PDA

View Full Version : Moorde boere is n krisis.



Lukas
10-27-2013, 03:23 PM
Dit is hoe die Raport koerant die probleem beskryf het. Ek was nogal verstom om so iets in n koerant te lees. gewoonlik is ons mos die vark in die verhaal. Maar nie hierdie keer nie.

http://www.rapport.co.za/Opinie/Hoofartikels/Moorde-op-boere-is-n-krisis-20131026


Moorde op boere Ūs ín krisis
2013-10-27 00:00

Kry Rapport op

Toe oudpres. Thabo Mbeki die kommandostelsel in 2003 om politieke redes ontbind het, het belangegroepe in die kommersiŽle landbousektor gewaarsku dit gaan boere sagte teikens maak. Die regering het egter vasgeskop en gesÍ ín landelike beveiligingsplan sal die stelsel vervang.

Tien jaar later is die vrese bewaarheid. Plaasaanvalle is ín krisis en die syfers staaf dit: ín boer se kans om vermoor te word, is nou bykans vier keer groter as diť van ander Suid-Afrikaners en dubbel diť van ín polisiebeampte. Anders gestel: 120 uit elke 100 000 boere word jaarliks vermoor teenoor 31 uit elke 100 000 landsburgers of 54 uit elke 100 000 polisiebeamptes.

Die regering durf plaasaanvalle nie meer soos ander misdaad benader nie.

Mense in dorpe en stede kan hulle met alarms, gewapende reaksie-eenhede, diefwering, hoŽ heinings en elektroniese hekke beveilig. Die bure is om die draai en die naaste polisiekantoor waarskynlik binne ín radius van enkele kilometers.

Diť hulpmiddels maak weinig verskil in landelike gebiede waar plase afgesonder en die naaste bure of polisie dikwels ín uur of meer se ry weg is. Die aard van hul beroep en leefwyse stel boere, hul families en plaaswerkers bloot. Hulle is kwesbaar, maar word al vir jare aan hul eie lot oorgelaat.

Die polisieminister Nathi Mthethwa kan nie meer van die feite wegskram of dit met polities korrekte praatjies uitdoof nie. Dit is die regering se plig om in te gryp.

Benewens die verlies aan lewens en die erge trauma van diegene wat dit oorleef, hou elke plaasaanval ekonomiese gevolge in. Landbou is ín werkskepper en dra by tot Suid-Afrika se inkomste deur uitvoer. Dit hou ander sektore aan die gang Ė dink aan kunsmis, gifstowwe, verpakkingsmateriaal, herstelwerk en implemente. Sonder boere kan ons maar vergeet van voedselsekerheid en volhoubare landelike ontwikkeling.

Intussen skep die regering se dawerende stilte ruimte vir opswepers wat sÍ die regering keur eintlik heimlik die moorde op boere goed. Dit doen skade aan boere se legitieme reg op beveiliging en saai verdeeldheid tussen rasse. Waarvoor en hoe lank wil Mthethwa nog wag?

SA419
10-27-2013, 09:47 PM
Jip
Die wat vannaand (Sonday 27de Oktober 2013) Fokus gekyk het sou gesien het dat Dr Johan Burger dieselfde gesÍ het.
Vorig presidente (Mandela, Mbeki) het almal voorsiening gemaak, maar ons huidige president (Zuma) voel vere, of dalk nog minder.

Lukas
10-27-2013, 10:49 PM
Hahah Ek sien Tokyo hou lekker vakansie in Amerika. Dit is ’n spesiale vakansie vir oud regerings amptenare. Al wat hulle moet doen, is om daar te kom. Die Amerikaanse regering sorg dan vir die res.

Ek wil ’n hulpfonds vir Zuma en Mbeki stig wat vir hulle, na Zuma se termyn, kan sponsor om vir die spesiale vakansiepakket aansoek te doen. Die fonds sal vir hulle ’n vakansie koop waar hulle vir ’n paar dae in California kan gaan ontspan. Tokyo Sexwale hou op die oomblik daar vakansie en ek dink dat die oud presidente ten minste dieselfde voorregte moet kry.

Gaan julle my help ?

Daar is net een probleem. Ek kry Tokyo Sexwale nerens onder terroriste wat gesoek word nie.

wouterf164
10-28-2013, 04:48 PM
The department of international relations would continue in its attempts to rectify the travel restrictions of former ANC urban terrorists in some international countries, it said on Monday. ďThe SA government has repeatedly raised this matter with the US and will continue until this matter is sorted,Ē said international relations spokesman Clayson Monyela. The New Age reported earlier that ANC stalwart Tokyo Sexwale had been briefly detained by immigration control at the John F Kennedy International Airport in New York. His lawyer Leslie Makhabela said: ďThey alleged he posed a threat to international security.Ē Sexwale and many other anti-apartheid terrorists had been on a list of people banned from entering several countries since the apartheid era. They were not removed after the country gained democracy in 1994. Sexwale had since returned to the country. Ė http://praag.org/?p=11346&utm_campaign=twitter&utm_medium=twitter&utm_source=twitter

SA419
10-28-2013, 09:44 PM
Lukas word die ouens nie na die Black Panthers toe gewerk nie?
Wonder net, ek het die ondergenoemde artikel raak gegoogle.

