PDA

View Full Version : Twee op een dag



Unregistered
11-13-2013, 07:27 AM
http://www.rsg.co.za/nuus.asp

Die polisie op Wolmaranstad in Noordwes ondersoek twee plaasaanvalle in die omgewing.'n Vyftigjarige op die plaas Doringhoek is na bewering deur vier verdagtes in sy huis aangeval. Daar word beweer dat hulle hom daarna geboei en met kookwater gebrand. Die verdagtes het daarna na bewering 20 diamante van sowat 600-duisend rand gesteel, sowel as twee rewolwers en 'n bakkie wat later op 'n ander plaas gekry is. In nog 'n aanval op die plaas Klipdrif het drie verdagtes 'n 83-jarige vrou en vier van haar werkers aangeval. Sy het wonde aan haar liggaam en gesig opgedoen. Die verdagtes het met die slagoffer weggery, maar haar later 'n ent van haar huis af afgelaai.

Lukas
11-13-2013, 10:02 PM
Wolmaransstad is nou seker al sedert 1996 sonder plaasaanvalle. As ek reg is, is was hulle 16 jaar sonder aanvalle. Verlede jaar was die eerste suksesvolle aanvalle en nou begin dit weer. As Frans Marx nog leef, dink ek dat dit tyd geword het om die ou gemeenskap plan weer te aktiveer.