PDA

View Full Version : n Plaasaanval



Unregistered
11-06-2013, 03:20 PM
Ek wil graag met oom die volgende deel. Dit is wat ons die 18 Augustus 2013 die nag deurgemaak het.
Dit is naweek. ons kinders en kleinkinders kuier by ons. Ons het lekker saam gekuier vleis gewerk en die seuns het rondgestap elk met 'n windbuks op soek na voŽltjies. Sondagoggend. Kinders is vroeg weg oppad dorp toe want hul kerk begin vroeg. Sondag die 18de was nie 'n lekker dag vir ons nie - Klasie is toe elf jr oorlede. Kinders het so teen 5uur huistoe gery. Die huis was toe sommer stil. Ek en my man besluit toe ons gaan maar vroeg in die bed klim want wat maak jy nou as daar nie krag is nie. So het ons boeke gevat en soos altyd vir die Here gevra om ons deur die nag te beskerm. Ons het vroeg wakker geword die volgende oggend en ons normale tyd opgestaan, al die veiligheidshekke in die gang oopgesluit. Die deur tussen die eetkamer ('n gewone houtdeur) en kombuis oopgesluit. So vra ek vir my man om ons klein hondjie ook saam uit te vat wanneer hy die hekke vir die werkers gaan oopsluit. Hy sÍ toe nee " hou haar eers binne ek is bang die groot honde maak haar seer". So sluit hy die hekke oop terwyl ek koffiewater kook, rustig drink ons koffie. Klaar koffie gedrink sÍ ek vir hom ek gaan gou bad en aantrek. Ek het skaars my klere uit die kas gehaal toe hy by my in die kamer staan en sÍ dat hy die binne veiligheidshekke weer toegesluit het - dat hier groot moeilikheid is. Al ons honde lÍ dood op die grasperk en dat hul by ons huis ingebreek het en hy vermoed die skelms is nog in die huis. Ek moet gou op die kameras kyk of ek iets sien. Ek en hy is so verskrik - hy sukkel om gebel te kry en ek sukkel om die video op die kameras te kry. Al is jy hoe paraat jy skrik so dat jy 'n "blank" slaan. Uiteindelik kry hy vir ons skoonseun terwyl ek nog sukkel met die video. Hy bel terug "Pa bly net in die kamer ons is oppad. Ek bel die res" ek dink nie eers aan die hoŽband radio nie. Hulle kom daar aan - hul deursoek ons huis - skelms reeds weg net vier laaitjies in die een kamer is uitgetrek waarvan 1 op die bed neergesit is. Verder is daar nie 'n ding uit sy plek in ons huis nie. Niks gesteel alles staan netjies op hul plek soos altyd. Nou gou die huis verlaat op die polisie se bevele want die hele plek is afgebaken. Die speurders is daar - honde eenheid, polisie - niemand mag naby die huis gaan nie. Eers na agt die aand kon ons in die huis ingaan. Ons het ook net die nodige in tas gesit en die hardeskyf van die kamera na die Overvaal-Radios toe geneem. Volgende dag moes ons die skrikwekkendste video kyk. Vir om en by 4 ure het hul gesukkel om by ons kamer uit te kom. Eers die honde vergiftig - ons veiligheidsheining geknip en in ons perseel ingekom. Voor ons kamervenster gekruip met ballaklawas op. Ons voorstoep wat reeds met palesades beveilig is na 'n vorige aanval 4 en half jr gelede se groot slot breek hul. Kom deur die sitkamervenster sonder om dit te breek - beweeg deur die sitkamer - in eetkamer - ons sien 4 beweeg met flitse - ballaklawas en handskoene aan hul probeer die veiligheidshek oopkry maar kom nie reg - gaan na die TV -kamer - daar's nog 'n veiligheids hek - kom terug en probeer weer die veiligheidshek. Na baie planne sonder sukses beweeg hul uit na ons braai - afdeling. Daar loop een reguit kamera toe en buig dit af sodat niemand kan sien wat hul doen nie. Onbewus van die ander lense wat afneem gaan haal hul 2 bobbejaanspanners een van die bakkie af en een uit die stoor en beweeg na die voorkant van die huis. Breek 'n venster se knip - knip en buig die diefwering, skeur die gaas en klim in die huis in deur die gange wat soos 'n winkelhaak loop loer om die deur in die gang wat na ons kamer loop. Loer 'n tweede keer en na 'n derde keer loer hy weer en beweeg in die gang in gevolg deur nog twee. Hul het nog die ballaklawas op handskoene aan elkeen met 'n 9mm Baretta in die een hand en 'n kapmes in die ander. So beweeg hul geluidloos na ons kamerdeur - luister en bekyk alles - maak die houtdeur oop en wat hul nie gedink het nie - nog 'n veiligheidshek. Bekyk die hek - luister - kyk verskrik na mekaar - beduie vir mekaar iets - maak die houtdeur weer geluidloos toe - draai om en beweeg uit die huis uit. Die laaste beweging wat ons op kamera sien was om 4.59.59. Die 1 beweeg weer voor ons kamervenster - probeer inkyk en luister of hy iets kan hoor - so was ons salig onbewus van die dood wat ons in die oŽ sou staar veilig in die hand van ons Here. Ja dit het sy letsel gelaat - ons bly nie meer in ons veilige huis nie maar in 'n woonstel by die kinders. My man kry drie angsaanvalle 6 weke daarna sodat hy in die hospitaal beland. Hulle het ons lewe 180grade omgekeer. In jou privaatheid ingeklim. Maar dank aan ons Hemelse Vader vir Sy beskerming. Aan die Here kom al die lof en eer toe. Ek voel so jammer vir die oumensies en familie wat soos ons dit deurgemaak het vir lewensverliese op so manier. Die Trauma wat elkeen deurmaak is nie maklik nie. Net so ietsie toe ons kleinkinders dit hoor toe maak hul 'n sirkel en bid tot ons Hemelse Vader en kleinseun (5jr) sÍ " Ouma weet die skelms het by elke veiligheidshek 'n ander plan gemaak maar toe hul by Ouma se kamer kom toe kon hul nie deur Liewe Jesus se hand kom nie" waar nÍ.
Groete

Unregistered
11-06-2013, 07:35 PM
Baie duidelik dat die doel van hierdie huisbesoek was om MOORD te pleeg!

Unregistered
11-07-2013, 03:44 PM
Dit is ook duidelik dat meeste mense in God glo maar dat net n paar, God self glo.