PDA

View Full Version : drukkook pot besig om maksimum te bereik



big daddy
11-11-2013, 06:35 PM
Is ek verkeerd as ek se dat hier iets besig is om op te bou tussen wit en swart? Ek reis die afgelope paar maande gereeld na Kuruman. En elke liewe keer as ek daar labd dan het ek n insident met swartes. Ek was al tot amper gehijack net buite die dorp maar gelukkig het ek n swaar vrag leeus agter op my bakkie gehad en het die kapers 2de gekom. Maar dis nie net daar waar ek dit ervaar nie. Tot in my tuisdorp is dit asof ons extra getart word. Daar is n baie duidelike vibrasie wat ek ervaar. My vraag is of ons reg is vir dit wat kom? Elke boer se plig is om voor te berei en reg te wees want hier is beslis iets oppad. Ek reis wyd en ver en ek tel dit orals op. Is ons lampies vol???

Unregistered
11-11-2013, 09:02 PM
En vol wat moet ons lampies wees?

Unregistered
11-11-2013, 11:31 PM
Ek ry ook baie en ek kom nog niks agter nie. In die verlede was daar tye wat ek die aggressie gesien en beleef het maar hierdie jaar het ek nog niks gesien nie. Nie in Limpopo nie. Nie in die Vrystaat nie. Nie in die Kaap nie en ook nie in Natal nie. Waar is jou tuisdorp dan ?

Unregistered
11-11-2013, 11:33 PM
Die wat anargie wil bewerk en aanblaas is n baie klein minderheid. Die meeste mense in die land soek vrede vir almal. Ons moet nie toelaat dat die minderheid ons emosioneel opsweep ten einde hulle planne te laat slaag nie ten koste van ons nie. Die man wat honger ly en verarm is n maklike kandidaat om te beweeg. Met n afdraande ekonomiese beleid en gepaard gaande arbeids onrus word hierdie monster egter gevoer, wat een of ander tyd gaan vuur spoeg. Ek dink egter die vuur gaan die brand wat dit aangesteek het, en hulle vind hulle binne hulle eie bosbrand. Staan vas

Unregistered
11-12-2013, 08:12 AM
Ek bly in kuruman en al word daar nou nie elke dag mense hier vermoor nie is die verhouding verseker nou nie so dat ek elke dag met n lied in my hart dorp toe gaan nie. Die atmosfeer en die houding het verseker in die laaste 5 jaar agteruit gegaan. Die graad van arrogansie en vyandigheid in my dorp is om jou tande van stukkend te kners. Ek weet nie het dit met die toename in mynbou te doen nie maar die houding is verseker nie tipies die van die tswana nie.(ek dink dis invloed van buite) en nee dis nie elke liewe tswana wat jy raakloop nie maar die kanse om sonder n voorval dorp toe te gaan is skraal. Dit het verseker een van die swakste dorpe geraak om in te bly! Ek kry baie kliente van buite my dorp en elke liewe een kla oor dieselfde ding! Ek is regtig bly as dit net my dorp is waar ek dit so ervaar.

Unregistered
11-12-2013, 10:16 AM
Hi almal,
Ja ons dorp het baie misdaad. Hier is 'n baie negatiewe "vibe", maar dit is onder wit en swart. Die swart mense kry net so swaar deur roof en verkragting. Hier is baie buitelanders en hulle het 'n slegte invloed op veral die jeug. Dwelms is ook aan die orde van die dag en vrylik beskikbaar. Om met 'n handsak te loop of iets sigbaar in jou motor te los, is 'n risiko.

Die Tswanna is nie regtig 'n oorlogsugtige nasie nie, so hulle word aangemoedig deur elemente van buite. Armoede en werkloosheid speel 'n groot rol en is 'n goeie teelaarde vir die krimineel. Ek kom egter agter die Tswanna vroue begin opstaan en neem so af en toe die reg in eie hande.

Ja meneer, jy is reg. Soms byt ons sommer ons tonge af vir die arrogansie en houdings van baie. Ek wou al vir my 'n "Big Wheeler" koop en net reguit ry.

Die arrogansie spruit uit die wat bietjie geld het en nou ook nuwe motors kan ry en naweke in die park vleisbraai en suip. M.a.w "Krummeltjie wat koek geword het".

As jy egter bedag is op hierdie dinge, en rondkyk, gaan dit nie regtig so sleg by ons nie. Dit is net dat hierdie 'n nuwe gier is en die boeregemeenskap , selfs inwoners, nie hieraan gewoond is nie. Ons het al baie gepraat oor Akska, maar die houding daaroor is meer as negatief. Dit is asof almal net oorgegee het en glo die water moet nou maar loop waar hy wil.

Volgens my is daar 'n oplossing, maar nie almal stem saam nie.

Trudie

Lukas
11-12-2013, 11:21 AM
Dankie, Trudie. Net voor ek my plasing maak, het jy dit toe reeds geantwoord en ek wonder toe of ek nog iets kan byvoeg. Jy moet maar sê of ek dit verkeerd opsom.

Kuruman kry swaar. Teen 9uur vanmôre was dit al reeds 44 grade Celsius. Dit is warm. Daar is nie vir al die mense wat daar woon werk nie. Families wat werk het, onderhou familielede wat nie werk het nie. Die families wat werkloos is en wat nie ander familielede het wat werk nie, is moedeloos omdat hulle nie elke dag kos het om te eet nie. Hulle kry ook nie werk nie. Vreemdes van ander plekke, kry werk en die mense word meer en meer gedwing om terwille van oorlewing te steel.

Amcu is tans besig om op die myne veld te wen en die NUMSA unie skop kwaai tee. Die twee opponerende unies is besig om vir mekaar baie kwaad te word. Wanneer hulle polities deur die unies opgesweep word om mekaar aan te vat, loop gemoedere ook hoog en dit het ’n invloed op unie lede se emosies. Soos Trudie sê sien ’n mens dit aan die wat die mooi karre het. Mynwerkers wat geld het en wat deur die unies opgesweep word.