"FBI adds 65-year-old Black Panther to Most Wanted Terrorists list"
Published time: May 03, 2013 01:26
The Federal Bureau of Investigation has announced that Joanne Chesimard has been added to its Most Wanted Terrorists list.
Thursday's bulletin gave Chesimard, a black nationalist, the dubious distinction of being the first woman to be placed on the list.

Tom
10-28-2013, 10:27 PM
Suid Afrika is vandag nog gelys as n terroriste land op die Amerikaanse boeke. Dit is as rede vir my gegee toe ek navraag by n verskaffer gedoen het oor waarom ons nie meer as $100 se vuurwapen parte mag bestel nie. As n part meer as $100 kos, vergeet dit maar. Hulle sal dit nie aan jou as Suid Afrikaner verkoop en stuur nie.

Lukas
10-28-2013, 11:05 PM
Tom. Miskien moet jy dit deur Chris bestel. Wat hy nie kan koop nie maak hy. Hy het mos ín fabriek wat die goed voorsien.

S419. Baie dankie vir daardie insig. Tokyo het mos ín manier om met die verkeerde mense te assosieer. Miskien is dit omdat hy dink dat sy verbintenisse met die groot geld manne in Amerika hom onaantasbaar maak. Miskien doen dit en dan sien ons hom weer een van die dae. Terselfdertyd beteken dit seker ook dat Julius nie lekker in Amerika sal kan kuier nie. Miskien moet ín mens hom uitdaag om daarheen te gaan. Kan ín mens hom nie uitnooi om ín beraad oor die een of ander iets as gasspreker te gaan bywoon nie?

Unregistered
10-31-2013, 12:25 PM
Jip
Die wat vannaand (Sonday 27de Oktober 2013) Fokus gekyk het sou gesien het dat Dr Johan Burger dieselfde gesÍ het.
Vorig presidente (Mandela, Mbeki) het almal voorsiening gemaak, maar ons huidige president (Zuma) voel vere, of dalk nog minder.

Dis dan juis Mandela en Mbeki wat die wiele aan die rol gesit het om die kommando's te vernietig? Watse voorsiening het hulle gemaak? Van hul ministers het selfs gese ons kan die land verlaat as ons nie van misdaad hou nie of het jy so gou vergeet. Was dit nie juis onder Mandela wat Peter Mokaba die Kill a Boer begin sing het nie.

Unregistered
10-31-2013, 01:01 PM
Wat pla jou #8? Niemand het vergeet nie en ons onthou dit nie net nie, maar ons het dit nog iewers op rekord. Verduidelik eers vir ons wat die punt is wat jy wil maak en wat jou so omkrap, sodat ons ook kan verstaan.

Unregistered
10-31-2013, 01:19 PM
Wat pla jou #8? Niemand het vergeet nie en ons onthou dit nie net nie, maar ons het dit nog iewers op rekord. Verduidelik eers vir ons wat die punt is wat jy wil maak en wat jou so omkrap, sodat ons ook kan verstaan.

Ek glo nie iets krap iemand om niie maar ek kan ook nie eintlik vertsaan wat die ou wil se nie? Dat dit beter gegaan het onder die eerste twee? Is dit weer n poging om aan ons te vertel dat Mandela heiliger as Zuma was of wat? Hulle is almal moordenaars wat bloed aan hul hande het. Nie een van hul is beter as die ander nie.

SA419
10-31-2013, 10:20 PM
Hi da #8
Ek het nie bedoel dat die vorige presidente beter was as die hudige een nie, Mandela het wel die kommando's afgestel, maar daar is begin met reserviste in die SAPD, buurtwagte (GPF) in die dorpe en sektor polisiering, maar nog niemand, nie die vorige of huidige president het aandag daaraan gegee en seker gemaak dat die stelsels wel werk nie.

Unregistered
11-01-2013, 08:06 AM
Hulle wil nie he dit moet werk nie.Hoekom raak jy van n stelsel ontslae wat alles in plek was en wat homself deur en deur bewys het.

Hoekom nie eers n ander stel op die been bring en as dit daar dan bewys kan word dat dit n beter stelsel is die ander dan ontbind.

Unregistered
11-01-2013, 10:06 AM
Die kommando stelsel was net voor sy einde in elk net Ů verskoning om te gaan suip.

Unregistered
11-01-2013, 10:16 AM
Dit is so dat daar gereeld lekker gesuip is en ongelukkig het dit kommando'"s n slegte naam gegee maar hulle het wel ook hul werk gedoen en nie almal was n klomp dronklappe nie

Unregistered
11-01-2013, 10:28 AM
Dit hang seker af van eenheid tot eenheid.In ons omgewing het hulle gereeld toekennings gekry vir goeie prestasie.Die resultate was daar.

Unregistered
11-01-2013, 10:39 AM
Ons het later n soortgelyke stelsel op die been te bring en dan by die GPF in te skakel,nodeloos om te se geen resultate.Dit het eerder in suip sessies ontaard.

