PDA

View Full Version : Iets om oor te bekommer?



Dolph
10-15-2013, 04:06 PM
Middag julle wou ma net die twee fotos laai en vra wat julle meening is hier oor en of dit iets is wat ons ,onself Moet oor bekommer. Ek kom altyd hier na toe om perspektief the kry , as oom Lukas dalk insig kan gee sal dit ook baie help.

Groete
Dolf
271272

Lukas
10-16-2013, 07:34 AM
Dolph. Omdat die Amerikaanse Black Panthers, skynbaar 地 groot invloed op die Malema ondersteuners het, dink ek dat ons hierdie plakkaat ernstig kan op neem .

Kan julle onthou dat ons in die verlede toe Mandela die eerste keer dood was, 地 paar berekenings gemaak het om die tyd tussen sy dood en die bekendmaking te bepaal. Na die laaste keer wat hy weer 地 paar keer na mekaar dood gegaan het, was daar weer 地 klomp somme gemaak.

Veronderstel dat die bekendmaking van Mandela se dood eerskomende Sondag of vroeg in volgende week sal wees, kan ons aanneem dat daar by die Malema ondersteuners, sekere verwagtings gaan wees. Dit kan beteken dat sommige mense in die slag gaan bly totdat die regering se teenplanne teen so 地 tipe offensief teen wit mense, sal inskop.

Die oomblik wat die regeringsmagte gaan ingryp en die gemors in die bek geruk word, sal die politieke prentjie in die land redelik vinnig verander, omdat die regering dan die nuwe vyand van die ondersteuners sal word, sal ons uit die spervuur kom.

VOORTEKENS VAN 地 AANKONDIGING:

My vermoede is dat die weermag en die polisie reeds 地 paar hotspots gedentifiseer het. Met ander woorde in seker gedeeltes van die land sal ons baie padblokkades sien wat nie net deur die polisie gehou sal word nie. Wanneer ons dus padblokkades kry waarby die weermag alleen of saam met die polisie optree, sal ons weet dat die aankondiging naby is.

RISIKO TYD NA DIE AANKONDIGING:

My vermoede is dat die risiko tyd na die aankondiging ongeveer twee weke sal wees. En na die begrafnis sal daar nog 地 risiko tyd van ongeveer twee weke wees.

WAT SAL ONS DOEN:

Die Suidlanders sal trek en hulle weet dat ons nie op hulle sal kan steun nie. Maar die wat agterbly sal nie veel kan doen voor die eerste moeilikheid uitbreek nie. Ons sal ongelukkig nie vir julle 地 teenplan kan gee voor die eerste mense vermoor word nie. En daar is ook 地 baie goeie rede daarvoor.

Gee ek die teenplan voor die tyd, sal ons verdeling en paniek in gemeenskappe veroorsaak wat enduit tot ons nadeel sal wees, maar wag ons tot die eerste mense seerkry, sal gemeenskappe vinnig luister en saamstaan wanneer julle, hulle byeenroep. Wanneer ons dan die teenplanne gee, sal die hele land saamwerk en sal ons die bedreiging baie vinnig kan stop.

DIE GOEIE NUUS:

Die weermag reken dat hulle reeds genoeg inligting bekom het om n moontlike onstabiliteit so vinnig in die bek te ruk, dat ons heel waarskynlik nooit nodig sal het om ons burgerlike teenplanne te gebruik nie.

Unregistered
10-16-2013, 08:07 AM
VOORTEKENS VAN 地 AANKONDIGING:

WAT SAL ONS DOEN:

Die Suidlanders sal trek en hulle weet dat ons nie op hulle sal kan steun nie. Maar die wat agterbly sal nie veel kan doen voor die eerste moeilikheid uitbreek nie. Ons sal ongelukkig nie vir julle 地 teenplan kan gee voor die eerste mense vermoor word nie. En daar is ook 地 baie goeie rede daarvoor.

Gee ek die teenplan voor die tyd, sal ons verdeling en paniek in gemeenskappe veroorsaak wat enduit tot ons nadeel sal wees, maar wag ons tot die eerste mense seerkry, sal gemeenskappe vinnig luister en saamstaan wanneer julle, hulle byeenroep. Wanneer ons dan die teenplanne gee, sal die hele land saamwerk en sal ons die bedreiging baie vinnig kan stop.




Ek het net een vraag. Wat as hulle internet af sit? Hoe gaan jy jou teenplan by die mense uit kry? Hulle kan moontlik alle komunikasie dood maak om te verhoed dat versterkings op die manier op geroep kan word na probleem areas.