Trudie is ook reg dat die algemene atmosfeer wat daar heers, nie aan ’n wit swart politiek gekoppel nie maar wel hoofsaaklik aan misdaad. Misdaad is besig om toe te neem en die druk om te oorleef neem gedurig toe om by die mense wat het, te steel om self te oorleef. Daar is nie op die oomblik ’n wit swart kwessie nie. Die swart mense wat werk het, word ook deur werkloses bedreig en hulle deel ’n gemeenskaplike vrees met die blankes, teen misdaad.

Amcu se retoriek is nie vreedsaam nie en hou ’n potensiële gevaar vir vrede en stabiliteit in. Maar die geveg om bestaande unies te oorwin oorheers op die oomblik enige potensiële bedreigings teen sakelui en blankes in die algemeen.

Wat tans in Kuruman omgewing aan die gang is, is iets wat met ’n verswakkende ekonomie, ’n tendens veroorsaak wat groter dele van Suid-Afrika gaan raak of reeds raak. Mense wat nie kos het om te eet nie, word honger en honger mense is n gevaar vir enige mens wat wel kos het om te eet.

Die wat wel kos het, sal baie slimmer moet begin leef. Jy is reg. Ons moet iets daaraan kan doen. Om misdaad voorkomend te bly, sal ons aanhoudend buite die kassie moet bly dink.

Unregistered
11-12-2013, 06:00 PM
Lukas jy som dit baie goed op. Ek dink die oorsaak is maar honger mense. Julle vra waar bly ek? Ek bly in die vrystaat so 120km van bfn af. En ek staan by wat ek se. Ek ervaar n arrogansie en n haat tussen wit en swart. wat ek bedoel met of julle lampies vol is is of ons voorbereid gaan wees as die drukpot oorkook. Op geen stadium probeer ek stir of dinge aanhits nie. Wie is ek nou in elkgeval om so iets te wil doen. My argument is egter steeds dat vanaf taxis tot trokke baie arrogant is op die paaie. In die winkels is die werkers se houding baie baie negatief. Maar in dieselfde asem se ek ook. Daar is baie swartmense wat net so gatvol is van al die nonsens.

Tom
11-12-2013, 08:37 PM
Nommer #1/#8, vat maar antwoorde van wie dit kom en groei n dikker vel. Moet nie laat mense jou ontstel nie. Meeste weet presies wat jy bedoel en ook wat dit beteken om jou lampie vol te hou. Ons is net al moeg om op sulke dinge te reageer. Sterkte vir julle. Ons is miskien net al lankal meer gewoond aan hierdie houdings en verwaantheid wat ook meer en meer toeneem. Dit is soos Trudie gesê het, dit is asof almal net oorgegee het en glo die water moet nou maar loop waar hy wil.

Lukas
11-12-2013, 11:02 PM
Wel, no8. Nou gaan ek seker weer goed kwytraak wat die webblad se stabiliteit kan benadeel.
Ek dink ook dat die wa besig is om te kantel, maar ek is nie soos jy so seker of die mense dit al agterkom nie. Ek het die laaste tyd nie so baie wyd gery nie. Waar ek kom, praat ek gewoonlik met mense en ek kom baie gou agter wanneer daar ’n probleem is. Ek dink dat dit in 2004 was, wat ZCC mense my openlik by Baltimore vertel het dat hulle ons in die see gaan injaag. EK het gesê dat hulle bietjie moet wag omdat die water nog baie koud is en dit nie vir hulle lekker gaan wees om in sulke koue water te versuip nie. Ons het saam gelag en dit was dit.

Maar die begeerte om ons in die see-in te jaag, kom jaarliks by ’n sekere groep voor en ons kan die arrogansie gewoonlik in April sien wanneer hulle toordokters die seestrome vir die doel toets. Die laaste twee tot drie jaar het ek nie dieselfde gespanne afwagting by hulle bespeur nie. EK sien dit ook nie nou nie.

Daar is ander magte wat baie graag ’n wit swart konflik wil bevorder. Mandela se dood is ook ’n sneller om Suid-Afrika skoon te maak, maar die skoonmaak van die land sluit ons skynbaar nie meer regtig in nie.

Oor die algemeen word dit meer en meer onder swart mense bespreek dat hulle onder ’n wit regering beter geleef het. Hulle voel nou dat dit weer moet gebeur. Volgens my inligting wag hulle vir ’n nuwe jong wit leier wat geen verbintenis met apartheid gehad het nie, om die land te regeer. Terselfdertyd glo hulle dat die Zimbabwiërs, Mosambiekers en Nigeriërs moet terug waar hulle vandaan kom.

Op hierdie stadium is ek nog oortuig dat die aankondiging van Mandela se dood nie vir ons ’n te groot bedreiging gaan inhou nie. Terselfdertyd is ek so bietjie onseker oor Malema. Malema is besig om onder die honger jeug steun te kry. Middelklas mense wat werklose familielede moet onderhou, is ook geneig om Malema meer en meer aan te hang. Malema aan die ander kant wat geen beleid het nie en wat nou skynbaar ook deur die Amerikaanse black Panthers beïnvloed word, raak moontlik ’n probleem.

Malema wat deur die ANC , soos hulle sê, “in ’n klein botteltjie gesit is”, is weer deur wit mense met ’n ander motief, finansieel ondersteun om sy politieke momentum op te bou. Waartoe sy ondersteuners in staat gaan wees, is op hierdie stadium nog nie duidelik nie. Maar wanneer ek die inter Afrika verhoudings sien, gaan hulle nie regtig kans kry om hulle woede op wit mense uit te haal nie.

Oorlog is ’n ding wat lekker klink maar wanneer jou maatjies om jou doodgaan, verander daardie gevoel baie gou.

Voor die week verby is, sal ek seker weer 2000 kilometer aflê. Baie daarvan sal in die Vrystaat wees en ek sal verseker bietjie kyk of ek weer die vyandigheid kan raaksien waarvan jy bewus word.

