PDA

View Full Version : Barkley- Oos Plaas aanval



baardman
10-17-2013, 01:04 AM
Naand Almal

Wie bly in barkley oos wat vir ons dalk bietjie meer inligting het t.o.v die moorde van die oom en tannie. Daar is glo niks uit die huis uitgesteel nie. Wat vir my baie intresant is , is die voorblad nuus wat dit nou ewe skielik weer kry. Voorheen sal mens mooi moes lees om dit raak te lees tussen al die ander berigte.


Groete

B

wouterf164
10-17-2013, 08:03 AM
Het die voorblad nuus nie nou maar iets met die bohaai wat RO gemaak het te doen nie? Dit was skokkend daar was 7 moorde in 48 uur 4 van hulle was swart kinders onder 3 en die ander 3 was oumense gewees. Ons bid en vertrou dat Dawie deur trek indien nie was dit 8 moorde in 48 uur 50% wit 50% swart. Ek laat sak maar net my kop vir die gemors.

SA419
10-17-2013, 09:07 PM
Naand da
Ek was op die toneel, daar is niks uit die huis weg nie omdat die aanvaller gestuit is deur die egpaar se dogter wat daar angekom het, hy het geskrik en op die vlug geslaan. Die aanvaller wou toegang tot die wapen kluis h maar het nie die oom se samewerking gekry nie.

Unregistered
10-18-2013, 09:23 AM
ek dink Naspers plaas nou meer berigte oor die tipe goed om sy lewers te paai. Daar is mos n boikot omdat hulle die volksmoord verswyg

Lukas
10-21-2013, 10:14 PM
EK is weer terug na baie kilometers agter die rug. Eers was ek na Barkly om die toneel te besoek en om te sien wat ek daaruit kon leer. Daar was baie lesse en die slegte deel daarvan is dat hierdie moord met die regte kennis, baie maklik voorkom kon wees. Maar kom ek by die begin, begin.

AGTERGROND:

Die aanvaller wat alleen gewerk het, het twee of drie jaar gelede saam met sy maatjies ook dieselfde mense beroof. Hulle was by n badkamer venster in, wat nie kan toemaak nie. Die badkamerdeur loop in die kamer uit, langs een van die twee bedjies en dit is baie maklik om die mense van daar in hulle beddens te verras.

Na die vorige roof waar hulle geld en n vuurwapen geroof het, het die spesifieke aanvaller glo volgens ons informasie na Lesotho gegaan waar hy by n paar gewapende rowe betrokke was, voor die Lesotho polisie hulle glo gevang en tronk toe gestuur het. Dit is die informasie wat ons tand het en wat nog nie bewys is of dit die waarheid is nie.

Volgens die polisie en lede van die gemeenskap was die oumense wat nou onderskeidelik 86 en 85 jaar oud was, gewaarsku dat hulle weer beroof kan word, as hulle nie die badkamer venster sou regmaak nie.

Binne drie weke nadat die aanvaller glo sy tronkstraf in Lesotho uitgedien het, het hy glo na Barkly teruggekeer waar hy grootgeword het en waar hy ook gematrikuleer het. Die aand van die moord het hy saam met sy suster in n sjebien gekuier, toe sy suster glo vir hom ges het om weer n wapen te gaan haal. Hy is toe glo van daardie sjebien reguit deur die veld, na die plaas waar hy naby die huis, eers agter die dam gesit en dagga gerook het. Nadat hy genoeg gerook het en genoeg moed bymekaargemaak het, is hy weer by dieselfde badkamer venster in, waar hy n paar jaar gelde in was. Die badkamerdeur loop in die hoofslaapkamer uit. Dit kom langs die een bed uit en hy kon die ou mense maklik van daar verras.

DIE AANVAL:

Toe die mense in hulle beddens verras was, het die tannie die paniekknoppie op haar selfoon gedruk, wat haar dogter wat n dokter in die dorp is, wakker gemaak het. Die dogter het toe dadelik teruggebel waarop die aanvaller die foon drie keer geantwoord het en ges het dat dit die verkeerde nommer was. Na die derde keer het hy die die foon gebreek.

Hy het toe die seun se keel en ooglede gesny sodat die bloed in sy o, hom onskadelik sou maak. Hy het die oom toe na die spens geneem waar die kluis is. Daar kon hy skynbaar nie die oom oortuig om die kluis oop te sluit nie en hy het die oom toe vermoor. My vermoede is dat hy die tannie toe gevat het om die kluis se sleutel te gaan haal. Die tannie was op pad na n gedeelte van die huis wat nooit gebruik of bewoon word nie. Op pad na daardie deel van die huis, het hy haar met n mes doodgesteek.

