PDA

View Full Version : Burglars are using coded chalk symbols



392
10-04-2013, 03:07 PM
Hi Lukas,

Het die op facebook gesien. Beteken dit iets of is dit alweer snert?

Burglars are using coded chalk symbols to let other criminals know whether a property is worth targeting. The marks, dubbed the "Da Pinci Code", are made by would-be thieves to indicate if the house is vulnerable, revealing who is living in the house and whether there is anything worth stealing.

259

IF YOU NOTICE THESE MARKINGS AT YOUR PROPERTY REMOVE IMMEDIATELY
Code: Would-be criminals scrawl the markings on properties to indicate whether the house is worth targeting

Groete,

Lukas
10-04-2013, 03:18 PM
Goeie dag

Ja, daar is baie ooreenkomste en die eerste keer wat ek dit gesien het, was toe ek dieselfde prentjies van Scotland yard gekry het. Dit was deur Sensorbuckbear vir my gestuur om te ontleed. Ek kon die assosiasies op grond van ons eie tekens maak en bevestig dat dit wel deur Afrikane gebruik word. Ons intrepertasie was ook nie dieselfde as wat jy dit hier sien nie.

Maar soos jy dit daar sien, word dit op die oomblik tot Londen Engeland beperk en gaan jy jou tyd mors om hier daarvoor op die uitkyk te wees. Ons swart mense sal verf hoofsaaklik vir graffiti gebruik en nie maklik vir tekens nie.

280

Ek hoop dit help.

Groete

Unregistered
10-14-2013, 06:48 AM
Dit is alles Dan Brown se skuld
2013-10-12 23:07


Claudi Mailovich
Misdadigers in Noordwes het kastig by hul Britse eweknieë gaan kers opsteek oor die sogenaamde “Da Pinci *Code”.

Dit word glo in die noorde van Brittanje deur rowers en inbrekers gebruik om woonplekke met ’n simbool (gewoonlik in bordkryt) te “beoordeel” wat betref toeganklikheid en risiko.

Inwoners van Noordwes is die afgelope week deur dié provinsie se polisie gewaarsku oor die “Da Pinci Code”.

Maar dié verklaring van die polisie per e-pos blyk loutere onsin te wees.

Die simbole dui onder meer aan of ’n huis die moeite werd is om by in te breek, of die “moeilikheidsgraad”.

Die Britse media het in 2009 vir die eerste keer oor presies dieselfde simbole berig en in September vanjaar het dit glo weer in die Manchester-omgewing sy verskyning gemaak.

Hoekom diewe mekaar só broederlik van hulp wil wees, word in geen berig genoem nie.

Kol. Sabata Mokgwabone, wat die bangmaak-e-pos in Noordwes uitgestuur het, het aan Rapport gesê daar was nog geen gevalle waarin dié simboolstelsel in die provinsie gebruik is nie.

Dit lyk asof ’n kollega van Mokgwabone van die simbole te hore gekom het. En toe besluit die Noordwes-polisie om die verklaring uit te reik.

Mokgwabone kon nie sê waar sy kollega aan die inligting gekom het nie.

Hy kon “nie ja of nee” sê op Rapport se vraag of daar wel so ’n simboolstelsel is nie.

“Maar ons kan niks ligtelik opneem nie.”

Dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) sê hy het ook dié e-pos ontvang en het gedink dit is ’n bangmaakgrap.

Hy sê bewerings dat merkers vir misdadigheid in Suid-Afrika gebruik word, loop reeds lankal, en in sekere gevalle was daar wel waarheid in dié stories.

Dié tekens sou glo hoofsaaklik in plattelandse omgewings en op plase gebruik word waar die opspoor van huise nie altyd maklik is nie.

Burger het sy bedenkinge oor voorwerpe wat geplaas sou word om misdadigheid te vergemaklik.

Hy glo selfs nie eens vol posbusse buite ’n woning in stedelike gebiede spoor misdadigers aan nie.

“Jy’t nie vandag hierdie merkers nodig nie. Aanvallers gebruik selfoon- en ander tegnologie. Ek dink dit (merkers) is nou ’n urban legend.”

Burger sê egter dit was uiters onverantwoordelik van die polisie om sonder tasbare bewyse waarskuwings uit te stuur.

“Jy wek onnodige vrees by mense.”

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Dit-is-alles-Dan-Brown-se-skuld-20131012