Ns.
Amper vergeet ek die lampie. Die lampie is vol genoeg om vir jou ook n liggie te gee. Ons wag net vir die donker.

Unregistered
11-13-2013, 08:01 AM
Skerp lucas. Kom kuier gerus weer n slag by my in ladybrand. Sal lekker wees om weer n slag te gesels met iemand wat weet wie sy ma en pa is. Veilig ry.

Janna
11-13-2013, 08:03 AM
Oor die algemeen word dit meer en meer onder swart mense bespreek dat hulle onder ’n wit regering beter geleef het. Hulle voel nou dat dit weer moet gebeur. Volgens my inligting wag hulle vir ’n nuwe jong wit leier wat geen verbintenis met apartheid gehad het nie, om die land te regeer.

Maar die ouer indoena hou nie daarvan nie :cool:

Ramaphosa warns against the return of 'boers'

ANC deputy president Cyril Ramaphosa urged residents in Limpopo to vote to prevent the "boers" from "coming back to control us".
ANC deputy president Cyril Ramaphosa. (Gallo)
ANC deputy president Cyril Ramaphosa told people in the province to vote, or else the "boers" will come back to power, the Star newspaper reported on Monday.
"If you don't vote, the boers will come back to control us," Ramaphosa reportedly said in Seshego.
He was speaking to disgruntled resident Johanna Phala (49), who had vowed not to vote in next year's elections because the ANC had disappointed her.
The unemployed single mother-of-three blamed the high unemployment rate on the ANC and said she had lost hope in the party.
Ramaphosa asked her to reconsider her anger towards the ANC-led government.
'We will regress'
He was in Seshego to drum up party support.
"If all South Africans don't vote, we will regress. The boers will come back to control us," he said.
Ramaphosa's remarks echoed a study released in April by consumer insights company Pondering Panda which found that 46% of youth respondents of all races believed the Democratic Alliance would bring back apartheid if it won next year's elections. – Sapa


http://mg.co.za/article/2013-11-11-ramaphosa-warns-voters-against-the-boers

Unregistered
11-14-2013, 06:44 AM
My beriggie het my baie gepla. Ek het mooi gaan sit en dink of dit wat ek gese het maar nie net my eie gevolgtrekkings was nie. Maar nee ek is nou meer as ooit oortuig dat die drukpot versadig raak. Gaan lees gerus op facebook. Jajaja ek weet baie mense het nog altyd gemoan en gebitch op fb en beteken nie veel nie. Maar gaan lees n slag mooi. Wit en swart albei begin onophoudelik die regering aanvat. Red october en sunette bridges tot news 24 en bka se blaaie kook oor van wrewel. Die etol affere is ook vir my n bewys dat mense verby gatvol is. So my gewaarwordings en afleidings word vir my bevestig. Mense is besig om keelvol te bereik. Enbiewers gaan dit oorkook.

kwai
11-14-2013, 03:51 PM
Ag nee man. Daar gaan niks gebeur nie. As julle nie wil glo dat ons in n rainbow nation leef nie, is julle maar n baie siniese klomp. My lampie is vol Vodka. Strooitjie iemand?

Tom
11-14-2013, 04:20 PM
Ja wel, Vodka is blykbaar ook n goeie verdoofmiddel. Drink n halwe bottel, sit n stok tussen jou tande en byt was terwyl die steke ingesit word. Vêrder reken hulle dit werk tot vir hartseer...

Lukas
11-17-2013, 12:21 AM
Ek het hierdie week by die 3000 kilometer afgelê. Ek was op ’n plek waar ’n betroubare swart man vermoor is en waar ’n ander se vingers afgeskiet is omdat hy nie vir die aanvallers toegang tot sy werkgewer se huis wou gee nie. En die een wie se vingers afgeskiet is, is self ’n Rapper in die bende struktuur. Vra m aar vir Xander. Hy reken dat hy in sy lewe nog nooit so vinnige bekentenis gesien het soos wat hy hierdie week gesien het nie.

Julle weet mos waarom swart mense hulle koppe kaal skeer. Ek het hierdie week met baie kaalkoppe gepraat en ek kon nêrens dieselfde aggressie bespeur wat ek tydens 2003 tot 2008 gesien het nie. Noem my dom of agter die die klip as jy wil, maar die bedreiging teen die blankes het die afgelope vyf jaar baie afgeneem.

Rowe en misdaad neem toe en gaan nog baie toeneem. Nie omdat hulle ons haat nie, maar eenvoudig omdat hulle nie het nie en ons in die meeste gevalle leef asof ons wel het. Die haat teen ons omdat ons wit is, is by ’n baie klein persentasie te bespeur en nie soos wat dit gedurende 2003 tot 2008 was, waar die haat by ’n baie groot deel van die bevolking sigbaar was nie.

Wees net versigting dat jou eie persepsies nie mense uitlok om te reageer soos wat jy in jou kop glo hulle moet reageer nie. Die spanning loop wel hoog maar ons is nie hierdie keer die hoof rede daarvoor nie. En wanneer die volstruis die windpomp gaan tref, sal baie swart mense by ons kom skuiling soek. En die wat na ons toe sal hardloop sal ook aan ons die inligting voorsien wat ons nodig sal hom deur die drif te kom.

Daar sal verseker elemente wees wat wit mense haat en daar is verseker wit mense wat goed teenoor swart mense doen wat die haat regverdig. Maar ons sal hierdie siklus moet deur-wag.

Unregistered
11-17-2013, 07:47 AM
Maw lucas jy dink nie ons wittes is polities in gevaar nie? Kyk ek glo jy weet waarvan jy praat. Maar ek moet staan by wat ek se. Bloot omdat ek dit baie sterk persoonlik ervaar. Maar ek bid dat ek verkeerd is. En ek bid dat ek die goed verkeerd lees. As ek reg lees se jy dat ons gaan nie om politiese redes bloei nie. Ons gaan bloei omdat hulle hinger is en ons het als. Is dit nie gevaarliker as politiese motiewe nie? Ek meen jy kan dalk nog met n politiese ou redeneer. Maar n honger man luister slegs na die gromme van sy maag.