Hy het daarna haar bloed gevat en toe teen die muur geskryf voor hy by n venster, langs die voordeur uit is. Toe hy deur die venster spring, was die dogter reeds naby die voordeur, waarop die dogter en die aanvaller mekaar ontmoet het. Hy het die dogter se selfoon glo van haar nek geruk en voor hy gevlug het, het hy vir haar ges dat die oumense nie nie die kluis wou oopmaak nie. Daarna het hy gevlug sonder om die dogter enige verdere leed aan te doen.

Binne 11 ure na die aangeval was die krimineel toe deur die polisie gearresteer. Sy bebloede klere wat deur die suster glo by die long-drop wegsteek is, wat ook deur die polisie gevind is.

VRAE:

Die volgende vrae het toe in die gemeenskap ontstaan.
1. Was die aanval vooraf beplan?
2. Was die aanval polities
3. Het hy gegaan om die oumense te vermoor
4. Waarom het hy dit so wreed gedoen
5. Waarom het hy nie die doter ook vermoor nie.
6. Waarom het hy 666 teen die muur geskryf?

1. Was die aanval vooraf beplan?
Ek het die area deeglik ondersoek en daar was geen aanduiding dat hy wel die roof vooraf beplan het nie. Een van die huisbediendes het wel n inbraak beplan vir Sondag 03 November 2013 22:04 waar sy die voordeur vir die diewe moontlik sou oop los. Maar daardie beplanning was nog nie voltooi nie.

Die bediende was nie by hierdie moord betrokke nie en die aanvaller het totaal op sy eie gewerk.

2. Was die aanval polities.

Die aanvaller was n krimineel en in die lig van die sosio-ekonomiese omstandighede wat deels deur die politiek veroorsaak word, het sy daad nie n politieke motief gehad nie. Hy het uitsluitlik gegaan om n vuurwapen en geld te gaan haal.

3. Het hy gegaan om die oumense te vermoor?

Sy aanvanklike beplanning was nie om die mense te vermoor nie. Maar sy waardelose jeug waar hy nooit die waarde van lewe of respek vir lewe geleer het nie, het veroorsaak dat hy geen beheer oor sy emosies en optrede gehad het nie.

4. Waarom het hy die mense so wreed vermoor?

Toe hy kwaad word omdat hy nie sy sin kry nie, het hy nie vir sy woede n grens of n dak gehad waar redelikheid eindig nie. Hy het totaal beheer oor homself en sy dade verloor en dit as geregverdig beskou omdat hulle nie die kluis vir hom wou oopsluit nie.

5. Waarom het hy nie dogter ook vermoor nie.

Daar is twee moontlikhede waarom hy haar nie ook vermoor het nie.

A. In sy benewelde brein het hy geweet dat die oproepe wat hy aanmekaar gekry het, moontlik tot n reaksie van die gemeenskap kan lei. Toe die dogter daar stop, het hy die voertuig gehoor maar nie geweet hoeveel mense daar was nie. Hy kon nie waag om die dogter ook aan te val nie omdat die moontlikheid te groot was dat iemand anders wat moontlik daar kon wees, hom op heterdaad kon doodskiet.

B. Die ander moontlikheid was omdat hy nie n aksie teen die dogter gehad het nie. Hy was vir die ou mense kwaad omdat hulle nie die kluis wou oopsluit nie en daarom het hy hulle vermoor. Maar hy het niks teen die dogter gehad nie en daarom ook geen woede teenoor die dogter openbaar nie. Dit is waarom hy aan haar sy optrede wou regverdig deur aan haar te verduidelik waarom hy die ou mense vermoor het.


6. Waarom het hy die nommers 666 teen die muur geskryf ?

275

Die 666 bende is n satanistiese bende en dit lyk of die 666 en die 777 bendes hulle merke op misdaad tonele los sodat hulle dade, a, vrees in die gemeenskap kan inboesem en 2, sodat hulle hulleself as wreedaards bekend kan maak.

Daar was in sy huis genoeg dokumentasie gevind wat hom moontlik aan die 666 bendes kan verbind.

Kon die misdaad voorkom kon word ?

