PDA

View Full Version : Wat sal hierdie oorsaak wees?



Lukas
10-28-2013, 11:24 PM
Weet iemand dalk wat die voŽltjie so lelik bo in die boom sal byt ?

296

Unregistered
10-29-2013, 08:20 AM
More Lukas

Dit kan nogal 'n vaalboskat, groukat of miershoopkat wees. Hulle is geneig om prooi in boom te bere. Het dit al gesien in Kgalagadi park. En die kop is blykbaar die lekkerste. Duiweboere raak heel senuagtig as hulle die foto sien!

Trudie

Tom
10-29-2013, 09:14 AM
Iets sÍ vir my dat dit nie kat se werk daardie is nie. En ek herinner my van iets in die kursus wat verduidelik het waarom die tarentaal met die kolletjies gebruik word. Wat beteken die polka dot nou weer?

Lukas
10-29-2013, 11:30 AM
Trudie. Dit is moontlik. Die tarentaal is in Kameeldrif en daar kan nog vaalboskatte daar rond wees. Maar soos ek verstaan sal die vaalbos ook die pens skeur wat nie hierdie geval is nie. Maar laat ons nie die moontlikheid van die kat uitsluit nie.

Die tarentaal is baie strategies ook op ’n roete waar die mense oor die muur spring. Hulle het ’n groot klip as vastrapplek gebruik en toe die klip verwyder is, het die klip oor die naweek weer na dieselfde plekkie teruggeloop. Met die terugloop van die klip het die tarentaal ook in die boom verskyn.

Wanneer dit ’n mens is wat die tarentaal so verrinneweer het, kan die tarentaal kan een van twee betekenisse hÍ.

1. Die mol wat binne die werkplek of huis is, is nie meer daar nie.

Of

2. Die mol moet doodgemaak word.

Die mol is iemand wat inligting uitlek en ook die aan/af skakelaar kan bestuur.

Unregistered
10-29-2013, 09:25 PM
Oom Lukas,
Lyk vir my of daai tarrentaal twee skerp penne (dalk ystervark) deur hom het. Of kyk ek mis?

Black Wattle

Tom
10-29-2013, 09:40 PM
Ek sien dit ook nou, maar lyk meer na skerp takke van die boom wat gebruik word om die tarentaal op sy plek te hou?

Unregistered
10-30-2013, 07:53 AM
Hi Tom,
Lyk of jy reg is. Ek kon nou die foto ook groter maak. Lyk eerder soos takkies.
BW