PDA

View Full Version : Klein treetjies



S417
10-27-2013, 02:42 PM
Ek sien Raport het Swartberg ISS is weer in die nuus. http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/777s-teister-boervrou-20131026


777’s teister boervrou
2013-10-27 00:02

Artikelopsies
Deel
Kry Rapport op

293

Dié dooie lam is op ’n Vredefort-plaas gelaat waar diewe skape wou steel.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's

Jana van der Merwe

’n Vrystaatse boervrou het gedink die sogenaamde tekens waarmee misdaadbendes geteikende eiendom vir mekaar sou “merk”, is loutere bog.

Totdat sy sélf geteiken en geteister is.

Dié middeljarige vrou is erg geskok deur die wreedaardige moord op die De Villiers-egpaar, David (87) en Ralie (86), van die plaas Broadlands buite Barkly-Oos. Die egpaar se gestremde seun, Dawie (53), is ernstig beseer in die aanval.

Die vrou het op voorwaarde van anonimiteit met Rapport gepraat.

Die syfers 666 en woorde wat lyk soos “Devil On” is waarskynlik in Ralie de Villiers se bloed bo haar lyk teen die muur geskryf.

Die beskuldigde, Thulani Khetane (22), verskyn Dinsdag weer in die landdroshof op Barkly-Oos. Volgens ingeligtes na aan die ondersoek het Khetane in Lesotho by die 666-bende betrokke geraak.

Verskeie bendes, waaronder BTK (Born to Kill) en Izinyoka (Slange) is sedert 2006 met minstens vier soortgelyke moorde in die Vrystaat verbind.

Die boervrou glo nóg ’n bende, die 777’s wat uit die 666’e spruit, was in November 2011 betrokke by die moord van die 54-jarige Thomas Ferreira van die plaas Riversford naby die Tom’s Place-oord buite Bloemfontein.

Sy sê dieselfde bende het haar daarna begin teister. Sy glo dis omdat sy familie van Ferreira is, in dieselfde omgewing woon én te veel vrae begin vra het. Die groot vraag wat by haar bly spook het ná Ferreira se dood, is hoe die aanvallers geweet het hoe om toegang te verkry tot die dubbele omheinde plaashuis. Ferreira was ook die eienaar van die Shell-vulstasie by die oord.

Die vrou sê sy het later vasgestel van Ferreira se werknemers wat op sy plaas gebly het, is lede van die 777’s. Sy beweer hulle het Ferreira se oorspronklike werknemers “uitgewerk”.

Petrol-diefstal was ’n groot probleem, maar Ferreira het kort voor sy dood die strop nouer om dié diewe begin trek.

Lukas Swart, ’n misdaadkenner van Pretoria, glo die 777’s het ’n “moordbende” gekry om Ferreira te vermoor omdat hy hul bedrywighede oopgevlek het.

Drie mans is vir die moord op Ferreira gevonnis. Niks is dié moorddag gesteel nie, en bewerings van ’n verbintenis met die 777’s is nooit bewys nie.

“Baie mense hier dink ek is gek,” sê die vrou. “Daar word vir my gesê die booswigte kan mos selfone gebruik. Maar hoe verduidelik jy vir iemand op ’n selfoon hoe om by ’n plaas in te kom?”

Deur haar navrae het die 777’s se bendenaam by onafhanklike bronne van Reddersburg tot Zastron toenemend begin opduik, sê sy.

Daarby het inligting oor ’n beplande aanslag op haar lewe haar yskoud gelaat.

’n Werknemer van ’n boer by Reddersburg het haar ingelig die 777’s het weke ná Ferreira se moord beplan om haar een nag op haar eiendom te verkrag. Sy onthou byna al haar skape is die einste nag gesteel, maar ’n werknemer het op die diewe afgekom en die polisie ontbied.

Die vrou was toevallig nie die nag tuis nie, maar sy glo sy is sedertdien in die bende se visier.

Swart het merkers soos lappe, pypies en ’n dooie bok wat by haar plaasheining geplaas is aan haar uitgewys as merkers.

Swart, van die Swartberg Intelligence Support Services, sê satanisme is ’n dryfveer van die 666’e, terwyl die 777’s hoofsaaklik op voorvaderlike geeste ingestel is.

Hy doen al 23 jaar navorsing oor kriminele kriptografie (misdaadkommunikasie).

Hy sê die 777’s gebruik tekens soos hoenderpote om “vloeke” oor mense uit te spreek.

Johan de Beer, hoof van Auksano, ’n Christelike organisasie wat spesialiseer in die holistiese behandeling van slagoffers van “destruktiewe okkultiese aktiwiteite”, sê op navraag daar moet dringend aandag gegee word aan die vrou se bewerings.

“Ons het al genoeg slagoffers gesien,” sê De Beer.

Hy sê die bekendste bende is die een wat as die Sesse of 666’e bekend staan. Nuwe lede word getatoeëer of gebrandmerk met drie kolle wat 666 simboliseer.

Hieruit het die bendes NBK (Natural Born Killers) en die BTK (Born to Kill) ontstaan. Uit dié twee het verskeie sub-bendes ook glo voortgespruit.

Van hulle is al deur die Vrystaatse polisie as die 7slash-bende, Dogs of Corruption, die International Junior Portuguese (IJP) en Illuminati-bendes geïdentifiseer.

Van die bendes het hul tentakels diep in skole in dié provinsie ingeslaan, en hulle moor, verkrag en roof.

Brig. Billy Jones, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het op navraag gesê die bende-probleem in die provinsie is kommerwekkend.