Die misdaad kon verseker voorkom gewees het. Wanneer die ruit wat stukkend was, reggemaak was, sou die kanse vir die moord met meer as 90% verminder ge wees het.

Sleutel beheer sou n verder voorkoming waarde gehad het. Wanneer hulle al die vertrekke wat nie gebruik word nie, se deure van die gang se kant gesluit het, kon hy wel by n venster inbreek maar dan in n vertrek land waar hy vrder in die huis kon ingaan nie. ( Dit sou die aanval nog verder bemoeilik het.)

Wanneer n gemeenskap reg georganiseerd is, soos wat daardie gemeenskap is, is die kanse baie baie goed dat jy al jou besittings tydens die arrestasie kan terugkry. Die informasie waarop die polisie gereageer het om die misdadiger te arresteer, het van n lid van die gemeenskap gekom wat ook betrokke is by die gemeenskap se poging teen misdaad.

Dit beteken dat die oom ook nie nodig gehad het om vir sy besittings in die kluis te baklei nie. Al daardie besittings sou binne 11 ure weer teruggevind gewees het, as hy die misdadiger sy gang laat gaan het.

Gevolgtrekking:

Die moord was nie nie nodig nie en die hele aanval kon voorkom gewees het as die ou mense net n bietjie veiligheid bewus was.

Waarneming:

Die ekonomiese druk op die swart gemeenskap is baie hoog. Slegs n baie klein persentasie van hulle het werk en hulle moet hulle families wat nie werk het nie, met kos en geld onderhou. Die druk onder die swart gemeenskap om te oorleef, is ook van so aard dat emosies baie hoog loop en hulle mekaar baie maklik vermoor. Daar is in die aangrensende areas aan Barkly-Oos meer as 250 swart op swart moorde per jaar.

Dink mooi daaroor. Moord word deel van n oorlewing kultuur en hoe swaarder die lewe word om te oorleef, hoe sterker word daardie kultuur. Die mense wat kos produseer word by die dag groter en teikens en dit word by die dag vir ons meer en meer belangriker om slim te leef.

Om veiligheidsbewus te leef is n groot stap in die regte rigting.

DIE VERGADERING IN BARKLY.

Tydens die vergadering in Barkly het die gemeenskap baie vrae gehad wat almal bevredigend beantwoord was. Die gemeenskap op die vergadering was baie kalm en geen mens het die vergadering verlaat voor dit afgehandel was nie.

Unregistered
10-23-2013, 09:51 AM
Ek het Rapport se berig oor die voorval net gelees tot waar daar geskryf is oor die badkamervenster se knippie wat net nooit reggemaak is nie. Dis waar ek nie verder wil weet nie want my woede teen slagoffers word elke dag groter as my woede teen die wreedaards.
Hoekom het ons mense so n groot doodswens?
Wat maak dat ons mense rooi balonne die lug instuur, elke sinnelose petisie met ywer teken maar nie hul eie huise kan beveilig nie. Gaan n hele geslag mense uitgewis word voordat die res weer gaan leer hoe Afrika werk? Het die bloeitydperk van die Afrikaner in die vorige eeu hom so saf gemaak dat hy, hoewel hy in getalle en materiele dinge vooruit geboer het, nou die prys betaal?
Is n oumens wat in n onveilige huis bly en n jong maniak wat teen 300km per uur op n motorfiets jaag nie presies ewe onnosel nie?
Ek wonder elke dag meer oor die goed.
Alet

Unregistered
10-23-2013, 11:08 AM
http://img24.imageshack.us/img24/4645/fgly.jpg

Unregistered
10-23-2013, 11:08 AM
Die ou lyk nog baie lus vir skiet. Lukas, jou weergawe, Beeld se weergawe en die foto se weergawe vertel drie verskillende stories...

Unregistered
10-23-2013, 12:23 PM
Hier kan gesien word hoe selfs die Polisieman aandag gee aan die teken wat hy met sy hande gee. Probeer self daardie teken maak en dink jou dan ook in jy is geboei. Nie n (ge)maklikke en natuurlike hou van hande nie, n?

http://img69.imageshack.us/img69/3645/u2iy.jpg

Unregistered
10-23-2013, 03:25 PM
Hoe verskil al die weergawes dan?