Lukas
11-17-2013, 09:30 AM
Nou kom jy by die wortel van die kwaad. Jaloesie en afguns was nog altyd meer gevaarlik as wat politiek ooit kon wees. Die voordeel wat die honger bedreiging vir ons inhou, is dat ons dit sonder geweld kan bestuur.

Die gewelddadige politieke bedreiging is ook ’n realiteit, maar die feit is dat dit baie maklik afgeweer kan word. Die ou mense weet dat ons die land baie vinnig weer kan omdraai en hulle is baie bang daarvoor. Die jonges speel op die treinspoor en hulle maak die oumense baie bang.

Die kanse is baie goed dat die ou mense die jonges sal bangpraat maar die wat nie luister nie, kan dalk op ’n dag met ’n skok wakker word.

Nee, my eie opinie is dat ons op die oomblik in ’n baie slegte tyd van die wêreld is, maar self nie so sleg daaraan toe is nie.

Unregistered
11-17-2013, 06:22 PM
Menu

Shane's Blog

Just another WordPress.com site

WHAT EXACTLY DID WE STEAL FROM YOU???

******3 VotesSome information I received from a good friend on Twitter!!Some basic facts for the idiots who claim we stole everything from them!Who oppressed and disadvantaged you before the so called settlers arrived here? Did the settlers steal your advanced infrastructure? Did they steal your mines, hospitals, libraries and universities? No !! They did not!! They found masses of black people living on the fringes of the stone age!! Primitive beings dressed in skins wielding sticks, living in primitive dwellings dragging their possessions around with them because unlike the rest of the world they had not even discovered the wheel yet??Ethiopia has never been colonized and is today one of the most desolate places on the planet? Who oppressed them? Who disadvantaged them??Take Germany, a white country that was completely decimated by war! 15 short years later it was described as an economic wonder of the world! Then you look at Zimbabwe? Its black population was handed one of the wealthiest countries in the world that had a surplus of everything! Today it is trying its best to outdo Ethiopia as the shitiest hellhole on the planet?YOU CANNOT TAKE SOMETHING FROM SOMEBODY WHO NEVER HAD IT IN THE FIRST PLACE?? WHAT IS IT THAT WHITE PEOPLE – SPECIFICALLY WHITE MEN ARE SUPPOSED TO GIVE BACK TO BLACK PEOPLE??Blacks never owned any land? Land ownership is a western concept. Blacks have always settled wherever they could and were governed by tribal savagery! In other words the most savage moron ruled!!More hallucinations aside – e.g. Ancient gold mines – a Little bit like the Zimbabwe Ruins (the Pyramids, etc) – next to this Magnificent structure, the indigenous people built stone-age dwellings out of dirt and sticks (at best emulating the birds). Using minerals is an entirely Imperialist/Western concept – in fact, in many ways it saw some of the most tangible advances, by WHITE SOUTH AFRICAN MEN – just peruse some of the academic papers at Wit’s Engineering Library?Money, capital and the pivotal mechanisms of the wealth that allows you to breathe, eat, have children, live a rather healthy productive and fulfilling life, but also allowed the cognitive development that leads you to make your daft comments – it is ALL of Western origins. In fact, the key advancements in modern finance and economics were made by the Dutch. Why do you think New York’s financial center is called “Wall Street”? It was initially called “Waal Straat”. When the settlement was under Dutch control, Yes you idiot, the Dutch took their cognitive substance there as well! The same Dutch that were the most direct descendants of the people who landed at the Cape in 1652. In fact, the modern ‘WEALTH system’ was originated by the Dutch and it funded the explorations around the tip of Africa.Perhaps we robbed the “disadvantaged” blacks of their private jets, their Breitling watches, their Italian designer suits, or their German luxury limousines, their Blue Light Brigades or perhaps their space shuttles?You never had anything to start with and would still not have anything if not for the hand full of hard working whites you so desperately want to kill????

So n stukkie wysheid wat ek dink die hele probleem mooi beskryf. Dis n geleende stukkie.

Unregistered
11-18-2013, 11:04 AM
'n Puik stukkie propaganda wat die vuur onder die pot sal help.

Chris1
11-18-2013, 02:00 PM
Is die propaganda leuns?
Chris1

Unregistered
11-19-2013, 06:36 AM
Nee, dis net nie die volle waarheid nie. Die blanke sou ook maar niks sonder 'n swart werksmag kon regkry nie.

Chris1
11-19-2013, 07:00 AM
Ja nee want daarvan kan Duitsland getuig ,kyk net hoeveel swartarbeid hulle na die tweede wereld oorlog gebruik het,of hoe?
Nee ek dink ons moet eerlik met die dinge omgaan en ophou om onself te vertel hoe sleg ons is.Dit sny beide kante toe en so moet ons ook die foute erken .Ons verwysingsraamwerk verskul drasties en hierin le die probleem, wat vir my van waarde is is nie noodwendig die van die swartman sin nie.Maar eers moet ons ophou om askies ek leef te speel.

Chris1

Unregistered
11-19-2013, 07:37 AM
En hoe doen hulle dit in lande waar daar geen swartwerksmag is nie?

Chris1
11-19-2013, 08:09 AM
My plasings moet eers goedgekeur word, is dit standaard?.Ek vra want as ek 'n plasing plaas moet ek wag en dan lyk dit soms of die antwoord te laat is.
Chris1

Tom
11-19-2013, 08:39 AM
Ja nee want daarvan kan Duitsland getuig ,kyk net hoeveel swartarbeid hulle na die tweede wereld oorlog gebruik het,of hoe?
Nee ek dink ons moet eerlik met die dinge omgaan en ophou om onself te vertel hoe sleg ons is.Dit sny beide kante toe en so moet ons ook die foute erken .Ons verwysingsraamwerk verskul drasties en hierin le die probleem, wat vir my van waarde is is nie noodwendig die van die swartman sin nie.Maar eers moet ons ophou om askies ek leef te speel.