Unregistered
10-16-2013, 09:52 AM
Dit is moontlik om Vodacom in Gauteng met een nommer 13 sleutel, af te skakel deur die ding op die regte plekkie in die regte kassie by hulle kantore in Sandton af te gooi. Maar om dit met Vodacom, MTN, EN Telkom te doen sal nie so maklik wees nie. Terselfdertyd sal dit eerder tot ons voordeel wees as hulle dit sou doen.

Die jeug liggas waaruit die radikale kom, het ooreenkomste met die selfoon organisasies gemaak waar nulle massa boodskappe na hulle lede kon stuur. Soos met die Arabiese lente, sal die internet en selfoon seine vir hulle net so belangrik wees om te organiseer en te bestuur, as wat dit daar was. Daar is geen manier wat hulle n suksesvolle massaoptrede, sonder die hulp van smsse, twitter en die internet kan loots nie.

Hulle getalle is nie naastenby wat dit in die 1990s was nie. Maar toe was die tegnologie nie daar nie en kon hulle nie op die vlak speel waar hulle nou wil speel nie. As hulle ons wil pak gee, het hulle bevel en beheer nodig. En bevel en beheer is slegs moontlik wanneer daar kommunikasie is. Sonder kommunikasie is enige radikale droom op daardie vlak, doodgebore en sal hulle geen impak maak nie.

Die internet sal veilig wees. Die radiostasies sal ook uitsaai en die TV sal ook uitsaai. Wanneer die gort in die vuur is, sal ons die boodskap baie maklik uitkry.

Dolph
10-16-2013, 03:37 PM
Baie dankie vir die andwoord oom Lukas , en anner. Die AKSKA blad is ongelooflik belangrik vir ons wat n berekende besluit wil maak en nie hande in hare wil sit van bekommernis die hele tyd nie. Dit gee ons insig in wat nog kom wat op gegronde navorsing gebaseer is en nie uit die lug getrek word nie.

Lukas
10-16-2013, 04:08 PM
Dankie Dolph vir die boodskap. En dankie D. Ek dink dit pas mooi.


Every once in a while somebody gets it right. This is not yet found in the Oxford dictionary,
a recently "coined" new word found on T-shirts on eBay: Read this one over slowly and absorb the
facts that are within this definition!

Finally, a word to describe our Future.

274

Unregistered
10-16-2013, 08:16 PM
Ons moet ook net mooi kyk of die foto's nie deur iemand gemanipuleer is nie?

Groetnis, Hein

Lukas
10-16-2013, 09:15 PM
Hein. Wat sal dit nou eintlik saak maak. Ek gaan nie so T hemp bestel nie, maar as jy op Youtube Malema se definisie van kapitalis en kommunis gesien het, sal jy met hierdie T hemp se verklaring, verstaan watter tipe ideologie so sal redeneer, soos wat Malema geredeneer het. Of het ek nou die bus gemis.

:cool:Danksy die Ineptocracy is daar nou trappe van vergelykings. Outokrasie, demokrasie en Ineptocracy wat 100% vir die tipe regering voorsiening maak waaronder ons nou leef. Ons het tot vandag nog nooit die regering se optredes verstaan nie, want ons wou dit nog die hele tyd met ander demokrasie in die w靡eld vergelyk.

Maar nou is dit duidelik dat ons nie 地 demokrasie is nie maar iets wat Afrika self uitgedink het en waarvoor 地 wit mens die definisie in 地 woord saamgevat het. Die T-hemp is nie vir my belangrik nie maar die verklarings is.

Unregistered
10-17-2013, 05:33 PM
Oom Lukas,

Wat is die kans dat die poging van MALemma n desperate poging is om weer in politiek betrokke te raak met n entoesiastiese kapitallis agter hom?

Black Wattle

Unregistered
10-18-2013, 09:07 PM
Dagse almal,

Lukas , ek wil hoor by julle wat dink julle, sal die ANC ooit die leisels van die land oorgee aan 'n ander politieke party ?. Die idee wat ek kry is dat hulle nooit die mag van die land sal oorgee aan 'n ander politieke party nie, al word hulle uitgestem by die stembus. Wat Malema en sy Eff gespuis aanbetref, dink julle die anc sal hom ooit weer terugvat, want vir my lyk dit asof Malema al sy brue agter hom afgebrand het met die Anc. Hy het nie net vir zoompie sleg gese nie, maar ook die Anc in sy geheel beledig. As Malema terug gaan Anc toe sal sy volgelinge ook dink dat hy hulle verraai het. Daar is duidelik "bad blood" tussen die anc en die eff gespuis, soos wat vandag gebeur het in Diepsloot, of is dit maar net vir die skyn ?

