PDA

View Full Version : AKSKA Kriptografie (Teken lees) kursus op plase



Lukas
10-31-2013, 01:38 PM
Ons Kriptografiese navorsing op merkers van meer as 23 jaar stel ons vandag in staat om ook aan misdaad in die stede en op plase 地 verskil te maak.

Met plaasaanvalle wat weer aan die toeneem is en die ongemaklike posisie waarin boere hulle veiligheid gewys bevind, het dit weer tyd geword om die kennis op die plase te verskerp.

Op die plaas is dit nie net 地 aanval wat ons bedreig nie maar ook diefstal van diere en diesel. Diesel is die enkel duurste kommoditeit op 地 plaas en die diefstal daarvan bedreig enige boer se voortbestaan as boer.

AKSKA bied nou weer kursusse aan waar ons meer van die omgewing en mense om ons bewus kan word. Die kursus is hoofsaaklik 地 kriptografie kursus wat die lees en verstaan van tekens beteken.

Ons gee ook aan die gemeenskap raad, om sonder die kommando痴, meer suksesvol teen misdaad te wees.

Die kursus loop oor twee dae.



TWEE DAG KURSUS:

Dag 1.

Die kursus behels 地 Teoretiese/praktiese toepassing van tekenles. Tydens hierdie deel leer die student om self tekens te bou sodat hy wanneer daar tekens is, dit baie makliker kan identifiseer en kan opvolg.

Dag een sluit af met 地 prakties wat op bestaande misdaad reekse in die omgewing gedoen word, van tekens wat reeds bestaan. AKSKA bou nie self merkers nie en die Studente sal self die reekse wat ons moet toets, identifiseer.

DAG 2

Dag twee is meer teoreties en die studente leer dan wat die verskillende merkers se betekenisse is sodat hulle wanneer hulle die reekse wat deur misdadigers gebou word, opvolg. Hulle nie net die reeks kan volg nie maar sodat hulle ook die boodskap kan lees wat vir hulle uitgepak word.

KOSTE.

Die huidige pryse is 地 spesiale aanbieding vir die landelike gebied.

Die kursus koste beloop R1500.00 per persoon en sluit die volgende in.

1. 地 Volledige uithandiging stuk vir die kursus
2. Een ete per dag tydens die kursus
3. Die boek Oorwin plaasaanvalle sal teen R280.00 beskikbaar wees
4. Die DVD oor tekens sal ook teen 地 bedrag van R230.00 beskikbaar wees

WAT WORD VAN DIE ORGANISEERDERS VERLANG?

Die kostelose voorsiening van 地 perseel waar die kursus aangebied kan word.

Opmerking.

Daar is absoluut geen verskil tussen 地 plaasaanval en 地 huis-roof nie. Die misdadigers wat daardie misdade uitvoer het presies dieselfde agtergrond en doktrine waarvolgens hulle werk.

AKSKA het 地 geskiedenis van sukses en ons kan jou bemagtig om jou eie gesin te beveilig en ons kan jou gemeenskap help om die gebied waar jy woon, misdaadvry te maak.


Besluit gou. Hierdie aanbod staan vir November en Desember 2013. Die AKSKA kursusse was in die verlede deur Swartberg ISS pty ltd geborg. Maar sodra Swartberg ISS, se nuwe kontrakte in Januarie 2014 begin, sal die geleenthede vir hierdie tipe kennis weer so sleg wees, as wat dit die afgelope vier jaar was.

Stuur die besprekings na [email protected]

Dankie,
Lukas Swart

http://youtu.be/bO-gBzTzha0

http://youtu.be/bO-gBzTzha0