Chris1
Ek wou ook n pos plaas met dieselfde strekking. Stem met jou saam. Die Engelsman sê 'life finds a way' en ons sê, 'waar n wil is, is n weg'.

Tom
11-19-2013, 08:48 AM
My plasings moet eers goedgekeur word, is dit standaard?.Ek vra want as ek 'n plasing plaas moet ek wag en dan lyk dit soms of die antwoord te laat is.
Chris1
Nee, dit is nie standaard nie. Daar is n klompie lede wat daarmee sukkel en die hoof admin, Baardman, moet nog die antwoord kry. Intussen is ek magte gegee om poste so gou ek kan goed te keur en dan verskyn dit. Die manier om dit, is om uit te log en anoniem te skryf met die akska2 kode en net jou naam onder te plaas soos jy doen. Anonieme poste verskyn dadelik! Jou poste onder jou naam vermeerder dan egter nie, maar dit verskyn darem dadelik. Om vlak 2 te sien, moet jy dan weer in log. Ongelukkig werk die metode nie vir vlak 2 nie en sal jy maar moet wag tot ek of Lukas die poste goedkeur, sou jy in vlak 2 pos terwyl jy ingelog is. Dit is n pyn in die agterend, ek weet.

478
11-19-2013, 09:56 AM
Oh Dear! Seems the pressure cooker is getting to all and sundry. The SA rooinekke are having such a go at each other, I decided to not get involved in their fight. I see black eyes and blood noses before sundown. So, I take a peek here and guess what, the lid is also about to blow off the cooker.
The tension is escalating and it is scary. Not much one can do about it I guess as it is a stressful time for all the folks. How can we overcome this all? I really tried to talk to the English folks in SA along the lines that Akska has taught me, but I made it worse. Sjoe, so glad it wasn't in person, I think I might've got my butt kicked 'till my nose bled.:(

Tom
11-19-2013, 10:28 AM
Jip, 478, and it is like that with all liberals. English, Afrikaans, Black, White, Pink, the whole lot.

Ek mors nie meer my asem op hulle nie. Die sif sal skud! Figure out that one!

Unregistered
11-19-2013, 10:43 AM
Tom, I know, but what I have witnessed this last month building up to today, I have NEVER seen before. There has been a tear in the ESSA's, no more middle road. Some have kept to the left, but MOST have swung to the EXTREME right. To hear a man who I know is a British immigrant to SA (I was at school with him), call the folks F#[email protected]^& rooinekke, then you know something is going down. I tried to put out the fire, but it escalated to a point that there was no talking any sense. The emotions are so high, and how it got there so quick beats me. I think the AWB is going to have many new members, and some are going to go to jail if they do what they say they will. It is actually out of control, but perhaps they can yell at each other and get the frustrations out their systems, so folks can try be of some use to each other. I will wait a day and try again, at least I have 2 who are prepared to listen to reason.
478

Tom
11-19-2013, 11:12 AM
478, where is all this happening?

Luigi
11-19-2013, 11:19 AM
Dink jy nie dalk die invloei van "buite mense" het 'n groot invloed op die verandering in die atmosfeer nie? Dit het Ellisras (Lephalale) baie verander met die klomp "vreemdes" wat ingekom het na Medupi vanaf regoor die land en by julle is die myne besig om teen rasse skrede te ontwikkel wat baie "buite mense" tot gevolg het.

478
11-19-2013, 11:25 AM
Better to try to get the blokes to chill down and rethink their contribution towards improving the current hostile atmosphere.

Unregistered
11-19-2013, 01:16 PM
Nee, dit is nie standaard nie. Daar is n klompie lede wat daarmee sukkel en die hoof admin, Baardman, moet nog die antwoord kry. Intussen is ek magte gegee om poste so gou ek kan goed te keur en dan verskyn dit. Die manier om dit, is om uit te log en anoniem te skryf met die akska2 kode en net jou naam onder te plaas soos jy doen. Anonieme poste verskyn dadelik! Jou poste onder jou naam vermeerder dan egter nie, maar dit verskyn darem dadelik. Om vlak 2 te sien, moet jy dan weer in log. Ongelukkig werk die metode nie vir vlak 2 nie en sal jy maar moet wag tot ek of Lukas die poste goedkeur, sou jy in vlak 2 pos terwyl jy ingelog is. Dit is n pyn in die agterend, ek weet.

Dankie Tom ek maak so.Hoe sal ek weet dat die probleempie uigesorteer is?
Chris1

Unregistered
11-19-2013, 01:20 PM
Nou spel ek soos my agterend, te haastig jammer.

Tom
11-19-2013, 01:53 PM
Dankie Tom ek maak so.Hoe sal ek weet dat die probleempie uigesorteer is?
Chris1
Chris1, ons sal seker n aankondiging doen, maar mense kan dit dalk mis. So probeer maar so af en toe pos onder jou eie naam. As dit moet goedgekeur word behoort ek dit vinnig op te tel.

Lukas kan dalk ook hier inkom en ons sy planne vertel?

Lukas, ek vermoed my e-posse kom nie by jou uit nie, want ek kry geen antwoord nie.

Tom
11-19-2013, 01:58 PM
Better to try to get the blokes to chill down and rethink their contribution towards improving the current hostile atmosphere.
I saw your first un-edited reply but did not get time to comment. All I can say, it is scary and Siener predicted that we will tackle each other. That is why I stay away from organizations, groups etc. Even being so active in AKSKA could prove to be problamatic, but I see AKSKA in a slightly different light. But at the end of the day, even AKSKA is hated by some and will become a target.

Lukas
11-19-2013, 04:59 PM
National
Gigaba warns voters about return of 'oppressors'
18 Nov 2013 08:34 Sapa
Speaking over the weekend, Malusi Gigaba has warned people to vote to prevent "oppressors" from coming "back to rule this country".

