PDA

View Full Version : Aanslae op boere al hewiger!



Staan vas
10-24-2013, 09:33 AM
Ek plaas hier onder n skakel wat navorsing van TLU [ontnugterdes] insluit soos berig in Burger. Kortliks hierdie jaar 181 plaasaanvalle waarvan 54 moord opgelewer het teenoor verlede jaar se 171 met 63 as moord. Ons kan hierin sien dat daar n toename was in aanvalle, maar dat die moord syfer laer was. Die ander faktor wat uitstaan is n verskuiwing of konsentrasie van aanvalle wat geskuif het na Oos Kaap en Natal. Kyk na die statistieke en neem waar dat daar party plekke n hoe aanval syfer was, maar dat die moord statistiek proporsioneel bae laer is as Kaap bv. Hoe ook al dis duidelik dat Noordwes[34], Gauteng[35] en Mpumalanga[41] steeds erg deurloop. Oktober maand staan ook uit met sy 19 aanvalle en 12 moorde en lyk of hulle ekstra moeite gedoen het. TLU blameer Malema met sy grondonteienings beleid as faktor vir die toename. Enige rede kan seker gevoer word vir die aanvalle, die feit bly staan aanvalle verskerp en dit hou nie op nie. Boere bly n sagte teiken en net soos wat boerdery erenstig opgeneem word moet hierdie aanslag ook erenstig aangespreek word. Ons sal moet voortgaan om ons eie planne te maak en na ons self te kyk. Die staat en ander is blind vir waste bedreigings dit op die langer duur vir ons land inhou. Goeie mense verhoudinge met werkers, sowel as om geleenthede van misdaad te identifiseer en te bestuur, tesame met kennis van tekens om aanvalle te beplan is ook n stap in die regte rigting. Met gebed en wysheid/insig van bo sal ons staande bly deur hierdie aanslag wat nie net op plase woed nie, maar ook in dorpe onder alle groepe.

http://www.dieburger.com/nuus/2013-10-24-aanslae-op-boere-raak-l-hewiger

Staan vas.