Frankryk het hierdie week kontrakte met die regering gesluit van biljoene rande, vir die opgradering van die spoor netwerk en ook vir Eskom se sonkrag netwerk. Hulle sal mos nie bele as die regering omver gewerp gaan word deur Eff wat alles wil nasionaliseer en steel nie of hoe?

Andre vraag wie befonds Malema, is dit dit Robber Mugabe of dalk 'n ander groep, want hy het in 'n baie duur motor opgedaag by Marikana.

Net 'n ander punt i.v.m. die telekommunikasie netwerk in SA. Dit is so dat die netwerk binne 5 minute afgeskakel kan word, maar wat ook moontlik is , is om net sekere zones af te skakel en ander aktief te los. So kan byvoorbeeld die cell torings en data comms in die swart gebiede aanbly, maar hulle skakel alles in die wit gebiede af- dus los dit ons blind, hoe dan gemaak?

Dankie julle

Casper

Unregistered
10-18-2013, 09:50 PM
Dit is wat ek bedoel het met die vraag. Ek het swart kennise en hulle het vir my ges die anc het hom uit geskop en in hulle o is hy wat malema is nie meer deel van hulle nie en het hy niks vir hulle te s nie. MAAR my vraag is: Indien hy dit reg gekry het om n paar ZAR'e of USD agter hom te kry (genoeg vir n mooi pre verkiesings masker) is dit nie moontlik dat hy genoeg stemme kan kry deur presies te s wat die werklose, honger en somigge gierige publiek wil hoor nie?

Kom ons Skets n scenario: die DA kry 30%, ANC 50, EFF 10% en di res 10. Gaan die ANC werklik vir hom die deur wys as sy syfers hulle baie Nader aan 2/3 meer derbies gaan bring? Onder watse reels en wanneer mag partye saam smelt of oorloop???

BW

Lukas
10-21-2013, 11:19 PM
Black Wattle, Teen my verwagting in, is daar wees wit mense wat Malema finansieel steun om in die politiek terug te kom. Nie net wit mense nie, daar is groot moondhede ook by Malema se terugkoms in die politiek betrokke. Dit sal interessant wees om te sien hoe dit ontwikkel.

Casper. Ek gaan jou laaste vraag eerste antwoord. Wanneer hulle regtig massa-aksies teen die blankes beplan, sal dit van geen waarde wees as hulle die netwerke in die blanke gebiede afskakel nie. Vir so 地 groot operasie sal hulle kommunikasie nodig h. In Rwanda toe die sosiale netwerke nog nie bestaan het nie, het hulle van die nasionale radiostasies gebruik gemaak, maar in Suid-Afrika sal dit nie werk nie. Die weermag het reeds gereedgemaak om so 地 moontlikheid te onderdruk en hulle sal dit nie toelaat nie. Sosiale netwerke en smsse is die enigste manier wat 地 mens so 地 groot operasie van die grond kan kry.

Frankryk sal nie verloor nie. Die EFF sal nie hierdie verkiesing 地 groot merk maak nie. Al sou dit moontlik wees en al sou hulle nasionaliseer. Frankryk verkoop 地 produk waarvoor die staat verantwoordelik is om te betaal. Die staat en die regering is baie nou geweef maar die regering is nie die staat nie en Frankryk is nie 地 land met wie jy sukkel om jou skud te betaal nie.

Ja, daar is Bad blood tussen Malema en 地 ANC faksie. Ook tussen Malema en die PAC en ook tussen Malema en APLA, maar Malema se politieke loopbaan is so halsstarrig soos Mandela se lewe en Mogabe se ouderdom. Dit hou skynbaar net nie op nie.

Die ANC is nie 地 politieke party nie maar 地 bevrydings organisasie. Daar is baie woelinge binne die ANC maar wanneer dit by die verloor van mag kom, sal hulle dit afstaan, maar nie sonder hofsake en 地 groot baklei nie. Die ANC sal alles strategies en takties moontlik doen om hulle mag te behou. Tog glo ek dat hulle redelik weerspannig sal wees om 地 nederlaag te erken.

Wanneer die volstruis vir die ANC die windpomp tref, moet ons nie verbaas wees as die ANC 地 koalisie met Cope en die Eff vorm nie. Dit kan baie moontlik wees.