305

Public Enterprises Minister Malusi Gigaba has warned people to vote next year to prevent "oppressors" from gaining control of the government, the Star reported on Monday.
Speaking in Ga-Mokgoba, near Tzaneen on Saturday, the ANC national executive member reportedly claimed that opposition parties would work together against the ruling party and try to halt economic transformation.
"If they [the public] do not register to vote, those who have oppressed us before and now claim that they love us will come back to rule this country," he was quoted as saying.
Later, speaking at an ANC Youth League 69th anniversary lecture in Kgapane Township, Modjadjiskloof, also in Limpopo, he repeated these sentiments.
'Slow down transformation'
"Our opponents have made it very clear that the economic transformation they seek is the one that will kill black people as proletariat of white capital," Gigaba reportedly said.
"If support ... drops, the opposition will club together to slow down transformation."
Last week ANC deputy president Cyril Ramaphosa reportedly warned Limpopo residents to vote or the "boers" would take back power.
He was at the time speaking to disgruntled resident Johanna Phala (49), who had vowed not to vote in next year's elections because the ANC had disappointed her.
The unemployed single mother-of-three blamed the high unemployment rate on the ANC and said she had lost hope in the party.
Ramaphosa asked her to reconsider her anger towards the ANC-led government.
'We will regress'
He was in Seshego to drum up party support.
"If all South Africans don't vote, we will regress. The boers will come back to control us," he said. – Sapa


Ns.

Tom. Ek n groot deel van verlede week op die pad en het nie naby die rekenaar uitgekom nie. Hierdie week was ook nie makliker nie maar ek kom die pad.)

478
11-20-2013, 06:10 AM
I saw your first un-edited reply but did not get time to comment. All I can say, it is scary and Siener predicted that we will tackle each other. That is why I stay away from organizations, groups etc. Even being so active in AKSKA could prove to be problamatic, but I see AKSKA in a slightly different light. But at the end of the day, even AKSKA is hated by some and will become a target.



Akska can perhaps best be described as a journey through Africa. :)

Oom Siener was the most unusual character in our History, and much he saw unfolds as we go along. It is a message of hope, and of trust in the Word written in the Bible.

Tom
11-20-2013, 06:39 AM
It is a message of hope, and of trust in the Word written in the Bible.

Spot on, Soutie! ;)

Unregistered
11-20-2013, 07:53 AM
Nou praat ANC ook: Economic Freedom.

My vraag is, is die Malema ding en EFF wat deur hom gestig is, nie 'n front wat gestig is deur groter magte nie, sodat die ANC hul Economic freedom agenda kan druk nie?

So 'n tipiese retoriese vraag ? Is dit nie maar net 'n deel van n groeter Sosiale spul, wat hul agenda wil druk nie

Unregistered
11-22-2013, 04:24 PM
COPE kan daardie posisie vul maar ek dink dat Malema te veel brue gebrand het. Die ANC wou hom verkleineer maar ander elemente het nou aan hom die krag gegee om onvervangbaar te voel. Hy is seker nou oortuig dat hy die nuwe president gaan word.

Lukas
11-24-2013, 12:01 AM
Ek dink dat Malema nou in n totaal ander klas as die ANC is. Die informasie wat ek kry, vertel ook dat die ANC vir die klein Malema baie bang is.

Persoonlik dink ek dat Malema die enigste faktor is wat wit swart polarisering kan veroorsaak. Hy is besig om gevaarlik te word. Dit kan beteken dat ons plek plek massa optredes teen blankes kan verwag. Terselfdertyd weet ek van n ander swart mag wat dit gaan teenstaan.

Daarom sien ek tans die bedreiging teen die blankes wat tans deur Malema gekweek word, nog altyd nie as n te groot bedreiging nie en die kanse dat dit in n swart op swart geweld kan uitloop, word al sterker.

Unregistered
11-24-2013, 09:49 PM
Ek weet nie wie van julle al Confessions of An Economic Hitman deur John Perkins gelees het nie maar as mens dit lees verstaan jy hoe binnelandse politieke gebeure gedurig gemanipuleer word sodat die maksimum geld uit n land gemaak kan word nie. In Perkins se boek skryf hy hoeveel Suid-Amerikaanse leiers wat nie die knie voor die Amerikaanse groot korporasies en die Amerikaanse regerings wou buig nie vermoor is. Die bou van die 2010 sokkerstadions, die Eskomprojekte wat net nie kan klaar nie en nou die herrysing van Malema is alles deel van n groter prentjie sodat groot buitelandse maatskappye baie geld uit SA kan maak.
Wat ookal gebeur, die Wereldbank en IMF hou die SA Regering verantwoordelik vir skuld wat gemaak is en soos die land se skuldlas al groter word, so kry ons al swaarder omdat ons geld al minder werd is. Om te weet waarom Julius Malema skielik so sterk na vore tree en duidelik van iewers ondersteuning kry moet mens die geldspoor volg. Hoe swaarder ons kry, hoe beter gaan populiste soos Malema vaar en hoe meer onstabiel gaan die land wees.
Of ons daarvan hou of nie, in die stadium is n stabiele ANC-regering met al sy korrupsie ongelukkig steeds die beste opsie vir die land want die swart bevolking is nog nie reg vir n alternatief vir die ANC nie en radikales soos Malema gaan beslis nie beter as die huidige regering vaar nie.
Alet

Unregistered
11-25-2013, 06:32 AM
Is ons uitgelewer of kan ons dit baklei?

Unregistered
11-25-2013, 09:37 AM
Ons kan nie veel doen aan die regerings wat oor ons heers nie. Die magte is sterk en in Suid-Amerika is leiers wat nie bereid was om hul mense uit teverkoop nie telkens vermoor. Dink ook aan die vliegongeluk van die hele Poolse kabinet so paar jaar gelede. Ons kan wel deur binne ons vermoens te leef, weg te kom van die blink leefstyle wat so gepropageer word en deur sinvolle ekonomiese besluite te neem die impak van hierdie goed versag. Hoe meer onafhanklik mens leef en hoe meer ons leer om klein sake te ondersteun hoe minder mag het hierdie goed oor ons. Ons kan niks doen as petrol R20 l kos nie maar as ons voertuie gebruik wat ekonomies is en beplan om minder te ry, sal ons nie so swaar leef nie.