Unregistered
10-24-2013, 06:53 AM
Ek sal ook wil weet wat verskil, ek het nie die koerant berig gelees nie. Die een ding wat ek hier lees oor die venster knip laat my dink aan my skoonpa se byl en deurskuiwer. Hy het die gewoonte gehad om altyd die byl in sy agterplaas te los en nie weg te sit nie. Die byl het in n blok gestaan by sy skyfdeur wat baie sleg of omtrent nie gesluit was van die binnekant nie, vanwee n te klein en disfunksionele skuiwer. Na telke male se aanspreek het hy die gewoonte van die byl gebreek. Die skuiwer het my ook gepla en het toe eendag n ordentlike een gekoop en ingesit, sodat jy nie die deur van buite kon oop vorseer nie. Hierdie optredes het ek te danke aan onder andere akska, en sal oral waar ek gaan mense meer aandagtig maak rakende veiligheid ens. n Klein verskilletjie tussen geleentheid/aanval en oorlewing, maar so leer ons en sal ons volk moet leer om vrese te veruil vir Godelike insigte en wysheid. Selfs dan soos ons oorwinnings behaal het ons niks om op te roem nie maar net genade van God. Staan vas

Lukas
10-24-2013, 08:57 AM
Staanvas. Die Beeld het bevestig wat ons gese het. Dit is net die opskrif wat verwarrend kan wees as jy nie die berig lees nie.

Hier is dit


Plaasmoord-woede oorskry alle grense
Verdagte hoor by hof: Jys n satan!



Pieter Steyn
Woensdag 23 Oktober 2013

BARKLY-OOS. Wys die f****r se gesig vir ons! het lede van die gemeenskap hier geskree toe die 22-jarige beweerde moordenaar gister uit die landdroshof, met n swart lap om sy kop, in die polisievangwa geklim het.

Jys n satan! Jy sal vrot in die tronk, het Maggie Thethekwa, gemeenskapsleier op die dorp, vir Thulani Khetane, die vermeende moordenaar van David (87) en Ralie (86) de Villiers, geskree.

Lede van elke sfeer van die gemeenskap het gister voor die vervalle hofgebou gesing, gedans en geskel.

Voertsek hond! het hulle onder meer gesing.

Khetane is deur landdros P. Ngindo afgejak toe hy sy regterhand opgesteek het, klaarblyklik om iets te s.

Die hof het gehoor die vermeende moordenaar het talle vorige veroordelings en sake wat steeds hangend teen hom is.

Die aanklaer, Zipho Sobekwa, het ges die staat sal borgtog teenstaan wanneer Khetane volgende Dinsdag om borgtog sal aansoek doen.

Geen fotos van Khetane se gesig mag gister geneem word nie, aangesien dit kan inmeng met die uitkenningsparade wat deel van die ondersoek vorm.

Hy is n bekende gesig op die dorp.

Hy was totdat hy 16 jaar oud was, in n plaaslike kinderhuis, het Thethekwa ges.

Bruin, wit en swart het voor die hof rooi en wit ballonne vasgehou as simbool van bloed en vergifnis.

Khetane staan tereg op twee aanklagte van moord, een van poging tot moord en huisbraak met die doel om te vermoor.

Skuins oorkant die hof word die De Villiers-egpaar vandag om 14:00 uit die NG kerk begrawe.

My boodskap mre (vandag) gaan oor die een vaste ding in di deurmekaar wreld God, ons anker in die werklikheid van die wreld, het dr. Jannie Richter, leraar van die gemeente, ges. ) Die vermoorde egpaar se seun, Dawie (53), is ernstig in die aanval beseer. Hy het ook verskeie meswonde opgedoen.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein waar hy behandel word, s Dawie is steeds in n stabiele toestand in die intensiewesorg-eenheid.

Hy is steeds aan n ventilator gekoppel en ontvang verdowing.

Appelgryn het vroer ges hulle het Saterdag begin om hom te speen van die ventilator, maar die proses is nog nie voltooi nie.

Lukas
10-25-2013, 11:13 PM
Die Volksblad het die huidige gebeure nogal mooi op beeld saamgevat. Dit is op youtube

http://www.youtube.com/watch?v=1bNxk0o_Src&feature=youtu.be


http://www.youtube.com/watch?v=1bNxk0o_Src&feature=youtu.be

SA419
10-27-2013, 09:42 PM
Ja Lukas, het die video gesien, die mesne, (wit, bruin en swart) is baie ongelukkig.
Van die mense se inligting is net verkeerd, maar sal dit maar vir hulle los.