoekom dinge tussen wit en swart begin verkeerd loop het.

Alet

Unregistered
10-11-2013, 08:25 PM
Ja vanuit n liberale oogpunt sal dit seker nie n snar roer nie.

Lukas
10-14-2013, 01:28 AM
Liberaal sÍ jy? Ek dink dat die storie na weerskante toe snare sal roer. Die waarheid is, dat die dinge in ons geskiedenis gebeur het en vandag nog aan die gebeur is. EK dink dat ek nou al kan sien waarheen die storie van die de Wit gesin kan ontwikkel. Maar soos Alet sÍ. Op die oomblik is dit nog redelik gebalanseerd.

Ek wonder net waarom niemand ooit skryf hoe generaal Smuts, wees dogters wat uit die konsentrasiekampe gekom het, aan die IndiŽrs verkoop het om oorlogskuld te betaal nie.

Unregistered
10-14-2013, 06:27 AM
"Ek wonder net waarom niemand ooit skryf hoe generaal Smuts, wees dogters wat uit die konsentrasiekampe gekom het, aan die IndiŽrs verkoop het om oorlogskuld te betaal nie."


Is dit regtig waar? Is daar bewyse of is dit sommer politiek?


Chris

Unregistered
10-23-2013, 09:55 AM
Donkerland is nou daar waar die witmense nie baie goed lyk nie. Hoewel die voorval nie vergesog is nie en baie seuns seker al aan die anderkant van die draad gaan kuier het, lyk die witman na gisteraand se episode vrot.
Ek wag nou vir die volgende twee episodes om te sien of Opperman die moed het om ook ook die slegte kant van die swartman te wys.