PDA

View Full Version : Gaan halssnoer-moorde hervat?



Janna
11-06-2013, 06:57 AM
Gaan halssnoer-moorde hervat?
November 5, 2013 - Nuus - no comments


Nadat ’n sesde swarte in die woonbuurt Khutsong, naby Carletonville, dood is na hy aan die brand gesteek is, bestaan daar kommer by die polisie dat halssnoer moorde weer die orde van die dag gaan kom.
Die man se verbrande lyk is glo Sondagaand gevind en is nou die sesde geval in die gebied wat aangeteken is.
Die voorvalle herinner skerp aan die “struggle” voor 1994 toe swartes mekaar met binnebande vol petrol om die nek, aan die brand gesteek het.
Vyf mense, insluitend ‘n tradisionele geneser, het gedurende die afgelope Sondag aan die hand van inwoners gesterf

http://www.dievryburger.co.za/2013/11/gaan-halssnoer-moorde-hervat/

Unregistered
11-06-2013, 12:18 PM
Ek dink in die aanloop tot die verkiesing sal baie vorme van ou tipes geweld meer en meer kop-uitsteek. Die emosie in die land is tans in sekere opsigte baie rewolusioner en die goed loop seker daarmee saam.
Alet

Unregistered
11-06-2013, 09:06 PM
Die moorde in Khotsong het geen politieke motief gehad nie. Die gemeenskap het hul gatte gewip vir die "cassanovas" wat 'n skrikbewind daar gevoer het.

Unregistered
11-06-2013, 09:17 PM
http://www.dievryburger.co.za

Liewe genade ek dog die mense is nou almal in die tronk.

Unregistered
11-07-2013, 03:35 PM
cassanovas en halsnoer moorde ? Wie brand dan vir wie ?

Unregistered
11-08-2013, 12:06 PM
Dit maak nie saak of dit nou oor politiek gaan of nie. Die klimaat is geweldadig want die mense is gatvol en daarom gaan hul terug na die ou metodes. Die rewolusionere weet die publiek is moeg vir misdaad en hits die goed aan om die regte klimaat te skep en vrees by mense in te boesem. Vigilante optrede lyk dalk reg maar dit is dikwels n teken van n land waar stelsels nie meer vertrou word nie en reg kan baie maklik in ander opsigte ook in eie hande geneem word soos bv eiendom wat beset word ens ens. Die plundery verlede week in Kaapstad is n goeie voorbeeld van dieselfde gees wat aangemoedig word met betogings. Of wanneer winkels soos in Sasol leeg gedra word.

Alet

Tom
11-08-2013, 01:04 PM
Wat my van die halsnoer moorde pla, is dit maak dit nou baie gevaarliker vir die misdadigers in die lokasies. Die doodstraf word daar nou sommer dadelik voltrek. Dit maak dat die wit of gegoede woonbuurte nou veiliger is om te teiken. Gaan die misdadigers nou op groter skaal begin oor beweeg na die veiliger opsie, waar jy nie sommer dadelik die doodstraf kry en afgesny word van die voorvader geeste nie? Dit is nou as die gemeenskappe in die lokasies almal hierdie straf begin uitdeel.

Unregistered
11-08-2013, 01:11 PM
Wat my van die halsnoer moorde pla, is dit maak dit nou baie gevaarliker vir die misdadigers in die lokasies. Die doodstraf word daar nou sommer dadelik voltrek. Dit maak dat die wit of gegoede woonbuurte nou veiliger is om te teiken. Gaan die misdadigers nou op groter skaal begin oor beweeg na die veiliger opsie, waar jy nie sommer dadelik die doodstraf kry en afgesny word van die voorvader geeste nie? Dit is nou as die gemeenskappe in die lokasies almal hierdie straf begin uitdeel.

Dis n baie interessante en kommerwekkende waarneming wat jy nou maak.

Alet

Lukas
11-11-2013, 10:08 AM
Tom. Misdaad het nie ’n kleur nie en raak alle mense. Barkly-Oos was ’n goeie voorbeeld. Die Volksblad se video het presies dit uitgewys dat dit, die swart mense was wat gevra het dat die polisie die moordenaar aan hulle moet uitlewer en nie die wit mense nie.

Dit is waarom dit vir ons so belangrik is om brûe tussen die wit en swart gemeenskappe te bou. Wanneer ons daardie brûe bou, beteken dit nie dat ons oor en weer bymekaar gaan eet nie. Dit beteken dat ons inligting uitruil en dat die swart gemeenskap, kriminele op plekke gaan soek en opspoor waar ons nie toegang het nie. Dit is ook presies die rede waarom die moordenaar in Barkly binne 10 ure gearresteer was. Die inligting van die moordenaar en waar hy hom bevind het, het van die gemeenskap by die boere uitgekom en nie by die polisie nie.

Ons het ook in die verlede verduidelik dat ’n burgeroorlog juis dit is wat nou skynbaar besig is om te gebeur. ’n Burgeroorlog beteken nie dat groepe in massas in ’n land organiseer nie. ’n Burgeroorlog is wanneer daar nie meer ’n regering is nie of wanneer die bevolking nie meer die regering van die dag vertrou om hulle te beveilig nie. Dit vind ook nie oor die oppervlakte van die land plaas nie, meer in areas.

Die gevaarlikste burgeroorloë is wanneer gemeenskappe spontaan reg in eie hande begin neem sonder dat dit polities geïnspireer word.