Hy sê daar is tans nie ’n spesifieke taakspan wat die “probleem” takel nie, maar ’n “multidissiplinêre bewusmakingsbenadering” word gevolg.

Hier werk die polisie saam met verskeie departemente om veral jong mense in gemeenskappe in te lig.

Tydelike taakspanne word egter soms saamgestel vir periodes van drie tot ses maande om bendemisdade in geïdentifiseerde “brandpunte” hok te slaan.

Van dié “warm” sones sluit in Bothaville, Mangaung (in en om Bloemfontein) en Botshabelo, naby Bloemfontein.

Lukas
10-27-2013, 03:18 PM
Ja 417. Dit was n baie goeie berig.


Ek het baie jare gelede probeer om nie meer koerant te lees nie. Die rede is dat hulle hul eie waarheid het. Die gesegde was altyd dat dit slegs ’n toevalligheid is wanneer koerant die waarheid weergee. My vrou het jare gelede self vir Rapport en vir die Volksblad geskryf. My indruk was nog altyd dat die media, die media wet so vêr moontlik buig om sensasie uit in ’n storie uit te lig. Bitter min Joernaliste sou eers vir jou die finale produk vir goedkeuring stuur, soos wat dit in hierdie geval was.

Maar hierdie keer. Of dit toevallig was weet ek nie. Hierdie keer was niks verdraai nie en Jana van der Merwe het moeite gedoen om feitlik korrek te bly. Dit is ook soms waar probleme ontstaan en ek het dit ook vir haar gesê. Feitlik korrek kan twee goed beteken wanneer ons verskillende verwysingsraamwerke het. Verwysings raamwerke bepaal hoe jy die lewe sien en ervaar en wanneer die joernalis nie by dieselfde venster uitkyk nie, kan daar verskillende weergawes van een waarheid wees.

Die eerste wat my verbaas het, was toe ek ’n epos kry om die akkuraatheid van my my weergawe te toets, maar dit kon nog ’n toevalligheid gewees het. Maar toe was daar nog ’n verrassing. En dit was die redakteur se weergawe oor plaasmoorde. Nog nooit het ’n koerant die probleem so goed saamgevat nie.

Lees die draad ( Moorde op Boere is ’n krisis) om te verstaan wat ek sê.

Unregistered
10-28-2013, 08:22 PM
Wanneer word n groep geklasifiseer as:
1. n bende of "gang"
2. en wanneer as n tereur groep?

Word daar in ons media en daaglikse sosiale koms na hierdie lafhartige, bloedorstige krimenele opjektief en akuraat verwys?

Black Wattle.

Lukas
10-28-2013, 11:50 PM
Naand Black Wattle. Ja, daar is ’n klein verskilletjie. Wanneer bendes wreed raak is dit tegnies ook terreur maar hulle word nie as ’n terreurgroep geïdentifiseer nie. Volgens ons kennis kan van hierdie bendelede eendag gewerf word om deel van rebellegroepe te word en dan sal hulle as ’n terreurgroep geklassifiseer kan word.

Wanneer ’n bende byvoorbeeld deel van die Black Panther organisasie is en hulle dade in die naam van die Black Panthers uitvoer en die organisasie, as ’n organisasie vir die dade verantwoordelikheid aanvaar, sal die bende as ’n terreurgroep gereken word. ’n Goeie voorbeeld was die onlangse aanval in Kenia. ’n Organisasie was vir die dade verantwoordelik en nie bendes nie.

As daardie aanval met presies dieselfde taktiek en gevolge deur straat bendes uitgevoer was, sou die dade suiwer as ’n misdadige optrede geklassifiseer gewees het. Maar omdat dit deur ’n organisasie met politieke ideologieë uitgevoer is, is daardie misdadiger as terroriste geklassifiseer.

Misdadigers in Suid-Afrika is baie slim om nie hulle dade aan politiek te koppel nie. Ons kan beweer dat Malema uitsprake tot die geweld bydra, maar ons kan dit nie klinies bewys nie. En dit is wat terreur so moeilik maak. Wanneer jy dit nie klinies kan bewys nie, is dit suiwer misdaad.

Ongeag die geweld wat tydens die misdade plaasvind, word hierdie bendes nog nie as terreurgroepe geklassifiseer nie. Sommige van hulle word later gewerf, om vir politieke redes ’n meer gevorderde opleiding te ondergaan. Wanneer hulle daar klaar is, verteenwoordig hulle ’n sekere politieke ideologie en kan hulle self in uit kenbare uniforms, hulle tot ’n sekere politieke ideologie verbind. Wanneer hulle gewelddadige aksies dan ’n politieke kleur kry, kan hulle as terroriste geklassifiseer word. Die probleem kom egter wanneer daar nie vir die gevorderde kriminele ’n politieke motief is nie. Hulle word dan as rebellegroepe geklassifiseer.

Unregistered
10-29-2013, 10:07 PM
Naand Oom Lukas,
Dankie ek verstaan nou ook dat die lap koppe eintlik n bietjie dommer is as die anner koppe... Want as hulle nie hulle naam aan die misdade gekoppel het nie was dit net misdaad en dus sou daar geen rede vir "the [email protected] on lekota" hoef te gewees het nie ... :-)

Wat vir my n baie sleg is, is dat daar tog n rede agter die wrede manier van misdaad in SA moet wees? Indien, kwalifiseer die daad nie ook maar as n vorm van tereur nie. Dis tog die doel - om die ander groep (land) te intimideer anners sien ek nie die voordeel om jouself te ontbloot in jou kriminele aksies nie?

Black Wattle