Alet

Unregistered
11-27-2013, 11:21 PM
Malema and Verwoerd are two sides of same coin

JULIUS Malema thinks Afrikaners hate him. In fact, those who hanker after apartheid love him. He is, after all, a black Hendrik Verwoerd. He and his Economic Freedom Fighters (EFF) want the Verwoerdian fantasy for blacks. They, like all fascists, socialists and communists, want blacks living on nationalised land as wards of an omnipresent state that owns most wealth and controls most life.

Bewildered critics wonder why opponents of economic freedom call themselves "Economic Freedom Fighters". But that is precisely what they are — they fight economic freedom.

Malema wants what apartheid meant for blacks reinstated. He differs from Verwoerd in that he wants it extended to whites. Apartheid was capitalism for whites and socialism for blacks. Under apartheid, blacks were closer, as they would be under the EFF, than almost anyone on earth to the socialist ideal: virtual elimination of class and property. The apartheid regime provided or controlled black housing, transport, healthcare, education, labour, spatial and economic development, industrialisation, broadcasting, telecommunications and, above all, land. Apartheid was, for blacks, the "greater role for government".

There are cosmetic differences— mere colour reversal or "reverse apartheid" — but Verwoerd wanted the centrality of government for blacks whereas Malema wants it for all. The EFF’s founding manifesto wants, for instance, "the transfer of all land to the state", not just black land as under apartheid, but the land of "all South Africans, black and white".

Like the early apartheid regime, the EFF wants "nationalisation of mines, banks, and other strategic sectors"; "building state and government capacity"; "free quality education, healthcare, houses, and sanitation"; "massive protected industrial development"; "decentralised spatial development and building new cities"; and so on. Apartheid called such development and cities "growth points" and "border industries". That the EFF wants "public representatives using public services" is reminiscent of Malema’s dreaded Afrikaners attending state schools and universities, using government transport, and being treated in government hospitals.

Just as the apartheid regime wanted limited liberty in a cosmos of control, the EFF wants ring-fenced rights. It endorses the pro-market Freedom Charter idea that "people shall have equal rights to trade where they choose, to manufacture and to enter all trades, crafts and professions". But if their success creates "commanding heights", their wealth will be "nationalised without compensation", better known as theft and robbery.

The manifesto opines populist nonsense about Cuba having "unparalleled access to healthcare, education, social welfare services, low infant mortality rates and a longer life expectancy". Then, surprisingly, it concedes Cuba’s failure compared with the "development of Singapore, South Korea, Japan, Finland, and Taiwan" and the "massive economic development (of) Singapore, South Korea, Taiwan, and Hong Kong".

Having stumbled upon the truth about economic freedom, the pseudo-intellectual authors picked themselves up and pressed on, misattributing success in the world’s freest economies to "state-aided industrialisation … including the insulation of agriculture and food production". They did not pause to reflect on the obvious fact that those countries scarcely produce food and have policies at the opposite end of the ideological spectrum.

The EFF laments "individuals who … benefited … because they held senior government or corporate-sector positions … did contract work with the state (tendering), got co-opted … as shareholder capitalists, or redirected funds … into their own pockets (corruption)". It denies the existence of and thus insults millions of blacks who "engaged in real industrial and manufacturing entrepreneurship and economic development".

A Malema-loving verkrampte Afrikaner medium told me Verwoerd’s ghost can be seen smiling (which he seldom did) in the shadows at EFF events.

• Louw is executive director of the Free Market Foundation.

http://www.bdlive.co.za/opinion/columnists/2013/11/27/malema-and-verwoerd-are-two-sides-of-same-coin

Unregistered
11-28-2013, 08:06 AM
Verwoerd het geloof, dissipline en verstand gehad, gekoppel aan n westerse opvoeding, die malema aap het nie een van dit nie. Verwoerd het visie ook gehad, tov volkskap en volkere se voortbestaan. Hy was nie n spreekbuis van dwase nie en jy kon hom nie aanhaal met dwase ligsinnige stellings wat weerspreek nie. Hierdie verklaring is tieperend van n vergryping na enige iets om die sinkende skip te probeer red, en gelukkig gaan dit nie help nie, want sy eie dwaasheid, dra nog verder by tot sy val. Malema as n ver linkse skop net stof op en hy sal net weer soos n riet geknak word.

478
11-28-2013, 08:40 AM
Verwoerd het geloof, dissipline en verstand gehad, gekoppel aan n westerse opvoeding, die malema aap het nie een van dit nie. Verwoerd het visie ook gehad, tov volkskap en volkere se voortbestaan. Hy was nie n spreekbuis van dwase nie en jy kon hom nie aanhaal met dwase ligsinnige stellings wat weerspreek nie. Hierdie verklaring is tieperend van n vergryping na enige iets om die sinkende skip te probeer red, en gelukkig gaan dit nie help nie, want sy eie dwaasheid, dra nog verder by tot sy val. Malema as n ver linkse skop net stof op en hy sal net weer soos n riet geknak word.

Totally agree with this post. To link such a great Statesman with a bunch of idiots is a pathetic grasp at straws to say the least.
478

Unregistered
11-29-2013, 05:42 AM
Is ons uitgelewer of kan ons dit baklei?
Dis n moeilike vraag. Met die feit dat al ons weermag opgeleide soldate nou te oud raak vir oorlog voer. Hulle se immers war is a young mans game. So as ek dit in ag neem en ek koppel verraaiers en slapgatte tot die som toe dan dink ek gaan ons bloei. Ons is nie nastenby gereed vir oorlog of baklei nie. Ek persoonlik dink ons wittes het nog te veel om te verloor. Maar daar gaan n tyd kom wat ons niks meer het om te verloor nie en dan glo ek dat die ware karakter vd boer na vore sal tree. Ek bid dat oorlog nie nodig sal wees nie. Maar ek reken tog dis oppad vir ons. N goeie vriend het so 3 weke terug vir my gese dat afrika n kontinent is waar burgerskap elke paar jaar met bloed herbevestig moet word. Die vraag is het ons boere nog bloed oor om te bloei of is ons al uitgebloei?