Unregistered
10-22-2013, 02:48 PM
Baie dankie vir die antoorde Lukas, maak sin wat jy se. Net nog een vraag, wat is die moontlikheid dat "iemand" , Malema permanent kan uithaal . Want soos jy ook gese het daar is baie partye/ faksies wat sy klomp nie mee oor die weg kom nie. Die rede hoekom ek vra is ons weet tog in die verlede het die Anc van sy eie mense "uitgehaal" as hulle nie bal wou speel nie. Ek praat nou van as mens in die nuus lees een of ander kokkedoor is sommer in sy oprit geskiet- daai tipe van ding.

'n Ander opservasie is wat ek gesien het onlangs in Sowetan (ek kyk altyd die kommentaar daar), toe die een of ander ou van die VFP+ gese het, wittes het nie alles gesteel in die land nie. Laaste wat ek gesien het was daar oor die 500 comments, behalwe laat die meeste ons wittes se ma's se mo.... uitmekaar vloek , het daar een ding vir my baie duidelik vorendag gekom nl. die swartes is erg jaloers op blankes , maar is ook vreeslik bang vir ons. Dieselfde ding het gebeur so 2 weke terug met Sunette Bridges en kie se Red October petiese.....

Dankie
Casper.

Lukas
10-22-2013, 10:57 PM
Malema en Mogabe het iets in gemeen. Hulle maak hulleself baie gehaat en niemand kry dit oor hulle hart om hulle na die groot troppie te laat deurbreek nie. Nie lank gelede nie wou die SAKP en APLA hom vermoor. Toe draai hy die PAC en laat hom deur die PAC gebruik en skop die ANC in die gesig. Die ANC s toe dat hulle hom in 地 klein botteltjie gaan plaas wat hulle ook gedoen het, maar toe sy geld opdroog, was daar weer ander magte wat hom finansier. Soos sake nou staan word hy by die dag gewilder en hoe gewilder hy word, hoe moeiliker word dit om hom van die kaart af te vee.

Jy is doodreg dat swart mense net so jaloers teenoor ons is as wat hulle vir ons bang is. Die grootste deurbraak wat ons nog gemaak het, was by Barkley toe die boere sonder vrees kalm gebly het. 地 Bang mens maak gewoonlik 地 groot geraas en toe die boere het (as gevolg van kennis) geen emosie getoon het nie. Die uitwerking van daardie kalm gees, na die wrede moorde, was op die swart gemeenskap merkbaar sigbaar. Van die swartes het uit hulle eie begin om aan die boere inligting te gee. En dit is nog 地 ding wat ek in my lewe gesien het. Wanneer ons begin krag wys, kom skuil selfs die swartes by ons vir beskerming.

Mense kan soms dom dinge doen deur emosioneel teenoor die tipe toenadering te staan. Maar as ons nie swart mense het wat ons goedgesind is nie, is inligting ook buite ons bereik. Maar wanneer ons inligting het, is ons voorkoming waarde teen misdaad, meer as verdubbel.

Unregistered
10-23-2013, 10:07 AM
Hoewel ek in die begin nie te negatief teenoor die Red October aksie gestaan het nie, het ek nadat ek S Bridges se verklaring gelees het al meer my bedenkinge gehad. In beginsel het ek nooit gedink mens hoef stil te bly oor dit wat in die land aan die gang is nie maar die hele aksie het te veel van witvrees gespreek.
Aksies soos Red October skep nogal verdeeldheid tussen mense en maak dat witmense nie sien dat hoewel daar na my mening werklik n wit volksmoord is nie, daar wel ook n geweldige groot groep swartmense is wat nie daarmee saam stem nie.
Die media asook Red October sien nie een die situasie in die land vir dit wat dit is nie. R.O is ongebalansseerd na die regse kant terwyl die media oordrewe polities-korrek en liberaal is.
Iewers tussen die vrees van R.O en die ontkenning van die liberaliste le die waarheid saam met baie welwillendheid en dit is waar ons moet wees.
Alet

Janna
10-23-2013, 01:14 PM
Soos die

http://www.youtube.com/watch?v=-UpzR8CCocM

Lukas
10-23-2013, 10:09 PM
Alet ek dink dat dit wat jy hier raaksien, baie mooi in Barkly-Oos bewys is. 地 Bang mens raas en dreig maklik. Dit is ook die maat, waaraan die swart mense en veral die radikale element, ons geestestoestand meet. Ons weet uit ondervinding dat swart mense meester intimideerders is, maar ook dat hulle net so maklik gentimideer word.

