PDA

View Full Version : Markus 4:12 dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.



Tom
11-28-2013, 11:59 AM
Markus
11 En Hy sÍ vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,
12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.

Kan ons gesels oor die gedeelte?

Wie is hulle wat daar buite is? My aanname is dat dit hulle is wie se name nie in die Boek geskrywe is nie. Ons weet nou al dat dit niks met nasies te doen het nie. Jesaja 49.

Maar dan, beteken dit dat as hulle hul bekeer, kan hul name in die Boek geskrywe word? Of maak Hy reeds seker dat dit nie kan gebeur nie, deur in gelykenisse te praat en dat dit nie aan hulle gegee is om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken nie?