Unregistered
11-30-2013, 07:20 AM
Nr 50 wanneer n mens tot n oorlog teotree, styg jy in so n situasie bo jou vermoens. Ons volk was nog altyd omkant betrek tot n oorlog, en ek wil jou die versekering gee, dat wanneer daar vir voortbestaan en oorlewing baklei moet word soos reeds die geval is op ander vlakke (ekonomies,hoe misdaad ens) dat jy die ander kant van die vredeliewende boere/afrikaner sal sien. Dis die een wat hom ook telkemale aan die wereld sy bestaansreg in Afrika bewys. Ons slaag telke male, nie vanwee hoogmoed en trots of oorlogsugtige aard nie, maar oor ons n God vresende nasie is, maw ons vrees nie mense nie God is ons alfa en omega, en met Hom hoef ons nie vir die wereld terug te staan nie. Jy koppel jou strategie aan getalle en jong bloed, ons koppel dit aan geregtigheid, geloof,wysheid,verstandigheid van God. Hierdie eienskappe moet ek jou herinner is hoe ons as volk ontstaan het, en deur al die jare staande gebly het, en vandag en vootentoe volgens die wil van my Vader steeds staande sal bly. Ons maak foute, baie en ons leer daaruit as jong volk. Ek glo wanneer jy weer mooi oor die saak gaan nadink jy tot n ander insig sal kom, een wat jou sal begeester, dat daar in Afrika tog wel n volk is wat nie swart is nie, maar geloof het wat hom dra en staande hou, want sy God stel hom nie teleur nie. Staan vas

Unregistered
11-30-2013, 07:31 AM
As jy niks meer het om te verloor nie, waarvoor wil jy baklei?

Unregistered
11-30-2013, 07:34 AM
Staan vas, hoe lyk die ander kant van die vredeliewende Afrikanervolk?

Unregistered
11-30-2013, 07:40 AM
Staan vas ek kon dit nie beter gestel het nie.

Unregistered
11-30-2013, 10:01 PM
Pasop ! Iemand wat niks meer het om te verloor nie kan baie baie gevaarlik wees - verál wanneer so 'n person met (gevaarlike, taktiese) kennis bemagtig is en in staat is om sulke groot skade aan te rig dat 'n land feitlik onmiddelik in 'n volskaalse bloedige burgeroorlog kan verval met die veries van tienduisende per dag. Moet nie 'n bekwame & intelligente man in 'n hoek druk wanneer hy niks meer het om te verloor nie - want hy mag dalk 'n "Simson Opsie" op jou en jou hele nageslag trek... en jou paar bedwelmde en strompelende vrinne wat oorbly baie spyt laat wees dat jy ooit met hom skoor gesoek het. Dit help nie om iemand te dreig wat bereid is om sy eie lewe te verloor in die geveg nie. Dan verloor almal.

Unregistered
12-01-2013, 01:13 AM
Hulle se immers war is a young mans game. So as ek dit in ag neem en ek koppel verraaiers en slapgatte tot die som toe dan dink ek gaan ons bloei. Ons is nie nastenby gereed vir oorlog of baklei nie.

Ek stem nie met hierdie stelling saam nie. Ons Afrikaners voer ons hele bestaan in Afrika oorlog. Jongmense was nie eers in die vryheidsoorloë uitblinkers nie. Wat ons anders maak is dat ons as ou mense eers regtig goed word. Maar dit is ook waar ek met Staanvas saamstem. Dit is ons God wat ons anders maak en nie ons vermoëns nie. En wanneer God aan ons kant is en aan ons die toestemming gee om onsself te verdedig, sal ons nie net die oorwinning kry nie maar die bloed in ons kamp sal ook ophou om te vloei, maar dit is nog lank nie tyd nie.

Unregistered
12-01-2013, 07:14 AM
Nou wat laat ons dink God is aan ons kant? Ander gelwiges glo weer God is aan hulle kant.

Unregistered
12-01-2013, 07:55 AM
Staan vas, hoe lyk die ander kant van die vredeliewende Afrikanervolk?

Dit is ons vermoe om altyd teen n oormag staande te kan bly. Vir een of ander rede moet ons gedurig begrawe word, maar elke keer word ons in stryd net sterker geplant. Staan vas

Unregistered
12-01-2013, 07:47 PM
57. Dit is presies waar jy n fout maak. God het ons nog nooit toestemming gegee om n bestaande regering omvêr te werp nie. God het ook nie Brittanje toestemming gegee om ons vroue en kinders en vir wat dit werd is, ons bestaande regerings te verwoes nie. Tydens daardie oorlog was daar gelowiges aan beide kante. Maar die toestemming waarvan ek praat sal eendag gebeur wanneer die oorblywende gelowiges in die wêreld saam teen die hele wêreld te staan kom. EN daardie dag word in die Bybel beskryf en omdat ons ie nou versies gaan skiet nie, kan jy dit self gaan soek.

Unregistered
12-04-2013, 11:45 AM
Nou waarvoor het God toestemming gegee?

Unregistered
12-05-2013, 08:35 PM
Dat ons die sout van die aarde moet wees.
Dat ons vir die owerhede wat oor ons aangestel is moet bid
dat ons die keiser moet betaal wat hom toekom
dat ons wanneer ons slawe is, goeie slawe moet wees
dat ons die vyand moet weerstaan
dat ons nie die merk van die doer mag dra nie
dat ons moet stilsit om die verlossing van God te aanskou

Daar is nog maar vir eers dink ek dat dit genoeg is. Verwerk dit maar eers.