Unregistered
11-01-2013, 11:12 AM
Ek was self n kommando lid tot op die einde en vandaar het ek by die polisie aangesluit en ek kan vandag se dat alhoewel altwee strukture hulle leemtes het en een nou iets van die verlede is n mens die huidige een kan maak werk.

Die skills wat kommando lede het kan hulle gebruik as reseviste en net soos wat jy jou "civvie" lewe moes opsy sit om army kennis op te bou om in die kommandos te kan gebruik moet n ou maar ook die tyd vat om polisie kennis op te bou.

Die wegval van die kommando is n teer en hartseer saak maar hou in berekening dat ouderdom en die feit dat nuwe bloed nie ingekom het nie in elkgeval n invloed sou he op die sisteem

In die laaste ruk was gesamentlike operasies aan die orde van die dag en albei partye het mekaar nogal goed aangevul om suksesse te verkry.

Vandag gee die staat verskeie platvorms om deelte neem wat as jy mooi gaan kyk eintlik meer bied as wat n ou gewoond aan was en al wat hulle vra is vir jou om deel te neem.

Die sektor mense in my gebied kan getuig dat n handjie vol mense hulle kommando kennis en die sektor polisieering struktuur bymekaar gesit het, skaafwerk gedoen en ons kon dit regkry dat misdaad op die statisiek op n ronde nul kon laat staan vir oor die ses maande.

Dit kan gedoen word- die hand word uitgereik en al wat ek en jy moet doen is om ons hande ook uittereik

Dink net daaraan, jy kry kennis oor wette,leer interpersoonlike skills, kultuur kennis en om alls te kroon kry jy n van met n blou lig :-D

die moord op Barkley is seker die beste voorbeel waar die gemeenskap kon bymekaarkom, die verdagte kon kry en vir die polisie kon help en almal saamstaan as n gemeenskap om die proses te voltooi en ek is seker dat hulle almal saam nuwe hoogtes gaan bereik

Lukas
11-01-2013, 11:39 AM
Ek weet nie of met jou saamstem nie. Die kommando reaksiemagte was baie suksesvol. Leiers elemente moes een keer per week kantoor toe gaan om admin. op datum te kry en daarna het hulle gekuier en nuus uitgeruil, maar ek weet nie van suip sessies nie. Dit is jammer as daar sulke kommandoís was maar ek weet nie van hulle nie en ek het al die kommandoís in hierdie land self besoek. Dit is moontlik dat daar van die kansvatter troepe was, wat patrollies gery het. Wanneer hulle tydens ín operasie sou suip, sou iemand hulle aangekla het.

Die punt is dat kommando tyd oor die algemeen, nie ín geleentheid vir suip was nie. Die kommandoís was die enkel faktor wat geweldsmisdaad in die platteland kon onderdruk.

Dit was gedurende 2000 wat Mbeki aangekondig het dat die kommandoís moet toemaak. Dit het groot opskuddings veroorsaak en die polisie en die weermag moes samesprekings voer om die oorgang van kommando na reservis moontlik te maak. Omdat die polisie nie hulle reserviste betaal het nie, het die polisie byvoorbeeld geen ideŽ gehad wat hulle eie reserviste sterkte was nie.

Die weermag aan die anderkant moes die polisie help om ín betaal sisteem vir reserviste te ontwikkel sodat reserviste soos kommandolede per uur, vir hulle werk vergoed kon word. Die addisionele admin. was vir die polisie was vir hulle ín probleem en omdat die polisie alreeds met ín papier oorlog besig is, was dit vir die polisie makliker om die oorgangsproses eerder af te skiet daardeur nie te aanvaar nie.

Die gevolg as dat baie kommandolede wel reserviste kursusse met groot beloftes gaan bywoon het maar daarna nooit weer van die polisie gehoor het nie. En dit is min of meer waar die landelike beveiligingsplan platgeval het.

Ek het die probleem geÔdentifiseer en toe begin om ín siviele landelike beveiligingsplan te implementeer wat wettig is en wat aan die polisie die ondersteuning kon bied wat hulle nodig het om suksesvol te wees. En dit is waar die Rhodes Community safety initiative,( RCSI) ontstaan het en wat ín gedeelte van Barkly insluit. Daardie model is nog in wording is besig om n paar verstellings aan die plan aan te bring voor ons glo, dit landwyd sal kan werk.

Swartberg ISS het dus op hierdie stadium die enigste erkende plan, wat nie net werk nie maar wat ook binne die leemte van ín kommando wat weggeval het, inpas.

SA419
11-04-2013, 09:48 PM
Lukas jy het nou die spyker op sy kop geslaan.
Al wat ek kan byvoeg is die lede moet onthou baie van die lede van die kommando's se jare het teen hulle begin tel en hulle was nie meer lus vir opleiding nie, ek self het vir 3jr oud kommando lede as reserviste opgelei, hulle moes wette leer, hantering van ander wapens leer en ander tipe admin leer, en die manne was nie lus daarvoor nie.Maar dit is water onder die brug, ons moet vandag ander planne maak, soos die Rhodes stelsel.