Na die boere in Barkly verstaan het wat die oorsaak van die moorde was en ons daarvoor bedank het dat hulle weer rustig sal kan slaap, het daar iets gebeur. Die kalm gees van die boere na die gebeure het so groot invloed op die swart gemeenskap gehad dat die swart mense saam met die wit mense by die hof gaan betoog het. En dit was die swart mense wat geskree het dat die aanvaller nie borg mag kry nie en dat hulle eerder wil h dat die polisie die aanvaller aan hulle moet oorhandig om self met hom af te reken.

Selfs die swart polisiemanne het so hardhandig met die knaap gewerk dat hy wit kolle op sy vel uitgeslaan het. Daardie wit kolle het ek in die verlede nog net by dooie swart mense gesien. En aan daardie witkolle kan ek julle verseker dat die polsie nie sag met die knaap gewerk het nie. Maar toe gaan maak hy mos 地 saak teen die polsie en versoek toe ook om deur 地 swart dokter ondersoek te word om sy saak te bewys. Die swart dokter vra hom toe waarom hy die ou mense vermoor het. Toe hy s, dat die ou mense nie die kluis wou oopsluit nie, het die swart dokter hom vertel dat hy niks makeer nie en hom uit die spreekkamer gejaag.

RO het presies die teenoorgestelde uitwerking op die swart mense wat die RO aksies gemonitor het. Die SAKP maak beswaar dat hulle speelding nou deur bang witmense gesteel is en oor die algemeen is daar meer kritiek as erkenning. En terwyl die kritiek op RO die RO mense meer boos maak en daardie boosheid aan die swart mense die gerustheid gee dat die wit man nog bang is, kry hulle moed. En solank die wit man bang en vreesagtig wil bly, sal hulle op daardie vrese van die witman kan eskaleer.

Watter kant toe die ding ook al speel. Ons sal die gesindheid van vrees nooit kan verander nie. En ons sal die persepsie onder die radikale swart man, omtrent ons aggressie ook nie kan verander nie. Hiermee s ek nie dat al die organiseerders vreesagtig was nie. Maar vrees dat ons ekonomie gaan tuimel. Vrees dat die aanvalle nooit gaan ophou nie. Vrees dat ons kinders deur propaganda tot ondertrouery oortuig gaan word. Vrees dat dwelms ons kinders gaan insluk. Vrees dat ons van al ons besittings beroof kan word. Vrees dat die polisie nie die misdaad onder beheer kan kry nie, is alles faktore wat tot 地 sekere gedrag bydra. En daardie gedrag gee aan ons vyande die gevoel van oorwinning.

Maar hiermee s ek ook nie dat ons niks moet doen nie. Om terug te sit en te wag tot dit ons beurt is, is ook nie reg nie. Maar wanneer ons by ons eie huis begin om die misdaad geleenthede tee te werk, sal ons teen misdaad en moorde begin wen.

Ek het van een dorp 地 baie interessante statistiek gehoor. Vyf van die sowat 300 boere in een polisie sektor is by misdaad betrokke. Daardie vyf boere stimuleer misdaad, en verskaf aan meer as 73 misdadigers 地 lewe deur misdaad. Baie misdaad in hierdie land word uiteindelik deur ons eie Afrikaanse wit volkie lewendig gehou. Wat dit erger maak is dat die ooms dan, omdat hulle gerespekteerde lede van die gemeenskap is, Sondae in die ouderlingsbanke sit.

My gevolgtrekking is dat ons ou volkie baie sieker is as wat ons dink. Wat misdaad betref is ons niks beter as die swart mense nie. Dit is so erg dat ek ,wanneer ons nie tot die misdadigers kan deurdring nie, al in die verlede vir Kobus ges het om met sy werk bakkie , as 地 boer in die lokasie moet gaan navra doen. Wanneer ons dit doen kry ons toegang, omdat die bendelede die boere voetstoots as mede kriminele vertrou. Op die manier het Kobus om ons bevindinge te bewys, al 35 duisend liter diesel met sukses teen R4.00 per liter bestel. En dit was die eerste dag wat hy as 地 boer, gesteelde diesel wou gaan koop.

Omdat ons net die misdadigers wou destabiliseer het ons nooit vir die finale transaksie, om die diesel wat toe van Johannesburg gekom het, opgedaag nie.

Die punt is. Ons moet eers bymekaar uitkom, voor ons die groter probleme in ons lewens wil aanvat. Ons sak die wit misdadigers ook aan die pen moet laat ry voor ons die respek van Afrika sal verdien.

Unregistered
10-24-2013, 08:10 PM
Hallo almal,

Lukas jy het nou 'n baie waar ding gese. Wit mense is van die grootste skelms wat jy kan kry. Net hierdie week is daar in die Oos Vrystaat 'n boer en 5 swartes gearresteer vir vee diefstal. Hy (boer) is die meesterbrein agter alles. Die swartes steel die beeste, bring dit na sy plaas toe. Hulle slag dan die beeste en verkoop die vleis aan swartes wat begrafnis hou. Die boer kyk sy mede plaas eienaars in die oge, dan laat steel hy hulle beeste, wat se tipe mens is dit?

A.g.v my werk is ek op bystand basies 24 x 7 . As ek op uitroep is in die aand is dit verbasend om te sien as ek huistoe ry, hoeveel van die wit mans met duur motors stop en prossies optel. Party by wit vrouens, maar die meeste is swart prossies. Ek sien ook baie Vrydae/Saterdae aande hoe die boere stop en met hulle bakkies die swart prossies optel. Jy sal nie glo nie, maar party van daai meisies is 15 jaar oud .

Hier is van die Negiereers wat bordele bedryf, wat uitsluitlik gemik is op wit kliente. Die meeste van hulle meisies is swart/chinees of kleurling, blykbaar is die kleurlinge ook baie gewild onder die boere.

En om te dink vanaand as hy by die huis kom ,klim hy agter mamma se rug in, en sy weet van niks nie...... werklik walglik !!!!!

Sondag sit hulle met hulle vroom gesigte in die kerk banke...

Dan wil ons nog weet hoekom dit so sleg gaan met ons volkie ???

Groetnis

Casper

456
10-26-2013, 10:22 AM
Om aan te sluit by Alet en Lukas.

16 Oktober: Barkley-Oos plaasmoorde: Die swart mense protesteer hewig.

17 Oktober: Daniel Knight word in Himeville vermoor: Die publiek, hoofsaaklik swart sing struggle liedjies: "Protesters sang struggle songs. 敵od said do not kill, so why do you kill? their placards read. 溺urderers must rot in jail and 哲o bail for hammer murderers.
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Stop-the-slaughter-farm-attack-protesters-20131023

18 Oktober: Meshack Masondo word 17 keer voor sy huis in Johannesburg geskiet en sterf. Meshack Masondo het op my buurplaas geboer, maar sy werklike beroep was skrywer. Hy het misdaad novels geskryf wat as voorgeskrewe boeke in swart skole gebruik word. Hy het ongeveer 400 000 boeke vekoop. Meshack was seker een van die grootste "gentlemans" wat ek geken het. Hy het altyd oor Desember, wanneer hy plaas toe gekom het, my kom besoek.
http://bookslive.co.za/blog/2013/10/23/rip-zulu-crime-novelist-meshack-masondo/

21 Oktober: Willem Weites 78 jaar oud word op sy plaas naby Ngome Vryheid by sy melkstal dood geskiet. Sy seun was saam my 'n student baie jare gelede. Sover my kennis strek is sy moordenaars nog nie aangekeer nie.

Van die boere wat vermoor is die afgelope tyd was 3 swart boere en as Meshack by getel word, 4. Wat dit se is dat misdaad nie beperk is tot blankes nie. Swartes ly die meeste daaronder. Kyk maar wat het die afgelope tyd in Diepsloot gebeur. Daardie mense is die moer in en die polisie moes ekstra mannekrag en gewapende wagte ontplooi om die skuldiges teen die publiek te beskerm.
http://ewn.co.za/2013/10/21/Diepsloot-suspect-linked-to-other-crimes

As ons na al die dinge kyk, moet ons hande vat met die swart burgers van die land in een gesamentlike poging teen misdaad.
RO mag dalk een van die maniere wees om dit te doen. RO so na my beskeie mening 'n baie groter impak gehad het as hulle swartes meer betrek het daarby.

456
12-09-2013, 06:41 PM
Die moord op oom Weites was volgens 'n inligtingsbron 'n "statement" moord. Daar was 'n grondeis op sy plaas, wat die oom teengestaan het.
Die geld wat geroof is, is 'n bysaak en het moontlik gedien as betaling vir die moord.

Unregistered
12-09-2013, 10:44 PM
Wat beteken RO

Unregistered
12-09-2013, 11:49 PM
Red October. Die aksie wat daar was met ballonne wat in die lug opgestuur was